Ramaphosa sê ANC gáán Grondwet verander

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: ANA

Pres. Cyril Ramaphosa het gesê die ANC gaan die Grondwet verander om die omstandighede waaronder grond sonder vergoeding onteien kan word, duidelik uit te stippel.

Ramaphosa het dié aankondiging Dinsdagaand gemaak in ʼn voorafopgeneemde boodskap wat deur die SAUK uitgesaai is.

Volgens Ramaphosa is die besluit op ’n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) geneem wat Dinsdag in Centurion ten einde geloop het.

Hy het gesê die voorgesette openbare verhore oor grondonteiening sonder vergoeding het dit duidelik gemaak dat Suid-Afrikaners wil hê die Grondwet moet duideliker wees oor die onteiening van grond deur die staat wanneer dit openbare belang is en sonder vergoeding.

“Die ANC se lekgotla het weer sy posisie bevestig dat ʼn omvattende grondhervormingsprogram, wat billike toegang tot grond moontlik maak, ekonomiese groei sal ontsluit deur meer grond in Suid-Afrika tot volle gebruik te bring en die produktiewe deelname van miljoene meer Suid-Afrikaners in die ekonomie moontlik sal maak,” het hy gesê.

Ramaphosa het gesê die ANC sal deur die parlementêre proses die beoogde wysigings aan die Grondwet finaliseer wat die voorwaardes waaronder onteiening van grond sonder vergoeding kan plaasvind duideliker uiteensit.

Ace Magashule, die ANC se sekretaris-generaal, sal na verwagting Donderdag meer besonderhede oor die ANC se planne bekend maak.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum. Foto: Verskaf

Ramaphosa se aankondiging kom ure nadat die burgerregte-organisasie AfriForum die president, die regering en die regerende ANC gemaan het om ernstige nabetragting te doen oor hul beleidsposisies met betrekking tot die onteiening van private eiendom, veral in die lig van die waarskuwing wat die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) in hierdie verband uitgereik het.

Die IMF het verklaar dat hy optimisties is oor Suid-Afrika se ekonomiese vooruitsigte onder pres. Ramaphosa, maar het egter gewaarsku dat die huidige debat oor grond onsekerheid oor eiendomsreg skep, wat negatiewe gevolge vir die ekonomie kan inhou.

Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, verduidelik dat daar baie gevallestudies is wat die Suid-Afrikaanse regering kan navolg om ekonomiese uitdagings aan te pak. “Daar is suksesverhale soos dié van Suid-Korea, Hongkong, Singapoer en selfs Botswana. Daar is ook rampverhale soos dié van Zimbabwe, Venezuela en Noord-Korea.

“Wat Ramaphosa en die Suid-Afrikaanse regering in effek doen, is om met beleid wat soortgelyk aan dié van die rampverhale is te flankeer, terwyl beleid wat tot die wêreld se grootste suksesverhale gelei het, as boos bestempel word.”

Roets verduidelik verder dat die gemeenskaplike deler in die suksesverhale die beskerming van eiendomsreg en ’n weerhouding van onnodige regeringsinmenging is. “Die gemeenskaplike deler in die rampverhale daarteenoor is die skending van eiendomsreg en staatsinmenging.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

116 Kommentare

Oorlog ·

Hier kom oorlog want die ekonomie gaan val na eiendomsreg val, dan geen geld vir sosiale toelaes en kos, dan gaan die massas oorlog maak.

Jacques ·

En wittes en apartheid sal die skuld kry vir die massiewe mislukking…

Her ·

Alles gaan eventueel aan die staat behoort. Dis wat kommunisme tog is. As jy n huisverband het sal jy dit aan die staat betaal en hulle betaal die bank. En so voorts…

Stormrider ·

Die ANC het nils gesê wat hulle nie reeds lankal verkondig het nie?
Ek wonder net of die besluit nog steeds ‘n 2/3 meerderheid benodig?

Jurie ·

Die besluit benodig 75% goedkeuring van die parlement om n wysiging aan die grondwet te kan doen.

Geronimo ·

Wysiging van die grondwet beteken eenvoudig: Die ANC skep nog ‘n plundergeleentheid vir die kaders.

susan ·

Dit is nog donker buite en julle is almal vol haat. Gaan op jul knieë en bid.

Petro Benade ·

Susan ek glo en weet daar is n Allerhoogste daar bo en ek bid gereeld vir die behoud van ons mense en ons land maar hoe meer ons bid en vra vir hulp hoe erger word dit. Hoe kom.

