Ramaphosa: Radikale ekonomiese transformasie nou nodig

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

“Covid-19 het ons ekonomie ʼn groot slag toegedien en ons gaan dit nou moet aanpak.”

Só het pres. Cyril Ramaphosa Dinsdag in Durban gesê waar hy en dr. Zweli Mkhize, minister van gesondheid, KwaZulu-Natal besoek het om die provinsie se reaksie op die Covid-19-pandemie te assesseer.

Volgens Ramaphosa het die stimuluspakket wat die regering aangekondig het, grootliks op die ekonomiese en maatskaplike trefslag van die pandemie gefokus. “Covid-19, om dit reguit te stel, bied ons die geleentheid om te herbesin rakende die ekonomiese aspek van ons lewe. Ek bestempel dit as ʼn post-oorlogsituasie. Ons veg teen ʼn onsigbare vyand. Dit is tyd om te begin beplan vir ʼn post-oorlogsituasie wat uitdagings en geleenthede bring.”

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Ramaphosa is van mening dat daar nou “pilare van ʼn nuwe ekonomie” ingestel moet word en dat dinge nie meer soos voorheen gedoen kan word nie. Hy meen daar moet ʼn nuwe ekonomie met nuwe sektore gevestig word.

“Baie mense gaan hul werk verloor. Ons moet werk vind en skep vir ons mense wat hul werk gaan verloor. Ons moet onsself afvra wat die nuwe visie vir ons land is. Ons moet met ʼn duidelike ekonomiese strategie vorendag kom. Die belangrikste beginsel is dat ons ʼn ekonomiese toekoms moet bou wat gaan verseker dat die bestaande groei inklusief en bemagtigend is. Bemagtigend vir vroue, vir jong mense en hoofsaaklik vir swart mense. Die ekonomiese toekoms wat ons gaan uitkerf, moet op radikale ekonomiese transformasie geskoei wees.”

Dr. Zweli Mkhize. Foto: GCIS

Ramaphosa het ook van die geleentheid gebruik gemaak om Mkhize te loof vir die “uitstekende werk” wat hy doen en vir sy “leiding en leierskap” in die stryd teen die Covid-19-pandemie. Volgens die president is die lof wat Suid-Afrika kry van internasionale liggame soos die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) danksy die werk wat Mkhize doen. Ramaphosa het gesê dié internasionale liggame kyk na Suid-Afrika as voorbeeld van hoe ander lande veronderstel was om op die pandemie te reageer.

Daar is egter beklemtoon dat die stryd nog ver van verby is. Volgens Ramaphosa het Suid-Afrika nie op duimsuiery nie, maar eerder op wetenskap staatgemaak rakende besluite – dit het die land gevolglik internasionaal baie goed geplaas.

“Ons het nie verwarrende boodskappe uitgestuur nie. Ons benadering is baie direk en wetenskaplik.” Ramaphosa was ook vol lof vir Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, vir haar bestuur van die ramptoestand.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Pieter ·

Duidelik word die Covid-19 situasie misbruik om die ekonomie doelbewus te vernietig en die ANC se rapid economic transformation beleid te implementeer. Duidelik het die blanke en kleurling min plek in hul nuwe ekonomiese orde volgens Ramphosa se woorde. Kommunisme lê voor die deur, al ekonomie wat hulle ken.

Ivana ·

Werk vir jongmense, vroue en hoofsaaklik swart mense. So wat se ons president eintlik. Hy wil kos en hulp he van die blankes maar nerens is daar plek vir hulle nie, nou wonder ons of die virus regtig so erg is as wat ons politisie sê en of dit net hul manier is om van ons ontslae te probeer raak. My ouma het altyd gesê GOD sit hoog maar hy sien laag. Oppas, julle weerspreek julself in elke wet wat julle neerle. 50 mag by n begrafnis wees, maar mag die trou of kerkdienste he nie, ons het GOD nou nodiger as al hierdie rubbish wette wat hulle maak. Maskers help om dit nie te versprei nie, maar ons mag nie werk nie – social distancing – jy weet. n Enkel ma met n klein kind onder 18 moet hom buite die winkel of by die huis los want hy mag nie ingaan nie – hoe de hel kom hulle daarby uit. Ek dink die hele lot is n klomp morone wat hierdie gemors nie ordentlik deurdink nie. Elke ding wat hulle uitdink is n pot tjol

