Ramaphosa ‘sal aanvaar as hy afgedank word’

Cyril Ramaphosa

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag gesê hy dien in sy amp op versoek van die president en indien hy afgedank word, is dit ook die wens van die president.

Ramaphosa is deur lede van opposisiepartye in die nasionale vergadering gevra om bewerings dat hy die volgende persoon is wat deur pres. Jacob Zuma afgedank sal word te bevestig of te ontken.

“Toe ek as adjunkpresident aangestel is, het ek die aanstelling aanvaar omdat dit die president se prerogatief is om my aan te stel. En as die besluit geneem word om my te verwyder, sal ek dit aanvaar … en ek sal voortgaan om die mense van Suid-Afrika op die een of ander manier te dien,” het Ramaphosa aan LP’s gesê.

Die vraag is aan Ramaphosa gestel kort nadat Zuma een van sy vurigste kritici, SAKP-leier Blade Nzimande, uit die kabinet afgedank het. Ramaphosa het hom vroeër vanjaar uitgespreek teen Zuma ná die afdanking van Pravin Gordhan as die land se gerespekteerde minister van finansies.

Gordhan was en is steeds uitgesproke oor die plundering by staatsondernemings, iets waaroor Ramaphosa ook ondervra is.

Die adjunkpresident het gesê die omvang en diepte van korrupsie in Suid-Afrika se staatsondernemings soos Eskom, Prasa en Transnet, wat van sleutelbelang vir die land se ekonomiese groei is, kom nou eers aan die lig. LP’s wou egter nie hierdie antwoord aanvaar nie en het volgehou sy stilswye oor korrupsie het die probleem vererger.

“Ons het ʼn president met 783 aanklagte van korrupsie teen hom wat deur die ANC verkies is. Jy het toe stilgebly. Die wetstoepassingsagentskappe is gekaap en jy het stilgebly. Jou stilswye het die voorvalle van korrupsie in hierdie land aangehelp. Hoekom moet ons jou nou glo wanneer jy nog heeltyd weggehardloop het van die werklikheid wat aan jou voorgelê is?” het IVP-LP Mkhuleko Hlengwa gesê.

Ramaphosa moes ook ʼn moeilike vraag vanuit die ANC-geledere beantwoord. Zukiswa Rantho, die voorsitter van die kommissie van ondersoek na korrupsie by Eskom, het gevra hoekom daar nou eers ondersoek na bewerings van staatskaping ingestel word aangesien ʼn getuie aan die kommissie gesê het staatskaping moes etlike jare gelede al onder die vergrootglas gewees het.

“Hierdie voorvalle van korrupsie kom eers nou dermate aan die lig dat ons almal daarvan bewus geword het. Daarom is verskeie parlementêre komitees nou op die been gebring om daardeur te werk,” het Ramaphosa geantwoord.

“Die erkenning wat gemaak sal word, is ja, namate die nuus uitgekom het oor wat by verskeie staatsondernemings gebeur, het ons te lank geneem om op te tree teen die mense wat daarby betrokke is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Johanna Botha ·

So aanvaar hy maar net alles wat gebeur…reg of verkeerd ! Pateties !

Eugene ·

Die mense van SA te dien??
Deur nog tolhekke op te sit?
Siestog

Jaa ·

Of nog billjoenne se kontrak geld te kry uit die Swart Bemagtiging waar hy baie voordeel trek.

Justice ·

`n Goeie voorbeeld van `n lewende wese sonder `n ruggraat.

Adam ·

Puik saamgevat. Bang Cyril is daaglike besig om hom meer irrelevant te maak.

Grassie ·

As Zuma vir Ramaphosa uitskop sal hy bes moontlik sy eks in sy plek aanstel.

zoom zoom ·

So laat zuma wys wie is baas. Wat van spil the beans en kyk wat gebeur ou Cyril of is jy bang vir jou eie party???

Nico ·

Leg kaart val nou in plek in zuma gaan dit nie net doen sonder vergoeding nie en cyril kry goue handdruk

Pop ·

Ons is oppad na n volgende zimbabwe. Zuma is nie van plan om enige tyd baie gou van daar bo af te klim nie. En net soos daar hou jy jou mond anders verdwyn jy baie vinnig. Net hier word hulle sommer afgemaai. On your marks, get set, go.

marous ·

Daar slaan die verligtes se ridder neer nog voor sy perd geval het!

Joe Hall ·

marous vertel ons bietjie wie die ‘verligtes’ is waarna jy verwys.
Indien daar ‘verligtes’ is, moet daar seker ook ‘verkramptes’ wees.
Vertel ons asb ou marous!!!

Kat ·

Pateet van n mens.
Marous jy beskryf dit so reg.Het nou so lekker gelag!Die hele lot is ewe pateties en sonder rugraat.Hoop die libs kom dit agter sodat hulle kan wakker skrik.Hulle dink mos dis n status simbool om n lib te wees.

Speedguard ·

Natuurlik sal hy , hy kan nie bekostig dat hy soos Motlante aangestel word nie, sy termyn sal dan verkord word omdat hy dan automaties en in effek sy tweede termyn begin indien hul hom instem na die volgende verkiesing en kan dus nie vir dan wat tegnies ‘n 3de termyn verkies kan word volgens die grondwet (vir wat hy werd is) nie ! Skaak my maat skaak die manne werk met ‘n plan, my voorspellin is : Skosazana sal die interim wees en sal Cyril dan oorvat na die Nationale verkiesing vir sy twee termyne en dan sal hy sy koningkryk van Bhal bou !

Yankee ·

How can a president, any elected president by the people just decide one day to fire his deputy?? Are you kidding me!! Don’t you guy’s have a parlement to decide who can go or stay? Talk to me.

marianna ·

Yes Yankee , we have a parlement but that changed into a circus.

Hans ·

Die een leuenaar word vervang met die volgende een.Demokrasie af in die dreinpyp

Apache ·

Yankee, the parlement looks the same as outside the parlement, one big jungle, then there is jungle justice, jungle police, jungle government, jungle president and not to forget the jungle soustrain and every day is a safari.

Suzi ·

n Vrot klomp in die boonste gestoeltes met sakke vol geld terwyl die gewone burger sukkel om kop bo water te hou

Denise ·

Wow Apache dit is net soos jy daar se dit is n Sirkus met n spul deurmekaar narre wat als net vernietig hoe lank kan dit nog aanhou??????????

Loeis ·

As Ramaphosa hom teen korrupsie en veral staatskaping uitgespreek het, dan sou hy lankal, nes Moslanthe, gepos gewees het. Hy het dit gedoen om sy eie bas te red. Vir hom maak dit sin, maar dan moet hy dalk nie voorgee dat hy die mense dien nie, want dit is misleidend.

Apache ·

Ek sou se hy moet die skoen aantrek wat hom pas maar ek is bevrees dat as al die hele regering skoene moet aanpas daar beslis nie genoeg skoene sal wees nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.