Ramaphosa se entstofbeloftes ‘laat meer vrae as antwoorde’

DA-leier John Steenhuisen. (Foto: Armand Hough/ANA)

Die regering gaan voort om arbitrêre en dikwels ondoeltreffende inperkingsregulasies in te stel wat steeds die ekonomie verwoes, maar nie daarin slaag om die een ding te doen wat lewens sowel as die ekonomie kan red nie, en dit is die verkryging van voldoende entstowwe.

“Net soos daar misluk is om die aanvanklike streng inperking verlede jaar te gebruik om die land se gesondheidsorgstelsel te vergroot, het die regering ook nou agteroor gesit en gekyk hoe ander lande alle beskikbare entstowwe verkry terwyl ons agter in die tou rondval,” het John Steenhuisen, DA-leier, gesê.

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandagaand gesê 20 miljoen entstofdosisse is reeds verseker en sal deur die loop van die eerste helfte van die jaar beskikbaar wees. In fase 1 sal die entstof eerste beskikbaar gemaak word aan sowat 1,2 miljoen voorstelinie-gesondheidswerkers.

Die DA het die verkryging van die 20 miljoen entstofdosisse verwelkom, maar meen die besonderhede daar rondom is baie vaag. “Wie verskaf dit? Wanneer kom dit hier aan? Hoekom hoor ons nou vir die eerste keer van die AU-entstofprogram en wanneer kom dit en hoe gaan dit tussen die lande verdeel word? Hoe presies sal die entstofprogram geïmplementeer word?”

Steenhuisen meen dit is ʼn leuen dat die regering glo al die afgelope ses maande oor entstowwe onderhandel. “As Ramaphosa wil hê ons moet dit glo dan moet hy bewyse verskaf want dit is óf hy óf die entstofverskaffers wat jok.”

Die regering het die bal laat val wanneer dit kom by die verkryging van entstowwe en die enigste manier om hiervoor op te maak is om ʼn ambisieuse, eerlike, deursigtige verkrygings- en verspreidingstrategie te implementeer waarin die private sektor ʼn sentrale rol speel.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Die DA eis dat Ramaphosa duidelikheid gee oor waar die 20 miljoen entstofdosisse vandaan kom en wanneer dit hier gaan aankom. Daar moet ook duidelikheid gee word oor die Covax-ooreenkoms en die AU-entstofprogram. Die regering moet bilaterale kontrakte aangaan met alle betroubare verskaffers op ʼn deursigtige manier vir die oorblywende 20 tot 60 miljoen benodigde entstowwe. “Daar moet ook verseker word dat die private sektor en provinsiale regerings toegelaat word om op ʼn positiewe manier by te dra om die vinnigste moontlike verkrygings- en implementeringsprogram moontlik te maak.”

Volgens Steenhuisen moet ʼn gedifferensieerde, voorkomende benadering gevolg word rakende die inperking eerder as die eenvormige strategie wat tans geld. “Ons stel voor dat daar op provinsiale of distriksvlak buigsaamheid moet wees tussen vlak 2 en vlak 3, afhangend van die druk op hospitale. Om druk op traumafasiliteite te verlig en superverspreidergeleenthede te verminder, moet alkoholbeperkings geld waar die werklike risiko’s is terwyl laerisiko alkoholverwante handel toegelaat moet word.”

Strande moet heropen word om verligting te bring vir kus-ekonomieë. “Die vakansietydperk is verby so die kans op groot skares is verby. Die aandklokreël moet opgehef word. Hierdie beperking van burgerlike vryhede kan nie geregverdig word nie. Byeenkomste kan verder beperk word soos nodig – selfs byeenkomste van 50 mense is te veel in brandpuntgebiede.”

