Ramaphosa se debuuttoespraak by VN oor armoede, ongelykheid

Pres. Cyril Ramaphosa en Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, by die algemene vergadering van die VN. Foto: Dirco

Pres. Cyril Ramaphosa het Dinsdag tydens die Verenigde Nasies (VN) se algemene vergadering gesê Suid-Afrika het met ʼn “omvattende dialoog oor grondhervorming” begin om die ongeregtighede en wanbalanse van die land se verlede reg te stel.

Ramaphosa het sy debuuttoespraak in die algemene vergadering in New York gelewer.

Hy het in sy toespraak wêreldleiers aangemoedig om ʼn meer verteenwoordigende, gelyke en regverdige VN daar te stel sodat kwessies soos armoede, werkloosheid en ongelykheid beter aangepak kan word.

Ramaphosa het hom beroep op die woorde van wyle oudpres. Nelson Mandela wat eens op ʼn tyd aan die jaarlikse beraad gesê het: “Die miljoene [mense] oor ons planeet wat vol verwagting by die hekke van hoop staan, kyk na hierdie organisasie om vir hulle vrede te bring, om vir hulle lewe te bring en om dit ʼn lewe te maak wat die moeite werd is om te leef.”

Ramaphosa het gesê die VN moet hom afvra of hy aan die behoeftes en verwagtinge van die “miljoene by die hekke van hoop” voldoen het. “Ons moet noodgedwonge vra watter bydrae die VN gemaak het tot ʼn meer vreedsame, meer vooruitstrewende en meer gelyke wêreld. Die VN moet word wat miljarde mense oor die wêreld wil hê dit moet wees – ʼn verteenwoordigende en waarlik demokratiese globale parlement van die mense.”

Ramaphosa het daarna na die probleme verwys wat Suid-Afrika spesifiek in die gesig staar in die lig van globale kwessies soos armoede en ongelykheid. Hy het daarop gewys dat Suid-Afrika met behulp van die VN in 1994 uiteindelik ʼn einde kon bring aan apartheid en “ʼn reis van transformasie kon aanpak om die lelike nalatenskap van apartheid aan te durf”.

“Selfs al gaan ons land deur moeilike ekonomiese tye, het ons vordering gemaak,” het Ramaphosa gesê. “Ons is besig om ons ekonomie te hervorm en skep ʼn omgewing wat bevorderlik is vir belegging en het begin met ʼn beleggingsveldtog om $100 miljard in die volgende vyf jaar te lok.”

Hy het ʼn beroep op die wêreldleiers gedoen om die belange van jongmense voorop te stel in hul pogings en om die jeug en vroue te bemagtig om meer deel te neem om die rigting van wêreldsake te bepaal. “Ons is ʼn jong wêreld waar meer as die helfte van die wêreldbevolking jonger as 30 jaar is,” het die president gesê.

“Dit is die jong mense wat die oorloë baklei wat ons begin het. Dit is vroue wat die swaarkry en laste dra van die oorloë wat hul families en lewens verwoes het. Soos ons nou hier praat, word jong lewens verloor en toekomste vernietig.”

Ramaphosa het gesê die VN moet nie net sterftes, verwoesting en menslike lyding verhoed nie, maar ook beslissend optree om te keer dat nog ʼn hele generasie onder die nadraai daarvan ly.

Hy het ook ʼn beroep gedoen dat van die wêreld se mees uitgerekte en hardnekkige dispute opgelos moet word, waaronder die Palestina-Israel-konflik en die mense van Westelike Sahara se soeke na selfbeskikking en algehele soewereiniteit.

Hy het gesê Afrika, een van die wêreld se armste kontinente, gaan voort met sy poging om onderontwikkeling, armoede en konflik te bekamp om demokratiese regerings, die oppergesag van die gereg en die bevordering van menseregte te versterk.

“Ons werk om die geluid van gewere in Afrika stil te maak teen 2020; om ʼn einde te bring aan die konflik wat die lewe van miljoene mense geëis, nog baie meer ontwortel, asook ekonomiese groei en menslike ontwikkeling ingeperk het,” het hy gesê.

