Ramaphosa se kopseer: ʼn Eensgesinde kabinet

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: GCISa

Pres. Cyril Ramaphosa het nie verniet so lank gesukkel om Maandagaand sy kabinet aan te kondig nie. Na verneem word was dit maar ʼn woeste stryd agter die skerms, en gaan dit ʼn taai taak wees om die nuwe kabinet eensgesind te hou.

Ramaphosa het die aankondiging van die kabinet twee keer uitgestel en gedaan gelyk toe hy die ministers aankondig. Van sy vroeëre belofte om die grootte van die Zuma-kabinet te verklein, het dadels gekom. Suid-Afrika se kabinet is net so groot as voorheen – een van die grootste kabinette  ter wêreld.

Binne die kabinet is, soos verwag kan word, verskeie van sy grootste ondersteuners opgeneem. Dit sluit Nhlanhla Nene (finansies), Gwede Mantashe (minerale hulpbronne), Naledi Pandor (hoër onderwys), Blade Nzimande (vervoer) en Derek Hanekom (toerisme) in.

Maar daar is ook van sy grootste teenstanders – ʼn duidelike aanduiding van die naelskraapse meerderheid waarmee hy in Desember tot ANC-leier verkies is.

Hieronder tel die hele presidensie, met David Mabuza as adjunkpresident, Nkosazana Dlamini-Zuma as minister in die presidensie en Bathabile Dlamini as minister in die presidensie verantwoordelik vir vrouesake.

Maroela Media verneem dit was veral die ANC-jeugliga wat aangedring het dat Nomvula Mokonyane in die kabinet behou word. Nou is sy as minister van kommunikasie die kabinetswoordvoerder vir ʼn president wat haar glo nie eens daar wou hê nie.

Dlamini-Zuma was Ramaphosa se teenstander in die bittere stryd om die ANC-leierskap, en Bathabile Dlamini was haar grootste ondersteuner. Mabuza, so word aan Maroela Media vertel, was glad nie Ramaphosa se eerste keuse as adjunk nie, maar die oomblik toe Ramaphosa president word en die adjunkposisie dus oopval, het Mabuza na verstaan word baie vinnig daarop gewys dat die posisie hom as ANC-onderleier toekom – en Ramaphosa kon nie bra nee se nie.

Voorts is daar vele ministers wat glad nie tevrede sal wees dat hulle uit hul vorige ministeries verskuif is na nuwe poste nie. Hieronder is Dlamini en Malusi Gigaba, wat weggeskuif is uit finansies om weer in binnelandse sake te dien, die mees voor die hand liggende.

Dit was Winston Churchill wat by geleentheid gesê het in die politiek sit jou opponente oorkant jou in die parlement – jou vyande sit agter jou. Churchill se woorde sal Ramaphosa van raad wees terwyl hy ʼn kabinet probeer bymekaarhou wat klaarblyklik ʼn kompromis eerder as ʼn droomspan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Samstaan ·

CR moet nie ons en ons eiendom teiken net vir hulle ‘eenheid’ se onthalwe nie, hulle sal verseker my eiendom nie vat nie.

Rynhardt ·

Cyril gaan alle eiendom vat!Malema het sopas op SABC nuus bevestig dat boere gaan weer onderhandel.Bye,Bye eiendom!

snoefie ·

n handpop van die eff? interessante tye wag. mag God aan ons kant wees.

Al ·

Die hele ANC is gekompromiseer. Dit wys eintlik hoe verrot hul tot in hul kern is.
Die feit dat CR naelskraap gewen het, is ñ bewys daarvan.

Johann ·

Siestog. Arme Ramapoza. Moet moeilik wees om te moet kies tussen die selfsugtuge vergrype van die ANC en ons land… shame.

Veritas ·

Hoe langer daar tweespalt in ANC geledere is, hoe beter vir SA. Die klomp gaan mekaar met arendsoë dophou en mekaar probeer uitwerk. Dit is die beste ding wat kon gebeur het.

Elsa ·

Ramaphosa sal MOET geestelike leiers om hom kry anders trap hy in modder….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.