Liewe Heksie ·

Ai Susan hoekom hardloop ons witmense altyd na die bybel toe? En moenie vir my kom sê ek glo nie, want glo vir my ek glo, maar dit gaan nie help nie, of ons nou bid of nie, dinge gaan gebeur soos dit moet.

Lerato ·

Liewe Heksie
Ons het só ‘n mooi taal. Ek het dit geniet toe jy sê. ” glo my, ek glo”

Anoniem ·

Liewe Heksie, God en God alleen het die heelal geskape… En gebeur sal dinge gebeur soos Hy dit bepaal het. Die kaf sal van die hooi geskei word en die oordeel sal gefel word. Bid moet ons bly bid want God is ‘n geteoue

Antiestabliesment ·

Petro en Liewe Heksie, julle kan maar ophou glo ook. glo is net hoop dat iets sal gebeur. (sien Heb11:1). Die ou blanke volkie moet ophou hoop (glo) en begin aksie neem en doen!

Pietverdriet ·

Ek pleit by ons Afrikaanse leiers wat die middele en kapasiteit het om dringend
voor 2019 se verkiesing te groepeer en ñ forum te stig wat die mening en
ondersteuning van die ‘Europese immegrante’ sal toets en aksies mobiliseer wat
selfbeskikking kan orkestreer. Hulle wat reken ons sal nie trek nie…….moet
hulleself net afvra wat die gevolg sou wees as ñ spesifieke gebied bv. Wes/Noord
Kaap, Australië of NZ was! Hoeveel mense sou dan skielik genoeg geld en moed
gehad het om te ’emmigreer’! Indien ons leiers hierdie hoop vir ons kan beding
sal hulle dalk verbaas wees oor die reaksie en ondersteuning wat sal oopbars.
Al wat ons wil sien is een advertensie wat onderaan staan – ‘Geborg deur VF+,
Solidariteit, Afriforum, Afrisake, ens, ens.

Werner ·

Susan ek is ook n christen maar lees Jacobus 2 bid alleen gaan nie help geloof sonder dade beteken niks

maria ·

Stem 100% saam met jou, ons kan nie bid en dan agteroor sit nie

Pj ·

Ek stem…..baie oorloë het in die Bybel se tyd, met God se wil plaas gevind

Wonder ·

Soms moet ons bid en op God wag. Jy kan tog nie jou sorge by Sy voete neersit, ongeduldig raak omdat Hy, na jou mening, niks doen nie, en dan jou sorge weer by Sy voete gaan haal nie.

Netso ·

Dink nie MM is die regte platform om die “Blame Game” te speel nie? Ons almal hier is nie bo 60! Wat ons nie al met die swak Rand reeds verloor het nie in 20 jaar nou kry mens nog niks vir jou grond ook nie! Het niemand ñ plan nie?

Gertryda ·

ANC gee nie om oor ekonomie nie want hul het Sjina aan hul kant

Martin ·

Die grondwet se eie reel om hom te beskerm word verbreek om te verander. Dis die begin, vorentoe gaan dit al meer gebeur om hulle saak en sak te pas. SOSIALISME HIER KOM ONS. TWEDE OU RUSLAND EN KOMUNISME.

Johannes ·

As daar ooit ‘n tyd was om ‘n nood vergadering onder die Afrikaner-Boerevolk af te roep is die NOU! Ons beter flippen vinnig wakker word!

reeds wakker ·

Daar is groepe, maar baie blankes druk liewer hulle koppe in grond soos volstruise. Dis makliker om nie te weet as om jouself ingelig te hou. Maar daar is groepe en ons vergarder weekliks om ons mense op te bou en te help om hulself te beskerm. Mense moet net betrokke raak

Suidlander ·

Johannes Dit het lankal gebuer ,daar is baie mense wat voorberei , ,oorlog in die land gaan nong kom , dit kan eenvoudig net nie so aangaan nie , geskiedenis gaan weer gebuer

Lerato ·

Hallo Johannes
n Klompie jare gelede het n wefuwee op die radio om hulp geroep en twee boere het met hulle bakkie soontoe gejaag. Altwee is op kort afstand dood gedkiet.

Die regering het nie n saak om boere te bedkerm nie.

Boere met hulle self en hulle gesinne ten volle beskerm.

