Ramaphosa sê eindelik oor plaasmoorde

Pres. Cyril Ramaphosa gedurende die presidensiële imbizo. (Foto: Kopano Tlape, GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdagaand gedurende die tweede presidensiële imbizo eindelik die regering se kommer oor plaasaanvalle uitgespreek.

Ramaphosa is gedurende die imbizo gepols oor sy stilswye rakende plaasaanvalle en ‑moorde. Die president het verduidelik dat hoewel hy nie altyd direk daaroor praat nie, dit hoegenaamd nie beteken dat hy nié daaroor bekommerd is nie.

“Enigiemand wat vermoor word, is ʼn groot bekommernis vir ons almal en die aanvalle wat op plase plaasvind, is beslis ’n kwessie waaroor ons bekommerd is… Net omdat ek nie direk praat oor die moorde op plase of in informele nedersettings nie, beteken nie dat ek nie daaroor bekommerd is nie.

“Ek is bekommerd oor die lewe van ál ons mense en ek sluit ál ons mense in. Diegene wat op plase vermoor word, diegene wat in die informele nedersettings vermoor word, diegene wat in die stede vermoor word én diegene wat in die plaaslike gebiede vermoor word… Ek is diep, diep bekommerd oor al die mense wat in ons land vermoor word,” het hy uitgebrei.

Volgens die president het hy onlangs vir die polisie gesê om meer op plaasaanvalle en ‑moorde te fokus.

Ramaphosa moes oudergewoonte ook vrae oor die verbod op tabakprodukte asook die herinstel van die verbod op drank gedurende die imbizo beantwoord.

“Dit is nie ’n verbod nie. Dit is ’n opskorting,” het die president herhaaldelik verduidelik. Ramaphosa het ook weereens benadruk dat die verbod op drank heringestel is om die druk op die gesondheidstelsel te verlig te midde van die toenemende aantal Covid-19-gevalle wat in die land aangemeld word.

Ramaphosa het ook Suid-Afrikaners daarvan verseker dat die regering bewus is van diegene wat hul werk verloor het weens die verbod op alkohol en tabakprodukte. Volgens Ramaphosa is sowat 3 miljoen mense reg oor Suid-Afrika reeds hul werk kwyt weens die algehele landwye afsondering.

“Die regering is daartoe verbind om die ekonomie te herstel,” het hy bygevoeg.

Hy het Suid-Afrikaners daaraan herinner dat die regering ’n R500 miljard-hulppakket beskikbaar gestel het om ondernemings gedurende die afsonderingstydperk by te staan. Werknemers kan ook gehelp word deur middel van die Werkloosheidsversekeringsfonds, het hy gesê.

Die president is ook gepols oor die regering se besluit om skole te heropen hoewel sosiale byeenkomste steeds in dié stadium verbied word. Hy het verduidelik dat die regering nie die klaskamer as ’n sosiale byeenkoms beskou nie. “Skole handhaaf sosiale afstand, maskers word gedra en hande word ontsmet,” het hy verduidelik.

Volgens Ramaphosa het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) wel gewaarsku dat dit nie wys is vir lande om hul skole te heropen terwyl die aantal gevalle Covid-19 steeds toeneem nie. Hy is ook bewus van onderwysvakbonde se beroep om skole te sluit te midde van die nuwe koronavirus wat nou sy piek in Suid-Afrika bereik het.

Die president het verseker dat die regering in gesprek is oor die kwessie van skole en so gou as moontlik tot ’n besluit sal kom.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Piet Pompies ·

So waar is daai hulp pakkette vir besighede – niemand het nog ‘n sent gesien nie – net die taxis kry geld

Wielspore ·

As druk toegepas word op die regte plekke word resultate gelewer, CR het tot die besef gekom dat plaasmoorde internasionale media dekking kry. Ek het gister ‘n berig gesien van ‘n Suid Afrikaner wat met ‘n Amerikaanse joenalis gesels het. Daardie man het die waarheid gepraat, CR jy moet wakker word
Met ‘n oor teen die grond verstaan ek dat daar binnekort ‘n protes optog teen plaasmoorde gaan plaasvind.

Delon ·

praat is een ding , wat gaan hulle DOEN omtrent hulle staats moorde bendes
net mooi niks

koos10 ·

MM, R3 miljoen mense??

