Ramaphosa praat in Kanada oor belegging en grondhervorming in SA

Cyril Ramaphosa. Foto: Flickr/GovernmentZA

Die wêreldwye ekonomie toon tekens van herstel en verbeterde groei, maar bly kwesbaar met ʼn wêreldwye handelsoorlog wat dreig; ʼn terugkeer na proteksionisme; en die verswakking van die multilaterale reëls-gebaseerde internasionale handelstelsel, maar Suid-Afrika beskou Kanada as ʼn strategiese vennoot om dié uitdagings te oorkom, het pres. Cyril Ramaphosa het tydens die G7-leiersberaad gesê.

“ʼn Nuwe dag het in Suid-Afrika aangebreek, ʼn nuwe era waar ons ekonomie die middelpunt is. Sakevertroue en beleggersentiment verbeter. Die regering werk aan ʼn dinamiese sakeomgewing wat groter produktiewe belegging sal bevorder,” het Ramaphosa in ʼn toespraak gesê.

“Suid-Afrika stel maatreëls in plek om die ekonomie op ʼn nuwe pad van groei, werkskepping en transformasie te bring. Ons beweeg vinnig om geloofwaardigheid te herstel, die regering te verbeter en omkeerstrategieë te implementeer by Suid-Afrika se staatsbeheerde ondernemings.”

Ramaphosa het Vrydag in Toronto aangekom. Hy neem deel aan die G7-leiersberaad in Québec onder die tema “Gesonde, produktiewe en weerstandige oseane en seë, kuslyne en gemeenskappe”.

Hy het gesê Suid-Afrika kyk na Kanada as ʼn belangrike beleggingsbron, vennoot, en samewerking in die mynboubedryf.

“Ons doel is om die ekonomiese potensiaal van ons land te ontsluit, wat dekades lank beperk is as gevolg van rasseuitsluitingsbeleide. Swart Suid-Afrikaners is generasies lank van geleenthede ontneem om bates te besit, ondernemings op die been te bring, vaardighede aan te leer en beroepe te betree,” het hy gesê.

“Nêrens was dit duideliker as in die patrone van eienaarskap en grondgebruik nie. Die uiterste konsentrasie van grondeienaarskap is een van die struikelblokke om die land se potensiaal te realiseer. Ons het ʼn besluit geneem om grondhervorming te bespoedig, insluitend grondverdeling en om verblyfreg vir landelike armes te verseker.

“Dit moet deur ʼn reeks maatreëls geskied, wat, binne toepaslike omstandighede, grondonteiening sonder vergoeding insluit. Ons is vasbeslote dat dit moet geskied op ʼn manier wat met ons Grondwet ooreenstem, en landbouvervaardiging, voedselsekuriteit bevorder en ekonomiese ontwikkeling bevorder.”

Ramaphosa het gesê Suid-Afrika is oortuig dat die grondhervormingsprogram die land se ekonomiese kapasiteit sal verhoog en die land se beeld as ʼn beleggingsbestemming verbeter.

“Ons beleggingswetgewing bied beduidende waarborge vir plaaslike en internasionale beleggers. Suid-Afrika het ʼn aantal aantreklike sektore soos mynbou, olie en gas, skeepsbou, agro-vervaardiging, gevorderde materiale, innovasie en tegnologie, en toerisme en finansiële dienste, onder andere.”

Ramaphosa het gesê die jongste ekonomiese groeisyfers vir die eerste kwartaal van 2018 wys dat die mynbou-, landbou- en vervaardigingsektore onder druk bly. Hy het bygevoeg die syfers vir die diensbedrywe bly weerstandig. Hy het gesê dit wys dat groter en meer volhoubare groei beslissende maatreëls vereis om die strukturele uitdagings in ons ekonomie aan te spreek.

“Ons het daarom beduidend in ons opleiding- en vaardigheidsontwikkelingprogramme belê, en ons gebruik ons mededingingsbeleide om geleenthede te skep vir persone wat die mark betree, deur die koste van ondernemings te verminder en ekonomiese infrastruktuur te ontwikkel.

