Ramaphosa: ‘Sabotasie’ dra by tot Eskom-treurmares

Jabu Mabuza (middel) verwelkom pres. Cyril Ramaphosa voor die president se vergadering met Eskom Woensdag. By hom is Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Die “uitdagings” by Eskom is ʼn struikelblok vir belegging, maar die regering doen alles moontlik om volhoubare energiebronne te verseker, het pres. Cyril Ramaphosa Woensdag gesê.

“Uiteraard speel energie ʼn sleutelrol in ons ekonomie. Wanneer fabrieke en myne moet sluit omdat hulle nie genoeg elektrisiteit het nie, het dit ʼn negatiewe uitwerking. As dit voortduur, kan dit tot ʼn resessie lei,” het die president gesê.

Ramaphosa het ʼn staatsbesoek aan Egipte kortgeknip toe die land die afgelope week in ongekende fase 6-beurtkrag gedompel is. Hy is skerp gekritiseer omdat hy glo ʼn gebrek aan leierskap getoon het deur die land te midde van die nasionale krisis te verlaat.

Vroeër Woensdag het die president gesê die sukkelende kragvoorsiener het 2 000 MW krag weens “sabotasie” verloor.

“Ons doen nou al die nodige stappe en het aangedring op ʼn noodherstelplan wat bestendigheid aan die netwerk moet verseker. Dit gaan gedoen word sodat ons nie ʼn rampspoedige situasie het met ʼn negatiewe uitwerking op krag[-voorsiening] nie.”

Ramaphosa het gesê Eskom doen ʼn ondersoek na die beweerde sabotasie en diegene wat verantwoordelik daarvoor is, sal boet.

“Die sabotasie was op ʼn tydstip dat ons reeds talle ander probleme ondervind het en het daartoe bygedra, maar op sigself sou dit nie die stelsel heeltemal geknak het nie. Ek dink dis ook belangrik om kennis daarvan te neem dat daar sekere mense in die stelsel is wat hulle die reg toe-eien om sekere toerusting af te skakel. Dit het eindelik veroorsaak dat ons soveel megawatt verloor het,” het hy gesê.

Ramaphosa het ʼn beroep op Eskom gedoen om die ondersoek hierna te bespoedig.

“Enigiemand wat spesifieke toerusting afskakel en dit lei tot ʼn verlies van 2 000 MW oor ʼn tydperk van 10 uur, kan met niks anders as sabotasie besig wees nie.”

Die president het ook gesê streng stappe gaan gedoen word teen diegene wat skuldig bevind word en dat die strafregstelsel hiervoor sal sorg.

Ekonome het reeds hul kommer te kenne gegee oor die uitwerking van beurtkrag op die land se ekonomiese groei, met veral kleiner sakeondernemings wat die spit afbyt.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

82 Kommentare

Gemaskerde Sopbeen ·

Met ander woorde “our people” is besig om “our people” se krag af te sit, waarvoor hulle in elk geval nie betaal nie? Why sou hulle dit wil doen? Die eerste verskonings was Jan van Riebeeck, toe was dit die Weste wat elektrisiteit na Afrika gebring het, toe was dit stok-ou kragstasies, toe was dit onderhoud, toe was dit nat steenkool…….en nou trek ons by sabotasie. Hoe lank nog voor ons uitkom by “total incompetence to govern a country”?

Die Saboteur ·

Sabotasie!!!
Die ANC se woordeboek lees die woord SABOTASIE se definisie soos volg:
Sabotage: The alternative for being grossly ‘incompetent’. Can also be used as a general excuse, instead to admit you are useless. A word mostly used when you are a habitual liar.

Johann ·

Hy praat van mense wat verantwoordelikheid moet neem!? Wat van die feit dat hy vyf jaar gelede, tot die dag toe, aangese is om Eskom, SAL en Poskantoor reg te ruk? Kyk waar sit ons nou! Jy, Mr President, moet begin verantwoordelikheid neem.

Hannetjie ·

Dit is vir landsburgers…wat bydra tot die staatskas…”n nog groter uitdaging.Moenie net dink aan die ekonomie nie.Kragtie…mense sukkel..net sekeres kan generators bekostig…ander moet kerse gebruik…ander se hout is nat.Loods ‘n ondersoek as daar ‘terroriste’ is wat dit veroorsaak.Dit is nie sabotasie nie..dis pleinweg terroriste se optrede hierdie.

Kragloos ·

Die Koerant Opskrifte moet lees : Eskom Raad lieg en mislei die Land se Mense en vir die President – wat ongelooflik is die President glo daai snert

Spark Plug ·

Dis nou almal se skuld behalwe die regering en eskom. Ek vra myself af “Kan iemand my se hoekom is die krag nou aan”

Sinies ·

25 jaar se sabotasie deur die ANC en die wat hulle in daardie posisie geplaas het – hy is heeltemal reg.