“Met doeltreffende belegging in onderwys, verbeterde gesondheidsorg, goeie regering en beter ekonomiese integrasie, het Afrika die potensiaal om sy produksiekapasiteit te ontwikkel tot ʼn skaal en koers wat dermiljoene uit armoede sal lig.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Paul ·

Priester Ramaphosa, skuus ek is so sinies, maar dit is nou maar een maal so dat die geskiedenis het Europa aan die Wit mense toegedeel, sodat Europa eerste ontwikkel kon word, die Amerikas ontdek kon word, ander plekke, Suid Afrika ontdek kon word, dat daar ‘n handelspos gestig kon word vir seevaarders met hul handelsware op pad na die Ooste. Julle was, toe die handelspos in die Kaap bedryf is, nog erns op pad van die noorde af. Die wit mense het nie grond van julle afgevat nie, julle sal dit nie weet nie, wat julle was nooit in die Kaap nie, lees op in die geskiedenis hoe hulle daaraan gekom het. So het die grond in die land ook nie aan julle behoort nie, julle het dit ingeneem, betrek en verower soos julle suidwaarts beweeg het. Daar is groot gebiede in die land, waar julle nooit opgeeindig het nie.

Ag asb tog ·

AG JULLE SAL OP ONGELYKHEID TOKKEL TOT IN EWIGHEID, die feit dat daar al duisende swartmense is wat HEERLIK leef, sal julle bly konsentreer op de 2% wittes wat ‘beter’ leef … siek land hierdie .. en JY het nie die oplossings nie . glo my . die maklikste is en was nog altyd om APARTHEID en ONGELYKHEID te blameer . julle verskonings hardloop nou uit …

Anelle ·

Net so! en Dan Groei die bevolking vinniger as die ekonomie. Misdaad seevier en by kan daar staan en vertel hoe hulle vordering gemaak het… Daar is allies behalwe vordering in die toestand van die so genaamde demokrasie, ekonomie, veiligheid, onderwys, gesondheid en soveel meer.

Tertia Human ·

Cyril vertel my hoe wil jy grond hervorming gelykheid maak? ons is 1 teen 1000 van julle? hoe maak jy daai som? waar is al die plase wat grondeise op gehad het en terug is na die regering ? waarom word dit nie aan minder bevoorregtes gegee nie? maar wat jy verniet kry en nie voor gewerk het nie sal jy nie oppas nie dan kom die “demands” weer van verniet krag, water en die end resultaat is alles word weereens net afgebreuk!!! julle maak my moeg

AttieNo1 ·

Genugtig hierdie mense is onwrikbare kommuniste. Daar moet internationaal “armoede en ongelykheid” aangepak word. Die beste ding of ideologie wat mense ophef noem mens vryemark kapitalisme, alles anders rol klippe in die pad van welvaartskepping. As kommuniste soos hy se gelykheid wil ek net uitgil: Los my net uit asseblief! Genade tog ons kort n volkstaat, groei Orania groei.

Droomwereld ·

Ramaparra leef so in sy eie droomwereld – hy gaan nog met ‘n “bang” wakkerskrik en dan is te te laat!! Dit is alreeds te laat.

Johannes ·

Die ongelykheid rympie raak afgesaag . Hy kan gerus sy kabienet in parlement kleiner maak dan is daar meer geld vir staat vir armmoede. 11 primiers wat asst het en hulle asstente en almal trek staats geld. Arme Mandela draai in sy graf om vir misbruik van sy naam.

Johan ·

Die ANC se beleid is om armoede te verdeel. Net die leiers en hulle vriende word bevoordeel.

Jannie ·

Ek lees ou Squirrel se patetiese en afgesaagde uitlatings en kan verstaan waarom Oubaas Donald hom skynbaar nie wou te woord staan nie!!!