“Die regering werk dringend daaraan om die ekonomie tot ʼn meer volhoubare groeitrajekte lei en om Suid-Afrika tot beleggingsgraadstatus te herstel. Die regering, privaat sektor, arbeid en burgerlike organisasies werk saam om werk te skep, veral vir jong Suid-afrikaners. Ons werk om beduidend die vlakke van vaste beleggings in die ekonomie te verhoog.”

Hy het gesê Suid-Afrika is op ʼn nuwe pad van groei en vernuwing. Hy het bygevoeg die land werk hard om die beperkings te verwyder wat dit teruggehou het en om nuwe groeigeleenthede te skep.

“Suid-Afrika is oop vir besigheid. Ons verwag ʼn nuwe golf van belegging in ons ekonomie en in ons streek oor die volgende paar jaar. Ons moedig Kanadese maatskappye aan om by dié golf aan te sluit en om die vrugte te pluk om in ʼn land en ʼn kontinent te bly wat besig is om te groei.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

74 Kommentare

Pop ·

Vertel ook asb vir hulle dat dit die gevaarlikste land is en kriminele die oorhand het.

Niks van . . . ·

Niks van SA se (te)regstellende aksie, swart bemagtiging, minimum lone? Het Kanada ook paddas . . . ?

Jokkie ·

Hy jok, swartmense was vir dekades lank aangemoedig om eie besighede en plase te ontwikkel in die tuislande met groot geldelike hulp van ons. Nou wil ons ook vra vir n eie tuisland, so gunstig was dit.

Lerato ·

Jokkie
Jy het so n goeie verbeelding. Jy moet storie boeke skryf.

Fliegman ·

kom ons noem net een of twee, Swaziland, Lesotho, Botshabelo, Bisho

Kabas ·

Inderdaad was daar tuislande waar swartmense enorme geleenthede gegee was, ek was dan self daar en het baie fotos en dokumentasie om dit te bewys. Diewereld verstaan apartheid verkeerd.

Anoniem ·

As ek die uittreksels uit sy toespraak lees, is dit moeilik om te glo hy praat van SA.

Nettie ·

Sjoe, Fliegman, was Bisho ‘n tuisland? Jitte, hoe leer ek nou vandag ‘n ding wat ek GLAD NIE geweet het nie. En hier dink ek al die tyd Bisho was die hoofstad van die destydse Ciskei.

Ek weet die tuislande was Transkei, Ciskei en Bophutatswana. Botshabelo is/was ‘n ‘township’ naby Bloemfontein en Swaziland en Lesotho soewereine state – of het my geografie my nou geheel en al in die steek gelaat?

In elk geval, ek hoop nie enige oorsese land is so dom om enige gebrabbel van enige ANC “comrade” te glo nie. VERAL nie Ramaphosa s’n nie; hy wil dan die vuur onder die pot stook sodat die paddas (ons witmense) kan begin warm kry en van die pot/pan in die vuur spring ………

Hertzog ·

Kom ons kyk hoe die liberaliste ou Cyril se voete soen . Mos klaar vergeet van Zimbabwe

Kassiekas ·

Die probleem met liberaliste is dat hulle geheu baie kort is. Hulle leer nie, val vir selfde lee beloftes na hul ondergang.

leser ·

hoop kanadese kan sien wat sa beleef
moord, doodslag, roof, grondonteiening, wettige vuurwapen onteiening, anc besig om sa in die grond in te verniel

Lukas van Zyl ·

Ek hoop nie die buiteland glo hierdie man nie. Ek vertrou hom nie

Frikkie Geld en huis ·

Hulle weet hy praat snert. Hul het mos ambasades hier van waar dinge dopgehou word.

Slimbeleggers ·

Beleggers is slim, baie slimmer as die ANC stemmer wat vir selfde vals beloftes val verkiesingsjaar op verkiesingsjaar.

Cherokee ·

Gloudina… Kanada en liberalisme. Korrespondensie vriendin wat in Kanada woon en met wie ek menigte woordestryde gehad het omdat sy so liberalisties as moontlik is gemeet teen my konserwatisme. Oorspronklik vanaf Durbs maar vele dekades is Toronto. Sy mòes erken dat die Kanadese werklik Indiane gejag het maar nou apartheid verdoem.

