Ramaphosa sê Baai se regering ‘werk nie’

Pres. Cyril Ramaphosa by die George Botha-saal in Kleinskool in Port Elizabeth. (Foto: Raahil Sain/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag gesê die Nelson Mandelabaai-koalisieregering – wat gelei word deur burgemeester Mongameli Bobani van die United Democratic Movement, maar grootliks uit ANC-raadslede bestaan – is besig om te misluk.

Ramaphosa was besig met ʼn verkiesingsveldtog in Nelson Mandelabaai en het die geleentheid gebruik om ʼn striemende aanval op die munisipaliteit te loods. Hy het gesê die metro is ʼn mislukte koalisieregering. “Die munisipaliteit het veroorsaak dat die gebied baie vuil word,” het die president gesê.

Hy het bygevoeg daar is talle probleme op die plaaslike regeringsvlak. “Die metro kort ons aandag en die dienste wat vir die mense bedoel is, is nie daar nie. Die regering is veronderstel om die gemeenskap te dien,” het hy gesê.

“In hierdie metro is ons vasgekeer in ʼn koalisie wat nie werk nie. Hierdie koalisieregering werk nie en weet julle hoekom? Want koalisieregerings werk nooit goed nie. Jy het net een politieke party nodig om die sake van die regering te bestuur. Ons moet op ʼn punt kom waar ons net een baas het en in ons geval is dit die ANC,” het Ramaphosa gesê.

ANC-ondersteuners wat gekom het om pres. Cyril Ramaphosa by die George Botha-saal in Kleinskool in Port Elizabeth te sien. (Foto: Raahil Sain/ANA)

Tydens Ramaphosa se veldtog in die gebied het kiesers aan hom gesê hulle sal vir die ANC stem omdat die party sy foute erken. Hulle het gesê hulle vertrou die ANC om Suid-Afrika vorentoe te neem.

“Die regering gaan die belange van die mense dien en nie die belange van die mense in die regering nie. Ons gaan korrupsie uitroei,” het Ramaphosa gesê.

Die president het bygevoeg ʼn beleggingsberaad verlede jaar het R300 miljard ingevorder en hy wil hê ʼn gedeelte daarvan moet in die Oos-Kaap aangewend word vir werkskeppings en ondernemings.

By die George Botha-saal in Kleinskool het Ramaphosa ʼn heldeontvangs gekry en plaaslike Khoi San-leiers het tradisionele drag aan hom oorhandig. Ramaphosa het aan hulle gesê die ANC se karakter is nie-rassig en is “die enigste plek waar ʼn mens tuis kan voel”.

Oor gemeenskappe se kommer oor geweld in die land het Ramaphosa die versekering gegee dat die ANC ʼn duidelike plan het om dit te takel en meer polisiebeamptes sal in diens geneem word om misdadigers vas te trek. “Ons sal daarop fokus om polisiebeamptes op te lei sodat die strafregstelsel vir ons mense werk. Ons is besig om die dinge reg te stel wat reggestel moet word.”

Pres. Cyril Ramaphosa by die George Botha-saal in Kleinskool in Port Elizabeth. (Foto: Raahil Sain/ANA)

Farouk Jeptha, leier van die gemeenskapsgroep Concerned Citizens of PE Metro, het by die vergadering gesê inwoners wil sien dat die planne wat belowe word geïmplementeer word. “Ons wil meer polisie sien en sien dat bendegeweld minder word. Ek dink mense wil vir die ANC stem, maar hulle wil verandering en vordering sien,” het Jeptha gesê. Hy het Ramaphosa se siening dat die koalisieregering in Nelson Mandelabaai nie werk nie beaam.

“Die koalisie werk beslis nie. Hulle bestee meeste van hul tyd om mosies van wantroue teen burgemeesters te bring eerder as om die raad se werk te doen,” het hy gesê.

Ramaphosa het mense aangemoedig om op 8 Mei vroeg uit die vere te spring en reguit kiesstasies toe te gaan om vir die ANC te gaan stem. “Word wakker, jy hoef nie te borsel nie. Vergeet van jou lipstiffie daardie dag, want jy het ʼn afspraak met my,” het hy aan die juigende gehoor gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Andreas ·

Begin tuis vriend, begin tuis. Dis altyd die maklikste om op ander te pik as die probleem by jou eie kuikens lê.

