Ramaphosa sê grondeise verander derduisende lewens   

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Ten spyte van die talle probleme het die proses van grondeise ʼn verskil gemaak in die lewens van honderde duisende Suid-Afrikaners wat van hul geboortereg ontneem is, het pres. Cyril Ramaphosa Saterdag gesê.

Volgens Ramaphosa moet die grondhervormingproses egter versnel word om die historiese onreg te herstel. Die president het titelaktes aan die families Ebenhaeser, Paternoster en Beeswater oorhandig. Die titelaktes is vir 2 990 ha se kommersiële plaasgrond.

Ramaphosa het gesê die oorhandiging van dié titelaktes is ʼn geskiedkundige gebeurtenis aangesien dit die eerste afgehandelde grondeis in die Wes-Kaap is vir afstammelinge van die Griekwa-gemeenskap.

“Hoewel menseregte volgens hul aard universeel is, is dit die regte van die samelewing se kwesbaarste wat veral gehandhaaf en beskerm word. Plaaswerkers en arbeidshuurders op plase is die lewensbloed van ons land. Dit is jou hande en jou arbeid wat kos op ons tafels sit. Sonder julle daaglikse pogings sou al die plase reg oor die land nie die landbouprodukte waarvoor ons land wêreldwyd bekend is, kan vervaardig, verkoop en uitvoer nie,” het Ramaphosa gesê.

Volgens Ramaphosa kon die skewe patrone van grondbesit in die land die afgelope 25 jaar reggetrek word danksy wetgewing. “Oor die lengte en breedte van Suid-Afrika is grond aan die oorspronklike eienaars terugbesorg. In ander gevalle waar dit nie moontlik was om grond terug te gee nie, is individue of gemeenskappe finansieel vergoed.”

ʼn Interministeriële komitee is aangestel om toesig te hou oor die versnelde grondhervormingsproses, met ʼn presidensiële adviespaneel wat die komitee bystaan in sy werk.

“Om grond aan die regmatige eienaars terug te besorg is net die eerste stap na volhoubare en volgehoue grondhervorming. Dit is ʼn prioriteit van hierdie regering om te verseker dat ons die nodige ondersteuning bied aan gemeenskappe wat hul grond teruggekry het om dit produktief en effektief te benut en om ons breër doelwitte van landbougroei en ekonomiese transformasie te ondersteun.”

Ramaphosa het gesê die regering se versnelde grondhervormingsprogram is noodsaaklik om die ongeregtighede van die verlede reg te stel, maar is ook in belang van maatskaplike samehorigheid en harmonie tussen die verskillende rassegroepe in die land

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

$ ·

Wat Malema daarin verswyg is dat hy lieg en hy glad nie deel is van die ´us’ en ´we ‘ waarna hy verwys nie – hy gee nuwe betekenis aan daardie woorde sodat dit die ´ek’ uitsluit in die ´ons’ waarvan gepraat word …

En hulle eet alles wat hy sê vir soetkoek op …

Ronel ·

Nes die plaas in die Vrystaat net anderkant Kroonstad, wat 6 jaar aan n grondeis toegstaan is. Dit WAS n baie groot, suksesvolle plaas gewees. Daars is absoluut niks van daai plaas oor nie. Nie eers n stukkie draad nie

Andreas ·

Hulle het selfs die draad deur hul alie getrek. En dit was nie eens two-ply nie.

Johan ·

Ek hou nie van die woorde “sonder vergoeding ” nie. Ervare boere se lewensbron kan hulle ontneem word. Dit is pleinweg net onbillik.
En stel maar die soveelste kommissie van ondersoek aan om vas te stel waarom so baie opkomende boere nie altyd suksesvol is nie…

Oom Ekonoom ·

Alle onteiende plase wat ek self besoek het as deel van my werk het die totale teendeel bewys.

J ·

Snaaks wat alles gedoen en belowe word voor n verkiesing, mr die president, gaan kyk oor njaar of so wat is oor van die meeste van daai plase, onthou grond bewerk hom nie self nie sonder geld en nodige ondervinding is dit maar net nog n groot mislukking soos 99% van grondhervormingprojekte deur ANC

Henk ·

Hierdie man kan nie eers die waarheid bid nie , ek dweer hy bid onder ‘n skuilnaam

$ ·

Skerp, Henk.

Hy bid ook waarskynliks steeds tot sy voorvaders …

Johanna Botha ·

Ok nou wys ons almal hoe moet daar geboer word asb ???

Donderstorm ·

Die eff gee tractors vir stemme en die anc land vir stemme hul verdraai die geskiedenis om hulle te pas.

