Ramaphosa sê oor aandele in Gupta-myn

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Themba Hadebe/POOL/AFP)

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping aandag gegee aan aantygings oor sy aandeelhouding in die omstrede Optimum Coal Mine en Optimum Holdings.

Die president het gesê hy het sedert sy aanstelling in die regering geen betrokkenheid meer by die myn, wat in die berugte Gupta-broers se hande beland het nie.

Brian Molefe, voormalige Eskom-hoof, het vroeër vanjaar voor die kommissie onder meer getuig dat Ramaphosa politieke beskerming aan Optimum verleen het, omdat hy ʼn aandeelhouer was toe hy adjunkpresident van die ANC was.

Ramaphosa is ook daarvan beskuldig dat sy naam deur Glencore – aan wie Optimum Coal Mine in daardie stadium behoort het – tot voordeel van die myn gebruik is. Dit sluit glo in die verkoop van swak gehalte steenkool aan Eskom.

Matshela Koko, nóg ʼn voormalige hoof van Eskom, het selfs aangevoer dat Ramaphosa ’n hand in sy afdanking in 2018 gehad het.

Ramaphosa ontken die aantygings in die openingsverklaring wat hy vandag voor die kommissie voorgelees het.

Luidens die verklaring het hy as sakeman voor sy aanstelling in die regering deel gehad aan ʼn kommersiële konsortium met Glencore in die verkryging van Optimum Holdings.

Ramaphosa het as sakeman ʼn effektiewe aandeelhouding van 9,64% in Optimum Holdings verkry en die rol ingeneem as nie-uitvoerende voorsitter van Optimum Holdings.

“Ek het in daardie rol geen operasionele betrokkenheid by Optimum Holdings of Optimum Mine gehad nie,” sê Ramaphosa nou.

Luidens sy verklaring het hy ná sy verkiesing tot adjunkpresident van die ANC in 2012 ’n hersiening van sy sakebelange gedoen om moontlike konflik van belange te vermy. Ramaphosa het in 2013 as direkteur van Optimum Holdings bedank en in 2014 sy aandele verkoop voordat hy as adjunkpresident van Suid-Afrika aangestel is.

“Ek het daarna geen verdere betrokkenheid of belangstelling in Optimum gehad nie,” het hy gesê.

Die myn is in 2015 deur die Gupta se maatskappy Oakbay Investments oorgekoop.

Ramaphosa ontken ook dat hy as nie-uitvoerende voorsitter van Optimum Holdings en later as adjunkpresident betrokke was by kontraktuele aangeleenthede tussen Eskom en Optimum Mine.

Ramaphosa se getuienis voor die Zondo-kommissie duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

marius ·

Hy het ook nooit gese sy seun het geld in sy rekening betaal nie …..my broer jack .

Wakkerslaper ·

…en dan is daar mense wat dink ramaphosa is so wonderlik… PPFFFT!

Fred ·

Hoe lui daai spreekwoord oor rokies en vuurtjies?
Ek dink daars n hele veldbrand aan die gang

Nico ·

Dit is hoekom Eskom so in die moeilikheid is, niks kan behoorlik werk of funksioneer met swak steenkool. Die ANC regering het alles verwoes en vernietig deur hul onkunde om ‘n land te regeer, kan opbou nie.

Tiptol ·

Netso Nico, hul nie eers iets onderhou nie, wat nog van bou. Hul kan net afbreek.

Tanja ·

Dit is darem maar vreeslik om te weet dat mense so blatand lieg onder eed, maar vir God kan jy nie lieg nie en elke knie sal buig en verantwoording doen

Hennie J ·

Hierdie ou kan bly wees 70%+ van sy kiesers is ongeletterd en stem vir die wat die mooiste en kleurvolste T hemde en kospakkies uitdeel. Hy sit en lieg soos n tandetrekker en verwag dan nog ek moet hom glo en vertrou.Viva piesangland!
Waar is ons Moses? kom asseblief na vore en lei jou mense.

Theuns ·

Elke woord is onbetroubaar. Hiedie karakter is baie erger en arroganter as zuma maar dieselfde uitkyk en optrede. Lees net syfers beter. Birds of a feather flock together. Die commissioner vra nie regtig indringende vrae om die “feite” van oupa te toets nie? Wonder hoekom? Kommissie capture???

Jack ·

Die man sit nou tussen twee vure en albei is deur die anc aangesteek en hulle gaan hom laat biltong word sonder om sleg te voel. Hy is vir hulle n probleem en dit is nou die kans waarvoor die anc wag. Die gematigdes moet R ondersteun maar nie as deel van die anc nie.

Johann ·

Ja wel PINOCIO se neus het VORENTOE gegroei van lieg. Lyk my díe een se lieg meet aan sy neus groei wel nie vorentoe nie maar groei die groei dit….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.