CR, gaan vertel jy dit ook as vir die VN, waar jy kliphard verkondig het dat plaasmoorde nie bestaan nie.
Verder, verduidelik dit ook aan jou geliefde ANC en dan sommer ook aan die EFF en BLF, en dan ook aan almal wat die “Black lives matter” veldtog deel neem.
Jou bekommernis oor alle moorde in die land skeel my min, jou aksies sal bepaal hoe jy onthou word.

Alet ·

Wou presies hierdie woorde gebruik het om my punt te stel… Wel gedaan.

Termiet ·

As almal se lewens belangrik was hoekom loop hy met ‘n blm hemp rond? Glo nie ‘n woord wat uit daai gat in sy kop kom nie.

Vida ·

Net omdat ons aan die regering dink, beteken nie dat ons nie bekommerd is oor hoe julle die land in die grond indryf nie,
Net omdat ons aan SARS dink, beteken nie dat ons lus is om belastings te betaal nie.
Net omdat ons heeldag hoor oor n “nuwe normaal” beteken nie dat ons dit gaan aanvaar nie.
Kry die boodskap?

Scalla ·

My oupa het my altyd gese……………………………en dit het waar geword!!!!!!!

Fedup ·

The most important lesson i can teach you cyril.
Being “concerned” about a serious problem, does not FIX the problem.
You can tell the world there is no farm attacks or murders. Be concerned all you want.
Being the hypocrite you are, you don’t care about this huge problem.

Renee ·

Hoe kan n president lewe met sy gewete om op n’ Sondagaand duisende mense laat sit sonder n’ werk of inkomste en sonder enige waarskuwing nie. Sondag deur die dag het hulle nog reggemaak om n’ inkomste te verdien net om later te hoor hulle lewe is verwoes.

Piet ·

So, hy gaan dit nie klassifiseer as ‘n prioriteitsmisdaad nie. Dieselfde as enige ander moord. Dis nou duidelik.

Misky ·

Noem daai boere ook by die naam en gaan kuier by hulle familie en oorlewendes soos jy met die “comrades” maak. Nie dat dit n verskil gaan maak nie, want ons glo nie dit sal opreg gedoen wees nie. Maar die idee dat jy n poging aanwend, is n stap in die regte rigting

Juffrou ·

Weereens weier hy om plaasmoorde as ń prioriteitsmisdaad aan te spreek. Nou in dieselfde asem bring hy informele nedersettings in! Hoe absurd. Lafhartig! Dink jy rêrig Suid-Afrikaners glo enigiets wat jy sê? Ons is nie onnosel nie.

Werner ·

Nou wat gaan verander net mooi niks dis een ding om iets te se maar niks gaan daaromtrent gedoen word nie

Carel ·

Ja praat eindelik daaroor! Praat praat…en daar word niks uitgerig nie…optree, en doen help, Praat help nie!!

Jacobus ·

Goeie more Rip. Welkom terug in die realiteit. Net u gou inlig oor die situasie in die land. Die oorlog wat u van praat is in volle swang – goeie nuus – u taxi vleuel het ‘n oorwinning behaal maar groot verliese word verwag.
Die stryd aan ekonomiese kant gaan dit minder voorspoedig. Verliese aan dle landbou kant is swaar. Dit bedreig die voedsel voorsiening. Maar oorgawe aan ekonomiese kant kom spoedig nader.

Inkpot ·

Nee wat mnr die President, jy neem nog steeds nie standpunt in oor plaasmoorde.
Jy veralgemeen dit nou saam met al die ander moorde.
Die hele wêreld neem standpunt in teen die plaasmoorde in Suid Afrika en die absolute wreedheid en marteling van weerlose boere.
Boere leef afgesonderd, sonder enige beskerming of naaste bure. Jou regering het kommando’s weggevat en is nou ook besig om almal te ontwapen.
Beki Cele het die absurde kwytgeraak dat daar bitter min onwettige vuurwapens tydens die amnestie typerk ingehandig is. Dis juis die onwettige vuurwapens waarvan baie by polisiestasies “weggeraak” het waarmee misdade gepleeg word. Dalk moet iemand dit net vir hom noem.
Mnr die President, jy glo sekerlik nie regtig dat daar beter higiëne by skole is as met sosiale besoeke nie? Kyk gerus op sosiale media hoe dit in skole lyk.
Landsburger.

