Ramaphosa praat met aangewese pres. Joe Biden

Die aangewese president van die VSA, Joe Biden, en sy adjunk, Kamala Harris. (Foto: Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa sê hy hoop op ʼn sterk vennootskap tussen die VSA en Afrika in die bevordering van vrede en bestendigheid deur internasionale betrekkinge en die verbetering van multilaterale verhoudings.

Die presidensie sê in ʼn verklaring Ramaphosa het Dinsdagaand telefonies met aangewese Amerikaanse pres. Joe Biden gepraat oor maniere om bande tussen die VSA en die Afrika-vasteland te versterk, asook om die Covid-19-pandemie te bowe te kom.

Biden en sy adjunk, Kamala Harris, het Afrika as ʼn groot rolspeler in internasionale sake en die bevordering van multilateralisme geoormerk. Biden was jare tevore in Suid-Afrika en het destyds sy verbintenis tot menseregte en waardigheid vir alle Suid-Afrikaners duidelik gemaak, lui die verklaring.

“Aangewese pres. Biden het sy bewondering vir wat demokratiese Suid-Afrika bereik het, te kenne gegee.”

Op sy beurt het Ramaphosa gesê hy sien uit na ʼn sterk bilaterale vennootskap tussen die VSA en Afrika.

Hy het Biden en Harris ook sterkte toegewens met hul termyn wat voorlê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Stefaan ·

Dit voorspel niks goeds vir die blankes in die land nie. Ons hoop maar dat Trump nog n haas uit die hoed kan trek.

Mieke ·

Daar is baie beslis baie gepeuter met die programmering van stemme. Miljoene stemme is omgeswaai na Biden se kant toe!! Die waarheid sal seëvier!!

Jaco ·

Ramaphosa hou nie van SA se wit mense nie en Joe Biden was teen Trump se anti-immigrasie beleid. So nou dat Biden Amerika se grense sommer WYD gaan oopmaak is hierdie die perfekte geleentheid dat ramaphosa vir Biden kan vra om al ons wit mense na die nuwe “oop” Amerika te deporteer.

Deon ·

Biden se standaarde is maar laag sien ek… “Aangewese pres. Biden het sy bewondering vir wat demokratiese Suid-Afrika bereik het, te kenne gegee.”…… Of so nie het hy nie n benul van wat hie aangaan nie!!

Nie Verbaas ·

Biden het soos ANC nie n idee wat om hom aangaan nie en gaan net n pion vir Gates en sy maatjies wees. Biden het ruggraat van n jellievis.

Lola88 ·

“Aangewese pres. Biden het sy bewondering vir wat demokratiese Suid-Afrika bereik het….” – Wag…het ek iets gemis? Bereik het? of verwoes het?

Stefaan ·

Dit is maklik, BEE en alles wat met dit saam gaan asook onteiening sonder vergoeding. Biden het in 1986 n toespraag gemaak waar hy die Afrikaner uitmaak van alles wat sleg is. Hulle deel dieselfde sentimente nl afsku vir ons.

Wakkerslaper ·

Net soos ramaphosa verafsku biden die Afrikaner…. Die twee kan seker nie wag om handjies te vat nie….

Anoniem ·

Politiek was nog nooit skoon nie. Daar is altyd dubbele standaarde.

Blikke ·

Duidelik geen benul nie!!! Dalk moet die ou vir n ruk hier op n plaas kom woon om sodoende n voorsmakie van die Werklikheid te beleef. Maklik om opinie te lug as jy ver hiervandaan is en geen idee het wat die ware toedrag van sake is nie.

Swerkater ·

Rampokker, bepaal jou eerder by jou eie land en sy enorme probleme want tussen al die misdaad, korrupsie, EFF en en en het jy oor as genoeg werk!!

Grassie ·

Soort soek soort. Biden gaan die ANC se grondroofbeleid aanvaar en plaasmoorde as ‘n nietigheid afmaak. Hy het die BLM beweging ondersteun en sal dus ook geen fout vind met die EFF se optredes nie. Hy is slegte nuus vir die witmense in ons land. Ons moet ophou om na die buiteland te kyk vir hulp. As ons nie ons self help nie gaan niemand ons help nie.

RS ·

Nee wat… niks goed vir die ware werkende en opbouende Suid Afrikner nie.

Gawie ·

Ja nee, ek lees die kommentare hier by die berig, en alles is negatief. Dit moet vir julle moeilik wees om elke dag op te staan en alles net as negatief te ervaar.
Ag nee man Afrikaners, wees bietjie positief en hou op kla!!

Pieter ·

Nou gaan die slim amerikaners sien wat is n kommunis. Hulle is almal die selfde olunder so ver as wat hulle gaan en ontken alles en verander alles om hulle te pas.

Fedup ·

The stump and the jellyfish.
Let’s see how this relationship will crumble faster than anything else.

Jacobus ·

Stupidity op steroids X 2. Laat die gekonkel begin. Verteenwoordig albei n ondersteuners massa vir wie werk n vloekwoord is.

Cherokee ·

Ek het êrens gelees dat Biden destyds tydens die Ian Smith bewind, die terroriste in Rhodesië ondersteun het. Vir die kommentator-ondersteuners van Biden of anti-Trumpenaars, sluk hierdie een.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.