As jy jaag om jou buurman te gaan bystaan, moet jy ten minste n koeëlvaste baadjie aanhê.

Ons in die dorp verkeer ook daagliks in doodsgevaar. Maar ons het ALLE moontlike maatreëls getref om ons te beveilig.

Wonder ·

Johannes, almal in die land word deur die grondkwessie geraak, nie net die Afrikaner-Boerevolk nie. Almal wat grond besit, word geaffekteer.

Jean ·

Nee jong baie gelowiges bid en dink dinge sal dan sommer net uit die lug val ….Hul verstaan nie ons moet bid vir leiding en dan optree nie….Hul verstaan net wag en hoop vir die beste…

Toekie ·

Maar Wes Kaap se grondverhore is eers volgende week, nou het hulle al klaar besluit. Dit maak my bang dat die swart mense op sosiale media onder wanindruk verkeer dat dit nou ‘n free for all is, hulle kan nou maar enigiets vat.

Piet Pompies ·

Vanoggend baie vroeg het ons gesin ‘n What’sup boodskap van goeie vriende uit ‘n ander dorp ontvang. Die boodskap gaan kortliks oor die weer wat verander, dit word somer, nuwe plante, bome groei en dan om ons ‘n lekker dag toe wens.
In my en ons lewe het ons (vrou) as 18 jariges die geleentheid gehad om die eerste keer te stem, my diensplig te voltooi, ons 3 kinders volwasse is en ons oor 8 jaar aftree. Was daar heelwat aanvalle en gevalle in ons geskiedenis wat kon veroorsaak het dat ons in ‘n hopies as kan gaan sit en almal te blameer oor wat hulle verkeerd gedoen het. Nee ons het besluit om die lewe te geniet ten spyte van alles en ons gaan nog steeds die lewe geniet tot die dag wat ek die emmer skop. Storms kom en gaan, sukses is behoud.

Blommie ·

Ek gaan dit weer se soos wat ek gese het oor die bedanking van Zuma.
Rather the devil you know than the devel you don’t.
Hier kom n ding.

Hennie ·

Susan en Werner gaan lees ook Spreuke 29:4 in die 1983 afrikaanse bybelvertaling.
“‘n Koning wat reg laat geskied, maak ‘n land veilig; een wat net belastings oplê, ruineer’n land”

Jacoba ·

Wat se dit kan Ek nou maar my grond vir die bank teruggee dat al die banke bankrot gaan en ons land toet en taal soos n kaart huis inmekaar val. Lekker NUWE SUID-AFRIKA

Snowball ·

Openbare verhore wat wys dat Suid Afrikaners pro grondoteiening is, is die grootste klug ooit. Ongeletterde, agtergeblewenes wat van Ekonomie, en helaas, nog minder van landbou iets weet, wat nou voorgehou word as ‘the voice of reason’; uitgelewer aan hulle armoede en onkunde, wat glo die Eutopia soos belowe is deur die ANC is uiteindelik hier. Wat ‘n wrede ontnugtering wag op hulle met die kanker van ‘n regering wat tot hede nog net kon slaag met korrupsie en selfverryking en onbevoegdheid.

EFF se leier alreeds met ‘n aanvalsgeweer omhoog in die hand???? ·

Waar gaan diegene heen wie se eiendom (ek neem aan plase) onteien gaan word sonder enige vegoeding? Die vorige plaaseienaars sal dan mos in armoede verval as hulle geen inkomste of heenkome meer het nie? Dus: Die plaaseienaars moet alles agterlos en trek = onteiening sonder vergoeding? Wie gaan die diere wat agterbly kos en water gee? Ek sien vanoggend die EFF se leier staan alreeds in ‘n foto met ‘n aanvalsgeweer omhoog in die hand. Hoekom? Daar kan geen wenners in so ‘n bittere konflik wees nie, net veloorders.

Gilla ·

@TinRSA, heel moontlik, maar teen die tyd 20 jaar later sou dit alweer opgebou gewees het, baie minder mense wat van oor die grense gekom het, baie meer mense wat hulself kon verdedig het en wat bewapen was. ‘n Goeie weermag en polisiestelsel. As ek kon kies, het ek eerder ‘n oorlog 20 jaar terug gekies as een nou. Die “odds” wat toe net beter as nou.

koos1 ·

Nou wat is die doel van die openbare gesprekke dan nou?
Nog geld mors!
Die ANC het mos nou besluit!