Skeinliberaal ·

Jou vriendin was toe nie so liberaal soos sy voorgee nie want sy het gevlug uit SA toe die land transformeer, en boonop het sy na n oorwegend WIT land gevlug…

Ver links ·

We all know “Apartheid” was/is wrong. The values of the liberal majority is the most acceptable steps forward than the Conservative points which predicts nothing of good stand.
At least Pres Ramaphosa is doing his utmost best to bring about alot of business for all in SA and specially to assist the upcoming Businesses for people of color and also opportunities for the majority and trading. Canada is pro SA and many of our students are enrolled at their Universities. This G7 summit will be beneficial for SA and ANC.

Spelling ·

‘Ver links’ your spelling of ‘color’ in stead of ‘colour’ makes me guessing that you are overseas and ten to one in America? Because that is the american way to spell ‘color’. If I am correct why did you leave SA ( the land of milk and honey)? Are you retired? Those are the people that we retread (re-tire) and put back because of their experience and vast knowledge. So PLEEZE come back.

Die man ·

so why are those students enrolled in Canadian universities…cos the ANC MISmanaged SA universities into the ground. In addition, if your students are so ‘poor’ how can they afford to study overseas? Lastly, if you were truly left you would have cared about minorities as well, but like the new left, you only care about the majority and want to crush all minorities.

Interessant ·

Die interessant om te sien hoe eerlik hierdie verslag is. Glo my, die hele land gaan ondergaan as ons soos zim moet val, want daar gaan onluste soos nooit kom wanneer die massaa eers honger raak en daar nie meer geld vir sosiale toelaes is nie as gevolg van grootskaalse ekonomiese verval wat sal gebeur.

willie ·

Soos die engelse sê “talk is cheap”! CR praat ñ klomp twak!

Johann ·

Askuus CR? Skaam jy jouself nie? Die arrogansie waarmee jy met jou groot woorde bakhand voor die Wereld staan en blatant lieg oor die werklike SA! Dis nou die SA wat JOU ANC TERRORIS organisasie oor meer as 20 jaar leeg gedra het, laat verwoes en verbrand het, moord, doodslag, vergrype, verkragting, anti blanke ras beheptheid, ontneming van minderheids regte… ANARGIE op sy siekste!

IN YOUR FACE! Nog nooit het ek gewens dat ek jn daai hehoor kon wees om dit reguit vir jou jom skree:LIAR… SHAME IN YOU!!!!!!!

Paul ·

As mens CR moet glo, dan gaan al die goed wat hy beduie binne ‘n paar maande in plek wees. Ek het sommer ‘n huppel in my stap.

Joshua ·

Sal Maroela asb Ramaphosa se hele toespraak hier print..dankie.

Lees ·

Lees sommer enige van sy of zuma se vorige praatjies, dit is maar dieselfde resep van valsbeloftes en reenboogdroompies wat nie realiseer nie.

Lerato ·

Hoe jammer dat soveel mense so min verstaan of wil verstaan. Cyril het nie gesê onteiening sonder vergoeding nie.
Die ANC het dit op sy konferensie besluit.
Nou verwag mense dat hy met sy klein meerderheid teen sy party moet gaan.
Gun hom die geleentheid om die dinge van binne reg te trek. Sou Cyril teen sy party gaan sal jy Zuma baie hard hoor lag

Jordaan ·

Snert, hy het by verskeie geleenthede al herhaal dat dit gaan gebeur.

Anne ·

Verseker, en die wat dit nie gehoor het nie wil dit nie hoor nie. Hy is die jakkals wat skaapwagter gemaak is. Ver links probeer hard om ‘n reaksie te kry met sy kommentare

jaco ·

Plaas hy eerder dié wit ruk G7 lande van rassisme aankla. Dis hulle wat, sonder om aan gevolge vir gewone mense te dink, derde wêreldlande met invoertariewe en afgraderings na rommelstatus straf, net omdat dié lande nie dinge doen soos wat wit lande dit doen nie.

Tannie ·

Ag Here, stuur asb vir ons ‘n 2de Salomo wat vra na U wysheid. Sonder U leiding gaan ons nooit al die koeke in Suid-Afrika uitgekam kry nie.

Ander Koos ·

Lerato verstaan ek reg? Dink jy C R gaan uiteindelik anders doen as wat ANC wil? Hy is net so deel van die party as al die ander lede. C R is dan die argitek van die huidige SA by Kodesa gewees. Wie hom glo, glo seker ook die aarde is plat.

