Ramaphosa sê daar was mondelinge toestemming vir Zim-vlug

Die Zimbabwiese minister van verdediging Oppah Muchinguri-Kashiri en Nosiviwe Mapisa-Nqakula (Foto: Tawanda Mudimu/The Herald)

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdagmiddag in die parlement gesê hy het voor die omstrede ampsvlug na Zimbabwe in September deur die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, dit mondeling goedgekeur voordat dit plaasgevind het.

Hy het op ‘n vraag van Cathy Labuschagne, DA-leier in die Nasionale Raad van Provinsies, geantwoord tydens ‘n mondelinge vraag- en antwoordsessie .

Hy het gesê alle dokumentasie betreffend die vlug is bekend gemaak, en dat op hy 7 September, die dag voor die besoek mondeling aan die minister toestemming gegee het vir die besoek aan haar ampsgenoot.

Tydens die ontmoeting tussen die twee lande se ministers het verskeie veiligheidskwessies binne Suider-Afrika te berde gekom, met Ramaphosa wat sterk geïmpliseer het die invalle in die noorde van Mosambiek was op die agenda.

Hy het op 10 September die skriftelike toestemming gegee. Ramaphosa het benadruk dat hy Mapisa-Nqakula gerepudieer het daaroor dat verskeie ANC-topleiers haar vergesel het as deel van ‘n partypolitieke besoek aan die Zimbabwiese regerende party, Zanu PF.

Ramaphosa het gesê die ANC is besig om die onkoste terug te betaal, maar hy het nie gehoor gegee aan Labuschagne se oproep om die minister af te dank nie.

In reaksie op ‘n opvolgvraag deur Armand Cloete van die VF Plus het Ramaphosa gesê ‘n ondersoek na die klaarblyklike oortreding van kwarantynmaatreëls vorder en die bevindings sal eersdaags bekend gemaak word.

Intussen het Ramaphosa ook in antwoord op ‘n vraag deur Andrew Arnolds van die EFF toegegee dat die beskadiging van spoorweg-infrastruktuur handuit geruk het. Hommeltuie gaan nou gebruik word om beskuldigdes te identifiseer en aan die pen te laat ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Sarel ·

En hy val vir die grap. Daar is nog geen Agenda of Notule nie en weet nog nie wat Magashule daar gemaak nie

Steve ·

Gelukkig weet ons as die nar se lippe beweeg, lieg dit. As die anc iets ontken, weet ons dis die waarheid

Anel ·

Hy moes seker maar hierdie storie opmaak. Dink hy ons almal onder volstruise uit gebroei?

Persheks Adri ·

Ai as mense ons intelligensie onderskat! Laat die hele lot betaal en hulle beter aan gekla word vir die oortredings van die reëls. Fire hulle man Cyril na hulle betaal het met rente en sluit toe! Jy gaan beslis NIKS doen aan die rooi petters nie en daai was nie die enigste skade nie tssssk… Sluit hulle ook toe en verban hulle as ‘n party

Stefan ·

Hoekom het hy dan die volgende dag self gesè dat dit ondersoek moet word???

Yvonne ·

Hoe glo n regdenkende mens die tjol wat die president kwytraak …hy het al voorheen ook gelieg

Magda ·

Wonder wat Ace en ande anc lede het waarmee hulle ramaphosa afpers of hy is net eenvoudig RUGGRAATLOOS om op te staan teen die klomp Terroriste. SHAME ON YOU

Pieter ·

Jy kan n koei net so lank melk dan raak die melk klaar. Geen verskil tussen ANC en ZANU PF nie julle klomp kommuniste dink julle is slim en ons almal is stupid.

Hennie J ·

My liewe ou moeder sou nou saggies gese het: ‘Liewe land maar die man lieg soos n tandetreker’

Werner ·

Ou Cyril het te veel geraamtes in die kas.Hy moet maar na hulle pype dans anders sit sy turf

tweeling ·

Daar was geen rede om die samesprekings gesig tot gesig te doen nie, dit kon deur Skype, Teams of Zoom gedoen wees. Sy het die protokol, waaraan ALLE mense van SA moes gehoor gee en dit is geen beweging oor die grense nie, gebreek. CR het dit self afgekondig tydens die pandemie, hy behoort hom te skaam dat hy so teen sy woord gaan.

Suzette ·

Sy woord is nie sy eer nie – anc ken nie so iets nie…

4ntj13 ·

Lees ek reg? Het hy toestemming gegee dat ʼn hele ANC-afvaardiging vriendskaplik in Zim gaan kuier tydens Covid om terrorisme van internasionale groot belang, te gaan “bespreek”, en dit word nóú eers bekend gemaak??
Klink eerder na Toesmeerder nr Een! Ek hoop die VN neem kennis. Ook Europa en as Amerika met Trump steeds ʼn belang in die ernstige terrorisme van ISIS het.

Suzette ·

Het gedink hier gaan niks van kom nie. blah-blah-blah – net soos niks gaan kom van al die korrupte kaders wat in hegtenis geneem is nie want waar die seekat se tentakels strek betrek dit waarskynlik die hele anc regering….

Dirk Mostert ·

Hy beweer die ANC is besig om die onkoste te betaal. Ek dog die ANC het reeds die onkoste betaal. Hy behoort mos nou saam met die minister te bedank, noudat hy skuldig pleit.

JohanR ·

Soos met Nkandla elke dag ‘n nuwe storie….die was ‘n firepool…..ek het mondelings toestemming gegee. Die ANC lieg soe baie daai neuse van hulle moet al ‘n stert wees!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.