Ramaphosa sê hy’s gʼn bang vir Cele

(Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Julius Malema wou Donderdag by pres. Cyril Ramaphosa weet of hy bang is vir Bheki Cele, die minister van polisie, en hom om dié rede nie wil afdank nie. Die president het dit egter duidelik gestel dat hy niemand vrees nie.

“Agbare lid, ek hoor wat jy sê. Maar ek vrees f***l,” het Ramaphosa gesê.

Malema het Ramaphosa Donderdag tydens ’n vraag-en-antwoordsessie gepols oor die onlangse afdanking van genl. Khehla Sitole, uittredende nasionale polisiekommissaris. Ramaphosa het daarop geantwoord dat hy nie nodig het om die afdanking van enige minister met iemand te bespreek nie, aangesien dit die besluit van die president bly.

Ramaphosa het gesê hy en Sitole het ’n wedersydse ooreenkoms gehad wat tot die vroeë beëindiging van sy kontrak as kommissaris gelei het. Hy het beklemtoon dat dit nie verband hou met die misdaadstatistieke van Oktober tot Desember wat onlangs bekendgemaak is nie.

Malema het dit aan Ramaphosa gestel dat hy sy mag verkeerd aanwend wanneer dit by die aanstelling van ministers kom. “Hierdie mag moet ingespan word in die beste belang van die mense.”

Ramaphosa het volgehou dat die beëindiging van Sitole se kontrak juis dít was – in Suid-Afrikaners se beste belang.

“Ek het ’n eed afgelê om Suid-Afrika eerste te stel. My verbintenis tot die republiek kan nie bevraagteken word nie. Ek is onherroeplik pro-Suid-Afrika en ek stel hierdie land eerste,” het Ramaphosa later volgehou.

Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het die kwessie Donderdag op sy beurt só aan die president gestel: Een van die probleme met die polisie is juis dat sy minister van polisie ’n voormalige polisiekommissaris sonder enige ervaring in die polisiediens is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Joe Olivier ·

Dit lyk my rama en fikile drink te veel saam. Die dat hulle so braaf blyk wil wees. Die publiek sien egter hul ware kleure. Rama vrees vir kopdoek en meeste van sy korrupte ander kaders.

Nie Verbaas ·

Suid Afrikaners se beste belang? Dan sou die hele ANC opsy gestaan het. Alles is deur hulle verwoes as gevolg van n tekort aan logiese denke, selfsug en insig. As hy nie bang vir Cele is nie, wat doen Cele dan nog daar? Siestog.

Yvonne ·

So ploeter hy aan en aan…..hy moet leer van Oekraine se president

Willempie ·

“Ek het ń eed afgelê……. en ek stel hierdie land eerste.” Cyril jy het dit nou gesê… pas dit nou net toe papbroek.

Sarel ·

So gepraat van asnstelking van Ministers….wat kwslifiseer due huidige Minister van Verdediging vircdie pos en isxdit in belang van SA.

Jr ·

Om so te vloek in parlement wys net dat jy lae klas is en n lae klas president is. Ahsiko nhondo. You’re a disgrace Squirrel. Jou verbintenis aan jou land KAN BESLIS BEVRAAG WORD en ek quote “I would rather be a BAD PRESIDENT than destroy the anc.

Jack ·

Ek glo cele weer iets wat ramaphosa kan benadeel so ook die beleidmaker van SA – n zuma. Dis so n addersnes dat nie een kan beweeg sonder toestemming van die ander nie.

Manie ·

Kom ek stel dit so vir jou Ramaphosa: Ek sal jou hierdie keer glo indien jy onderneem om my ook te glo wanneer ek lieg. Kan jy werklik met ‘n oop gemoed sê dat Cele die beste man vir die werk as minister van polisie is? Wat dink jy van Cele se stelling dat hy sal loop indien iemand beter as hy gevind kan word?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.