Sarel ·

Hulle vra ‘n verhoging in krag tariewe…… daarna ‘n verhoging in salaris vroeg volgende jaar……
Dis al
Jaarliks

Fanie ·

Werklike oplosings word van die tafel af gevee want daar is blanke mense betrokke

André André ·

Kom ons gee Cyril Ramaphosa, na sy besoek aan Eskom gister, die voordeel van die twyfel. Ons moet onthou, oor die jare het Eskom verskeie uiteenlopende verskonings aangebied oor waarom beurtkrag toegepas is. Volgens Ramaphosa gister is die betrokkenis na die jongste geval geïdentifiseer en hul diens is opgeskort, dit was toe al die tyd ‘n mate van sabotasie wat tot die verdere verlies van 2,000MW bygedra het, genadiglik het hulle die ‘werklike’ oorsaak gevind. “Someone in the Eskom system disconnected one of the instruments, which finally led to one of the boilers tripping,” het Ramaphosa gesê.

Die mense het op Twitter woes daarop regeer, soos een getweet het: “incompetance = sabotage”.

Dit sal nou ‘n tyd vat voor hulle deur die proses van die hof gaan en ons weet wat die uitslag gaan wees, ook of daar wel sabotasie was, eers komende jaar? Intussen is daar heelparty fabrieke wat in die tyd vir Desember sluit, so dit sal nou moeilik wees om agter die kap van die byl te kom as ons bv nie meer van middel komende week af, soos Cyril beduie het, beurtkrag sal ervaar nie. En die invloed wat die saboteurs gehad het, sal dit van onmiddellik af ‘n invloed op die verbetering van die situasie hê?

Pieter ·

Van die plaaslike besighede het al hul roomys aankope gekanselleer. Beurtkrag en versengende hitte werk saam om die roomys te laat smelt, en dan is dit nie meer daarna verkoopbaar nie. Daar is ‘n mark, maar die winkeleienaar kan dit nie ontgin nie, en die produsent verloor ook sý mark.
Laat mense toe om krag te lewer wat dit wíl doen. Eskom verdien nie sy plek in die Mark nie (net soos SAL óók nie)! Maak ons ekonomie vry van dié dooie gewig!

Victor ·

Die vorrmalige luier van Eskom, het die Skandaal van ENRON by die beste Besigheaid skool in Johannesburg geleer. Nou ak var dat elke Suid Afrikaaner hier oor lees hoe die grootste elektriese maatskapye die selfde beurtkrag beplan het oor die rykste eiendomme in Kalifornia en die krag in die aande afgeskakel het en oor die volgende jare skad ryk geword het want hulle het die Tariewe oor 500% laat stuig………klink vreemd bekend….want ons weet dat Dat ESKOM is bankrot

Johan Pretorius ·

As dit wel so is raak dan onmiddelik ontslae van daardie werkers.

Johan ·

In 45 jaar wat ek gewerk het as n GEKWALIFISEERDE ELEKTRISIEN nooit sulke probleme gewees nie, van jy op die hoek straat staan met n bord het jy sommer nou sommer n ambags man geword , omdat jy saam met n ambagsman gewerk het, dis waar ons probleme begin het, Bbe ens.

Dabbel ou sêvin ·

Sabotasie klink vir my nou nes Zuma se ‘spy’ stories by die Zondo kommissie.

Intussen lê die ware toedrag oor onbetaalde olierekeninge die wêreld vol.
‘n Leuen het ‘n kort been.

Johnny ·

Net soos vir Staatskaping, moet daar n kommissie aangestel word wat Eskom ondersoek.

Jonny ·

En daarna weer ‘n kommissie om dié kommissie te ondersoek…

Ag Ja! ·

Ons is beslis nie so naief om hom te glo nie. Het al te veel gesien hoe die waarheid snaaks gepraat word. Al die pad van Egipte om so n storie kwyt te raak.

Mossie ·

Gelukkig glo ek nie n woord wat die regering se. Te veel verskonings en leuens van die regering. Al probleem is te veel mense sit en doen niks daaraan.

Peter ·

Wat is die waarheid – werknemer van eskom?
Se vir ons sodat ons kan verstaan want die regering en ramapaddapot lieg oor alles.
Hoor graag van jou – as jy die geheim mag uitlaat.

Doefie ·

Die geheim is Caders ! Almal beskerm mekaar. Sal jy ook nie ‘n goudfontein beskerm met jou lewe nie ?

