Ramaphosa proklameer verkiesingsdatum

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Die politieke wedloop na die algemene verkiesing op 8 Mei vanjaar het amptelik begin nadat pres. Cyril Ramaphosa ʼn proklamasie onderteken het om dié dag amptelik as verkiesingsdatum te verklaar.

Ramaphosa se kantoor het in ʼn verklaring gesê Woensdag 8 Mei is geproklameer as die dag waarop Suid-Afrikaners kan stem vir die nasionale vergadering en die provinsiale wetgewers.

“Hierdie proklamasies is in die Staatskoerant gepubliseer. Die President het ingevolge artikel 50(1) van die Grondwet die nasionale vergadering ontbind. Dit volg op ʼn resolusie wat op 21 Februarie in die nasionale vergadering aanvaar is,” lui die presidensie se verklaring.

Die dag van die verkiesing sal ʼn openbare vakansiedag wees om alle Suid-Afrikaners die geleentheid te gee om te gaan stem.

Noudat die verkiesingsdatum geproklameer is, kan kiesers nie meer registreer om te stem nie.

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het gesê hy sal nou sy werk versnel om te verseker dat alles gereed is vir die verkiesing wat oor tien weke sal plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Ellisras ·

Vandag is Nasionale Melktert Dag. Dit moet eers gevier word voor ons aan die verkiesing kan dink.
My prioriteite is reg.

KLG ·

Ek sit daai Maandag en Dinsdag verlof in, dan het ek nou n lekker lang naweek!

charmaine ·

Vakansie dag baie dankie. Ons gaan lekker braai na ons X getrek is

Theresa ·

Sal my kruisie gaan trek maar dit maak tog nie saak nie. Almal weet wie gaan wen. Hulle sal tog eerlik en regverdig wees. HA HA!!
Ek stem saam met Charmaine vir ‘n lekker braai!

Swartbees ·

Ek stem saam, n braai gaan beslis in die orde van die dag wees… soorvat n pre-erfenisdag braaidag.

Sê net ·

So ‘n laaste braaidag wat jy na kan verwys oor ‘n jaar as jy terugdink aan die goeie ou dae. Die tyd voor kerse en totale anargie.

Nettie ·

Ek sit sommer die 9de en 10de twee daggies verlof in, dan het ek ‘n lekker laaaaaang naweek!

Sankie kader ·

Die ANC sê dankie vir jou en al die ander nie stemmers. Tannie papbroek.

Nettie ·

Ek gaan nou nie stem nie, maar sê solank dankie vir die lekker, ekstra vakansiedag.

Stem Verantwoordelik ·

“Die hand wat die kruisie maak, is die hand wat aan die toekoms raak”.
Onthou, dit is ‘n leuen dat jy jou stem mors as jy vir klein Party stem. Hoe meer stemme ‘n klein Party kry, hoe groter word dit.

John ·

… en water party verdien om groter te word.. en dan gaan doen wat h kiesers vra… ha.. ha…?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.