Ramaphosa sê nee vir ondersoek na Lekota-bewerings

Cyril Ramaphosa. Foto: PresidencyZA/Twitter

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdagmiddag geweier om ’n kommissie van ondersoek te laat aanstel om die bewerings van verraad jeens sy kamerade in die bevrydingstryd te ondersoek.

In ’n saai toespraak van ’n uur en ’n half as repliek op die debat oor die staatsrede het hy die eerste halfuur van sy toespraak gewy aan twee integriteitskwessies. Hy het die bewerings deur die Cope-leier, Mosiuoa Lekota, ontken dat hy wat Ramaphosa is, sy kamerade verraai het.

In ’n uiters lang verduideliking vol kinkels het hy beweer dit was sy buurman in die selle van Silverton-polisiestasie wat die gedeelde kamerade verraai het en dat hy (Ramaphosa) later skotvry vrygelaat is om dit te laat lyk asof hy die een was wat sy kamerade verraai het. Dit het volgens die president twee keer met hom gebeur.

Nietemin wil hy nie die kommissie van ondersoek na die egtheid van die bewerings aanstel wat die EFF versoek het nie, want hy meen dis tydmors – ’n stelling wat ’n gehoon uit opposisiebanke ontlok het en beslis in die verkiesing weerklank gaan vind.

Mosiuoa Lekota, leier van Cope (Foto: GCIS)

Ramaphosa het wel ’n bewering van die EFF-leier, Julius Malema, bevestig dat die mynmaatskappy Anglo American destyds toestemming gegee het vir die ontstaan van die National Union of Mineworkers (NUM) wat Ramaphosa se politieke fondament was.

Hy het gevra dat Suid-Afrikaners nie in die verkiesingsveldtog stellings maak wat mense op grond van ras of taal verdeel nie.

Lekota Woensdag beweer Ramaphosa het sy kamerade in die bevrydingstryd aan die destydse veiligheidspolisie verraai sodat hy vrygelaat kon word.

Volgens Lekota is hy en Ramaphosa op dieselfde tyd in die vroeë 1970’s, as navolgers van die Swart Bewussynsleier Steve Biko, deur die veiligheidspolisie aangehou. Lekota beweer tydens die aanhouding het Ramaphosa aan die veiligheidspolisie se druk toegegee en aan die veiligheidspolisie gesê dat Lekota-hulle sy kop vol kommunistiese idees gestop het – wat destyds teen die wet sou wees.

“So het jy verseker ons word op Robbeneiland aangehou – terwyl jy huis toe gegaan het,” het Lekota gesê terwyl hy Ramaphosa in die oog gekyk het. “So, geluk dat jy ʼn miljardêr geword het. Maar hou jou miljarde vir jouself. Met jou wil ons niks te doen hê nie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

marous ·

Een el vorentoe en sewe duisend seemyl agtertoe . Dis al wat die spul bereik het .

DewaldS ·

Haha – nee!! Wanneer nuwe beter dinge geskep word is dit soms maar kataklismies en skrikwekkend. As jy reg opgelyn is vir so ‘n verandering/skepping is dit musiek in die ore….

Melanie ·

Dit is net ‘n kwessie van tyd voor al sy dade oopgevlek word. Maar teen daardie tyd lyk hierdie land presies soos Zim. En CM WEET dit. En CM lag al die pad bank toe.

Msp ·

Ja ja ja, Net soos wat hy oorsee gesê het daar is geen grondgrype en plaasmoorde in Suid Afrika nie…Hierdie man het nie net sy eie mense verraai nie maar ook alle wit Suid Afrikaners.

Ag nee... ·

Dis tyd mors maar kom ons bevonds eerder vir Zuma se hofsake…?!

Jan ·

Net so humor. Ek sal dadelik die bedkuldiging wat Lekota gemaak het laat ondersoek as ek onskuldig is. Lyk my hiers weer n adder in die gras. Ek sal nie met so n blaam op my wil saamleef nie en ook nog in n amb van president wil ek die mense reg in die oë kan kyk.

