Ramaphosa se ANC-vyande word meer

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Phando Jikelo/ANA)

Te midde van die lof wat hy wyd en syd van buite die ANC inoes vir die rol wat hy gespeel het in oudminister Malusi Gigaba se bedanking, is vyande binne die ANC besig om hul byle te slyp vir pres. Cyril Ramaphosa.

Hierdie naweek het drie van Ramaphosa se politieke vyande in die ANC – Gigaba, oudpres. Jacob Zuma en Ace Magashule (die party se sekretaris-generaal) – openlik aangedui hulle gaan terugveg teen diegene wat na hul mening hul eer onregmatig beswadder het.

Gigaba, wat in herhaalde verskynings voor die parlement se portefeuljekomitee oor binnelandse sake allerlei benoude spronge uitgehaal het om aanspreeklikheid te ontduik, wil nou skielik met mag en mening sy saak stel in sy tuisprovinsie, KwaZulu-Natal.

In ‘n bykans presiese eggo van hul belofte dertien jaar gelede aan nog ‘n KwaZulu-Nataller, Jacob Zuma (ná sy afdanking as adjunkpresident), het die KwaZulu-Natalse ANC hierdie naweek vir Gigaba ‘n helde-ontvangs gegee en onderneem om hom die geleentheid te bied om sy kant van die saak te stel.

As Gigaba se gedrag tot op datum as maatstaf geneem word, kan KwaZulu-Natallers hulle gereed maak vir woeste aanvalle op Gigaba se opponente en vae maar sterk bewoorde bewerings oor komplotte teen hom, eerder as antwoorde oor sy verhouding met die Guptas of die meineed en ondergrawing van die Grondwet waaraan die konstitusionele hof hom skuldig bevind het.

Zuma het die naweek voortgegaan om sy rol as gewaande slagoffer van ‘n reusekomplot te speel, en het op duistere en dreigende wyse nogmaals gewaarsku dat hy dit sal doen waartoe hy nooit juis kom nie, om die beweerde samesweerders teen hom by die naam te noem en sy kant van die saak reguit te stel.

Asof uit dieselfde sangboekie het Magashule die naweek in ‘n onderhoud met die koerant City Press min of meer dieselfde beswering en belofte gedoen: Hy sal, wanneer die tyd reg is, terugveg en die komplot teen hom ontbloot.

Wat alles dui op hoe swak Ramaphosa se posisie in veral drie provinsiale ANC-strukture is: KwaZulu-Natal, Magashule se Vrystaatse hartland, en Noordwes, waar oudpremier Supra Mahumapelo steeds lang skadu’s van invloed gooi.

Voeg hierby Mpumalanga, wat ook maar net so lank aan Ramaphosa se kant is as wat hy mooi maak met die gekompromiteerde adjunkpresident David Mabuza, Mpumalanga se kragman.

Op ‘n ander manier is dit moontlik dat die situasie in die ANC besig is om, in ander omstandighede as destyds, op te bou tot die tipe interne ANC-verdeeldheid wat oudpres. Thabo Mbeki in 2007 die leierskap van die ANC gekos het – ʼn onsamehangende koalisie van ontevredenes wat in eiebelang en op onseker morele gronde saamspan teen hul partyleier.

Ramaphosa loop dus op ‘n politieke spanningsdraad vanwaar hy hard kan val, en alle ingeligte Suid-Afrikaners hou sy vertoning stip dop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Jan Alleman ·

1. Ramaphosa wil dit voorkom is maar net ‘n wolf in skaapsklere.
2. Die EFF is Ramaphosa se skepping raai ek. Hou die radikales naby. Kyk uit hoe Malema nader en nader aan die kabinet beweeg.
3. Die ANC is besig om die land te verteer in ruil vir mag.
4. So baie skade is aan gerig dat ons in laat 2017 ‘n volhoubaarheid kerf verbygestwek het. Soveel mense met vaardighede het die land verlaat dat ons ekonomie ‘n nuwe baie laer normaal gaan moet vind. Die her-kalibrasie gaan ons almal skok!
5. Dis te laat om te red wat te redde was. Die ekonomie gaan vir jare negatief groei tot nuwe normaal gekry word. Dan sal dit maar net so voort ploeter.
6. Ons mense hier wat nie gewaai het nie sal maar planne moet maak. Soos staat se dienste verkrummel gaan mense snaakse dinge moet doen vir dienste ensomeer. Gaan rof raak.

