Ramaphosa sê Mashaba moet in Alex ingryp

Pres. Cyril Ramaphosa spreek inwoners toe in Alexandra, noord van Johannesburg. (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag gesê dit is die Stad Johannesburg, wat onder leiding van die DA is, se verantwoordelikheid om in te gryp in die Alexandra, noordoos van Johannesburg, en seker te maak dat inwoners behoorlike sanitasiegeriewe het.

Ramaphosa, geklee in ANC-kleredrag, het Donderdag duisende inwoners by die Alex-stadion toegespreek. Hy het gereageer op inwoners se besware oor swak dienslewering in die gebied en hul ontevredenheid oor nuwe plakkershutte wat onverpoosd hier opgerig word.

Ontevrede inwoners van Alexandra betoog al vir langer as ʼn week. Hulle het aangedring op ʼn vergadering met burgemeester Herman Mashaba, maar hy het nie opgedaag om hulle toe te spreek nie.

David Makhura, premier van Gauteng, het Woensdag die gebied besoek. Mashaba het intussen gesê hy sal Maandag met die mense van Alexandra vergader.

“Die burgemeester moet nie bang wees vir sy mense nie. Hy moet die gemeenskap te woord staan. Nou blameer hy die ANC,” het Ramaphosa aan die juigende skare gesê. “Daar mag nooit verskonings wees nie. As jy misluk, staan dan eenkant toe sodat ander kan oorneem.”

Die president het gesê hy is nie tevrede daarmee dat daar elke dag betogings is nie. Hy het ʼn beroep op raadslede en burgemeesters gedoen om hul pligte na te kom en te verseker dat sake in hul munisipaliteite glad verloop.

“Ons sal seker maak dat julle raadslede en burgemeesters vir julle werk. Die steel van geld moet end kry,” het Ramaphosa gesê.

Inwoners van Alexandra dring onder meer daarop aan dat onwettige plakkershutte, wat tans net op enige beskikbare ruimte gebou word, verwyder word aangesien dit noodvoertuie soos ambulanse se toegang na die gebied versper. Ramaphosa het gesê die regering het ʼn verpligting om te verseker dat onwettige inwoners nie sonder toestemming strukture oprig nie.

Pres. Cyril Ramaphosa spreek inwoners toe in Alexandra, noord van Johannesburg. (Foto: Simphiwe Mbokazi/African News Agency)

“Ons gaan hier in Alexandra die grondkwessie uitsorteer sodat ons vir julle huise kan bou,” het Ramaphosa gesê.

Oor die kwessie van werkloosheid in die gebied het die president gesê: “Ons weet dat baie van julle en jul kinders werkloos is. Ons werk daaraan.” Hy het gesê daar is maatskappye wat gereed staan om werkloosheid in Alexandra te help verlig.

“Sonder om die blaam op mekaar as leiers te plaas, moet ons uitgaan en die probleme oplos wat ons mense in die gesig staar,” het hy gesê.

Hoewel sommige tevrede was met Ramaphosa se toespraak, het ander hul teleurstelling oor die president se beloftes uitgespreek. “Die ANC het hierdie geleentheid net as werwing gebruik en nie om aandag te gee aan ons probleme nie. Ek is so teleurgesteld,” het een van die inwoners gesê wat homself net as “Mokati” wou identifiseer.

Ramaphosa het gesê hy sal seker maak dat plaaslike, provinsiale en regeringsleiers met die Johannesburgse burgemeester vergader oor die gemeenskap se ontevredenheid.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Ore ·

En daar belowe die agbare President dat ANC huise sal bou.Waar was hulle sedert 94? As ek reg onthou het ‘n ene mnr Jay Naidoo ook daardie tyd belowe dat 80,000 huise gebou gaan word,waarvan dadels gekom het.Vraag is wie gaan vir dienste betaal nadat almal in Alex huise gekry het?

Pieter du plessis ·

Die damslang spring nou op n wit klip met sy anc hemp en gee nou almal skuld vir sy party se onbevoegdheid.

Linda ·

Herman Mashaba is n swakkeling. In sy amp as Burgermeester het hy nog absoluut niks vir ons mense gedoen nie. Hy is te besig met sy eie belangstellings. Ons mense in Gauteng is diep teleurgestel in die DA vir wie ons gestem het en sal NOOIT WEER DA STEM NIE. Ons paaie in Roodepoort is vol slaggate, die krag en water rekeninge is foutief. Ons het nig nooit vir Mashaba gesien of van hom gehoor nie !!! Ek dink nie die DA sal ooit weer hier verkies word nie. Toe die ANC hier in beweer was, was dienste baie beter !

Dup ·

“…….daar is maatskappye wat gereed staan om werkloosheid in Alexandra te help verlig”

Ha Ha Haaa!!!

Welkom in SA ·

Agbare President
Dit is kommerwekkend dat die ANC nou die burgemeester wil aanvat, maar hoekom kan joy nie jou ANC kaders en volgelinge in toom hou nie. Die ANC is die oorsaak van alle onheilighede, beloftes, maar die lear klas kry swaar en topbestuur leef lekker

Alida ·

Hoe kan die DA dienste aan huise lewer wat deur die ANC belowe is jare gelede? As die huise daar was sou daar dienste gewees het. Dit was lee beloftes soos altyd.

fred ·

die Ramaphisa behoor n president vir die ganse land te wees,nie alleen vir sy korrupte party nie…skynbaar besef hy dit nie…nou daal hy tot n level van n goedkoop opportunist …nee hy dwing niks respek af…vat sy miljoene weg en kyk dan wat oorbly….

ne ·

en hulle sal hom glo! cr is ‘n manteldraaier. lieg en bedrieg om stemme te kry vir vrot anc.

waar is die geld vir huise? 25 jaar – en nog alles is vrot.

Eddie Hulscher ·

Passing the buck .as usual.All the previous promises.

Coco ·

So verkoop mens jou siel. CR praat uit 2 monde voor en agter. Dis tragies.

Andreas ·

Cyril het nou bevestig dat hy ook nie ‘n president vir Alex is nie.

Irene ·

Ai rammi as die polisie niks mag doen nie wat kan DA doen. Jy is baie onregverdig hoekom doen jy nie iets nie. Haha hul gaan jou uitjo

Wilma ·

Ramaphosa se party het jhb lank regeer. Als agteruit gegaan. Oral waar anc regeer val als uitmekaar

Peter Holmes ·

Ek sien Cyril beloof ook 1 miljoen huise in 5 jaar vir Alexandra. Ja Joe Slovo het dit ook belowe in 1994. Volgens die Sunday Times destyds het net een persoon 1 miljoen huise in 5 jaar gebou. Dr. Hendrik Verwoerd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.