Dries ·

Het mos vir SAL 2miljard gegee nou is daar nie geld om die olie en brandstof mee te betaal nie

magda ·

Die groot Sabotasie is die ANC – Die Regering – Begin daar skoon maak Ramaphosa as jy mans genoeg is!!!!!!!!!!!!!1

Tina ·

ja ja ja, alles en almal kry die skuld behalwe die mense wat eintlik agter die nonsens sit

Sarel ·

CR so ook is enige staking sabotasie. Gaan loer gou by SAL ook in terwyl jy hier is vir ‘n kort tydjie.

Elizabeth ·

Wouter, die ANC saboteer wel die land sedert 1994. Ek sien die president sê hulle gaan boet. Nou ja … laat ons maar sien! Seker met ‘n welverdiende bonus en ‘n paar biljoen se reddingsboeie sodat die bestuur in diens kan bly.

Johan ·

Daar is groei by Eskom, dit het net n negatiewe afwaartse rigting.

Jan pierewiet ·

Wat van die mense se verlof? Eish as my 12 maande deu is ek moet gaan by die leave. Daar is arbeidswette en arbietrasies wat ook seker sal volg.
Of
Daai man het seker ook ‘n opdrag gekry om die skakelaar af te sit?
Dubai vakansietjie?

Commie ·

Ons het ons eie President Pinocchio Ramaphosa. Sy neus is al sooooo lank. Watse stories gaan hulle nog uitdink

Jannie van Niekerk ·

Weereens die kastige “sabotasie” storie. As die President kan lieg oor plaasmoorde, kan hy lieg oor sabotasie ook. Die “sabatasie” is die politici wat aangestel word by Eskom in plaas van opgeleide en bekwamae mense

Dell ·

Sabotasie is die grootste BS storie. Miskien is die verkeerde knoppies gedruk, maar noem dit dan eerder by die regte naam van onbevoeg wees om die werk te doen. En dan hoekom is ons krag nou aan tot 13 Januarie, want Cyril het die myne toegemaak tot dan….

Christo ·

Hulle (die ANC Regering, ESKOM, SAL, PRASA, ens.) het ‘n verskoning vir alles wat skeefloop. Hulle is meesters van ontkenning en om iemand (of iets anders) te blameer. As hulle maar net die integriteit gehad het om hulle mislukkings te erken en dan iets daaraan te doen, sou dit miskien beter gegaan het……maar dis seker te veel gevra????

AndrewL ·

Hahaha! Iemand het moeg geword vir die alarmpie wat so kort-kort raas, skakel dit net af!

WZ Dim ·

“Elektrisiteit n sleutelrol in n land se ekonomie ”
WOW! Die voor hom word gekwoteer vir wyshede , die’ is syne . Wow , soveel wysheid .

Strandloper ·

Dit blyk dat net blankes vooruitgang na streef en die res toegerus is met 5 reverse gears…al wat sin maak…

Jimmy ·

Tipies ANC. Niemand aanvaar verantoordelikheid nie. Iemand anders word altyd blameer.

Deloris ·

Hahaha haha ons is al so moeg vir die verskonings ons almal weet dit gaan oor Eskom wat nie betaal nie
????????

Andre ·

Al sabotasie is die land wat oorgegee is aan ‘n revulsionêre beweging.

Amanda ·

Bwahahahaha, dit is nou die grootste nonens wat ek al gehoor het. Dit is altyd iemand anders se skuld. Bly eerders stil Mnr. President, jy slaan jou naam met n plank elke keer as jy jou mond oopmaak.

André André ·

Hulle herhaal dieselfde verskonings al die afgelope 12 jaar.

@Strandloper ·

Ou strandlopertjie, dit is jou tipe wat die land weggegee het 25 jaar terug, nou moet ons bedaar.
Gaan drink koffie saam met jou mej. heelal wat jy so op die hande dra.

GJ ·

Die rede vir die loadshedding: 7 dae geen sonskyn. Derduisende mense met solar geysers en derduisende wat reeds van sonpanele gebruik maak vir gedeeltes van hulle kraggebruik is skielik terug op eskom krag en daar is nie voorsiening gemaak daarvoor nie.

kla-kous ·

RW Johnson wys daarop dat die ” sabotasie” 2000 MW van die totaal van 6000 MW was wat verloor is. Hy beweer ook dat die “sabotasie ” tegnies onmoontlik was en nie gebeur het nie.

AV ·

En hy spreek dié nuutgevonde “insig” sonder om ‘n oog te knip…….