Oom Kalahari ·

Enige verdrukking en vertrapping tot diefstal sal toegepas word om stemme te kan toeeien.

Gert ·

Dit gaan my verstand te bowe hoe dit werk dat as jou voorvaders grond gehad het en dit wettiglik verkoop het, dat jy nou skielik die “regmatige eienaar” van daardie grond is, en dat dit gevat moet word by die wettige eienaar en aan jou oorhandig moet word.

Thys ·

Ou comrades presedentjie !!!!!! Jy en jou kaders/people…. gaan weldra die verkeerde Boer se plaas sonder vergoeding probeer vat….

Elsje ·

Ag jy praat net klomp bol. Julle maak my siek. Dom dommer en domste. Ek gaan vra ek soek die hospitaal waar ek gebore is. My geboortereg Dit is myne.

Elize ·

My liewe genade asseblief. Blankes huur van daai grond by hulle om te bewerk. Hulle soek nie grond nie, hulle is te lui om te boer. Hulle SOEK GELD!!!!

Takoeza ·

Snaaks…. nie een kommersiele boerdery prestasie van die staat wat êrens mee gespog word op n pamflet of propaganda nuus nie…… Nie naam van boer waarmee hulle “brag” nie. Hulle kon dit nog nie regkry ten spyte van alle kapitaal en steun wat hulle inpomp nie. Konsortiums gestig. Lonendste boedery sake oorgekoop. Waarvan konsortuims binne 12 maande uitmekaar gespat het. Die lede is weg. Nie eers teenwiordig nie.
Al waarin geslaag is, is miljoene verwagtings geskep…. anargie ten koste van n ekonomie wat gaan laag buk voor hulle (wil) agterkom hier is fout.

Adam ·

Suksesvolle grondeise maak net een verskil aan die lewe van die begunstigdes en dit is dat dit die plakkers se adres verander.

Tanya ·

Ramaposa jy is agterbakse man wat nie eers n oogknik as jy lief nie malema haat wit memse maar n wit vrou sit op sy skoot dan lag hy bfl jy moet vir jou mamma se sy jou skoolgeld terug vra wat jy het jou tyd op skool gemors julle

Knight ·

Mr. Ramaphosa, gaan lees die oor 100 jaar oue boek, “The opening up of Africa “, dan praat ons weer oor eiendomsreg, en meer spesifiek, grondeiendomsreg. Ek vertrou jy kan lees.

jean ·

Nerens lees ek of die Koi en San mense enigiets terug ontvang het nie?….Dis tog aan hulle wat die grond oorspronklik behoort het?

SjN ·

Hul is geldhonger, nie grondhonger nie, geen idee van boerdery nie

Lina Smit ·

Cyril, oor een jaar, kom terug na die Ebenhaeser area, en kom kyk hoe lyk verwoesting, dieremishandeling, verwaarlosing, agteruitgang en onbeheerde aanteling. Net dalk, gaan die liggie dan vir jou aan. Jy KAN NIE VIR MENSE GOED GEE AS HULLE NIE WEET HOE OM DAARMEE OM TE GAAN NIE. Wanneer GAAN julle mense dan leer?????

fred ·

nou wys hy sy regte kleur en waar hy staan….met één voet in sy multi miljoen empire (wat hy ook maar as BEE gekry het), en met n ander voet in n verwaarloosde townships waar hy kiesers moet bribe(met blankes hulle geld en grond)……n verkleurmannetjie

Spike ·

Wanneer jy dood is weet jy dit nie, maar ander weet dit. Dit is dieselfde met onnosel.

Waarheid ·

Hulle gee nie meer t shirts en kfc nie.Hulle gee grond want die hordes wil meer he.
Hulle kan egter nie grond eet nie.
Hulle weet dit nog nie…..

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

Ek het in 1998 my 114Ha plaas buite Vredefort by die ANC gekoop en het die titel-akte ontvang sowel as die bewys van betaling, in 2014 het ek n kennisgewing ontvang dat my plaas genomineer is vir n grondeis…..die ANC politieke party besit verskeie plase naby Parys/Vredefort langs die Vaalrivier…..wonder waar hulle dit gekry het tussen 1994 – 1998…..