JacobaJac ·

Hulle gesprekke is n rook skerm weet Julle dit nog nie HA HA

PPP ·

Wilgraag hoor, is daar nog mense daar buite wat regtig weet waarvoor staan die naam ANC nog.

boerin ·

My stukkie grond gaan nie gebruik kan word nie – ek gaan dit bar agterlaat.
Daar sal niks maar niks wees nie – die water nie- nie ‘n huis nie, nie implemente nie, niks nie – en dan kan die bank verder met die skuld sit.

Jaco ·

Volgende stap is om die bank sisteem ook te nasionaliseer, plase met skuld sal eerste gevat word want dan is jou skuld verpligting teenoor die staat en kan hul dit as verskoning gebruik om jou van jou eiendom te ontneem…

marous ·

Doen dit baie vining , voor hulle dit staatsgrond verklaar want dan sit jy …..

Belhamel ·

Openbare verhore het weer duisende rande van die armstes weerhou..staats hospitaal opgraderings. Inderdaad ‘n vakuum. Hierdie geld vir alle rasse se armstes

@ Lerato ·

Daar sou ‘n gesamentlike regering gewees het waar MINDERHEDE se regte beskerm word. Dieselfde regte wat nou deur die MEERDERHEID vertrap word. Dit is wat sou gebeur het, as daar ordentlik onderhandel was sou minderhede ook regte gehad het wat nou heeltemal verval het want dit word deur die MEERDERHEID oordonder en oorheers en domineer .. verstaan jy of moet ek ‘n prentjie teken?

Johannes ·

Ek wag in spanning vir AfriForum en Solidariteit se reaksie op hierdie nuus…

Wonder ·

Johannes, ongelukkig is AfriForum en Solidariteit se blaf groter as hulle byt.

Emma ·

Hy soek stemme vir die verkiesing. Die ANC weet al lankal hul gaan die grondwet verander al is dit ten gunste van die ekonomie. China moet seker betaal as als flop. N sirkus ons sal ook moet begin toi toi

Anoniem ·

Emma. Jy reken dit is ten gunste van die ekonomie? Gaan reken weer.

Anoniem ·

‘n Baie ondeurdagte besluit ! Hier kom groot moeilikheid

Anoniem ·

Nou wil Stats SA ‘n sogenaamde Sensus van Komersiële Landbou doen. Klomp werklose grond honger veldwerkers gaan plase besoek en inligting van boere bymekaar maak. Die inligting gaan wees oor plaas grotes, waar huise is, hoeveel diere jy het en jou wins. Adres inligting is van SARS bekom. Al die inligting sal deur Stats SA ens sy minister (Nkozazana Zuma) versamel word.

Eie land vir ons ·

VF+ moet baie gou vir ons ons eie land bewerkstellig, terwyl ons nog grond het om mee te onderhandel.

Jan ·

Ons gaan eerder in ons eie land werk kry as in SA waar die ekonomie gaan tuimel en die bietjie werkies nog beskikbaar net vir ander gegee sal word. Selfbeskikking moet kom.

Gerhard ·

Dit is die ding. Terwyl die Afrikaner organisasies hulle ophou met twak is die Afrikaner besig om uit te sterf. Eie instellings gaan nie die Afrikaner red nie, net n eie staat kan.

Jaco ·

Hoe kan ons dit net los, voor ons, ons oë uitvee sit ons almal op straat in ellende, ek het bitter hard gewerk vir wat ek het en sal ek teen dit baklei! Ek sterf eerder voor ek n hawelose word!

Eie land vir ons - doen jy dit asb ·

Eie land vir ons – doen jy dit asb. Hoekom wil die meeste kommentators hier op vele onderwerpe altyd hê iemand anders moet iets namens hulle of vir hulle doen?

Lieb ·

Een mens alleen sal nie genoeg wees nie, ons almal wat nie kan emmigreer nie sal moet, anders word ons brandarm baie gou.

gatiep ·

Ons is nou eers aan die begin van swaarkry.
Ons mense sal eers wakker raak oor wat aangaan wanneer ons niks het nie.
Self nie kos is nie.Dan sal ons eers kan opstaan en ons eie nasie vorm met n revolution.Die Afrikaner aleen sal dit nie kan doen sonder hulp.Op die oomblik verafgod ons nog ons vyand die weste.
Swaarkry is al wat mense nader aan God bring.Te veel wittetjies wat skatryk raak uit die gemors waar ons in is nou.