Ver links ·

@ Lerato, your statement is perfect. People should realise that Pres CR is under tremendous pressure not only from the DA and EFF, but also within his own party. Pres Zuma still has a huge support amongst the voters in Natal and that is for sure a Zulu territory which still needs Pres Zuma back. Therefor the land issue is a big driving tool from EFF, BLF and the majority within the ANC. Nkosasana Zuma was a candidate for Presidency and she were pro land distribution without compensation and also Radical Economic Transformation. With all facts considered CR has no choice to make radical decisions to remain as favorite Pres to be elected in 2019.

Rupert Ashford ·

Hy sal gaan kruip by Trudeau want die VSA gaan nie val vir sy stories nie. Trudeau se familie is groot “vriende” van die Castros ook so dit is maar weer ‘n geval van “birds of a feather…”

Jordaan ·

Kom belê in SA, waar ons jou eiendom gaan afvat oor jy wit is, waar die regering voorskryf hoe jou aandeelhouers moet lyk, waar jy twee keer betaal vir dienste wat die regering veronderstel is om te lewer, waar jy en jou gesin nie veilig is nie. Klink sommer na ‘n goeie plek, of hoe?

Gerhard ·

Ek kan nie glo daar is nou nog mense wat dink die ding gaan nie gebeur nie. Dit gaan 100% verseker gebeur, dit maak nie eers meer saak wat Afriforum en Solidariteit daaraan probeer doen nie. Daar moet ‘n ander plan gemaak word. Op die stadium is my raad aan enige persoon wat kan om plan te maak vir emigrasie. As jy dit nie doen nie gaan jy bitter jammer wees.

Landsverraaier ·

Ek bly in die VSA en hoor niks van Ramaphosa by die G7 nie. SA is nie ‘n G7 land nie so weet ook nie wat Ramaphosa in elk geval daar gaan soek nie. Dink ook nie Trump het baie tyd vir die ANC nie.

hendrik ·

Net verlede week het Ramaphosa n klompie boere aangespreek oor grondhervorming en hulle het voor hom gekniel, met hom saamgestem en behoorlik aan sy lippe gehang. Almal het blykbaar vergeet watse rat hy ons voor die oe gedraai het so 25 jaar gelede by kodesa.

Johan H. ·

Die politikuste gebriuk alles in hul vermoee om hul persoonlike gevegte te veg.. Kyk nou vir zuma,, En die gewone publiek wat net vrede wil he,bloei,, Sies kry julle nie skaam nie!

Snowball ·

Mnr Ramaphosa, daar is ‘n gesegde: “The only way to predict the future, is to look at the past” en dit wat jy en die regerende party aan die wêreld kan wys na 24jaar van ANC heerskappy is ‘n tragiese sieklik puinhoop van staatsbeheerde instansies wat leeg geplunder is, wat wanbestuur word en wat miljoene van belastingbetalers se geld jaarliks in ‘n eindelose put van korrupsie stort.. .. as dít jou idee is van ‘n regering wat kamtig “hard werk” dan moet die Kanadese die eerste ysslee nader trek en pad vat met ‘n spoed. Waarin kan hulle belê, as hulle na SA kyk? Rassediskriminasie, voorgenome grondonteiening, geweldadige protesaksies, oorvol tronke, misdaad en geweld wat uit beheer is, en ‘n skoolstelsel wat 30% as slaagsyfer aanvaar! Inderdaad ‘n land om in te belê! Julle werk hard om ‘n nuwe beeld te skep vir die wêreld, ongelukkig sit dieselfde onbevoegde, selfvoldane, soustrein passasiers nog aan bewind saam met jou in die ANC, en rassioneel beskou, sal julle beleggers se geld, met dieselfde arrogansie en onaanspreeklikheid verkwis as wat julle belastingbetalers s’n verkwis het tot nou toe. A leopard never changes its spots…

Louis ·

Hierdie is Suid Afrika nê? Wil net seker maak want dit wat hy uiter is nie in lyn met wat ek ervaar nie. Weet nie wat hy snuif of drink nie maar wat hy kwytraak is erger as Zuma net beter geformuleer. Die ergste is daar is mense wat hom glo.