Al ·

Ek het geweet van die begin af in watse helse stryd Ramaphosa is om te keer dat die korrupte ANC lede kop eis.
Ramaphoza is intelligent en ñ goeie sakeman, dis net jammer dat hy onder soveel druk is om almal in ANC tevrede te hou – selfs om die land verder te verdeel met populistiese uitsprake van grondonteiening sonder vergoeding en rasse.
Opposisie sal fyn moet trap dat hy nie heeltemal vertrap word nie – die korrupte ANC maters sirkel soo hiënas rondom hom.

Ander Annie ·

Dit is regtig niks nuut nie. Ace M en David M was nog altyd Zuma manne, net soos Gigaba. Ons moet ook nie vergeet van die onlangse privaat vergadering wat Ace met Zuma gehad het. Die water roer. Daar is baie benoude mense en hoe meer dinge aan die lig kom, hoe benouder raak hulle. Magsbehep kan mense vernietig. Gigaba dink nog steeds hy het niks verkeerd gedoen nie. Die 2019 verkiesing gaan vir sekere politieke partye, waterskeiding oomblikke meebring. Hierdie is net die begin….”watch this space”.

Delta ·

Ek dink strategies gesproke moet die DA hierdie skaakspel anders aanpak. Tans gee hulle te veel skietgoed vir die Zumaiete en JuJu’s. Hulle moet hul kanse takties en strategies beplan. Ek glo nie die DA besef dat as hulle Ramaphosa tot n val bring dan is een van die Zuma kant weer in beheer. Dan word Brian Molefe en Tom Moyane en Gigaba heraangestel. Dan word die Zondo kommissie ontbind. Die DA moet dalk net verder dink. Dis n uitgerekte skaakspel, nie papier skêr klip speletjie nie

Giel ·

Ek wonder hoekom noem hulle nie almal mekaar ‘n klomp rassiste nie Hahaha Hiehiehie

Snowball ·

No honour among thieves….die hele bende is van verraad aanmekaar gesit. Jy kan nie van een van hulle ‘n snars eerlikheid of aanspreeklikheid verwag nie. ANC karakter, op sy beste.

Vryheid ·

Dink nie veel van CR nie, maar sou sy teenstaanders hom verwyder kry…. Wie gaan sy plek as president neem ?

Skroef ·

Dan gaan ons onder diktatorskap van zuma en sy kornuite kom! Sal die paddaman leer om mooi te apeel met almal. Sy grondgryp gaan hom vroeg vroeg duur te staan kom. Hy as n geleerde man ken mos rwg van verkeerd. Kyk hoe backfire sy populisme nou.

John ·

Zuma wi, die plase kom uitdeel. Daar word reeds van sy millitere vriende in topposte in die Weermag aangestel a la Zim. Hy het reeds ‘n groot groep gekweste samewerkers aan boord. Die kommissie word dalk net gebruik om te hoor wat die vyand weet sodat skietgoed versamel kan word. Indien CR wyfel tov die gsv gaan die grondeisers opgesweep word as sou CR aan’t ‘wit’ word is. Woede ipv bedeesdheid en inkeer is duidelik aan die toeneem. CR se pay-back wat oorgesien word teenoor Z se stryd oor sy geldstreke, is ‘n katalisator vir groot moeilikheid.

Jerry ·

Die dag wat CR en sy faksie onttroon word deur die ANC wraakgieriges sal wit en swart op hulle tande begin kners. Ten spyte van CR se ANC diskriminerende NDR programme is sy faksie die enigste hoop op vreedsame uitkoms. CR moet ten alle koste die president wees na die verkiesing, indien nie, dan het ons uurglas leeg geloop en sal dit wys wees om die land te verlaat!

RG ·

Dink dis tyd dat ons net eenkant toe sit, die popcorn nader bring en die skouspelagtige val van die ‘magtiges’ beskou. Het nogtans ‘n gevoel dat ons jan alleman (of dalk net ek) nie ‘n benul het van wat regtig hier aan die gang is en wie betrokke is nie. Dit sal interesssant wees om te hoor wie en wat hulle wil ontbloot. Een ding weet ons wel, korrup is die hele boksomdaais en dalk van ons private besigheidssektor ook.

Colleen ·

Dis vir die “eye blind” voor die verkiesing. Baie van ons is nie deel van 40 miljoen dom mense wat kan stem nie.

Geregtigheid ·

Die wiel draai verseker. Die leuens is besig om hulle in te haal. Hoe kan blinde leiers blindes probeer lei? Hy moes lankal begin skoon maak het al sou dit hom minder populer gemaak het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.