Paul ·

Nee Cyril, jy voel absoluut NIKS vir plaasboere wat gemartel en vermoor word nie. By hoeveel families het jy gaan besoek aflê en gaan simpatiseer. Presies geen, niks, zero!!!

Genis ·

Hy doen wat hy altyd doen! Dis nie net boere wat vermoor word nie… mense in n nedersetting word nie gemartel en brutaal vermoor nie… daar is verskil tussen moord.. en beplande ure lange brutale martreling, verkragting ents…

Mariana ·

Als lippetaal, niks opreg bedoel nie. Daadwerklike optrede is wat nodig is. Maar soos gewoonlik is dit net ‘n gepraat want die druk raak nou te groot. Buiteland is ook lankal bewus van wat werklik in die land gebeur maar ook van hulle kant af gebeur niks.

Adam Adriaan ·

Haai Mr CR wat vertelj my nou? Niemand kan jou meer glo nie, want so tyd gelede het jy dit heftig ontken in die VSA. Vir ‘n leier van in land; is dit ‘n skande; dat jou oggend en aand praatjies nie ooreenstem nie. Sies man!!!

Wondermaarnet ·

Ag foeitog CR. Jy praat weer net en hier gaan niks van kom nie. Jy bla-bla-bla net om die witmense stil te hou vir ‘n ruk.

Eragrostis ·

Ramaphosa se vae antwoorde die afgelope tyd op brandpunt kwessies verbaas my nie. Tipiese Amerika-styl van probleemoplossing, vermy die probleem totdat dit krities is. As hy bekommerd is oor moorde, waarom praat hy nooit daaroor nie? Sy vae antwoord hierop is maar net ń bewys dat hy hom nie daaraan steur nie. Ook die feit dat hy plaasmoorde en algemene moorde onder dieselfde kam skeer beteken hy luister nie na pleidooie van organisasies soos TLU nie omdat plaasmoorde voedselsekerheid in gedrang stel en dus nie in dieselfde kategorie as algemene moorde geklassifiseer kan word nie. Hy speel vir tyd.

Cindy ·

So die WHO se rook is sleg en kan jou sieker maak, en CR sit summier ‘n verbod op verkoop daarvan, maar WHO se kinders moet nie skool toe nie, en dit sal “bespreek word”???

JohanR ·

Soos ek deur die kommentare gelees het, het die gedagte by my gekom…..niemand het Cyril gevra of hy ‘n enkele persson se naam wat op ‘n plaas vermoor is nie kon noem nie? Daar was in die laaste drie weke ‘n paar mense vermoor op plaase. Sekerlik moet hy darem net EEN naam kan se? Se dit Cyril…..net die naam van EEN vermoorde boer!

Annatjie ·

En wat het hy toe gese ek sien niks dit is soos gewoonlik baie vaag. Sy naam is nie verniet pietpromise nie

Aai ·

Jy het jou rug gedraai op jou buurplaas(buurman) wat langs jou plaase boer CR die bloed is op jou hande.

marius ·

Afrikaans is die taal wat die mooiste omskrywende uitdrukkings van al die tale in die wye wereld het . Dis al kommentaar .

Ria ·

Hy moet die plan om boere te beveilig, op die tafel sit. As daar ooit is of gaan wees

Piet parys ·

Jys bekommerd . Is dit hoe jy dit oplos deur te sêjys bekommerd. Wag tot een van jou familie lede vermoor word en kan jy sêjy is bekommerd. Voor julle die Anc oor gevat het was misdaad onder beheer maar julle mede misdadigers is mos julle vriende

Mallie ·

Was dit blm dan was daar vinnig gepraat en gereageer, maar nee dis mos maar net plaasmoorde.

Porseleintjie ·

Ou Cyril….put your money where your mouth is.
Dink jy werklik jy kan ons volk met bekommernis paai? Syfers op papier wys die waarheid van jou sg “leierskap”. Ag ekskuus….dis te veel krediet vir jou. Van hoe jy gelei word is die eintlike waarheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.