Lerato ·

Aan al die wat so galbraak teen Cyril. Maak die ogies oop en kyk wat hy al in nkort tydjie vermag het.

hendrik ·

Lerato, noem dit op asb. Ons weet van n kabinetskommeling ja maar wat nog? Plaasmoorde, misdaad, korrupsie ens???

Willem ·

My probleem met CR is dat sy oplossing, deur die swart mense op te hef, is om blankes te misbruik. Soos met grondhervorming soek hy die antwoorde by diegene van wie hy dreig om die grond af te vat. ‘n Rewolver voor die kop. Hy is soos die wolf wat wolke om jou opblaas om reaksie uit jou te kry, want antwoorde het hyself nie.

Die antwoord is dat as hulle toenterjare, ipv om die mense oral na die ‘welvarende’ gebiede toe te lok, daar neffens op hul eie ‘n plakkerskamp op te sit en mogge troffe hoop om te oorleef, vir hulle in daardie gebiede waarvandaan hulle gekom het, vir hulle uitkomste te bied. Soos om daardie gebiede te ontwikkel, beleggings te trek, entrepreneurs, dat die mense vir hulle daar besighede opsit, boer, werskaf, toerisme, maar nee, die maklike uitweg is gekies, en kyk waarmee sit die land vandag opgeskeep.

Met wetgewing het hulle als oorreguleer want beheer wou hulle beheer.
Hulle het ‘n geleentheid laat verbygaan, mense is ontwortel, hulle sit nou in nedersettings met die hoop op ‘n beter lewe.

Willem ·

Hulle het die oog van die bal afgehaal, hulle het so daarop gekonsentreer om die ou bedeling te straf, apartheid, dat hulle vergeet het om aan die basiese ekonomiese beginsels aandag te gee, dienslewering, groei, werkskepping, 80% van die munisipaliteite is wanfunksioneel, hoe hef jy mense so op?

Sussie ·

Ja Lerato noen jy vir ons wat het hy kastis kamme so baie vermag??????????????????????
ek sal jou se- PLAAS MOORDE< KORUPSIE ENS ENS ENS………………………..

John ·

Hier is nog ‘n storieman wat bo begin het en nou gaan al ons probleme opgelos word as ontwikkelde plase afgevat word… plase klaar reg vir die nuwe baas om te skep en koffie op die stoep te drink tussen laaang vakansies in die buiteland… so lekker want die eintlike eienaar sit met die skuld in die stoel voor sy bankbestuurder en snik… But who cares… Kanada is reeds betrokke in SA en ons dog die ANC is moeg vir die ewige kolonialisasie… ha, ha… Dit was ook nog altyd ‘n leuen want ‘wen’-wen is in Afrika uitgevind…

Johanna Botha ·

Groot verskil is Kanada beskerm minderhede en hier word minderhede onderdruk …om nie eers te praat van die misdaad …52 moorde n dag en oor die 100 verkragtings per DAG ! …en polisie wat deel is van misdaad en daarmee wegkom …Kanada lag in ons gesig …trouens die hele wereld !

dejager ·

Ek stem saam met Cyril.Dekades lank is die groei van die ekonomie gekniehalter deur rasseuitsluitings beleide.Twee en ń half dekades om presies te wees en dit gaan steeds voort-daarom kan hy maar lekker droom van ekonomiese groei.
Siestog

apartheid was sleg ·

Apartheid was sleg en onregverdig. Ek dink die ANC en EFF moet die blankes straf. Gee die blankes ‘n aparte land net vir blankes . Aparte skole ..net vir blankes….gee die blankes ons eie rye in die winkels. ‘n Universiteit net vir blankes . Gee alle blankes “grants” vir kinders, ouderdom, ens. Laat die ANC en EFF lede 80% van die belasting betaal en die blankes dra. Straf ons deur apart van die ANC en EFF te lewe. Dit sal n goeie les wees vir die blankes. Dit sal ons leer om NOOIT weer apartheid in te stel nie.

Koos ·

Sê net mynbedryf en Cyril is daar! Die man weerspreek mos homself oor ekonomie wat die middelpunt is. Hulle wil dan grond onteien wat mense met groot lenings gekoop het. Alles wat Cyril het was op ‘n skinkbord vir hom gegee. Om te dink hierdie man lei dit wat oor is van Suid-Afrika…

Lerato ·

Aan almal wat vra. Wat het Cyril vermag. Lees julle koerante.