Indien die president die samewerking van Suid-Afrikaners verlang in hierdie kritieke entstoffase van die stryd teen Covid-19, moet hy begin redes gee oor hoekom die regering vertrou moet word. “Om bussies en helikopters vol polisiebeamptes te stuur om ʼn paar branderplankryers in hegtenis te neem is geen manier om vertroue in te boesem nie. Dit kan slegs gedoen word deur ʼn eerlike verbintenis tot die beskerming van die lewens van ons burgers te toon. En dit kan slegs bereik word deur die vinnige en wydverspreide implementering van ʼn entstofprogram.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Plaaskind ·

Ons entstowwe val seker ook in die “store in ‘ cool dry place & never use” kategorie. Nee dankie – hou maar verby.

Charles ·

Hoekom word alternatiewe medisyne wereldwyd so gou afgeskiet? Hoekom is die entstof die enigste oplossing?

ES ·

Hierdie sou nie nodig gewees het, as die polisie net hul werk gedoen het by Durbans se strande instede daarvan om 12 mense van ‘n klein, verlate strande te verwyder.

Want dit is altyd makliker om die minderheid te boelie.

Grassie ·

Daar is ‘n paar dae gelede bekend gemaak dat die regering die entstowwe by Indië gaan aankoop. Waarom Indië van alle lande? Die entstof-sage skep groot moontlikhede vir korrupsie deur die ANC kaders, geen wonder Steenhuisen is bekommerd nie. Hierdie plunderaars van ons land sal nie so ‘n kans laat verbygaan om hul sakke vol te stop in die proses nie. Ek dink hier is ‘n sluikhandel op pad wat die tabaksmokkelaars na amateurs gaan laat lyk.

Alet ·

Dieselfde gedink. As dit nie die Guptas is nie is dit defnitief hulle nefies.

Miskruier ·

N Nederland se koerant het gister beweer dat china se vaccine Afrika nog meer onder Chinese mag gaan plaas.

Jaco ·

Mark my words: hier kom REUSE korrupsie met ANC ministers, parlementslede en munisipale raadslede wat “toevallig” familie is van eienaars van besighede wat entstof vervaardig en versprei.

Samuel ·

Die SP moet in lyn met die Nuwe Wêreld Orde se riglyne optree. Ons Staatskas is nog nie genoeg geplunder nie. ACE het seker reeds geleenthede gesien om sy kinders te laat voordeel trek uit die entstof verkryging en verspreiding. Steenhuisen het rede tot kommer.

Willem ·

Onbevoegste regering in SA se geskiedenis,naas mbeki en zuma!!Ramaphosa ons uitverkoop aan china en wgo!Anc regering weet nie kop of gat hoe om pandemie te stop nie,weet beslis hoe om belastinggeld te plunder!!!!

Jaco ·

Toe besighede weens inperking begin vou het, het ramaphosa gesê daars ‘n noodfonds wat dié besighede gaan help, maar dat regstellende aksie en BEE definitiewe voorvereistes is om hulp uit die noodfonds te kry. So nou wonder ek maar net: gaan die entstof ook net gegee word aan mense met die “regte” velkleur?

Persheks Adri ·

Hou die entstof dankie gee gerus vir Mal-emma, Ace of kopdoek! Ek en my gesin is 100% dankie

Misky ·

My kommentaar is nie soseer op die berig van toepassing nie, maar ek wonder na gisteraand se toespraak deur Mamparra oor die hele storie dat tronkvoëls een van eerstes gaan wees wat die entstof gaan kry. So die misdadigers is in sy oë net so belangrik soos die dokters, onderwysers en polisie. Dit sê darem baie van sy denkwyse

JohanR ·

Hoekom altyd die beloftes uitgooi? Hoekom net nie doen nie, en dan eendag sien ons daar is 40 miljoen stuk entstof in die land. Soos Zuma se werk vir 600000……altyd net beloftes maar geen werklikheid nie!

Ou bees ·

Volgens wat ek gehoor het moet daai entstowwe gebêre word onder n sekere temperatuur. Met die dat hulle so onbevoeg is om enige iets reg te doen is dit al klaar n groot risiko. Dis nou te sê as alles nie net weer lippetaal is nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.