Ná 750 dae het pres. Cyril Ramaphosa Maandagaand die ramptoestand opgehef. Sekere regulasies bly egter vir minstens 30 dae van krag.
Ramaphosa het gesê die ramptoestand is ingestel in reaksie op ʼn ongekende wêreldwye gesondheidskrisis en het die regering in staat gestel om doeltreffend te reageer op die Covid-19-pandemie. Hy sê die maatreëls is ingestel om druk op hospitale te verlig, om die regering in staat te stel om infrastruktuur op te rig in reaksie op die pandemie en om te voorkom dat baie meer mense siek word. Dit het die regering ook in staat gestel om die R350 maatskaplike toelaag in te stel wat “noodsaaklike verligting gebring het”.
“In die konteks van ʼn vry en oop demokratiese samelewing, moet ʼn ramptoestand slegs tydelik wees en slegs volgehou word vir so lank as wat dit absoluut nodig is,” het hy gesê.
“Die pandemie is nog nie verby nie, en die virus is nog steeds met ons, maar ons glo die ergste is nou verby. Die ramptoestand is nie meer nodig nie.”
Die president sê die pandemie sal voorts kragtens die Wet op Nasionale Gesondheid bestuur word. Gesondheidsregulasies is voorgelê vir kommentaar van die publiek voor 16 April. Daarna sal die publiek se terugvoer oorweeg word en die nuwe regulasies gefinaliseer en gepromulgeer word.
“Die kabinet het besluit die ramptoestand kom Maandagaand om middernag tot ʼn einde. Sekere regulasies kan van krag bly ná ʼn ramptoestand en dié regulasies sal vir 30 dae in plek bly as voorsorgmaatreël voor die nuwe gesondheidsregulasies ingestel word.”
Die volgende oorgangsmaatreëls bly van krag vir 30 dae:
- ʼn Gesigmasker bly verpligtend binnenshuis.
- ʼn Beperking van 50% (geen maksimum nie) word geplaas op byeenkomste (binnenshuis en buite) waar mense ʼn bewys van inenting moet lewer of ʼn negatiewe Covid-19-toets moet wys.
- Waar mense nie ʼn bewys van inenting moet lewer of negatiewe Covid-19-toets moet wys nie, is die beperking 1 000 mense binnenshuis en 2 000 mense buite.
- Regulasies vir internasionale reisigers bly van krag: hulle moet bewys van inenting lewer of ʼn negatiewe Covid-19-toets (minder as 72 uur). Indien hulle dit nie kan bewys nie, sal hulle ʼn antigeentoets moet doen met hul aankoms en indien hulle positief toets vir Covid-19, sal hulle 10 dae lank moet isoleer.
- Die regulasies vir die betaling van die R350-toelaag bly van krag totdat die departement van maatskaplike ontwikkel regulasies kan ontwikkel om seker te maak dié toelaag duur voort.
- Die regulasies wat voorsiening maak vir die verlenging van die geldigheid van ʼn leerlinglisensie, rybewyskaart, lisensieskyf, professionele bestuurspermit en registrasie van ʼn voertuig bly van krag.
Alle ander rampregulasies word om middernag opgehef. Dit sluit in regulasies oor die isolasie van mense, skole en toegang tot ouetehuise, openbare vervoer, inisiasieskole, vragvervoer en kriminalisering van nienakoming aan dié regulasies.
“Die opheffing van die ramptoestand beteken ook dat die koronavirus-waarskuwingsvlakke ook nie meer van toepassing is nie.”
Die president sê die opheffing van die ramptoestand is ʼn belangrike mylpaal in ons stryd teen die pandemie. “Dit is ʼn teken van die vordering wat ons saam gemaak het en ʼn herinnering aan die wat ons land deurgemaak het.”
Hy waarsku egter dat ons versigtig en bedag moet bly. “Ons het geleer die virus is onvoorspelbaar en dat die situasie vinnig kan verander. Ons werk dus steeds saam met die Wêreldgesondheidsorgorganisasie en ander organisasies om ʼn begrip te hê van die toename van gevalle in ander lande en die betrokke wetenskaplike inligting te assesseer.”
Klik hier om sy volledige toespraak te lees.
President #Ramaphosa: All regulations and directions made in terms of the Disaster Management Act following the declaration of the national state of disaster in response to COVID-19 are repealed with effect from midnight tonight, with the exception of a few transitional measures. pic.twitter.com/qrkk0msqBY
— Presidency | South Africa ???????? (@PresidencyZA) April 4, 2022
President #Ramaphosa: Accordingly certain transitional provisions will remain in place for a period of 30 days after the termination of the National State of Disaster to ensure essential public health precautions and other necessary services are not interrupted. pic.twitter.com/FMZZlBWExk
— Presidency | South Africa ???????? (@PresidencyZA) April 4, 2022
President #Ramaphosa: Importantly, by ending the National State of Disaster we are each taking more individual responsibility for protecting our health and the health of others. pic.twitter.com/5hfLH8rKab
— Presidency | South Africa ???????? (@PresidencyZA) April 4, 2022
President #Ramaphosa: Our greatest responsibility is to make sure that we are vaccinated against COVID-19 and to encourage others to get vaccinated.
Vaccination is our best defence against COVID-19. pic.twitter.com/hpSvyGWPyu— Presidency | South Africa ???????? (@PresidencyZA) April 4, 2022
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
49 Kommentare
So met ander woorde niks het eintlik verander nie. Wat n totale grap is dit nie!
Is ek dom? Die ramptoestand is in naam opgehef, maar al die regulasies bly nog. Dis om tyd te koop sodat vlak 4 regulasies oor ‘n maand weer ingestel word, onder ‘n ander naam. Ek hoop Woensdag se hofsaak gaan voort.
Hierdie magsvergryp is nog glad nie verby nie. Daar is nog ‘n pad om te stap. Niks het eintlik verander en ek raak nog nie opgewonde nie. Wat verblydend is is dat Suid-Afrikaners nou meer begin om saam te staan. Dink ons is nou gatvol vir politiek en veral ‘n onbevoegde Regering.
Ramp toestand opgehef. Hahaha. Waarvoor moet mens dan nog maskers dra en hoekom is daar nog beperkings op hoefeel mense binnehuis en buite met aktiwiteite wees. Die regering wil maar beheer he oor die mense. Dit is komminusties
bla bla bla en winter kom so een van die dae oms weer op vlak 3 hy niks gese nie net mooi inks