Ronel ·

Altyd werk skep vir swart eerste. Wanneer gaan Ramaphosa besef die land bestaan uit meer as een etiese groep. Ras moet verdwyn uit ons samelewing. Die hele SA is in gemors as gevolg van COVID-19 en almal gaan swaar kry om op te bou en aan die lewe te bly vorentoe.

Michael 1 ·

Die ironie is hy het reeds n mindset geplaas het van bakhand staan en net ontvang ,hoekom sal hulle wil werk?

Michael ·

Die geskiedenis van Afrika is daar vir almal om te sien-Afrikane kon nog nooit vir hulself werk skep of op hul eie ontwikkel nie-sonder die kolonialiste sou daar nog minder in Afrika gewees het as wat tans die geval is. Ramaparra is reg as iemand nie vir our people werk skep nie dan sal our people nooit werk nie

Jaco ·

Hierdie boodskap is hard en duidelik: wit mense is nie meer welkom nie. Ek stel die volgende 3 opsies voor:
1. Bring ‘n tipe apartheid terug waar die grondwet sê presies watse regte wit mense wel het. Waar mag ons bly, waar mag ons werk, tot op watter vlak mag ons bevordering kry ens.
2. Verskuif al die wit mense Wes-Kaap toe. Maak dit ‘n selfregerende tuisland wat buitelandse beleggings toelaat. Maak belasting hoër daar as in die res van SA. China doen dit reeds met Hong Kong en Macao en dit werk.
3. Deporteer die wit mense na Europa en Amerika. Dump ons daar met stempels in ons paspoorte wat duidelik sê Return to South Africa PROHIBITED. Dan móét daardie lande ons vlugtelingstatus gee.

4ntj13 ·

Ek is bevrees hulle weet die swart kraaie het die wit melkkoeie nog nodig. Ons sal ons self moet leer red binne hul anti-wit raamwerk. Deportasie is my enigste opsie, want ek het nie eens meer geld om Wes-Kaap toe te kan trek nie, wat te sê nog na Europa toe?

katerinadiekat ·

Oh my word ek wens So hulle wil ons deporteer!! Beste ding wat ons ooit sal kan oorkom!!!

Ruben ·

Briljante idee die wat wil bly kan dan hier bly en die wat wil uit moet uit.

Michael 1 ·

Sy ekonomie gaan nêrens alvorens hy nie diskriminerende wette skrap wat n klein gedeelte van die bevolking terughou om die ekonomie te groei nie.

DieKriek ·

Rampaphosa praat baie. Hy het al vir “sy mense” die maan en sterre beloof. Wag en sien – níémand behalwe die ANC gaan iets goed kry nie. Maar die fonteintjie raak droog.

Nico ·

Raponsie en sy trawante het die ekonomie al sedert 1995 stelsel matig op sy knieë gedwing, maar sedert die Zumpie era het hulle sommer na “overdrive” oor geskakel en Raponsie het nie geskroom om nog ‘n “overdrive” te vind nie. Nou wil hy die paniek virus die skuld gee, want hulle probeer die paniek behoorlik op jaag om hul duistere dade te verdoesel.

Pensionaris Sedgefield ·

Aitsa, hoe wys Cyril sy ware kleure nou. RET – dis waaroor dit nog die hele tyd gaan. Hy wil blanke besighede vernietig en met staatshulp swart besghede in hulle plekke sit. Tyd dat ons die belasting kraantjie vir hom begin toedraai.

