Ramaphosa se nuusbrief: ‘Verandering vat tyd’

Pres. Cyril Ramaphosa.

Pres. Cyril Ramaphosa het Maandag in sy eerste weeklikse nuusbrief gesê dit neem tyd om verandering teweeg te bring.

Ramaphosa het gesê dit is duidelik dat baie van die vertroue wat 20 maande gelede in Suid-Afrika was, vervaag het terwyl die realiteit van die probleme wat die land in die gesig staar al hoe duideliker word.

“Hierdie vertroue is gebore uit die hoop dat ons vinnig die skade wat oor ’n aantal jare aangerig is, ongedaan sou maak. Die implementering van verandering neem wel tyd. Die belangrike kwessie is dat ons op ’n vasberade manier moet beweeg om verandering te bewerkstellig, terwyl ons onherroeplik daartoe verbind bly om staatskaping, korrupsie en wanbestuur uit te wis.”

Die president sal voortaan elke week ʼn nuusbrief, getiteld “From the Desk of the President”, uitreik waarin hy van die kwessies wat vir Suid-Afrikaners van belang is en hulle bekommerd maak, sal hanteer.

“Na ’n dekade van lae groei en die verdieping van armoede is mense op soek na tekens van vordering met die aanpak van die vele uitdagings wat ons land in die gesig staar. Hierdie kommer is werklik.”

Ramaphosa sê hy glo dit is moontlik om mense weer vertroue te gee, nie net met die hoop en verwagting van verandering nie, maar met grondige optrede wat ʼn verskil maak.

“Die meeste van die mense met wie ek praat, gee toe dat ons vooruitgang gemaak het om die land om te draai. Die veranderinge het plaasgevind in talle staatsbeheerde instansies soos die Nasionale Vervolgingsgesag, die Inkomstediens, die polisie en die staatsveiligheidsagentskap en dit gee vir mense vertroue dat ons die geloofwaardigheid en integriteit van die staat kan herstel. Dit wys ons is ernstig om korrupsie te takel en staatskaping in die kiem te smoor.”

Volgens Ramaphosa was daar ook op die ekonomiese front vooruitgang. “Dit is duidelik dat ons as ’n land standvastig optree om die ekonomie te laat groei en werk te skep. Maar ons moet meer doen om dinge om te keer.

“Ons moet ’n omvattende groeistrategie finaliseer wat alle werk wat gedoen word na ’n ander vlak neem. Ek is seker dat dit met die aktiewe betrokkenheid van alle sektore van die samelewing bereik sal word. Suid-Afrikaners is gereed om die uitdaging aan te pak.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Andre Coetzee ·

Nee wat.Positiewe verandering kan baie vinning ‘n verskil maak.Julle manier van werk is net so sleg dat selfs negatiewe verandering jare neem.Daar is NIKS positief om te wys aan al die jare wat julle in beheer is nie.Die lys van mislukkings groei by die uur.

potlood ·

Mr. , dade / optrede praat ‘n 1000 woorde. Met wie jy jouself meng bepaal waar jy oppad is… Jammer, maar ek is nie oortuig of stem saam met jou beloftes nie. Julle sal daadwerklike veranderinge moet bring aan julle vondamentele optrede en oortuigings. Julle vind julself in die verlede en as jul probeer beweeg in die toekoms, sleep julle daardie verlede saam. Dit kan net nie… Hierdie land het reeds alles gehad en was ‘n top land gewees, maar die verkeerde verlede, die verkeerde vriende verly julle…

DT ·

Ek stem 100% saam Cobus
Dis bleikbaar erg moeilik vir hom om die rubicon te kruis!

Lood Kurkprop ·

.
.
Geld….geld….geld.

Die ewige struggle na geld.
.
.

Vonkprop ·

Julle kan begin deur witmense weer werk te gee. Ons sal die land vinniger positief laat groei as wat dit tans gebeur, want ons bou eerder as om af te breek.

Konsekwent ·

Ten minste probeer C.R, ou Botha het ander totaal uitgesluit!

