Ramaphosa sê hy maak stem dik toe Zuma vir Gordhan afdank

Pres. Cyril Ramaphosa by die gemeenskapsvergadering in Johannesburg. (Foto: Getrude Makhafola/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagaand by ʼn vergadering in Sandton, Johannesburg, gesê oudpres. Jacob Zuma se destydse afdanking van Pravin Gordhan as minister van finansies het sy eie goeie oordeel beproef.

Ramaphosa het gesê hoewel die kabinet as ʼn eenheid saamwerk en besluite deur eenstemmigheid geneem word, moes hy twee keer dink nadat Zuma vir Pravin in die pad gesteek het. Zuma het dié besluit gegrond op ʼn sogenaamde intelligensieverslag wat vals was.

“Gordhan is aangestel nadat Nhlanhla Nene afgedank en deur Des van Rooyen vervang is. Gordhan het fantastiese werk gedoen. Hy is van sy amp onthef weens ʼn intelligensieverslag wat, volgens my, nie veel werd was nie,” het Ramaphosa in Sandton gesê.

“Ekself was bekommerd toe die een of ander intelligensieverslag jare gelede aan die lig gekom het wat beweer het ek wil vir [oudpres. Thabo] Mbeki uit die kussings lig.”

Ramaphosa sê hy het besluit om uit die gelid te tree en het Gordhan se afdanking gekritiseer.

“Dit het gegaan oor of ek gaan stilbly oor iets wat ek geglo het wel verkeerd is. Ek het my president teengegaan en uitgepraat. Dit was ʼn moeilike besluit, want deur dit te doen kon ek afgedank word. Gelukkig is ek nie afgedank nie,” het Ramaphosa gesê.

Gordhan is deesdae die minister van openbare ondernemings. Zuma het hom in 2017 saam met sy adjunk, Mcebisi Jonas, die trekpas gegee. Malusi Gigaba het Gordhan destyds vervang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Anoniem ·

Saint, wil hulle hê die wiel moet draai ? Ek twyfel, nêrens by NIKS werk dit so nie ! HULLE wil dit oor ontwerp ?

Anoniem ·

Ai, ai dit is so lekker om sulke ou stories as ‘n verkiesings advertensie te verkoop !

President Ramaphosa HOE VOORSPELBAAR ?

Anoniem ·

Ai, ai dit is so lekker om sulke ou stories as ‘n verkiesings advertensie te verkoop !

President Ramaphosa HOE VOORSPELBAAR ?

Andreas ·

Ek sal dit waardeer as iemand vir ons ‘n bandopname van sy stem wat hy dikgemaak het kan speel, ek sal dit graag wil hoor.

honourable member ·

Hierdie man impress my glad nie. Dis maar die volgende ramp wat hierdie land getref het. Daar is ook mos maar baie vrae oor geld wat sy seun ontvang het so dit gaan vir hierdie mense ook maar oor selfverrryking en nie om die mense in die land se lewe te verbeter nie. Dis mos maar hoe die hele Afrika lyk. Mense kripeer en die president en sy maatjies leef lekker.

fred ·

dit was seker maar n baie sag stemmetjie want ek het niks gehoor ..ek sal die man nie vertrou nie…hy lag ook maar soos Zuma as dit te warm word..

Francois Joubert ·

Hierdie mense kan net eenvoudig nie verby die stelsel van ‘n hoofman met volgelinge beweeg nie. Die “wyse manne” beraadslaag met die hoofman en daarna neem die hoofman sy eie besluit, ongeag of dit direk teenstrydig is met wat bespreek is. Nou sit ons met ‘n grondwet waar die president al die magte van ‘n hoofman het. Skrikwekkend!

Andreas ·

Hehehehe … ek het idee Zuma grinnik ook dat jy dit so raakgevat en hulle uitgevang het. Cyil sal natuurlik nie baie gelukkig wees nie, want dit laat hom net so voor die verkiesing al swakker lyk.

marous ·

En na hy zuma aangese het om te bedank gaan kuier hulle saam by die reen koninging in limpopo en bly in ‘n lodge op die belasting betaler se rekening . 7 April 2018 met helder groot kleur fotos . Wat sal sy antwoord daarop wees ?

Genieve ·

As hy sy stem dik gemaak het so Gordon in sy pos gebly het agggg asb wie moet dit nou glo.

Basjan ·

Sy stemmetjie is in elk geval te hoog. Wie sal nou vir hom skrik.

Zella ·

Wat is die gevoel onder die mense wat hier kommentaar lewer? Wie sou julle graag as president van hierdie land wou hê? Neem nou asseblief in ag dat die ANC tans die regerende pary is. Wie sal die pyp kan rook?

Jan ·

Hy het Zuma in die openbaar op tv gekritiseer en dit duidelik gestel dat hy nie saams stem met die afdanking nie .
Haal nou af daai eensydige bril en kom tot verhaal met die wete n wit man gaan nie maklik weer in die pos van President van die land wees nie .
Hierdie gedrag van negatiewe kommentaar weerspieel maar net weereens dat sommeige wit mense die beeld uitsein dat hulle minderwaardig voel teenoor ander en daarom voorduurend sulke neg kommenteer oor die reg van die dag lewer

Liza ·

Indien Ramaphosa bedank het uit Zuma se kabinet sou ek op 8 Mei vir die ANC gestem het. Maar hy het nie en die afwaarste spiraal gaan maar net aan en aan. So, hy bly maar net nog ‘n mislukte ANC grapjas.

Liza ·

Jan, die optrede van die regering laat sommige van ons minderwaardig voel, veral die van ons wat ons werk en besighede verloor het as gevolg van rassistiese beleide. Verder, geen regdenkende blanke wil meer president van SA word nie, want die chaos gaan net groter word. Gun Afrikaners wat genoeg gehad het die geleentheid om te werk vir ‘n Volkstaat, al is jy dalk daarteen. Jy hoef nie daarheen te trek nie. Ek het nie die TV insetsel gesien waar Ramaphosa vir Zuma gekritiseer het nie, maar hy moes eerder uit die kabinet bedank het. Dit is wat ware leiers doen.

Gert van Wierdapark ·

CR reken hy het sy stem dik gemaak teen oud pres Zuma, maar ek dink JZ was seker dik van die lag daaroor. He-he-he!

Schalk ·

Ai sy stem dikmaak tussen sy kiesers het maar n baba stemmetjie.

Adam ·

Cyril, Mthembu en Mantashe het almal Zuma gekritiseer en binne 48 uur vir Zuma om verskoning gevra. Jammer, maar jy is nie ‘n dapper muis nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.