Wessel ·

Wonder maar net hoe die regerinde pary aanspraak kan maak op grond wat nie hulle sn is nie en dan nog vrylik weggee Dis verregaande en ďruis my verstand te bowe

Wessel ·

Wonder maar net hoe die regerinde pary aanspraak kan maak op grond wat nie hulle sn is nie en dan nog vrylik weggee Dis verregaande en ďruis my verstand te bowe

Frans C ·

‘n Mens is noual gewoond daaraan dat die ANC en ook Pres Ramaphosa die geskiedenis verdraai tot hul voordeel.Volgens die 1911 sensus was SA se bevolking 5 973 944 waarvan Blankes 1 276 242,(21.36%),Swart 4 019 006(67.28%) en ander 678 146 (11.36%)was.

Dit is dus duidelik dat as ‘n mens 260 jaar teruggaan tot 1652 daar veel minder mense in Suid Afrika gewoon het toe Jan van Riebeeck hier geland het.

Presiese getalle is nie beskikbaar nie maar ‘n mens kan aanneem dat dit nie moontlik was om die gebiede wat nou opge-eis word te bewoon nie.daar was eenvoudig nie genoeg mense nie.

Alhoewel mielies reeds in omstreeks in die jaar 1500 na Afrika gebring is, is dit eers in 1655,drie jaar na van Riebeeck hier geland het, in Suid Afrika ingevoer en aangeplant.

Dit en beter landboumetodes en die koms van kommersiële boere en nie bestaanreg boere ,tesame met verbeterde gesondheiddiens het tot die swart bevolkingsontploffing gelei.

En op grond van dit word nou aanspraak op alle landbougrond gemaak word en nie omdat hul die oorspronklike bewoners van dit was nie.

Gert van Wierdapark ·

Die Pres. reken die skewe patrone van grondbesit is die afgelope kwarteeu deur die Party reggetrek! Reggetrek soos n deurmekaar bed as jy te lui is om dit behoorlik “op te maak” ! Hulle is darem ook besig om Eishkom, SAL, SAUK, die PIC, Transnet, ens. reg te trek! He-he-he soos ons vorige pres. afgesluit het!

marous ·

Die berig moes lees “anc verander mijoene se lewens in hel “

Andreas ·

Ons het ‘n baie pittige president, die een voor hom het ook geglo hy is pittig as die skare so vir hom juig as hy sulke vevatte goete sê.

Ellisras ·

As ‘n beesboer wat ‘n ongeldige grondeis op my plaas het verstaan ek goed waaroor dit gaan. Maar die grondeise kommissie steur hul nie aan feite nie. Die eise beweet allerhande twak. En ek moet “bewys” as ek iets sê

Andreas ·

Die een van Engeland word met ‘n welige digte bos wit hare, ‘n lang gepunte neus, wrede oë en groot tande uitgebeeld, maar as ons die een van Suid-Afrika met lang dun ore wat aan die punte gerond en die gesig van groen is, uitbeeld, word dit gesensor, en name, soos bv ‘n ‘troetelnaam’ is taboe.

humor ·

Sy lyftaal op die foto verklap dit waarmee hy werklik besig is: Ek kul jou hier, ek kul jou daar en sie daar.

fred ·

ja humor ek stem saam..hy het de klerk en sy liberale span in 1990 reeds verkul ….hy is n meester hierin…net as sy role model Zuma lag hy die ganse pad staatskas toe

Heksie` ·

van daai eerste toespraak toe hy ingesweer is as president en hy begin met die land-ding, toe weet ek hy is niks beter as sy voorganger nie en dat ons hel nog nie verby is nie!
Maar God is op die Troon en Hy regeer, so ramapokker kan maar maak en sê wat hy wil.

Cornelia ·

@Frans C, dankie vir die feite weergawe wat mens se kennis verbreed. Die Afrikaner was oortuig daarvan dat die “mat” nie onder sy voete uitgeruk kan word nie. En toe gooi hy sy huis se voordeur oop aan sy bekendste teëstander wat van die begin af as ‘n brutale wedyweraar om “mag” en die “mag vd. leuen” homself regdeur die geskiedenis laat geld het. Daar was en is altyd die “agtergrond” bondgenote. Dat nasies oortuig word dat almal, almal se “vriende” kan word is ‘n wêreld neiging wat gebruik maak van “slons terme” om ‘n valse vrede en eenvormigheid te manipuleer. Die bewyse van die groot leuen is ook in Suid – Afrika te sien en te hoor vanaf die politieke podiums. En dan kan ‘n mens Ramaphosa op die neus druk, dat al die boere werk verskaf aan sy mense. Aan hulle brood voorsien. Die kennis, beplanning, insette, uitsette, bestuur, risikos en vele meer bied die lewensaar waaruit Ramaphosa en sy mense tap. Die man is ‘n blinde eenoog koning.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.