Ramaphosa se beleidstoespraak: Min planne, oplossings

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: @MYANCA/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa se eerste beleidstoespraak van die jaar – die ANC se verjaardagboodskap wat hy Saterdag in Kimberley gelewer het – het min aanduidings van beleidsekerheid bevat. Dit het ook geen duidelike, samehangende planne bevat vir die drie groot politieke besluite wat die land se politieke leiers vanjaar moet neem nie.

Kimberley was nog altyd polities ’n positiewe plek vir Ramaphosa. Dit was die heel eerste plek wat hy in Februarie 2018 besoek het nadat hy as president ingehuldig is.

Maar hierdie naweek is ANC-leiers gekonfronteer met die verval, ontbering, korrupsie en wanbestuur wat die ANC-regering in die Noord-Kaap bewerkstellig het.

Kimberley is voos van die slaggate, watervoorsiening is onbetroubaar en staatsprojekte word nie binne die vasgestelde tyd of begroting voltooi nie.

Minder as 12 000 ANC-ondersteuners het boonop vir die vieringe opgedaag, ʼn rekordlaagtepunt vir die ANC. Die party het ongeveer 35 000 ondersteuners verwag.

Oor die drie belangrikste beleidsvraagstukke waarmee die land worstel, het die president nie veel gesê nie – beginnende by nasionale gesondheidsversekering, wat hy een keer in die verbygaan genoem het, asof die massiewe uitdagings daarmee nie bestaan nie.

Oor Eskom het hy gesê dat die regering nie kan toelaat dat dié instansie misluk nie, maar dat Eskom ook nie geprivatiseer sal word nie. Hy het feesgangers die versekering gegee dat Eskom nie sou misluk nie, maar van ’n behoorlike plan om die kragvoorsiener reg te ruk, was daar steeds geen sprake nie.

Die laaste turksvy is onteiening sonder vergoeding. Steeds het die president nie ’n voorstel namens die ANC gedoen oor wat die bewoording van so ’n wysiging moet wees nie. Eerder het hy gesê ANC-strukture moet deelneem aan die parlementêre proses – ’n heldere aanduiding dat die ANC tans nie ’n standpunt oor hierdie sleutelkwessie het nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

ChrisE ·

Ek wonder of die regime dink almal is dom/ongeletterd in die land. Wie se intelligensie onderskat die mense. Die regime het nie ‘n beleid nie. Hulle het nie ‘n oplossing of planne nie. Die nasionale uitvoerende komitee “regeer” die land. Dit is ses persone met nie een van hulle wat die vaagste benul van die bestuur van ‘n land het nie. Ek weet nie hoekom bestaan die parlement waar dat morbied obese persone sit en slaap en tyd verwyl nie. Geen besluit wat daar geneem word dra gewig nie. Die NUK het reeds besluit oor lands, ekonomies en buitelandse beleid. Die buitelandse betrekkinge beleid slaan my ook dronk. Die onlangse gebeure in die midde ooste is ‘n sprekende voorbeeld. Die SA regime veroordeel die VSA oor die elemenering van Iran se generaal. Die monde is nou bot toe oor die vliegtuig wat uit die lug geskiet is. Die enigste twee lande wat ek kan aan dink wat nie sulke laakbare gebeure ongestraf sou laat verby gaan het nie is Isreal en Rusland. Die sirkus duur voort. Die narre verander nie en die grappies truuks is nie meer snaaks nie.

Dawie ·

Is dit enigsins verassend dat President Ramaphosa se jongste toespraak min aanduidings van beleidsekerheid (planne, oplossings) bevat het. Dié man, toe nog Adjunk-President, is in November/Desember 2014 (5 JAAR GELEDE) deur die destydse President Zuma opgedra “to oversee” die omkeerprosesse by Eskom en SAL. Dit is basies om toesig te hou daaroor, wat impliseer dat hy vordering moes monitor en, as dit nie na wense verloop nie, planne moes beraam en/of stappe moes neem om die suksesvolle afhandeling daarvan te bespoedig en verseker. Die feit dat hy fabelagtig ryk is met geraamde netto waarde van $450 miljoen beteken geensins dat hy daartoe instaat is nie!! “After all”, watter vermoë – om oorsig te neem, toesig te hou en leiding te neem as dinge skeefloop in sulke HÓÓGS tegniese en ingewikkelde prosesse – het ‘n man –
• met ‘n skamele B.Proc (by die Universiteit van die Noorde begin en by UNISA voltooi)?; en
• wat nooit werklik sy rykdom en voorspoed, wat in ‘ tydperk van skaars 2 dekades verkry is, op meriete be kom het nie? Hy is bloot deur multi-nasionales ingestop om te verseker dat hulle hul “licenses to operate” nie sou skade aandoen of verloor nie.
Ons lewe in ‘n droomwêreld as ons dink dat hy nóú ewe skielik gaan ontpop as ‘n probleemoplosser en staatsman! God behoede Suid-Afrika dat hierdie onbevoegde soustreinpassasiers voortploeter in hulle reis na nêrens – óf is dit “oor dié afgrond”?

johan ·

Hy het onderhandel by kodesa met pik en meyer oor swart bemagtiging daarna bedank hy en stel voor die Lohnmin myn groep stel hom aan as hulle swart bemagtiging vernoot en so het hy ryk geword geen werk geen beplanning net bakhand gestaan en op die rug gery van n onregverdige wet wat fw en sy bende goedgekeur het onder die vaandel van versoening.

johan ·

Maar rond gespring en danspassies uitgevoer soos dit n leier betaam van n piesang republiek en waarin hy en zuma goed in is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.