ANA ·

Aaaag…lekker man,hehehe…! ?
Laat ál die ?+?+?+?+?+?+? nou maar ONE SHOT ‘óralste’ UITKOOK uit die KORRUPTE POT UIT waar die vlamme ?wárm raak…
dan is daar dálk biki minder ‘suprises’ oor

Willem ·

Bou n brug en kom oor die verlede. Hoe moet n mens vorentoe beweeg met mense wat in die verlede lewe. Regtig waar, skrik net bietjie wakker!!!

anton ·

Nou wat probeer jy nou eintelik se???
Dat alle gemors, veraad ens. wat in die verlede gepleeg is, bloot met n wegkyk oog/houding aanskou moet word?
Regtig???

John ·

Intrige… intrige… Ons hoop iemand hou boek van die gebeure sodat ‘n lekker drama later geskiet kan word… dalk is ‘n Oscar in die pyplyn. Kan ons solank vir Zuma vra om die musiek te skryf… of dalk het hy iets in die kluis gereed…

Chris du preez ·

Wat het Lekhota se bewerings met enige iets te doen.

Cherokee ·

Dom vraag Chris en ondersteuner. Lees Anne, dan hoef ek nie te verduidelik nie. Alhoewel wat Anne eintlik moes gesê het is dat dit bevestiging is van wat ons weet; dat hy soos sy kamerade onbetroubaar is.

KarinB ·

Voor elke verkiesing raak die verloorders histeries en slinger beskuldigings teen opposisieleiers rond. Dit gaan al hoe erger word hoe nader ons aan verkiesingsdag kom. Waarom praat Lekota nou eers as hy dit al al die jare weet? Sy party is op pad uit en hy spoeg suur druiwe uit!

Cherokee ·

Slim van Lekota gewees om die vraag net voor die verkiesing te vra. Jy weet nie of hy dit miskien al vroeër gevra het.

Henry ·

En so klim al die geraamtes uit die kas uit. As hy sy comrades een mal verraai het sal hy nie twee keer dink om dit weer te doen nie. Hy lieg oop oë.

Hendrik ·

Ek is nie ‘n aanhanger van Ramaphosa nie, maar daar is niemand in die ANC wat by hom kan oorneem wat nie hulle mes nog meer vir die witmense sal inhê nie. Ons moet maar hoop hy oorleef hierdie bom van Lekota. COPE staan nie ‘n kat se kans om die ANC uit die kussings te lig nie. Daar is egter ‘n hele rowersbende wat net wag vir Ramaphosa om te val om weer Zuma se streke voort te sit.

Grassie ·

Diegene aan ons kant van die politieke spektrum wat nou so hartlik saam met CR se vyande in die ANC juig oor sy teëspoed wat hom uit die kussings kan lig moet vesigtig wees. Ek hou nie van CR nie,ek beskou hom as my volk se vyand maar as sy kaders hom sink sal sy opvolger moontlik Magashula of Mabuza wees, albei Zuma-ondersteuners. Dit sal rampspoedig wees vir die land.

lewies ·

Waarom nou “ou koeie uit die sloot grawe” Wat spesifiek hierdie saak aanbetref. Daar is niemand op aarde wat nie geraamtes in die kas het nie. !!

anton ·

Natuurlik sal paddaman nie so n ondersoek goedkeur nie want hy weet hy is skuldig!!!
Komaan….dit is common sense!!!

humor ·

Grassie ek se min of meer dieselfde.Hierdie man met sy paddadreigement is so glibberig soos die groen slykerige platanna self. Regeer eerder met negatiewe kwaliteite as die positiewe. Die sletge nuus is egter in almal se hande is ons toekoms baie onseker. Ons wapen is maar in onsself gelee, Hoop vertroue maar die in baie harde werk en gebed gelee

christa ·

so braai hy in sy eie vet. Hoekom nie sy onskuld wil bewys nie???? Skuldig want hy is mos Zuma se meeloper

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.