De Villiers ·

CR verwys na die koalisie in PE wat nie werk nie weens die volgende redes:
1. Die munisipaliteit is vuil;
2. Die dienste wat vir die mense bedoel is, is nie daar nie.
Is hy dan siende blind? Eerstens, na 1994 het Suid-Afrika onder ANC-bewind in ‘n rommelhoop verander met vullis wat orals gestrooi word sonder gevolge vir die oortreders.
Tweedens het die ANC alle infrastruktuur wat die vorige bedelings opgebou en in stand gehou het, afgebreek. Daarom dat daar nie behoorlike dienste gelewer kan word in PE nie, omdat hulle dit so van die ANC geërf het.
Beide punte is regoor Suid-Afrika te bespeur, om nie eens te praat van staatsinstellings soos Eskom, SAL, Transnet ens. wat in die afgrond in bestuur is deur die ANC nie. Beleggersvertroue was nog nooit so laag nie, en die ekonomie nog nooit so swak nie, alles te danke aan die ANC. Nou wil hulle die hoë misdaad bekamp deur ‘n polisiemag waarvan so baie lede misdaadrekords het. En hulle dink hulle kan steeds verantwoordelik regeer.

Marius ·

Nie rassig??
As ek so kyk na die foto…….en alle ander foto’s……dan weet ek nie rêrig nie

Annalise ·

Gaan julle mense wat ANC stem dan NOOIT leer nie. Julle is sooo stiksienig.

fred ·

kyk eers na jou korrupte,onbekwame ANC voor jy kritiek uit,vergeet nie jy was en is nog deel van hier vrot party….julle het Suid-Afrika moreel en ekonomies bankrot gemaak.

Dries du Toit ·

Die baaise regering werk nie ha ha ha. Wie regeer dan daar. Die ANC ,UDM en EFF. Wat de hel verwag jy anders

Ronel ·

Kom besoek gerus Kroonstad en kyk hoe het JOU anc liederlik misluk ou Cyril. Dis nou al n week wat geweldadige betogings die dorp lamlê en jy skitter in jou afwesigheid. LAFAARD!

Elna ·

@Ronel ek stem saam daars miljoene van ons wat so voel soos jy. Dis tyd dat die ANC uitgestem word dit was laaaaankal tyd maar ons almal weet hulle sal weer in bewind kom agv hulle koerupsie daar wag al klaar stem bokse met ANC stemme in wat om geruil gaan word ons gaan net weer daarvan lees en hoor op die nuus. Hartseer maar waar en dis die werklikheid. Dit sal nooit n regverdige verkiesing wees in hierdie land nie.

Andreas ·

Hy besoek net die veilige hawens waar daar geen townships is nie, hy wil tog nie sy blink snyerspak bemors nie.

Gert van Wierdapark ·

CR reken nogal hy en die a en see is vasgekeer in PE se koalisie daar by die see! Die ware feit is egter dat SA vasgekeer is in ‘n Kakistrokasie in die kwarteeu van die reenboog democrazy! Ai, maar die stemvee se voete is al weer onder hul uitgeslaan met’ n tsoenami van ver-kies-sings-bel-oftes!!! He-he-he

Bul ·

Asof hy met die cANCer se dienstelewering geskiedenis ‘n objektiewe oordeel kan maak….

jaco ·

in 1945-46 het die sosialiste en die kommuniste in Oos-Duitsland saamgesmelt en toe vinnig Oos-Duitsland in ‘n eenpartystaat verander. teen 1949, na skaars 4 jaar, was hulle volledig in beheer.
vir 40 jaar lank was Oos-Duitsland SONDER goed soos:
Nkandla-styl korrupsie
beurtkrag
swak vuil staatshospitale
lae standaard onderwys
leerders wat onderwysers aanrand
plakkerskampe
Daar was nou wel nie godsdiensvryheid soos ons dit in SA ken nie, maar andersins was dié kommunistiese land HONDERD maal beter as SA onder die ANC.
WAT het die ANC en die SA Kommunistiese Party dan in hulle jare van exile IN Oos-Duitland, Pole, Hongarye ens geleer?