Anna-Marie ·

“Ons werk om die geluid van gewere stil te maak teen 2020” sê hy. Eintlik bedoel hy dat hulle werk om teen 2020 die wittes uitgeroei te hê in SA. Wie was daar om footage van die wasrheid aan die VN te wys, sodat VN die teenstelling kon sien, die nare WAARHEID teenoor sy heuning kwas???

gryp ·

Neewat – ons sien deur jou – hoop net die wereld sien dit ook. Ou afgesaagde stories – net een nuwe ding- nou wil hulle grond gryp en gryp en gryp – dis al hoe hy stemme gaan kry.
Het voorheen ook gegryp en alles afgebreek / verbrand vernietig – wys my een ding wat in stand gebly het.

Joshua ·

Die ANC is besig om die geskiedenis se waarheid in leuens te verdraai om simpatie en ondersteuning van die buiteland te verkry-en hulle slaag daarmee, Afriforum moet wakker skrik wie al reeds as rassiste(wat hulle nie is nie) deur die EFF, ANC en hul propaganda linkse media uitgekryt. DOEN IETS!!

PJC ·

Ek het na hierdie toespraak op die tv geluister en kan ook maar net my kop in ongeloof skud. Kan nie glo dat die leier van ons land dink mense is so naief nie.

Jean ·

So maklik om te praat en altyd bakhand te staan….dit word nie aangewend waar dit saak maak. By the way…..het iemand al ramaphosa se “net worth” gesien.? En dis net waarvan ons weet…..

Jean ·

So maklik om te praat en altyd bakhand te staan….dit word nie aangewend waar dit saak maak. By the way…..het iemand al ramaphosa se “net worth” gesien.? En dis net waarvan ons weet……praat van ongelykheid….

Frik ·

Ek stem saam met ons president dat die VN meer verteenwoordigend moet wees maar van intellektuele breingevorderde mense. Dis mense wat hul land so regeer dat werkloosheid minder as 10% is, hul misdaad n lae persentasie uitmaak, hul volk geletterd is en ten minste die helfte van hul regerings korrupt vry is. Lande wat nie aan die standaard kan voldoen nie, moet dan deur n suksesvolle land oorgeneem word. Ongelukkig sal weinig afrika lande dan verteenwoordigend op VN kan wees, want die meeste kan nie eers hul lidmaatskapgelde betaal nie.

Callie ·

Dankie wit Suid Afrikaners wat begin saamstaan teen die magte wat hulle wil vernietig. Ramaphosa en sy kaders wat miljoene het maar die witman wil vertrap om die armes te help. Die wat nog nie wakker is nie, word wakker asb.

Oom Kalahari ·

Paddaman, jou broeiplek van armlastiges wat net bly instroom en voortplant is besig om die hele ekonomie in duie te laat stort. Waar is jou gelykheids bepaling en armoede struktuur as hier maar net 04% blankes is en 0,05 nog in die mark is en die res word van werk geleenthede weerhou. So asb vergelyk gelykop onder alle volke en beweeg dan van daardie platform af om gelykheid te bevorder. Jy gaan gesels met Clinton en weet wat hy is, maar hoekom nie die huidige President Trump wat jou soos ‘n boek lees nie. Die arme Afrika nasies weet net hoe om die VN te beindruk en die koei te melk. “Afriforum” asb jul het alle feite vir voorleggings en toon dat Mev L.Sisulu en CR ander opgedisde stories op tafel plaas.

Vincent ·

The land and world belong to God, naked we get born into this world and naked we depart…

Johann M van Heerden ·

Ja CR tokkel maar voort op jou een snaar. Ek hoop net die wereld sien deur jou. Dit is natuurlik te veel gevra dat die spul by VN dit sal doen. Die VN is net nog ‘n soustrein van korrupte amptenare. Lekker sit en nonsens praat terwyl hulle eie lande ten gronde gaan in ‘n see van armoede onder die juk van korrupte regereerders. Afrika is Afrika weens die toedoen van sy eie regeerders. Neem dus verantwoordelikheid vir jouself Afrika!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.