Ray ·

Koerante rapporteer dinge soos hulle wil. Glo lankal nie meer die snert wat hulle “edit” nie. Gaan al soos in Zim met hulle korrante. Die storie is soos die regering sê dit is. Only fools believe the newspapers

Snowball ·

Ons lees sommer nuus op die Netwerk; baie omvattend. Oudpres en sy Mshini Wami haal meer die voorblaaie as die huidige pres.. .. as CR geprys moet word omdat hy druk van die korrupte ANC probeer absorbeer, behoort dit genoeg te sê van die regerende party se onderliggende psige – dit kan niks goed inhou vir enige belegger nie; hoop húlle ogies is wawyd pop.

Ver links ·

@ Lerato, you made a view comments here that is based on facts, but it is obvious that difficulty in changing still exists.
Give CR a chance to proof to SA and the world what he can do to uplift a country like Pres Obama has done. There will be much more work available when land us distributed and the white farmers can assist with their knowledge and equipment with ploughing and planting, assist with horses, cows , chickens etc as good neighbours and it will be an uplifting and sharing for all. We can support each other, but also to overcome this there should be some training for mind change.
@apartheid was sleg, why would the Government decide on self determination when it is the very same that they had fought against for many years. That model is off the table and time to take hands and interact with love and respect for one another an build a future together. Look what Israel is doing to the poor Palestinians with their “Apartheid” regime, but the UN is looking at this injustice.

Ver links ·

I mean Lerato, you have made a few very good comments and points above.

Raai wat ·

Lerato glo jy maar die koerante, ek kyk liewer na feite.
Die rand het mooi verstewig na CR se oorname maar dit was van korte duur, ek is nie ń kenner nie maar glo dit is a.g.v. die onsekerheid dat daar heers oor grondonteiening.
Kan CR nie sien wat besig is om te gebeur nie of het hy klaar vergeet dat grondonteiening nie ekonomiese agteruitgang daar sal stel nie.
Hou maar aan foute maak en blameer dit maar weer op apartheid niks wat die ANC doen is mos a.g.v. swak besluitneming nie.

Vryheid ·

Ja kanada SA het so Baie om te bied.
1. Werkloosheid
2. Armoede
3. Misdaad
4. Korrupsie
5. Grond onteining
6. Ekonomiese agteruitgang

OH ja daars nog baie, maar ek is seker die sal genoeg rede wees vir groot bellegings geleenthede

Paul ·

Wie onthou ” bok bok staan styf, hoeveel vingers op jou lyf”?

Ver links ·

Not everyone wish to clinch on the pas, but rather grab the beatiful opportuniities of the future.
May God Bless you Pres. CR on your challenging road to bring about chances in this country. We all need freedom, peace and equality.

2 jaar niks ·

Tog het die ANC niks groeigeleenthede benut in 25 jaar nie, en sal ook nie want hulle gaan uitgestem en vervolg word vir korrupsie.

Snowball ·

Tell this government, which is dead set on passing draconian laws to force affirmative action on minorities to not cling to the past and then maybe, maybe there can be beautiful and equal opportunities for everyone. May God bless us all with wisdom and a love for the truth.

Ver links ·

Not everyone wishes to clinch on the past , but rather grab the opportunity fot a beautiful and prosperous future.

humor ·

net so welwillend en positief as tydens die Kodessa beraad waar swak onderhandelaars en n groot deel van die bevolking geglo het die reenboognasie le oop en wyd voor ons. En nou?????

Susan ·

Die enigste bate wat die staat nog “besit”, (d.m.v. wetgewing) is die belastingbetaler. Die ander “staatsbates” is nou almal laste. Die ANC kon nie ‘n demokratiese land suksesvol regeer nie, nou wil hulle sosialisme bevorder. Hulle het eenvoudig nie meer geld om te koop nie, nou wil hulle vat. Indien die ANC ons demokratiese land wil verander in ‘n sosialistiese stelsel, moet hulle vir ons wat steeds demokrasie verkies, (blank sowel as nie-blank) ‘n eie staat gee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.