Snowball ·

Dit klink na nog groter ellende wat op pad is. Nog meer radikale uitsluiting van blankes en ander minderheidsgroepe. In 25 jaar kon net sekeres die staatskoffers plunder en die res van SA, “veral swartes” het nog net verder teruggeval in armoede. Hulle Radikale Ekonomiese Bemagtiging was Toelaes vir Afrika, blankes wat moes uit uit poste en staatskaping. Tot dusver het nog NIKS floreer in hierdie Sosialistiese poging nie, net korrupsie. Kommunisme is ons volgende stap, waar alles deur die staat onteien word sodat ‘veral swartes’ ná die epidemie gehelp kan word. Die ANC gespuis wys hulle intensies baie duidelik.

Werner ·

Sien ou CR begin nou die nuwe president se idees uiter glo nie hy is eers meer op papier die president nie

Fedup ·

Be more specific cyril. Your blabbing this way and that way is irritating. Be honest and straightforward for once in your life. You don’t want white people in this country. So, use all that bribe and corruption money, buy us a country very very far from here, then we will gladly move. At your expense, of course.

Nell ·

Daar het julle dit. CR die wetenskaplike het gepraat. En hy sê daar is nie plek vir blankes in daardie ”change/reformation” van hom nie. Sad but true.

Vonkprop ·

Hierdie virus pas die ANC soos ‘n handskoen. Nou kan die virus blameer word vir alles en die ANC kan alles deurdruk wat hulle wou. Een goeie ding uit die virus uit is dat apartheid nou ‘n bietjie rus kry. Die ANC redeneer soos volg: Die SAL het gevou as gevolg van die virus, nie korrupsie nie, klein besighede onder wit bestuur het toegemaak a.g.v die virus nie BEE nie, SA is rommelstatus want dit was die virus en nie swak leierskap nie. Onthou net, die regering soek altyd iets of iemand anders om te blameer behalwe hulleself. Hierdie virus kon nie op ‘n beter tyd gekom het vir die ANC nie. Ek dink nie ons word die volle waarheid oor die virus vertel nie. Iewers word iets weerhou van ons Suid Afrikaners af.

Maritha ·

Aaaag asseblief! Ek werk as haarkapster, maar mag eers of vlak 1 werk. Ons werk skoon en is erg hiegienies, met handskoene, maskers ens ens. Als ruik na dettol en jick. Maar neeeee. Ons mag nie. Ek ry gister winkel toe vir kos met masker, net om te sien dat straat winkeltjies almal oop is en sommer op di straat word hare gesny! Dit wemel van swart mense sonder maskers met geen sosiale afstand! Is dit omdat my vel wit is of wat?

Daniel ·

Die ekonomie was reeds vernietig deur die ANC lank voor die pandemie.

KB ·

In die ou dae het SA ‘n soortgelyke persoon in die kabinet gehad wat net beloftes gemaak het. Hy het bekend gestaan as Piet Promise…ons het wéér ‘n Piet Promise.

Lourens ·

Covid19 het nie die ekonomie verwoes nie Ramaphosa, jy en jou korruptes het. Jy sal die wit boer nie onder kry nie. Ons sal weer herstel onder mekaar.

Paul ·

Ek wonder of daar nou nog witmense is wat “ons wonderlike president Cyril bewonder”??

Daniel ·

Daar is, hulle is houtgerus dat hy ons belange op die hart dra!

Boortor ·

Uiteindelik het ek nou n beter idee van julle meesterplan. Ek het van die begin af geweet hier skuil iets agter die virus storie. Maar dankie, nou weet ek wat om te doen. Ek het darem ook n paar plannetjies, nes julle!

Kokerboom ·

Die President wat eens ons ‘n sprankie hoop gegee het met sy besliste optrede het nou sy ware kleure gewys en hy kan nie vertrou word.’,n Jakkals verander van haar maar nie van kleur. Die ANC praat deur hom. Sy rassisme, bontpratery en planloosheid laat my koud. Ek het gehoop sy intellektuele vermoee om die geleentheid tot nasiebou aan te gryp sal inskop maar o wee die kader het NIE die lig gesien.

capie ·

Mense lees mooi wat die man? uiter. Radikale verandering. dit sal wees dat alle besighede, selfs die eenmanbesigheid wateen mmal nper week ‘n casual nodig het in swart besit moet wees. Die haarkapper wat net ‘n persoon het wat skoonmaak moet die helfte van die besigheid aan die skoonmaker gee en die moet swart wees, nie bruin nie. Ek het al lankal gepost dat dit ‘n verskoning is vir ‘n sagte staatsgreep en dit word al hoe duideliker , selfs met die kos wat hulle nou self wil uitdeel. Met hofsake gaan hulle net ‘n regter soos wat sy naam nou weer, Jody? en slope aanstel om seker te maak hulle wen dit.

