Ramaphosa sê nee vir referendum oor e-tol

Argieffoto

Argieffoto

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Woensdag die moontlikheid van ʼn referendum oor die e-tolstelsel uitgesluit nadat die EFF hom uitgedaag het om ʼn stemming te hou oor die ‘gebruiker betaal’-beginsel.

“Die kwessie van ʼn referendum was nog nooit oorweeg nie,” het Ramaphosa tydens ʼn vraesessie in die parlement gesê. “Daar is in elk geval geen sprake daarvan nie.”

Ramaphosa het gesê die implementering van die e-tolstelsel is nie langer oop vir debat nie. Hy het aan die hoof gestaan het van die taakspan wat die omstrede stelsel hersien het en aansienlik laer tariewe aangekondig het.

Ramaphosa het wel toegegee die e-tolstelsel was ʼn “ongewilde besluit”. “Die verantwoordelikheid van die regering is om seker te maak dit tree op in die belang van alle mense en soms is die keuses wat die regering maak ongewild met die oog op die bevordering van die meeste mense se belange en dit is presies wat moes gebeur,” het hy gesê.

Op ‘n vraag aan Ramaphosa of die regering nie wil oorweeg om die brandstofheffing te verhoog om só die geld in te vorder nie, het hy gesê dit sal nie regverdig wees teenoor mense wat nie Gauteng se hoofweë gebruik nie en dit sal tot nadeel van die armes wees.

“Dit sal teen die armes en mense in die laer inkomstegroep diskrimineer, want as die brandstofheffing gebruik word, gaan bus- en taxibestuurders hulle tariewe opstoot.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

18 Kommentare

jongste oudste gewildste
Peet Schabort

Ek sal in Kairo gaan draai om die e-tol mis te ry.

CHRISTA

Dis onregverdig vir ander provinsies om vir Gauteng se paaie te betaal? Watter provinsie dra die meeste belasting by tot ons land se begroting? Nee, dit sal nog uitkom: Ek dink Ramaposa het ‘n massiewe aanhouding in hierdie tolpaaie!!!

Gerhard Bezuidenhout

Ek hoop dat hierdie verset teen e-tol nooit sal ophou nie want hulle steel blatant van die motoriste terwyl busse en taxis vrygestel is . Die taxis is n klomp doodskiste op wiele wat jaag sooswat hulle wil en die mense wat e-tol betaal moet net koes. Wat word van die lisensiegelde wat betaal word om paaie instand te hou.

Sophia

Ons gewone mense op straat het nie vir die regering gevra vir kamara’s op ons paaie nie. Ons motoriste betaal alreeds belasting op ons salaris, brandstof, lisensiegeld op jou motor, en belasting om die paaie instand te hou en ander beslating. Waarom moet ons nog meer betaal vir die gebruik van ons paaie. Die regering kry ook dit verniet wanneer die ” royalty” met blou ligte op die e-tol paaie ry. Die regering werk nie vir hulle salarisse en ander voordele nie. Sit en slaap in die parlement. Nou waarom sal die regering omgee vir die armes.

Eddie

Weet julle soos alles wat in Suid Afrika gebeur is daar altyd iemand met n vinger in die koekkie bak. N president wat meer steel as al die mense in die parlement en dan nog dink die mense van Suid Afrika is te dom om regtig te sien wat aan die gang is. Kan julle n brief gee daar is soos altyd iemand wat n bribe gevat het en nou moet ons opdok vir hulle. Maak nie saak wat hulle gaan doen nie maar vergeet dit om n sent uit my te kry. Ek is moeg om vir die koeripte… Lees meer »