Anoniem ·

Nou skep vir ons ‘n revolusionêre eie nasietjie want skynbaar is ons so vas aan die slaap dat ons vergeet het wie ons is. Terwyl jy dit doen, lê vir ons ‘n fondasie, soos die God wat ek aanbid/”verafgod” dit gedoen het, dan gesels ons weer oor die revolusie wat jy nou hier voorstel. Want Gatiep ou maat, jy het nie ‘n idee hoe afbrekend en skadelik jou tipe revolusie sal wees nie.

Nel ·

SjN, die vergaderings oor grondhervorming is pure oëverblindery. Dit word gehou – en hulle laai natuurlik die gehore met soveel swartes as wat hulle in die hande kan kry – sodat hulle vir die wêreld kan sê dat die meerderheid van die bevolking vir onteiening sonder vergoeding is.

CR Swart ·

Wonder wat die woord ‘grond’wet beteken
waarskynlik dat die wet redelik onveranderlik is
en dat ander wette daarop ge’grond’ word
baie ironies

Ben ·

Ja hierdie sogenaamde roadshow van die Parlement is maar weer n lekker klomp geldmors van die belastingbetaler.As die Anc besluit het,gaan dit wet word.

rollie ·

China sal SA uiteindelik besit. Die regering het nou ‘n bondgenoot gekry om soveel te leen as wat hulle wil. Die geld is dus daar om die korruptes verder te verryk welke geleentheid aangegryp sal word. SA sal nooit die skuld aan China kan terugbetaal nie so China sal uiteindelik die poppemeester wees wat die SA poppe sal laat dans.

marco polo ·

Ek hoop so. Glo my, dis baie beter om met Chinese te werk as met Afrikane.

Susan ·

Stem 100% saam jou Rollie…. Die geel nasie gaan die wêreld oorneem

Nita ·

Die ANC kyk na Zim en hulle onteiening van grond en hulle sien hoe suksevol dit was. Net 20 jaar se vrot ekonomie en nou n “heerlike gelukkige land.” Almal klap hande. Zim kry weer beleggings van buiteland. Almal juig oor die “Afrika Demokrasie” so pragtig werk.

ctd ·

Dit het nou tyd geword dat ons bid dat hierdie regeering sy laaste dae sien. Hulle (anc ,eff en debmaats )geniet die verwoesting ,diefstal,moord en musbreuk van alles wat goed is in hierdie land . NET GOD KAN ONS RED

waarheid ·

Ramaposa het die dialoog vir grond sonder vergoeding net gebruik vir stemme kry vir die verkiesing, verder voel hy ‘n veer – net soos die res van hulle.
Dit gaan net oor mag. Niks anders nie,.
Vir die hordes gaan dit oor gryp en hol weg en dan is hulle gelukkig……. en daarna sonder kos sit.
Hulle gaan so nie by my enige grond kry nie want daar gaan niks oor wees om te kry nie – en die bank gaan betaal.

Hennie jy is baie reg oor Spreuke – het dit ook al gelees.

HEVW ·

Die uittartende brawade is die gevolg van die miljarde uit die hand van sjina. Verder is dit duidelik hoe aansteeklik onverantwoordelike impilsiwiteit is. Selfs volwasse kundiges in hoe verantwoordelike ampte word aangetas en spring op die agtervoet en blaker onoordeelkundige onverantwoordelike uitsprake uit. By dit alles is daar sekeres wat nie die vermoe tot n toekomsvisie het nie, dus nie kan insien dat alles op n oewerlose ramp afstuur nie.

Lala land ·

Die dag wanneer hulle kom, sal ek my grond vir hulle los soos wat hy sou lyk indien die blanke man nooit Afrika besoek het nie – met NIKS. Ek brand eerder my eie store, implemente en huis met n glimlag as wat enige iemand n sent se voordeel en “lekker lewe” trek uit my grond. Dit sal n paar maande van “lekker leef en party” wees dan is als elk geval ter gronde – maar waarom sal ek nou een sekond se partytjie op my onkoste toelaat. Graag sal ek wil sien hoeveel belangstelling daar sal wees in enige plaas wat nie as n lopende winsgewende besigheid oorhandig word nie, maar n kaal afgebrande stuk veld wat jou, Mnr President, miljoene sal kos om weer op te bou tot sy vorige glorie. Ek sal wegstap met niks maar pragtige gedagtes van wat my plaas eens was, en dat my plaas op MY terme tot einde geloop het, niemand anders se terme nie. Ek en my Jack Russel sal dan te voet verder ons plek gaan vind in hierdie wêreld. Al is dit n lewe met n vis stok langs die weskus onder die sterre. Al verloor ons nou als, sal ons steeds meer hê om te kan gebruik en benut in ons omgewings as wat Andries Pretorius en Piet Retief gehad het.

