Ramaphosa sê dalk vanaand oor strenger inperking

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa spreek die land vanaand (Dinsdag) weer toe.

Die presidensie het pas bevestig dat Ramaphosa die land om 19:30 sal toespreek. Daar word verwag dat afsonderingsregulasies moontlik verskerp gaan word kort voor Paasnaweek.

Dít nadat Ramaphosa die afgelope paar dae met die nasionale koronavirusbevelsraad, die president se koördineringsraad en die kabinet vergader het.

Daar word verder vermoed dat Suid-Afrikaners moontlik binnekort vir 11 dae lank nie enige alkohol sal kan koop of verkoop nie.

Die Suid-Afrikaanse Vereniging van Drankhandelsname (Salba) sê hy het Maandag in ’n vergadering met amptenare van die departement van handel, nywerheid en mededinging bevestiging gekry dat die nasionale bevelsraad van voorneme is om die koop en verkoop van alkohol vir 11 dae te verbied.

(Argieffoto: pixabay)

Die land se vierde alkoholverbod sal waarskynlik al voor die Paasnaweek inskop.

Volgens Salba wil die bevelsraad ook die getal persone wat toegelaat word om byeen te kom, van die huidige 100 binnenshuis en 250 buite, verhoog.

Salba het ʼn dringende versoek om meer duidelikheid rakende die besluit oor nog ’n moontlike drankverbod by die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, en die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, ingedien. Dié liggaam wil veral weet op watter inligting die regering sy besluit om ʼn vierde drankverbod in te stel grond.

Salba het die regering tot Woensdag gegee om meer duidelikheid hieroor te gee.

“Ons hoop dat die regering deursigtig sal wees en hierdie inligting beskikbaar sal stel. Ons wil graag verstaan ​​wat die rede of redenasie is vir die 11 dag lange verbod op alkoholverkope terwyl die maksimum aantal mense wat tydens ʼn byeenkoms toegelaat word, verhoog word,” sê Sibani Mngadi, voorsitter van Salba.

Die president se toespraak sal vanaand regstreeks op radiostasies, televisiekanale en aanlyn uitgesaai word. Maroela Media sal ook ʼn skakel na die toespraak plaas.

  • Die presidensie het intussen die tyd van pres. Cyril Ramaphosa se toespraak na 19:30 gewysig. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Misky ·

So ons kan maar weet dat almal nou vroeg by die werk ry en Tops toe gaan – ha ha ha ha

Pieter ·

Ag asb baie van ons kom reg met of sonder al julle klomp stories

JohanR ·

Hoe moet ‘n mens ENIGE Paas Naweek planne maak met Cyril wat nou eers gaan se wat is wat? In die res van die wereld het jy Covid-19. In SA het jy Covid-19 en die ANC!

Petrus Klipkop ·

Ek stem ten volle saam met jou, ‘n deel van die mense is onverantwoordelik, en minder dronk mense is altyd ‘n plus. Maar as ‘n dooie, besluitelose artikel die skuld kry vir doelbewuste besluite wat denkende mense neem (blameer alkohol vir die besluite wat mense neem om te drink), hoekom dan nie ook taxi’s en motorvoertuie van die paaie verban (mense wat daardie masjiene beheer veroorsaak ook sterftes), of selfs dan eetgerei nie (blameer die mes as iemand ‘n ander persoon met ‘n mes steek). Dankie vir diegene in die toerisme- en alkoholbedryf wat hul werk en heenkome verloor het, omdat ander onverantwoordelik optree.

Lourens CFG ·

Toe nie Thom, daardie verbod keer vir my, jou, en ons twee om drank te koop. Gaan kyk by Nyanga ens. hoe lekker hul drank koop. Polisie lede ook al daar gesien koop.

Anton ·

Hy verwag seker nie dat ek Binnelanders moet mis loop vir hom nie? :-)

LANA is ELANè ·

Ek verstaan nou nie so lekker die logika nie? Maar nou ja, waar in die Bybel staan dat Suid Afrikaners die ANC se rasionaal rondom enige iets moet verstaan, vir hulle gaan dit oor wie die hoogste bod insit as hulle bevoordeel kan word. Huidiglik wen die swartmark se agente heelpad.

Alleen Wolf ·

Te laat Rammaprater en kopdoek, manne het klaar opgestock, julle het gedink mense is so dof soos die anc regering en sy raadgewers.

Porseleintjie ·

Duh…. Dis paasnaweek. Almal het geweet n strenger lockdown kom. Selfs n blinde kan sien waaroor dit gaan.

covid leuens ·

Nog nooit die covid leuens geglo nie en leë hospitaal beddens en graf fotos staan my nie aan nie. Al gehoor van mense wat mense ken wat oorlede is agv “covid” maar ook al gehoor van mense wat mense ken wat dr’s is wat sê dat hospitale leeg is wat vir covid gevalle bedoel was. Ek self ry pretoria plat en praat en werk met baie. N paar sê ek het al covid gehad sonder om te weet en n paar sê hulle het dit gehad en het oorleef. Nie naastenby so siek soos met gewone griep nie. Die world o meter sê ook iets soos 3 of 4 % van die wêreld bevolking het beswyk aan covid. Maar nee, ek persoonlik ken niemand wat oorlede is van covid nie en met al die plaasmoorde in die land wat toegelaat word is die regering nie baie betroubaar nie. Hou net die zondo sake in die agterkop. Nou moet die regering wat niks vir enige iemand se gesondheid of lewe voel nie vertrou word? Ek dink nie so nie.

covid leuens ·

Ek onthou nou hoekom ek my belangsteling aan maroela media verloor het lank terug. Tipies media. Mag die Skepper Sy werk doen

Jannie van Niekerk ·

Die toerisme besighede wat nie BEE is nie sal alweer gestraf word. Kastige Covid word mos gebruik om die Whiteys te straf omdat hulle nie hulle besighede verniet wil weggee nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.