Dolf ·

Botha het ‘n sterk staatsdiens gehad wat planne kon uitvoer. Ramaphosa se staatsdiens is kruppel.

Wilhelm ·

Terwyl Ramaphosa voort slaap en lekker drome droom, sal ons werk en seker maak van ons eie toekoms.

AV ·

If you wish to move mountains tomorrow, you must start lifting stones today. – African Proverb.

Chris ·

Ja ek stem, vooruitgang binne jou kringe maar weinig vir die massas en nog minder vir volhoubaarheid…

Wonder ·

President Ramaphosa , wie regeer die land die president of die anc?, bestaan die woord demokrasie in die woordeskat van pedi, tswana, xhosa en zoeloe? Hoe gaan julle dit oordra aan mense wat julle ondersteun ( die meerderheid is ongeskoold ) sodat hulle dit kan begryp en die verlede agter hulle kan plaas. Wat gaan gebeur met al die kaders in die anc wat moorde in die kampe gepleeg het van ons buurlande. Daar word beweer dat die anc meer van hulle eie mense doodgemaak het as die apartheids regering ? Hoe gaan julle die belasting betalers kry om jou planne te ondersteun as hulle nie dividende kry vir hulle insette nie? Vir ons lyk dit net of julle kan bestaan deur “struggles” te skep, want dit is tog waaruit jul ontstaan het. Dank alle beweerde staatskapers af sonder enige byvoordele, en stel ‘n onpartydige openbare beskermer en mense regte kommissie aan voor julle ‘n olyf takkie na die belasting betaler uitryk

petrus harmse ·

As die punte “plaasaanvalle” , “grondhervorming” en” President stilswye” in een sin gebruik word,is daar slegs een somtotaal.

JohanR ·

Ja ou Cyril. Dit gaan nog 25 jaar wat om die ANC gemors van die afgelope 25 jaar reg te maak. Hoop by daai tyd is die ANC maar net ‘n gedagte…..gemors!

Heinrich ·

Ja JohanR, dis vebasend hoe hulle ‘n probleem kan skep en dan as die enigste oplosser van die probleem na vore tree en die gepeupel so breinspoel dat hulle nog steeds as helde van hierdie sottige situasie na vore tree.

Jerry ·

Hy stem heelhartiglik saam dat toe hy adjunk-president was, hy nie ‘n vinger verroer het om staatskaping en korrupsie te keer nie. Hy was die tweede senior ampsdraer in die hele land en diep in die binnekring. Maar wil nou voorgee hy het niks geweet van enige staatskaping of korrupsie nie. En van skenkings van Bosasa vir sy veldtog weet hy ook niks. Nou wat kan ‘n man werd wees vir die land wat heeltyd sy oë en ore toedruk vir alles. Of lieg hy net so hard soos die hele ANC saam? Kom nou oom syrril. Jy kook mos die witmense soos paddatjies in ‘n pot

Johan Pretorius ·

Pres. Cyril Ramaphosa leef in `n droomwêreld. Hy kan dalk wakker skrik maar dit gaan te laat wees.

Landie ·

Die tyd vir praat is verby, dis tyd vir daad by die woord sit. Julle is te besig om vas te klou aan haat en vergelding en hou vas aan die verlede en julle sleep dit oral met julle rond. Maar na 25jaar van beloftes en agteruitgang twyfel ek of julle enigsins in staat is tot positiewe verandering.

gatiep ·

Alles net woorde sonder enige doel daaragter.Al wat ek glo wat hy gese het is dat hy ons gaan kook soos paddas in pot met warm water.Zuma het nooit gese hy wil ons grond he en ons kook nie.

Jimmy ·

Maar die skuldiges loop steeds vry rond. Van hulle is steeds in die kabinet en parlement, beklee hoë poste in die ANC, die staatsdiens en staatskorporasies. Hulle gaan Ramaphosa eersdaags uitwerk.