Katerina ·

Ek stem saam. Ek wens jou voorspoed toe vir jou toekoms, waar jy ook al mag gaan.

Blue Butterfly ·

Lala land ek glo baie mense voel soos jy. Ek self sal presies dieselfde doen as my huis uiteindelik onteien word want dit gaan nie net met plase gebeur nie. Ons is letterlik soos paddas wat in warm water sit en nie besef dat die al hoe warmer word nie.

Oujongvrou ·

Jue kan bid tot julle omval. God verwag dat ons self ook iets aan ons heil doen. Bid alleen gaan gn help. Bid liewer dat God ons help as ons self iets aan situasie doen. Bloedrivier se mense het gebid maar self gaan veg. DAN sal God help.

Nikita ·

So, die tydbom se knop wil hulle nou aanskakel. Praat nog steeds in sirkels. Als sal duidelik aan ons word wanneer hulle die bollie gaan inkrap in artikel 25, wat hulle daarin gaan verander en of inlas presies. Nog steeds huidiglik praat CR van dat dit moet ekonomiese groei bevorder en werksgeleenthede skep. Wat van voedselsekuriteit & beleggervertroue? Hulle speel met land se ekonomiese toekoms. Werksgeleenthede verstaan ek, maar ekonomiese groei? Dit sal steeds net sin maak as regering van die ongebruikte gronde en die 4500 plase in regering besit aan hulle gee, en die reeds aktiewe plase uitlos! Die land van melk en heuning? Wel…”it’s up to them!”

Aasvoels ·

Jip van my gaan hulle niks kry nie. Ook nie die banke nie.

H. Kruger ·

Die vreugdevure brand hoog hier by my. Dit is werklik goeie nuus. God is regverdig en goed.

Skepties ·

Nie vir lank nie, sosiale toelaes en kos gaan opdroog, dan verander die vreugdevure in nog erger betogingvure.

humor ·

Lala Land dink jy vir geen oomblik dat met die skraping van art 25 en die praktiese oneiening van grond nie bykomende wetgewing sal wees wat die vernietiging van grond onwettig sal verklaar nie. Ek dink nie jy sal beskore wees om sorgeloos langs die see vis te vang nie.

Lala land ·

Humor,

Waarom sal ek n wetsgehoorsame burger bly in n chaotiese land waar alles, reg sisteem inkluis, in duie sal stort sodra grond grypings begin plaasvind? Dink jy die totale die res van ons sektore gaan nog funksioneer ? Laat hulle by bou en sê wat hulle wil in die skraping van art 25 – hulle kan my daar kom soek waar ek visvang om my te arresteer – dis nou as daar genoeg petrol in daai “police van” is om te ry tot daar by. Ek sal daardie kriminele oortreding met trots op my CV plak – vernietiger van my eie eiendom – vat so ! Dan het ek ten minste n dak oor my kop en hopelik n paar broers daar binne saam my wat dieselfde oortreding begaan het…

grond ·

Ek glo nie iemand sal hulle aan daardie wet steur nie, veral nie as jy weet dat jy jou grond gaan verloor nie.
Die banke gaan wel verloor want hulle gaan nie terugbetaal word nie – dis verseker.
Hoe gaan hulle jou keer om alles te vernietig? Hulle doen dit dan en geen wet keer hulle nie.
So what is good for the gander – is good for the goose.
By my gaan daar niks te aas wees nie- dis verseker.

Maryna ·

Ek is bekommerd oor die EFF se verklaring dat “land will be allocated tp the settlers and their descendants proportional to their population size”. Sjoe waar gaan hulle ons heen wegvat? My hart huil ?

Alleman ·

As hulle vir ons ‘n eie tuisland gee sal ons oorleef. As hulle dit nie gee nie moet ons aandring.

Katerina ·

Seker in een of ander klein onherbergsame deeltjie iewers in die uithoeke van die land. Ten minste los hulle ons dan miskien finaal uit en kan ons witmense ons eie potjies krap en oorleef. Wat anders kan n mens doen?