Anoniem ·

Ek sien die stelling van “radikale ekonomiese transformasie” as “vernietig die witman” se ondernemings.

Eragrostis ·

Daar het almal dit nou. Die keiser wys toe sy ware klere, dit waaroor regdenkende mense al so baie waarsku. Alles vir CR, veral nou in hierdie grendeltyd, gaan net oor die swartes en hul toekoms. En hy het net vir die regte geleentheid gewag om sy Radikale Ekonomiese Transformasie-beleid te implimenteer om dit te bewerkstellig. Danksy Covid het hy na 5de rat daarmee oorgeskakel. Geldelike hulp deur die staat word op ras gegrond, kospakkieskemas word net na swartes gekanaliseer, behoeftes wat deur baie blankes benodig word, soos haarsalonne en sigarette, word nou ontneem, blankes word onregmatig en onder dwang na kwarantynareas geneem, magsmisbruik word deur die polisie op blankes toegepas, soos die woonkompleks in Garsfontein waar 16 polisielede op ń onskuldige gesin toegeslaan en hardhandig hanteer het oor ‘rusverstoring’, net om ń paar voorbeelde te noem. Boonop word dit bedryf deur die magstryd binne die ANC tussen CR en Dlamini-Zuma. Blankes, kom ons ondersteun en help mekaar.

Objektief ·

In 1994 was 20% (8,9 m) van die bevolking werkloos, na n periode van 25 jaar waarin die ANc hulle bes probeer het om die ekonomie te verwoes deur sanksies, stakings ens.In 2019 is 29% (18 m) van die bevolking werkloos na n periode van 25 jaar waarin die ANC hulle bes probeer het om werk te skep.

Duidelike bewys dat toe hulle probeer het om die ekonomie te verwoes was hulle nie baie suksesvol nie maar hulle was nog minder suksesvol om die ekonomie te groei en werk te skep.

Duidelike bewys dat hulle nie die vaagste benul het hoe die ekonomie werk nie en totaal onbevoeg is in enige iets wat hulle doen

Eragrostis ·

Dit het al begin tydens die linkse NP-regering onder FW de Klerk en sy kiesers voor 1994.

marius ·

In 94 het hulle ‘ n volgelaaide skip gekry wat hulle net moes stuur . Toe vaar hulle hom rotse toe en daar het niks oorgebly nie. Nou probeer hulle met ‘nkrat wat met foelie toegedraai is seil .

Natashia ·

Duidelik Kan Hy steeds nie Somme maak nie. Met 50 miljoen + swart mense in die land het hulle reeds die meeste werk. Intussen sit hoeveel blankes sonder werk wat die minderheids bevolking is.
Dit het tyd geword day die blanke sy eie werk skep en sy eie mense in diens neem en mekaar ondersteun sover moontlik. Ons moet ophou om mekaar te ondermyn en mekaar eerder bemoedig.

Die blanke Suid Afrikaner gaan n extinct spesie raak as ons nie nou begin om ons self te help nie.

4ntj13 ·

Eisj! Ek wens God wil Mammon vir eens en altyd uitwis! Blykbaar loop geld en mag oor ander hand aan hand.

Die enigste transvormasie wat die wêreld nodig het is om eerstens te kan oorleef (veilig & gesond wees en eet), en tweedens om te kan floreer terwyl elke ander gerespekteer en waardeer word.