Willehond ·

So blah blah hy voort! Papier is geduldig. Doen iets! Ek weet dis baie moeilik vir julle maar probeer tenminste.

Anoniem ·

Luister Ramaphosa, dit het julle nie te lank geneem om alles op te neuk nie. Is jou stelling nou ‘n erkenning dat julle die land so goed opgeneuk het dat dit ‘n leeftyd gaan neem om dit weer reg te maak? Jy hoef dit nie eers te erken nie, ons sien dit sommer dat jy en jou terroriste beweging nie in staat is om te regeer nie.

Jerry ·

Verandering is reeds teweeg gebring deur die ANC se staatskaping, korrupsie, wanbestuur en die onregmatige uitbreiding van lojale ANC kaderstrukture in die staatsdiens en SOE’s wat die klimaat gunstig gelaat het vir die verandering (voortgesette kaping) waarvan jy nou terstonds praat meneer die president. Sou jy dan nie reeds staatskaping reggestel het deur vervolging en herstrukturering nie? Al wat wel gebeur is die herontplooiing van geimpliseerde kaders soos Nomvula Mokonyani (steek haar weg by Lethuli huis) en speel vir tyd met eindelose kommissies. Die verandering wat jy dus van praat wat nog moet gebeur is om met die herstel van die skade van staatskaping alle privaat en pensioenfondse wat kamtig daarvoor gebruik moet word, inderwaarheid ook te kaap/nasionaliseer, weereens ten koste van die belastingbetalers. Die feit dat jy meneer die president nie die IMF nader vir geld onder streng voorwaardes nie, dui daarop dat jy sonder enige voorwaardes beplan om eers Suid Afrikaanse privaat en pensioenfondse, asook belastinggeld uit te put, voordat jy jou sal wend tot die IMF en China se belegging vir die ANC se kapitalistiese sosialistiese staat. Dit alles tot finansiele gewin en voordeel vir die ANC en die se rewolusionere strukture en ten koste van die anti rewolusioneres. Al wat jy dus vir die klaslose/identiteitslose massas gaan gee is die boere se grond met die boere se geld, gesondheidsorg en “grants” met belastingbetalersgeld. Jy is reg dat verandering n tydrowende affere gaan wees, net so tydrowend soos Mugabe se nalatenskap!

@Jerry ·

Jou kommentaar is kolskoot Jerry! Hier is nie salf te smeer nie; alles is reeds vrotte wonde.

Andre ·

25 jaar. Die ANC het die land vir 25 jaar geplunder. Wat is die kans vir verandering , die ANC is nog aan bewind.

Deloris ·

Mnr Rama, gaan lease jou briewe af by Mala wat agter die opstokdrs en noorde sit.

Deloris ·

Mnr Rama, gaan lewer jou briewe af by malema wat agter die opstokery en moorde sit.

LOSKOP ·

Niks positief sal onder die korrupte ANC gebore word voordat hulle nie afsien om alles op apartheid te blameer in plaas van om te erken dat hulle nie n land kan regeer nie. C/R sal te laat uitvind dat daar magte binne die ANC is wat hom gaan uitwerk . Hier dink ek aan die grootste korrupte lid A/M . Is daar al een kader ontslaan (gefire) van al diegene wat by al die kommisies uitgewys is vir korrupsie ???? nee C/Rso jy lieg en bedrieg jouself en dan glo jy als wat jy kwytraak . Doen jou word gestand en raak ontslae van al die korruptes dan alleen sal die land weer weg kan beweeg van die afgrond af

T ·

Solank julle praat van onteining sonder vergoeding stel niemand belang in SA nie. As ANC nie volgehou het met hulle “onmoontlike beleid” nie was ons nou al lankal uit die gemors!

Ruiklont ·

Waar val jy uit Konsekwent? Waarom word die wat deel wat deel het aan die staatskaping nog op vrye voet? Voor daar nie opgetreë word teen hul almal nie is SA op ‘n afdraande oad

Nettie ·

Goed, toegegee …. Apartheid het offisieël sowat 40 jaar geduur), vanaf ± 1954 tot 1994. Ook toegegee dat daar rasse-diskriminasie teen nie-blankes en swartmense vóór daardie tyd (voor dit offisieël op die ‘wetboek’ geplaas is [wat ‘n groot fout!!!]) was.