Hulle moet ‘n boek skryf “The world according to the African National Corruption.” Uitgewer BS Publishers

Werner ·

Klink of hy solank voorspraak maak hoekom ons n blackout gaan kry

Ig ·

Maar so jaar of wat terug was daar ook sabotasie toe “iemand” n bout in die turbines by Koeberg geplant het ala minister Ervin. Wag nog steeds vir daai skuldige om vervolg te word. Afgesien van Rugby Wereldkampioene is die regering Wereld Lieg Kampioene ook

ChrisE ·

Ek het die beurtkrag gefnuik. Ek het ‘n paar “canfruit” bottels vol vuurvliegies gevang. Hulle is darem nie te duur teen ‘n sent ‘n uur.

Hans ·

President hoe naïef dink u is die hele bevolking van die RSA-REGTIG!!!!

Anoniem ·

Die land word elke dag gesaboteer deur die huidige regering. Niks nuut.

André André ·

Sabotasie sê die man! Nou vra ek met trane in my oë, watter ander mense sluip hier in die land rond, waar is die Staatsveiligheidsdiensste?

Flying Dutchman ·

Cyril is reg oor die sabotasie , maar het vergeet om te se die saboteurs van Eskom en hulle handlangers in die parlement word darem miljoene rande se salarisse betaal en het daai limietlose kaarte wat hulle families kan gebruik.

Isabella ·

Dit is als net verskonings oor die meer as 500 million rand vat eskom skuld aan n maadskapy in Durban dit is waar oor als gaan en Dan Zimbabwe kry nog ekkedag dy krag maar ons sit met loadshedding terwyl daar geen onderbreking in hul krag is ni so rameposa waar is die geld heen

Louw ·

Ek lag nou lekker. Gister wys hulle die “vergadering” van Cereal met Eskom. Die eerste foto is die krag aan, en die tweede sit hulle by kerse. So dit is wat die fout is. Eskom het nie voorsiening gemaak vir beurtkrag nie. So alles by hulle is buite beheer. Wie dink hulle glo nou daardie foto? Die miljoene in die townships met hulle 30% slaagsyfer, en die wat nie kan lees of skryf nie. Die wat eenkeer ‘n week by ons as “ou” mense uithelp met huisskoonmaak en eenkeer per maand met tuinwerk. Hoe kan hulle beheerkamer en rekenaars en lugreeling werk sonder generators.

AJB ·

Eskom betaal nie vir die olie wat hulle gebruik om hulle sub-standaard steenkool mee te spike nie. Nou sit hulle sonder olie.

Pampoen ·

Kyk nou mooi! Hulle gaan nou een van ons mense se fingerprints daar kry of ‘n video wat wys dis een van ons en dan gaan hulle se dis ons wat die hele land se krag saboteur. Problem solved.

Kobus ·

0900 tot 1100 beurtkrag gehad nou weer 1300. Kan die mens niks reg kry of doen. Almal hopeloos van onder na bo.

André André ·

0900 tot 1100 was werklike beurtkrag, die een vanaf 1300 is sabotasie.

Foxi ·

Alles wat hulle kwytraak is snert! Daar is wel geleerdes wat weet wat die waarheid is.

Niklaas ·

Onse agbare president dink hy kan lieg vir ons en soos idiote sal ons als aanvaar . Ek glo nie meer n woord wat hy kwytraak nie. Skuldiges word beskerm

Se maar net ·

Ek wil vra!!! Di hele bohaai gaan oor 2000 mw wat nou verlore gegaan het?? Almal (di) sogenaamde kenners kla en bly van di 2000 mw praat, maar daar word niks gesê van di krag wat na zim toe gaan en ni ook beurt krag kry ni “en” ni daarvoor ook betaal ni so mnr cr hoekom mention jy niks van dit ni of kry jy ‘n “share” uit di deal

Dommer ·

Hou op lieg! Dit is alleenlik gedoen om geld uit die staat te kry en pryse op te stoot. Dis belaglik hoeveel geld gemors word en hoeveel bonusse uitgegee word. Kyk hoe werk prv maatskappye….. Hulle WERK!! Punt! Gee dit liewer aan eerbare mense om te bestuur

Duiwelsadvokaat ·

‘Never ascribe to malice that which is adequately explained by incompetence’

Strandloper ·

Smaak my die rammetjie uitnek rampoker gedagtetjie het die kadertjies biekie op n knop gejaag nê…net stage 2….en dis dag 2….roer hul nog so biekie man!

JOHAN ·

Die enigste uitweg vir beurt krag is om Eskom te privatiseer.
Die enigste uitweg om die massas daarvoor te laat instem is om hulle sakke te raak.
Elke keer as daar beurtkrag is, gaan staan die produksie in fabrieke en ander industrie, maar die massa arbeiders wat dan sit en niks doen nie kry steeds hulle volle loon. Die regering moet toelaat dat werkgewers wat afhanklik is van elektrisiteit vir produksie, daardie ure van beurtkrag van hulle werknemers se loon af te trek, dan sal jy sien hoe gou almal skree vir privatisering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.