Ramaphosa praat weer vanaand

Pres. Cyril Ramaphosa was vroeër vandag in KwaZulu-Natal, in hierdie stadium die episentrum van die geweld. Hy sal die land weer vanaand toespreek. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal Suid-Afrika vanaand (Vrydagaand) om 20:30 weer toespreek oor die vlaag van geweld wat aanvanklik in KwaZulu-Natal begin en later na Gauteng oorgespoel het.

Die president was vroeër vandag in eThekwini en het daarna met die kabinet vergader.

Die waarnemende minister in die presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, het vanmiddag bevestig dat Ramaphosa die land vanaand verder op die hoogte sal bring van die afgelope paar dae se gebeure en die regering se reaksie daarop.

Volgens Ntshavheni het die dodetal weens die oproer nou tot 212 gestyg, ʼn skerp styging van die 117 wat net ʼn dag tevore aangekondig is. Die meeste van die nuwe sterftes was in KwaZulu-Natal, tot dusver die episentrum van die geweld.

Die minister sê egter die situasie is gaandeweg besig om na normaal terug te keer.

Nog 1 488 voorvalle is oornag in KwaZulu-Natal aangemeld, maar die minister het geen besonderhede daaroor verskaf nie. Die provinsie het ook ʼn bykomende 89 sterftes oor die afgelope 24 uur aangemeld. Meer as 2 500 mense is tot dusver in verband met die oproer aangekeer.

Volgens die regering is geen nuwe voorvalle in Gauteng aangemeld, benewens die 56 voorvalle van geweld of plundering wat vroeër reeds bevestig is nie.

Twee polisiebeamptes is onder diegene wat aangekeer is, nadat hulle glo met gesteelde goedere betrap is.

Ramaphosa het tydens sy besoek aan KwaZulu-Natal gesê die voorvalle was duidelik goed beplan en gekoördineer. Hy het ook gesê die polisie is op die spoor van diegene wat vir die aanhitsing verantwoordelik is.

Ntshavheni het tydens vanmiddag se mediavergadering gesê die polisie is steeds op soek na 11 sogenaamde aanhitsers, maar dat dié getal kan styg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Stephen ·

Cyril & Co were missing in action throughout the unrest. Now that the dust is settling he appears out of the woodwork full of bravado.
What a joke.

KB ·

This is not the first time. It seems like it became a habit…

Cherokee ·

Is speurders nie polisie nie? Ek dink hulle is ‘n afdeling van die SAP.

Anton ·

My fellow South Africans, I am speaking in English although none of the looters do. Blah, blah, blah. I wish I could fire Cele but merit and results count for nothing in my government. More blah, blah…don’t forget to vote for me and pay your taxes

Persheks Adri ·

Hy gaan dit veroordeel soos altyd gggmmmfff pateties en kan nie eers beplan nie! Hy gaan huil oor die onopgevoede spul wat dood is en wie betaal vir die gemors? Ons is die gelukkige wenners whoopee pffft

Anel ·

Nou wat wil hy ons kom vertel wat ons nie alreeds weet nie. Hy moet maar lekker praat. Ek sal in my bed wees met ‘n lekker dik boek. Baie meer interessant.

Cherokee ·

Ek het wel simpatie Magda. Met die kleinhandelaars wat geswoeg het om ‘n eie klein besigheid op die been te bring, net om te sien hoe dit afgebreek word deur (wanneer swart eienaars) hul eie mense. Het jy die video clip gesien van ‘n vrou, swart as ek reg onthou, wat in trane uitbars en huil oor hoe haar eiendom lyk? Ek het simpatie.

Cherokee ·

Ek gee om. Want vir die eerste keer in geskiedenis, is daar advertensies, in Durban(!), wat vertel waar jy brood kan koop. Een brood per gesin, as daar na lank in die ry staan, steeds brood oor is. Advertensies op Internet oor waar brood beskikbaar is. Koop vir jul huise breadmasters of een of ander broodbakmasjien.

Dup ·

Die skade is reeds aangerig.Dit is nou te laat om toesprake te hou en mooi broodjies te bak.

Cherokee ·

Mooi broodjies vlieg vinniger van die rak af, as wat dit gebak word.

Samuel ·

Wat gaan hy ons vertel wat ons nie reeds weet nie? Ons weet die regering, CR ingesluit, is hopeloos. So ook die SAPD, die SANW ens. Inderdaad, too little to late. Lekker droom, Cyril.

Charles ·

Laat ek raai, nog ń kommissie van ondersoek wat jare en baie geld gaan kos en op niks uitloop.

Johann ·

En hoe gaan jy jouself vannaand uit n sirkel uit lieg? Ons het geweet wat kom…maar NIKS gedoen nie…want hoe weet ons NOU skielik wie agter als sit? Dis als deel van JOU ANC se anargie strategie…maar sjuuuut …niemand mag weet nie.

Dis rerig nie so erg nie….Kom wêreld…belê in in die ANC se vergypers staat!!!!!

SHAME ON YOU!!!!!!! Rugraatloose multumiljoenêr wat vir jou en jou trawante sorg.

Hennie ·

Ek het klaar gehoor wat hy gaan sê. Ek het die toilet getrek!

Africangrey ·

Sjoe, julle is darem negatief, vertel my, hoe sou julle die land regeer? Nogal nuuskierig na julle idees?

Hoekom ·

Met meer integriteit. Oorheersende verantwoordelikheid tot die burgers van die land(alle rasse ingesluit). Kabinet saam gestel uit meriete en ervaring. Grense wat werk. Verantwoordelike gebruik van die staatskas. Implementering van tegnologie om die staats dienste te verbeter en aansoeke te versnel. Logiese en rasionele besluite gemaak uit navorsing. Goed opgeleide polisie mag. ‘n Staat wat beheer word deur die burgers van die land en nie politieke partye nie. Die verwydering van enige rassistiese wette, en die vervanging daarvan met wette wat meriete as belangrik ag. Ens, ens, ens….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.