Delange ·

Al is ons eie tuisland klein kan ons dit maklik verdedig en kan ons uiteindelik ons eie konomie bou. Ons sal gou uitstyg.

VanAfrika ·

Lerato, n Christen land, sonder moord en doodslag, sonder marteling, sonder dooie kinder liggampies wat daagliks opgetel word omdat die ma te sleg is om vir haar baba te sorg of mans wat jong dogtertjies verkrag en vermoor. Sonder brandende liggame wat met motorbande en brandstof aan die brand gesteek word. Sonder die eie ek wat glo wat joune is, is myne, ek mag jou maar dood maak vir dit. Ons sal in vrede kan slaap sonder bekommernis van inbrake, marteling en moord. Ons sal nie ons oor ons kinders bekommer as hulle vir vriende gaan kuier en dat hulle veilig in hulle karre is, of veilig in die straat loop. “””Almal”””” sal werk he en produktief wees. Hospitale, skole, weermag, polisie mag en werkers mag sal funksioneer. Die blou uniform sal met eer en trots gedra word. Wet en orde sal gehandhaaf word, krimenele sal regtelik gestraf word sonder byl of parool soos dit hoort, as jy moord wil pleeg sit maar met jou gaai in die tronk, ons sal laat aande veilig kan rondry of rondloop, braai hou sonder om te vrees vir jou lewe, die boere sal plaas danse hou in hul skure met strooi op die vloere sonder enige vrees vir hul lewe. Ons hoef nie te lewe met die wete om vermoor te word nie. Bowenal sal ons God vrylik kan aanbid sonder dat iemand vir my se Hy bestaan nie.

Wonder ·

Dit klink aanloklik, maar ek dink nie dat ons dan uitgelos sal word nie. Sodra daar gesien word dat dit ‘n sukses is, sal dit ook weer afgevat word. Sommige mense wil alles net verniet hê en wil nie daarvoor werk nie.

Casper Labuschagne ·

Verander die eiendomsreg in die grondwet en ek sal alles in my vermoë doen om hierdie land te verongeluk. Daar was ‘n groep in die Boereoorlog wat as Bittereinders bekend gestaan het omdat hulle letterlik niks gehad het om te verloor nie en met niks behalwe dit wat hulle by die vyand kon buit nie vir nog meer as twee jaar aanhou veg het. Onteiening sal miljoene Afrikaners omskep in Bittereinders wat alles verloor het behalwe hul geloof, hul volkstrots, hul durf. hul deursetting en hul ideaal vir ‘n eie onafhanklike Afrikanerland.

Penellope Jones ·

Dis die ANC en mens is naief om te dink dat hulle aan enigiemand anders as hulself sal dink.
Dit bestaan nie in hulle gedagtegang nie.

AJ. ·

Is ons as wit belasting betalers en huidige grond eienaars nie deel van hierdie land nie ? As ons deel is soos wat die sogenaamde wonderlikste grondwet in die Wereld bepaal, dan moet ons mos ook geregtig wees op n` lappie grond vir ons eie voort bestaan.Op hierdie oomblik moet ons sowat al die belastings in hierdie land betaal en word jy nou van jou grond en identiteit beroof. Ons as wit Afrikane mag niks meer onder hierdie bedeling besit nie. Nie geskiedenis ;kultuur; identiteit; grond ;reg op lewe; reg op veiligheid en nie eers reg op suurstof nie. Dit is nou die geval van maak die eend wat die goue eier moet le, Dood. Dit is net jammer ons kan nie al ons belasting geld weerhou van hierdie korrupste staats bestel nie.

Johanna Botha ·

Ons leer niks van wat in zim gebeur het nie ! Die mense is regtig baie dom.

Dink daaroor ·

Aan alle Afrikaners: Onthou die bloedrivier oorwinnig van boere dink 1933 of 1936. Boere het beloftes gemaak op die dag 16de Desember dat alle SA se samekoms om te aanbidding doen om dankie te se en onthou U daar was as wonder werke…. nou wonder ek net hoeveel van ons kom na (ek skuldig)en…..my kinders weet niks daarvan of steur nie daaraan nie dit raak gemaklik in die verlore SA

Piet ·

Dit was 1838. Dit lyk my dalk dat jy jou kinders niks daarvan vertel het nie en daarom weet hulle niks. Onthou die gelofte se dat ons ons kinders van hierdie dag sal vertel en dat ons die 16de as n Sabat sal gedenk. Het jy dit gedoen?