Mens voer nie besighede vir niksdoeners met ʼn lepel en oorleef veel langer nie. Elke krieseltjie inisiatief is nou nodig in die Westerse wêreld om te oorleef, maar Afrika wil steeds ʼn ander s’n hê; soos ʼn kraai blink dingetjies versamel wat hom niks goed kan doen nie. Hou op om “jou” mense in kraaie te wil verander, mnr Prez! Bedink liewer planne om regverdiger oorlewingsekonomië uit te dink wat ons wêreld en sy virusse bewaar eenkant van mense wat dit kan aansteek. Of wil jy bydra tot ʼn selfs groter lewensverlies as wat Covid alleen kon veroorsaak? Dit sal dalk die natuur-wêreld goed doen vinniger, maar jy moet leer harder werk om te oorleef as jy nie kon leer dink en bewaar eerste nie.

Hanna ·

Mense ons sal oorwin: die geskiedenis het geleer niks e niemand kan d innoverende breinkrag e boer-maak-n-plan houding van ons wegvat nie! Ons het d land met intellek e innovering gebring tot waar hy was. Bly dink innoverend in jou veld of spesialiteitsgebied, kies wat jy met jou innoverende idees wil doen, kies wie vir jou werk e wie jy wil bemagtig. En bowenal dien God

Anel ·

Wat se papagaaitwak rook hy? Waar kom hy daaraan dat die buiteland hom steun? Hulle kan nie glo dat daar sulke drakoniese reëls hier toegepas eord nie. Dit word nie eens gedoen in oorlogstyd nie. Die enigstes wst hom goed praat is seker die Chinese en Kubane.

marius ·

Gaan kyk wat hy met die sjinese onderhandel in die week . Niemand berig daaroor nie.

Hanna ·

Kyk mooi om jou rond, daar is n nismark vir elke area, moenie dink iets is te minderwaardig om te doen nie, gryp elke feleentheid aan om vorentoe te beur

Andre ·

Is reg, vlieg die land soos die SAA. Reguit in die grond in.

Erica ·

Die ou blablabla net. Hy is niks meer as iemand wat teer op ander. Oor 3 dae gaan dit weer iets anders gese word. Of dit gaan wees ons het dit verkeerd verstaan. Soos altyd. Stel lockdown af jy het genoeg van my tyd gemors om jou boeties te beskerm. Die winter kom nog mr blablabla

JJ ·

Begin soos volg.
1. skrap alle BEE wetgewing
2. Maak ALMAL deel van die ekonomie
3. Privatiseer ESKOM
4. Gee SAA weg.
5. Skrap alle groen wetgewing- dis gebaseer op leuens. Kyk na die navorsing.
6. Skrap CARBON TAX belasting
7. Plaas EKSTRA HOOG INVOER BELASTING op all tekstiel proidukte van China, Indie, Vietnam om plaaslike bedryf te help
8. Doen alles moontlik om plaaslike nywerhede te beskerm teen Chinese invloed. Bv Verhoog invoer BELASTING OP ENIGE GLAS GEBRUIK IN BOUBEDRYF-Indien nie gaan daardie plaaslike bedryf vou
9. Maak RSA “die blockchain” mekka van die wereld deur rojale subsidies te betaal aan enige internasionale organsisasie wat hulle hier wil vestig
10. Begin “blockchain universiteit met gratis onderrig.
11. Verklein die staatdiens deur of laer salrisse te betaal of getalle te verminder

Hekwag ·

Hahahaha!! Lagwekkend. Afrika was nog nooit in staat (selfs voor en sonder apartheid) om enige hoogtes te bereik sonder die Europeërs se hulp nie. Good luck with that *grinnik*

Marianna ·

Wie is die wetenskaplikes vir wie so geraadpleeg word?? Is dit dalk Ace en sy gespuis? Is Lesufi dalk ook een van hulle? Vra maar net.

