Ramaphosa reageer dán op drankverbod

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Presidensie/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa het gesê hy sal teen die einde van die week op die Gautengse Drankforum se griefskrif rakende die drankverbod tydens die afsonderingstydperk reageer.

Die staatsprokureur het in ʼn verklaring gesê Ramaphosa, die nasionale bevelraad en ander rolspelers vergader weer die week om spesifiek te praat oor die regering se program vir ekonomiese bystand.

Die staatsprokureur voer verder aan dat die uitkomste van die vergadering heel moontlik ʼn invloed sal hê op die kwessies wat deur die forum geopper is. Ramaphosa het dus uitstel tot Vrydag gevra om op die griefskrif te reageer.

Die Gautengse Drankforum het oor die naweek ʼn griefskrif aan Ramaphosa gestuur rakende die drankverbod tydens die afsonderingstydperk en het die president aanvanklik tot Dinsdag gegee om daarop te reageer.

Volgens die forum tree hy namens nagenoeg 20 000 kleinsakeondernemings, hoofsaaklik sjebiens en tavernes in informele nedersettings, op. Die forum voer aan dat die drankverbod onredelik is en dat uitlatings deur senior lede van die kabinet daarop sinspeel dat die verbod eerder ander doelstellings voor oë het wat nie te doen het met die stryd teen Covid-19 nie.

Daar word verder aangevoer dat die verbod ongrondwetlik is en dat die regulasies rakende die afsonderingstydperk ingestel is sonder die nodige konsultasie. Die forum het gesê hy sal die howe nader indien nie aan sy versoek gehoor gegee word om die drankverbod ter syde te stel nie.

Die regering is ook reeds vroeër versoek om die verbod op die verkoop van sigarette tydens die afsonderingstydperk op te hef.

British American Tobacco South Africa (Batsa) het gesê die verbod het alle onbedoelde gevolge soos dat rokers buite hul woonbuurte gaan soek na winkels wat bereid is om die verbod te ignoreer.

Batsa meen die verbod sal ook onbedoeld bydra tot die onwettige handel van tabak aangesien rokers heel waarskynlik onwettige produkte gaan koop.

“Ons doen ʼn beroep op die regering om die verbod op die verkoop van sigarette op te hef en die verkoop daarvan saam met ander noodsaaklike goedere wel toe te laat.”

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

PieterP ·

Die probleem is dat in die shebeens en taverns geen sosiale distansieering gaan wees nie en die laaste 3 dae se syfers maak nie hulle ogies oop nie. My besigheid moet toe wees en ek werk op dakke en doen nutswerk en werk nie direk met mense nie. Wat maak hulle meer spesiaal as die res van ons? Daar is ‘n verskil tussen samedromming en werk waar niemand in gevaar is om aangesteek te word nie. Hou die drank toe want daar sal vergrype wees en ‘n hehangery aanmekaar. Die yabak verbod kan wel opgeskort word sover dit my aangaan

Phillip ·

Deel van die voorwaardes wat voorgelê word, is dat die shebeens net drank mag verkoop en niemand mag daar sit en drink/kuier nie, dus word hulle net tydelike drankwinkels.

Venter ·

As dit gaan gebeur gaan daar n geveldige toe name wees n persoon wat nie sy drankie kan hanteer nie sal dan begin rondloop en vir ander n gevaar as hy besmet is en nie kennis dra daarvan nie die President moet by sy besluit bly.Hoekom moet die mens altyd die probleem van kwaad probeer verlig daar is duisend ander besighede wat ook wil besigheid doen maar by die president se besluit bly om die covid 19 te beheer

Abel ·

Die inperking word tot dusver nie baie ernstig opgeneem deur janalleman nie.
Werkgewers is wel ingeperk en dit laat dit op die oog af lyk of inperking ‘n invloed het op strate.
Sou drankverkope toegelaat word gaan die “partytjie” net lekkerder raak en tot voordeel van die verspreiding van die virus wees.
Die land se rekord van misdaad is in elk geval so swak dat die verkoop van drank eintlik in normale omstandighede ook moet bespreek moet word.
Ek weet net nie wat om te sê van diegene met alkoholisme nie alhoewel daar vir dit ook ‘n oplossing is.
Siggarette se verbod verstaan ek nie. Ek sou sê beperk dit om onnodige beweging te bekamp, maar verslap die maatreēls.
As ons eers redeneer oor geld en hoeveel die staat verloor tydens die inperking van drank en siggaretverkope dan moet ons almal eerder begin werk en die inperking moet gelig word.
Dit is òf die een òf die ander.
( onthou net ek is ook dors )
ABEL VAN DER MERWE
#ingeperk

MarlboroMan ·

Wat het rokery met die virus te doen. As ek winkel toe gaan en brood en sigarette koop, een keer per week? Wie word ekstra blootgestel, met die koop van daardie pakkie sigarette? My vraag is dan net, Wie baklei vir ons – Waar is die “persone” vir wie ons gestem het? Hierdie geld wat so oor gespog word – Hulpfondse, klein besigheids-SMME relief fund – waar is dit? Is enige iemand reeds gehelp?? Ek het probeer – oral.! En soos met alles word jy rond gestuur van een plek na die ander, om net weer terug te kom by die begin van niks. Jy is nie BEE nie. Jy het nie ‘n spaza-shop, of ‘n tavern of ‘n shebeen nie? Ek is so moedeloos!