Anton ·

“Wigte en teenwigte..” neh….. hul moes 24 jaar terug al ingeskop het…
Hoe ookal, dis NOU te laat! Die spreekwoordelike paw-paw het met gisteraand se aankondiging die waaier getref. Ek is gelukkig eersdaags met my gesin landuit in die hoop dat ek my familie ‘n beter, meer STABIELE lewe kan gee. My hart bloei vir diegene wat nie daartoe in staat is om hierdie helhool vry te spring.

bittereinde ·

Ek kan nie wag nie..!!!

Ek baklei eerder tot die dood toe, as wat ek so sit en kyk hoe alles om my in ons eens mooi land verbrand.

andre ·

ons wittes is te sleg om saam te staan…party te lief vir hul geld en aardse besittings…ander te upstairs om n vinger te veroer………hier sal oorlog kom en dan sal party kla dit moet eers na die rugby of sewende laan begin…….sal seker al ons aardse weeldes op ons double cabs wil laai…

jakes ·

En almal het gedink ou CR isc die beste ding ooit. Hy is gn beter as sy voorganger nie, Kry die mense met baie eiendom en plase jammer, julle gaan nog lang trane huil.

Frikkie ·

Almal gaan lang trane huil. Arm, ryk, wit, swart en in between!

Lizl ·

Kom ons gaan terug in tyd. Grondeise met kompensasie kort na 1994. Waarheids en Versoenings Kommissie, als onder leiding van Mandela. Dit het redelik mak afgeloop want die wereld se oë was op SA gerig. BEE, Affirmative Action. Geen studie beurse vir blanke studente nie. Nou het ons grond onteiening sonder vergoeding. Die volgende gaan wees ; Selfbeskkings regte gaan weggeneem word. Jy sal nie wettiglik `n besigheid mag besit nie. Hou maar dop, dis volgende. Geen grond, geen werk, geen studies, geen eie besighede. Blankes wat nie meer kon werk kry of wat pakkette gekry het, het hul eie besighede geopen om aan die lewe te kan bly. Nou ja 25 jaar frustreer dit die rook uit hulle uit omdat ons blankes nogsteeds leef en suksesvol is.

humor ·

Wil ook net dit se; vandag het Ramaphosa baie duidelik gese wie is sy alle mense. Hulle is die meerderheid wat ten gunste van grondonteiening is. In hul denksissteem is dit ongelukkig so dat die meerderheid die deurslaggewende faktor bly. Ons toekoms is uitgelewer aan mense wat nie eens die verantwoordelikheid het om oordeelkundig aan te was nie. Dit gaan gepaart met die onvermoe aan beplanning en n gebrekkige toekomsvisie.

Derf ·

Dis 20 jaar te laat om nou oor eiebeskikking te wonder. Jammer om te sê maar ons kerke en leiers het die Afrikaner nasie net tot ‘n enkele hoofstuk in die geskiedenis van die wêreld verdoem. Was te maklik om net hande in die lig te gooi, rugby te kyk, as om self verantwoordelikheid te neem vir ons toekoms. O wel, is als ok ek dink, solank jy my net nie ‘n rasis kan noem, was dit alles die moeite werd.

Wonder ·

Hy is net so erg soos Zuma, leuns om aandag te kry en net so teen blankes. kan hy nie sien in watter gemors ons land is nie, dis n klad op sy naam. Jou land is so goed soos sy leier, wel die land is n gemors op die stadium.

Ekke ·

Kommerwekkend
Gaan die regering regtig jou skuld by die bank en ko-op betaal as hulle jou grond gryp ?
My kop draai want ek gaan nie verder betaal vir iets wat nie meer daar is
Sal maar my jack russel vat en saam met lala my afgebrande stukkie grond vaarwel toeroep en gaan visvang

Theresa ·

Ek twyfel baie sterk of ALMAL grond sonder vergoeding gaan verloor.
Daar sal heel moontlik fynskrif wees wat ingewerk word en dit dan so bewimpel word dat dit wel net eenkant toe hel. Wat was die uiteinde met gesprek tussen die nuutste president (met opset kleinletter) en die Zoeloe koning? Dink dat die een groot geskrik het vir die ander?!

Theresa ·

Kan daar nie ‘n biddag hiervoor gereël word nie? Ja, ja ons almal weet daar moet ook iets gedoen word, maar daar is soveel krag in gebed!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.