Ramaphosa sal binnekort sê oor bewerings

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa. Foto: GCIS

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag aan LP’s gesê hy sal hulle en ander Suid-Afrikaners in sy vertroue neem rakende “sake van persoonlike aard”, met verwysing na mediaberigte wat beweer hy het glo buite-egtelike verhoudings met verskeie jong vroue gehad.

Ramaphosa het ʼn kort verklaring in die nasionale vergadering gemaak voordat hy vrae begin beantwoord het.

“Ek het gedink omdat ek met almal van julle oor die partygrense heen werk, is almal van julle my kollegas. Ek sê net ek sal die saak oor ʼn dag of twee bespreek. Ek doen dit omdat ek verantwoordelikheid moet neem en aanspreeklik moet wees teenoor hierdie huis,” het hy gesê.

“Ek het gevoel omdat ons almal kollegas is, moet ek hierdie soort verklaring maak, hoewel hierdie saak persoonlik van aard is.”

Mediaberigte het die afgelope naweek beweer inligting wat uit persoonlike e-posse verkry is, toon dat Ramaphosa buite-egtelike verhoudings gehad het. Volgens die Sunday Times het Ramaphosa erken dat hy agt jaar gelede ʼn verhouding met ʼn mediese dokter gehad het. Hy het wel sy vrou van die verhouding vertel en volgens hom is hulle steeds gelukkig getroud ten spyte van sy afdwaling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Fred ·

Cyril, gee my R2 000 000, dan bly ek stil oor daai China een.

Adam ·

“Bang” Cyril, wat ons van jou wil sien is leierskap en daarin het jy reeds gefaal. Niemand stel belang in jou vuil wasgoed nie, ons los dit maar vir jou kollegas..

cor ·

Aag ou Cyrel daar is nie een van julle sogenaamde leiers wat eerbaar is en nie n los lewe ly nie. Ons wag maar en sien hoeveel van die ander”Pres. to be” kandidate se geraamtes gaan ook uit die kas spring, Sarafina inkluis. Dit is mos maar deel van Afrika tradisie hoe meer imoreel n persoon is hoe beter sy kans vir ‘n pres.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.