Leeuwyfie ·

Die probleem is by die sjebeens, maar nou word almal onder dieselfde kam geskeer. Ons is nie kinders wat gestraf moet word oor ander mense se wangedrag nie. Die meerderheid van ons geniet ‘n glasie wyn/bier op sy tyd, maar nou word almal oor dieselfde kam geskeer. Dis tirannie. Die verbod op sigarette gaan my verstand te bowe. Almal wat rook weet reeds van die gevare daarvan, dis wat hulle wil doen, dit bly hul keuse. Hulle is nie meer in die strate as die mense wat gaan brood en melk koop nie.

Chris ·

Ek is een van die wat nie baie vir die verbod van dranverkope te vinde is nie. Ek is ‘n groot voorstander en ondersteuner wat in Spreuke 31 vers 5 – 7 staan. Die regime het met hul onderdagte dwase oorhaastige besluit ‘n dier in die land wakker gemaak wat ergere gevolge kan te weeg bring. Slegs die tyd sal leer..

Andre ·

Tuis brouerye gaan die regering baie belasting laat verloor. En meer mense kom agter hoeveel beter is tuisgemaakte produkte sonder al die byvoegings.

Grassie ·

Andre – destyds op die grens het die drinkgoedjies maar soms skaars geraak, veral op die afgeleë basisse. Dan het die manne so ‘n bietjie gestook, blikkies vrugte, pynappels en enigiets wat stookbaar is, tot komkommers ook, is gegis en dan gestook. Die resultaat was baie potent en is “zoem-doef” genoem. Die naam is heel beskrywend van die uitwerking daarvan op ‘n ou wat ‘n doppie daarvan geniet. Dit is nie aan te beveel nie.

twaalfboor ·

Is die Gautengse Drankforum onder die “invloed”? Hou die drankwinkels gesluit. Dis nie noodsaaklike produkte nie. Altans nie vir almal nie.

Genis ·

Taboe met dit..drank laat mense aan mekaar hang, veral in die sjibeens, tavers ents.. en hulle koop, vat saam en drink dan op straat… nee wat almal onder dieselfde kam… hou toe vir eers…Die probleem is, die kataarsnare het nie dissiline nie…

Cherokee ·

Waarom het jy nie Philip se kommentaar gelees nie? Of lees jy net jou eie?

JANINE ·

My bekommernis is dat hoe langer die inperking aanhou, hoe meer gaan winkels geplunder word. Tans is dit drankwinkels en skole maar binnekort supermarkte en vele ander. Mense word nou gedwing om in te breek (wat dit dalk voorheen nie oorweeg het nie) want hulle sit sonder werk, sonder kos en in baie gevalle sonder klere – wat ook nie beskikbaar is om te koop nie.
Ek verstaan die redes vir die inperking maar ek dink van die essensiele en nie-essensiele items is nie mooi deurdink nie …

Ivana ·

Ek stem saam, hou die verbod op drankverkope. Daar is nie eers nou beheer oor 90% van mense wat nog steeds in die strate is nie, dan gaan hulle nog minder luister. Meeste wat drink is natuurlik vreeslik slim en volgens hulle altyd reg ook. Dalk sal daar n paar gerehabiliteerde ouens na die pandemie wees wat baie goed sal wees vir huwelike en verhoudings. Drank is en bly n uewel, veral as jy nie jou perke ken nie

Raadslid ·

Daar moes nooit ‘n verbod op die verkope van drank en sigarette gewees het nie, maar dit is wat gebeur as regulasies net “gecopy en paste” word uit ander lande en organisasies se inligting.

Rodger17 ·

Weereens wil ramaphosa wys hys in beheer en alles moet by hom inval.Sy val as president gaan nog gouer kom as zuma want hy ploeter voort op dieselfde ellendige pad wat zuma gevolg het en kyk hoe lyk dit nou.Verkoop drank en sigarette laat ons self besluit of ons onsself wil dood drink of rook!As ons nie daarvan gaan doodgaan nie,gaan ons elk geval van hongerte en werkloosheid sterf.Ons is een dood skuldig,laat ons self kies!

Erik ·

Ek is ook vir die drankverbod. Inteendeel, ek sal weer teruggaan na hoe dit vroeë dae gedoen is. Geen drank verkope op Sondae, en geen drankverkope na ‘n sekere tyd op Saterdae nie.

Om ‘n drankie te geniet af en toe is geen probleem nie, maar as jy nou sukkel sonder daai drankie het jy miskien ‘n probleem.

Jaco ·

Ek kan verstaan dat ons regering se groot sekondere of bedekte agenda met 5 weke van lockdown die ruïnering van wit besighede is. Dis seker maar deel van die ewige “straf” wat wit mense moet dra weens apartheid. Maar dink die regering ooit daaraan dat hulle eie mense, hulle eie ras, se besighede ook sleg getref word? Daars gesê net BEE besighede gaan na lockdown hulp kry, maar wat gebeur as die aantal BEE besighede wat hulp vra, so baie is dat die hulpfonds vinnig op raak?

Rodger17 ·

Jaco
Ek stem 100% saam jou.Ramahosa gee nie om nie hys skatryk saam sy trawante in die regering.Hoop sy boeties plunder sy woning en besighede

Pim ·

Omdat 75% van die populasie nie wil luister nie sal die res van ons moet suffer. As hulle drank gaan verkoop dan gaan die shebeens weer party hou en dan is dit kort voor lank chaos. Maar dis mos hoe dit werk in die lewe. Sommige mense weet hoe om hulle te gedra en ander nie.

Scalla ·

As jy wil drink of rook, sal jy n plan maak om dit te kry, word selfs in tronke gesmokkel, hoe dan hul dit stop, maak oop die drankwinkes en verkope van sigarette, ten minste kry die staat die tax.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.