Ramaphosa sê nee vir referendum oor e-tol

Argieffoto

Argieffoto

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa het Woensdag die moontlikheid van ʼn referendum oor die e-tolstelsel uitgesluit nadat die EFF hom uitgedaag het om ʼn stemming te hou oor die ‘gebruiker betaal’-beginsel.

“Die kwessie van ʼn referendum was nog nooit oorweeg nie,” het Ramaphosa tydens ʼn vraesessie in die parlement gesê. “Daar is in elk geval geen sprake daarvan nie.”

Ramaphosa het gesê die implementering van die e-tolstelsel is nie langer oop vir debat nie. Hy het aan die hoof gestaan het van die taakspan wat die omstrede stelsel hersien het en aansienlik laer tariewe aangekondig het.

Ramaphosa het wel toegegee die e-tolstelsel was ʼn “ongewilde besluit”. “Die verantwoordelikheid van die regering is om seker te maak dit tree op in die belang van alle mense en soms is die keuses wat die regering maak ongewild met die oog op die bevordering van die meeste mense se belange en dit is presies wat moes gebeur,” het hy gesê.

Op ‘n vraag aan Ramaphosa of die regering nie wil oorweeg om die brandstofheffing te verhoog om só die geld in te vorder nie, het hy gesê dit sal nie regverdig wees teenoor mense wat nie Gauteng se hoofweë gebruik nie en dit sal tot nadeel van die armes wees.

“Dit sal teen die armes en mense in die laer inkomstegroep diskrimineer, want as die brandstofheffing gebruik word, gaan bus- en taxibestuurders hulle tariewe opstoot.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

jakes ·

Natuurlik sal ramaposa nee se want hy gaan baie maar baie skep indien nie alreeds nie

Piet. ·

Piet 11 Junie 2015
Wat verwag jy as jy deur Kommuniste regeer word,en waar gaan hulle geld vir al die “golden hand shakes kry.

CHRISTA ·

Dis onregverdig vir ander provinsies om vir Gauteng se paaie te betaal? Watter provinsie dra die meeste belasting by tot ons land se begroting? Nee, dit sal nog uitkom: Ek dink Ramaposa het ‘n massiewe aanhouding in hierdie tolpaaie!!!

zahn ·

Christa, jy moet asb voortaan elke maand R50 in my rekening inbetaal. Ek dra wragtag meer by tot die land se begroting as jy, deur my rooiwynverbruik. Dis net so absurd as jou redenasie.

Aan die ander kant, sou Gauteng meer bydra tot die begroting, mak hulle ook ‘n groter gedeelte uit van die besteding van dieselfde fondse, pro rata. so, jou redenasie tel nie veel nie. Sorrie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek hoop dat hierdie verset teen e-tol nooit sal ophou nie want hulle steel blatant van die motoriste terwyl busse en taxis vrygestel is . Die taxis is n klomp doodskiste op wiele wat jaag sooswat hulle wil en die mense wat e-tol betaal moet net koes. Wat word van die lisensiegelde wat betaal word om paaie instand te hou.

Uys ·

Tans betaal slegs ons vir etol” want die ANC kan net vir ons n rekening stuur. Buurlande se voertuie is nie op Enatis nie, dus kan daar nie n rek gestuur word nie, maar tot 16 35ton vragmotors ry in konfooi vanaf Beitbrug na Durbanhawe op R21 R24 en N3 sonder om vir etol te betaal.

Sophia ·

Ons gewone mense op straat het nie vir die regering gevra vir kamara’s op ons paaie nie.
Ons motoriste betaal alreeds belasting op ons salaris, brandstof, lisensiegeld op jou motor, en belasting om die paaie instand te hou en ander beslating. Waarom moet ons nog meer betaal vir die gebruik van ons paaie. Die regering kry ook dit verniet wanneer die ” royalty” met blou ligte op die e-tol paaie ry. Die regering werk nie vir hulle salarisse en ander voordele nie. Sit en slaap in die parlement. Nou waarom sal die regering omgee vir die armes.

Eddie ·

Weet julle soos alles wat in Suid Afrika gebeur is daar altyd iemand met n vinger in die koekkie bak. N president wat meer steel as al die mense in die parlement en dan nog dink die mense van Suid Afrika is te dom om regtig te sien wat aan die gang is. Kan julle n brief gee daar is soos altyd iemand wat n bribe gevat het en nou moet ons opdok vir hulle. Maak nie saak wat hulle gaan doen nie maar vergeet dit om n sent uit my te kry. Ek is moeg om vir die koeripte regering hulle koffers voller te maak. Dit is tyd dat Suid Afrika saam begin staan.

Conrad ·

”Die verantwoordelikheid van die regering is om seker te maak dit tree op in belang van alle mense …. ” Lyk vir my dit is in belang van die Taxi’s en Busse en nie in belang van my nie. Is dit dan nie die tipe swaar voertuie wat die paai seermaak nie. Moet ek dan opdok vir hulle skade aan die paaie? Aikona!

magriet ·

liewe mnr ramaphosa. dis ok, jy hoef nie ‘n referendum te hou oor die e-tol stelsel nie, seker maar omdat jy weet jy en jou trawante dan julle kollektiewe moses gaan teekom. maar dis ok, make a note van my naam, want hier waar ek woon wil julle dit nou ook kom probeer implementeer. Ek sal op die paaie ry, en ek sal die rekeninge in die drom gooi waar dit hoort. en wanneer ek die dag besluit om nie meer op die tolpaaie te ry nie, sal dit wees omdat ek so besluit het en nie omdat jy so gese het nie. Lekker dag vir jou

Sophie ·

Mooi Magriet dit is presies hoe ek en die hele Gauteng voel. Daar is ‘n paar ander mense
maar hulle sal maar oor dit moet kom want nog meer betaal vir paaie waarvoor ek alreeds
betaaml nooitttttttttttttttttttttt…………………………….
Sophie

Ursa ·

Ek kan dit net nie verstaan nie. Taxi’s en busse mag verniet ry op die hoofwee, omdat dit die armes benadeel, en die trokke wat vir ons voedsel vervoer? Gaan hulle nie dan die kos pryse laat styg nie? Nee wat jul kan se wat jul wil EK BETAAL NIE E-TOL en ry elke dag op die hoofwee. Dit is ou paaie wat net opgegradeer is en julle kry genoeg geld van ons deur die petrolprys, belasting, lisensiegelde ens. vir die instandhouding. NOOIT VIR E-TOL.

magda ·

Ek kan geen Rek oopmaak nie want eks werkloos. Wat ek nie kan verstaan nie HOE kan Sanral vir my n Rek oopmaak Sonder n bewys van inkomste? Vra net

rob rover ·

Ek wonder waar het ramaphose al sy geld gekry. Nou wil almal hom he vir president. Onthou HY IS OOK ANC.

Johan ·

Sanral wil he ek moet R250.44 betaal vir n rit van Krugersdorp na Bloemfontein betaal nadat ek die gewone tolhekke ook moes betaal. Ek is n pesioenaris en verdien nie eens Zuma se salaris nie en hy ry verniet. Hulle is belaglik

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.