Michael ·

Kan ons blankes nie maar saamstaan en met ‘n poging/petisie tot die kommunistiese regime gaan om ons almal te verban na ander land of ‘n gebied in SA waar ons op ons eie kan aangaan en hulle nie sal pla nie. Hulle droom is tog ‘n SA sonder blankes. Hoekom is ons so ruggraatloos-ek sluit myself in-terwyl ons voorouers sulke ongelooflike dapper manne en vroue was

JohanR ·

En hier begin dit. Die ANC KGB versteekte agenda. Het gevonder hoekom daar 85000 weermag troepe ontplooi word. Het nie gehoor van enige ander land wat troepe straate toe gestuur het nie. Trust the ANC? Soos ou Zuma met sy 1000 jaar, se ek ook nie vir 10000 jaar sal ek die ANC vertrou nie. Pasop al julle ander partye, Suid Afrika gaan nog ‘n een party staat word. Kuba aan die een kant en Sjina aan die ander. Ek is vol lof vir my honde wat truuks kan doen, maar vir Nkosasana Dlamini-Zuma?

MakersMark ·

Ongelukkig is die praatjies net om die geraas wat van binne die ANC kom weer te probeer stilmaak. Die regerende party transformer al vir 26 jaar en die soe’s war die meeste getransformeer is, is almal gebroke en bankrot. Ins wonder waarom ? Werkloosheid bo 30 % en die armes word armer, die verval van munisipale infrastruktuur, ekonomie rommelstatus, gaan maar aan. Transformeer verder voort met die onbehepte korrupte spul bloedsuiers julle eie mense gaan julle nog uitskop.

Raadslid ·

Hier kom die ergste vorm van swart ekonomiese bemagtiging.

KAIROS ·

Hy besef seker daar is nog teveel mag in die blankes se hande en gaan dus verder met sy BEE… Ons kort ons eie staat

MAGRIETHA ·

Ja dis tyd vir die blankes en kleurlinge om saam te staan en vir mekaar by te staan soos nooit te vore en ja dis nou belangrik vir elkeen om reg te stem en ons moet seker maak ons almal stem , da baie swartes wat ook ongelukkig is met die anc en hulle gaan n verrassing kry in die volgende verkiesing die anc die president praat ok nie elke dag uit di selle mond nie

marius ·

Daar sal nie weer ‘ n verkiesing wees voor hul doel totaal bereik is nie .

Genis ·

Die ANC het die land vernietig met hulle staats kaping, nou word die Covid gebruik om witmense by te kom, en kwansuis n nuwe begin. Met die selfde kaders..

Jessey ·

“Poof”, en daar is ‘n nuwe werkende ekonomie wat begin en goed geld maak. Sjoe hoe lekker maak hulle mens lag. Wel hopelik sal ons kan Sassa gaan eis.

Oomniklaassevriend ·

Ons vyand is sigbaar. Ek kan selfs die kleure van sy vlag noem.

Adam Adriaan ·

Radikale Nuwe Wêreld Orde transformasie. gedryf deur die ANC se poppespel toutrekers vanuit die onderwêreld

Eerlik ·

Daar gaan ons alweer oor die werkskepping vir “veral swart mense”. Besef hierdie man ooit dat al sy toesprake n rassitiese toon aandui? Ramaposa julle vernietig hierdie ekonomie, kyk of jy en jou people dit kan red.

Leon ·

Die dag as hulle SEB werk reservering en grondgrype stop en swart rassisme stop, dan sal ons weet hulle is ernstig. Tot dan dink die ANC om die ekonomie op te lig is ‘n reuse grap en hulle stel gladnie belang in werkskepping nie.

Pierre ·

Net fancy speech om te se wil, land in n Swart kommuniste staad Verander, sonder wittes

johan ·

Skitterend doen dit aub ons wag al lankal dat ons Zimbabwe se voetspore kan volg. Dit werk in Zimbabwe so ons het ‘n goeie voorbeeld. Dit is nou dan die tyd dat ons blankes glad nie kan staat maak op werk van die ANC regering nie. Blankes sal nou hulle eie maatskappye moet stig en vir ons self moet werk skep.

marius ·

Zimbabwe is ‘n kleuterpartytjie teenoor wat hier gaan volg .