Gert ·

Jaco, daar was ook konstante ekonomiese agteruitgang, soveel so dat die land op sy knieë was toe hulle weer met Wes-Duitsland saamgesmelt het. Ek het destyds in Duitsland op televisie gesien hoe hulle vir veelverdieping- woonstelblokke in Oos-Berlyn riolering moes insit, daar was net nie. Hulle moes die hele Oos-Berlyn se infrastruktuur oordoen, daar was in 40 jaar geen uitbreiding van dinge soos riolering, water en krag nie. Die verskil in lewenstandaard tussen Oos-en Wes-Duitsland was onbeskryflik groot.
Eenparty-regering en/of sosialisme is BESLIS nie die antwoord nie.

humor ·

Hoe moet n mens se selfbeeld wees as heel jou lewe uit leuens bestaan? Vertel vir ons van een enkele plek waar die anc werk

Hettie ·

Ja CR die beskrywing “werk nie ” beskryf die ANC 100%.niks werk nie ,nie die regering nie ,nie die staats dept nie …niks nie !

Willehond ·

Bwaa ha ha!! Parra in n warm pot! Niemand behalwe jou mede parras glo jou nie!

Marinda ·

Maklik om voor ñ ander se deur te vee CR wanneer jy self agter die deur staan.

Antoinette ·

Ai julle ANC ondersteuners loop met oogklappe tyd om die oogklappe af te haal. Mense die ANC maak net leë beloftes ons land in BANGKROT deur hulle.

Wilma ·

Ag hu onnosel. ANC erken sy foute. Oe die massas sal nooit bykom. Te onnosel om te besef ali beloftes is verkiesings foefie. Jil arme dom drommels

Timjan ·

En dit vat die anc se gesindheid saam as hulle nie in beheer is nie. Niks sal vir hul werk nie. Hulle eie menings verskille (faksiese) gaan hulle kelder. Mens msg mos nie sê werksaam nie.

SHL ·

Hierdie is van die mees komiese toesprake wat iemand nog meer uitgekom het. Amper so lagwekkend as die wiggies toespraaķ van ene Frikkie lank gelede.

fred ·

volgens hierdie ANC man werk koalisies nie???? Wat hy nou sê is dat hy n één party staat wil,met homself as diktator ….kyk wat het gebeur met sy voorgangers in Africa,Mugabe,Mobutu,Idi Amin,El Bashir,ens…..hulle was almal diktators wat hulle land verniel het voor hulle ,en na verskrikkelike politieke onrus en ekonomiese bankrotskap,hardhandig deur hulle eie mense weggejaag is…..kan ons hier dieselfde verwag?

Hansie Slim ·

Die ANC met al sy faksies is meer of… minder as ‘n koalisie. Hoe kan hy praat van ‘n koalisie wat nie werk as sy mense dit onregeerbaar maak nie!! Hy is beslis nie die wit stem werd nie!!

Gert ·

Sy stellings vertel eintlik nogal baie: “daar moet net een BAAS wees”. Dis die siening van hierdie mense, waar die oorspronklike idee met demokrasie was dat die bevolking die baas is en die regering hulle werknemer, glo hulle die regering is die baas en die bevolking is hulle werknemers.

Gert ·

Sy kommentaar dat daar net een BAAS moet wees vertel nogal baie van hoe hulle siening is. Die oorspronklike idee met demokrasie was dat die bevolking die baas is en die regering hulle werknemer, maar duidelik sien hulle dit andersom: Die regering is die baas en die bevolking is sy werknemers.

GM ·

In 25 jaar kon hul niks regkry behalwe om te plunder en af te breek nie, maar NOU gaan dinge eweskielik gebeur hoor.

Hoe dom kan al die skapies tog wees om nogsteeds al die leuens te glo?

Hennie ·

Hy is waaragtig reg die keer! Dit werk nie omdat die cANCer deel is van die septiese regering daar! Cyril het deur hierdie stelling erken dat die ANC swak regeer!

Stuiwer ·

As die ANC oor die afgelope 25 jaar nie dit wat hulle “belowe” het geïmplementeer het nie, wat laat die mense dink dat hulle dit nou gaan doen? Hulle wil ook nie uit hulle foute leer nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.