MAAR NOU WIL EK VIR EENS EN ALTYD WEET: HOE LANK GAAN DIE ANC NOG SUKKEL OM DIE SG. “ONGEREGTIGHEDE” VAN DIE VERLEDE ‘REG TE STEL’? Sal ons agterkleinkinders se agterkleinkinders nog steeds verkwalik word vir wat hulle oor-oor-oor-oupa/oumagrootjies (na bewering) verkeerd gedoen het? Sal ons dieselfde ou holrug-geryde deuntjie vir – ten minste – die volgende 75 jaar nog moet aanhoor?

Adam ·

Ja jy sal. Presies soos die Afrikaners nog die Britte verguis meer as ‘n eeu na die tyd. Mense vergeet maar moeilik.

Dolf ·

Nettie, ten minste nog vir volgende drie geslagte, m.a.w. tot vroeg in die 22ste eeu. Bygesê, teen daardie tyd sal bitter min wittes nog hier woon.

wilma ·

Dit is die eerste keer dat ek Mnr. Ramaphosa met ‘n bril sien. Ek wonder of dit rooskleurige lense het waarmee hy die toekoms bekyk?

Wonder ·

Adam, die apartheidsregering het nie 25000 vrouens en kinders laat sterf in konsentrasie kampe nie, en buitendien het die anc (so word deur die wat weet beweer) meer mense in hulle kampe in buurstate gemartel en vermoor as die apartheidsregering. Dit is net ironies dat hulle dan apartheid verklaar as ‘n misdaad teen die mensdom, maar oor wat hul gedoen het word daar geen woord oor gerep nie.

Gert van Wierdapark ·

Pres CR jy speel eintlik maar vir tyd met die nuus brief se ” spin-storie”. Daar word toegelaat dat kaders en plunderaars en Soustrein ryers hul gulsige handjies se spore kan doodvee!! Die eerste flippen ou wat al in die tronk moes gewees het, is die “kaartspeler” van die Vrystaat, maar hy word maar net op Ys gehou! Hou op met die Flippen eierdans om hom!!!

Hanlie ·

Wil net graag weet wat se houvas die KADER AM van die Vystaat teen Ramaphosa het. Dit is duidelik dat hy hom beskerm, anders sou hy hom lankal in ‘n oranje pakkie laat klim het. Want oral lees ‘n mens van sy wandade, maar nee, ta loop nog los rond.

RB ·

Ja Johan, die briewe sal net n mors van ink en papier wees. Elk geval sal geen woord uit sy eie pen kom, daarvoor gee hy te min om vir SA.
As sy neus moes groei vir elke leuen uit sy mond . . . . .

CabyTheron ·

To the desk of the President. Liewe Mnr die President, maak jou oë oop en stel jou verstand oop om in te neem wat in ons eens pragtige Suid Afrika gebeur, asseblief.! Jy was tog immers deur die jare bewus van al die onheilighede, nie waar nie? Hoekom het jy niks daaraan gedoen nie? Was jy deel van die geplunder en swak bestuur, of het jy net nie opgelet nie? Ek is bevrees jy is nog steeds in die posisie waar jy was voor jy by jou desk geland het. Let jy nog steeds nie op nie, of bestuur jy die rassehaat, misdaad, anargie, geplunder, armoede en wetteloosheid in ons land? As jy mense soek wat bereid is om Suid Afrika daadwerklik reg te ruk, is ek seker jy gaan baie blankes kry wat bereid is om hulle kant te bring. Ongelukkig gaan dit nie gebeur deur net stil te bly/sit en in ontkenning te wees nie. Hou op om leë beloftes te maak waarop miljoene mense in hierdie land elke dag op hoop. Wys ‘n slag jy kan waardig wees, asseblief!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.