Alexz ·

Nuwe visie vir S.A? Hy hoef net na Venezuela te kyk. Glo, my, sy hart sal warm klop wanner hy sien wat hùlle reggekry het, waarmee hy nog sukkel om reg te kry.

Marthie ·

En so bou ‘ons’ al vir 26 jaar aan ‘n beter ekonomie en gelyke regte en waar het DIT ons gebring? ai, jai, jai….. slegter as ooit! Die Ruperts en vele andere moet nou maar aandring om hulle geld terug te kry en dit self uitdeel soos hulle goed dink, dan sien ons hoe dit eintlik moet werk want hulle gaan nie diskrimineer nie.

marius ·

Hy moet dit verkondig om die massas van sy hul kele weg te hou . Is daar nog van die kniee kruipers wat hom as suid afrika se redder beskou het , wat woorde kan vorm ?

Ruben ·

Wat hy hier se is ook alle banke en myne word genasionaliseer.Ons pensioen fondse is daarmee heen.Grond word genasionaliseer.Waarom dink julle is Malema so stil hulle werk nin die agtergrond aan dit.Gee nie meer n duit om vir westerse beleggings daar is 3 triljoen rand tot hulle beskikking in ons pensioen fondse en dan is daar China.

Michiel ·

Mense, julle kla, en al wat jy kan doen is: (1) Koop ‘n Boerboel, (2) emigreer, (3) ons eie klein Swazilandje waar ons baas kan wees oor onsself, eie mense eie polieke partye, eie sosiale sorg, eie boerderye. Ons is gyselaars van ons eie sukses: geldeenheid, gemaksug, infrastruktuur.
DIe ANC slaan ons met ons eie sweep!!

Willem ·

Na die ANC se kaskendes met die virus sal daar nie n ekonomie wees om te transformeer nie.
Vanoggend op Groot Ontbyt het n ekonoom gese dit gaan goed met ons ,ha ha hy moet by ons kom kuier

Jannie van Niekerk ·

Met ander woorde mnr Ramaphosa: Wit mense mag nie baat vind by die nuwe ekonomie nie?
Die meerderheid wit mense se belasting het die huidige ekonomie aan die gang gehou tot einde Februarie 2020. Kabinetslede se onverdiende hoë salarisse en byvoordele ingesluit. Indien julle groot vyand, “Wit Monopoliekapitaal” gaan verdwyn uit SA, gaan hierdie land binne vyf sekondes bankrotter as Zimbabwe wees.

Shaunette ·

Ja ne….agv watter rede het ons blanke klein besighede ontstaan in die eerste plek? Omdat ons nie kwalifiseer vir poste kriteria nie…en self plan moes maak

Jan ·

Snaaks genoeg. Die president se dat ons moet werk skep. Hulle weet dat die wit mense sal plan maak om werk te skep. Masr ans staan laaste in die ry vir hulp. Kry nie lenings nie want ons is wit. Die anc laat die wites swaar kry. Maar ons moet plan maak.

Johan ·

Dit maak glad nie sin dat hy daarop sinspeel dat hulle nou klomp jong swart mense wil help om nuwe besighede te begin in die tyd dat die ekonomie feitlik nie meer bestaan nie. Wie kan n besigheid in hierdie tyd begin en suksesfol maak met niks in jou sak nie? Plaas daar nou gekonsentreer word op die besighede wat nou bestaan sodat werk weer geskep kan word sodat die jong mense kan begin werk en hul self op werk na hul eie besigheid toe. Dit is hoe die lewens suklus werk. Deur werk te probeer skep in die staat is ekonomiese selfmoord, want as almal in die staat werk en salaris trek dra niemand by om daai salaris te betaal nie, want dit is die besighede wat die belasting betaal om vir die mense in die staat n salaris te gee. Die klomp lands vernietigers het geen clue nie. Ek het n plan. Maak al die jong mense straat smouse, dan het hulle n inkomste. O nee wag, hulle betaal nie belasting nie, so dan gaan niemand in die staat salaris kry nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.