Ramaphosa sal seun self oorgee as bewerings waar is

Pres. Cyril Ramaphosa in die Nasionale Vergadering. Foto: Phando Jikelo/ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag in die Nasionale Vergadering aan LP’s gesê dat hy sy seun, Andile, self na ʼn polisiestasie sal vat indien daar bevind word hy was by korrupte aktiwiteite betrokke.

Mmusi Maimane, leier van die DA, het tydens ʼn vraag-en-antwoord-sessie in die parlement gesê hy het ʼn beëdigde verklaring in sy besit waarin ʼn voormalige rekenmeester vir Bosasa glo bekend maak dat ʼn betaling van R500 000 na bewering direk van die maatskappy aan die president se seun gemaak is.

Bosasa, wat sy naam verlede jaar na African Global Operations verander het, is ʼn maatskappy wat miljarde rande in kontrakte van die regering ontvang het.

Volgens Ramaphosa het hy sy seun oor die betaling gekonfronteer en het Andile glo verduidelik die betaling is gemaak vir adviesdienste wat hy aan Bosasa gebied het.

“Hy dien plaaslike én internasionale maatskappye van raad. Mnr. Maimane, ek kan jou wys dat ek hom gevra het of die geld onwettig verkry is en hy het gesê dit is ʼn diens wat hy verskaf het. Hy het selfs vir my ʼn kontrak gewys wat hy met Bosasa geteken het.”

Ramaphosa het gesê hy sal optree indien daar bevind word daar was enigsins korrupsie rakende die kontrak.

“As dit blyk dat daar enige onwettigheid en korrupsie was in die manier waarop hy hierdie saak hanteer het, sal ek die eerste een wees om seker te maak dat hy aanspreeklik gehou word, selfs al beteken dit ek is die een wat hom na ʼn polisiestasie moet neem,” het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Andrea van Vuren ·

CR speel ‘n siek diplomatieke spel. Hy is besig om ons almal ore aan te sit. Kyk net hoe het hy weggekom met die wit plaasmoorde situasie…

koos1 ·

Mmmmm en het Zuma se seun ook net adviesdienste aan die Guptas gelewer in die begin?

koos1 ·

Adviesdienste begin al meer na ‘n kode word klink.
Watter maatskappy sal R500 000.00 vir sulke dienste betaal, en het hulle waarde en dienste vir hulle geld gekry?
Dis mos baie maklik om te bewys of nie?

Johann ·

Watse advies? Dienste? Vir R 500 000? Deesdae se ANC en kie andwoord op als. KONSULTASIE…. ja shure!

Johan ·

Dis snaaks dat die groot bedrae wat bevraagteken word wat aan individuele persone betaal word, altyd vir raad en advies is. Dit laat my lag…..

Lj ·

Die bedrag is nie noodwendig verkeerd nie. Dit hang af watter advies word gegee en of dit die waarde bied. Die vraag natuurlik is tot watter kwalifikasies hy beskik om genoemde advies te gee. Daar sal ‘n slang in die gras wees as die advies nie strook met sy kwalifikasies nie, en/of die prys van die advies buitensporig was. Indien wel, dan kan mens aanneem dat daar ander dienste gelewer was wat verdoesel was as advies. So ‘n voorbeeld is bv politieke konneksies, of toegang tot tenders ens. Sulke bedrywe is oneerlik en beskadig die ekonomie, want besighede kan nie meer normaal kompeteer nie, wat produktiwiteit in die ekonomie negatief beïnvloed.

Roelfie ·

Sal Cyril sommer ook uitvind watse kwalifikasies sy seun het om “advies” te gee? Die meeste mense verdien dit nie eers in TWEE jaar nie.

Nel ·

Dis as gevolg van al die raad en advies deur diesulkes dat die land besig is om teen die afgrond af te stort

Anoniem ·

Dit moes vrek baie raad en advies gewees het vir soveel geld. Dis meer geld as wat meeste mense in ‘n jaar verdien!

Waaroor was die raad en advies? Watter kwalifikasie het die Prez se seun wat sy kennis so kosbaar maak? Of is dit eerder sy connections wat kosbaar is?

LHS ·

Kom ons roep dit sommer n liegstorie van die begin af. Raad en advies, ag asseblief.

Henk ·

Ramaphose reken sy seun het aan hom gese hy het die geld vir dienste gelewer ontvang. Andile Ramaphosa ontken hy het so ‘n betaling ontvang. Wie lieg? As jy eers begin lieg oor so ‘n storie is daar ‘n storie agter die storie.
Waarom begin daar krake by Ramaphosa wys?

humor ·

Hierdie storie vertoon beslis baie krake selfs sodat die pres. baie zuma-agtig voorkom. Met hierdie stelling vernietig hy weereens soos voorheen sy geloofwaardigheid. Die vraag is, as hy dan selfs sy eie seun aan die polisie wil uitlewer, waarom duld hy dan steeds die korrupte kaders in sy kabinet?

Geweeg en te lig bevind ·

En as dit nie aan die lig gekom het nie Cyril? Nee wat ek dink die gesprek het eerder so verloop:
Son, this is corruption which is ok unless we get caught and if we get caught, we’ll deny, deny, deny like I did about farm murders and if they have proof, well then we’ll play it by ear.

Leuenaar.

dr. Sakkie van der Merwe ·

CR se in parlement sy seun het die geld verdien, sy seun ontken ontvangs van die geld. Wie lieg pa of seun?

anton ·

Is dit nie hopeloos te vroeg vir n ”Aprils fool” grappie nie???
Ai die narre in die sirkus tent word net al meer en meer!!!
Wonder wie adviseer hulle van al die bog wat hulle kwytraak!!!

Nel ·

Nêrens in die berig ontken die seun die transaksie nie. Hy ontken slegs dat dit ‘n ‘onwettige’ transaksie was. Of is die berig intussen gekorrigeer?

Leon ·

Kom ek gee ook advies aan die ANC en ons land se regering: Julle lieg oor alles en weet beslis nie wat is reg en verkeerd nie.

Nou het julle advies gekry, betaal my ook nou R500 000.00

Jerry ·

Ek weet teen die tyd klink dit of ek toe is soos ‘n klei-os. Dit is so dat ek niemand terug antwoord nie want ek wil nie dom klink nie, maar gee vir Cyril n kans, Hy is mos self n besigheidsman en n boer so hy verstaan die dinge.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.