Ramaphosa sê oor kernkrag

cyril-ramaphosa-davos-wef-2018

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa spreek die media oor kwessies in Suid-Afrika toe tydens die jaarlikse WEF-vergadering in Davos, Switserland. Foto: Elmond Jiyane/GCIS.

“Ons moet kyk na waar ons ekonomie tans staan. Suid-Afrika het ʼn ooraanbod van elektrisiteit en die land het nie geld om nou enige groot kernkragstasies aan te lê nie.”

Dit was adj.pres. Cyril Ramaphosa se antwoord aan joernaliste tydens ʼn mediakonferensie Donderdagmiddag by die Wêreld- Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland, toe hy hieroor uitgevra is.

Hy het benadruk dat die voorgestelde kernkragplanne slegs in die breë konteks van bekostigbaarheid oorweeg kan word.

Suid-Afrika se planne om kernkragstasies te bou het plaaslike aktiviste al warm om die kraag gehad. Talle kenners het ook hulle kommer in die media oor die deursigtigheid, koste, veiligheid en omgewingsrisiko’s van die planne uitgespreek.

Dit word beskou as ʼn reuseomswaai van pres. Jacob Zuma se standpunt oor dié saak. Zuma het tot dusver voortgestoom met ʼn geïntegreerde hulpbronplan om tot agt kernreaktors te bou. Die kernkragstasies sou van 2023 af sowat 9,6 megawatt elektrisiteit lewer teen ʼn koste van R1 triljoen te midde van kritici se voortgesette klagtes dat Suid-Afrika dit eenvoudig nie kan bekostig nie.

ʼn Hofsaak verlede jaar het die regering se kernkragplanne tydelik stopgesit, maar Zuma het gepoog om die planne te laat herleef nadat hy sy kabinet in Oktober geskommel het. David Mahlobo is tydens die skuif as minister van energie aangestel en het sedert sy aanstelling volgehou om te sê dit is ʼn goeie idee om meer kernkragstasies by die land se mengsel van energieverskaffing te voeg.

Ramaphosa, wat na verwagting binnekort vir Zuma as die land se president sal opvolg nadat hy die ANC se leisels in Desember oorgeneem het, het Donderdag gesê die regering moet eerder daarop fokus om ander vorme van hernubare energie te ontwikkel.

Hy het verder gesê Suid-Afrika is gereed om sake te doen en wil al die kwessies aanraak wat deur beleggers by die vergadering van internasionale leiers en sakehoofde op die agenda geplaas is.

Ramaphosa het ook tydens die konferensie erken dat korrupsie by ondernemings in staatsbesit die Suid-Afrikaanse ekonomie kniehalter. Hy het gesê Suid-Afrika het ʼn kommissie van ondersoek ingestel na Eskom en die president het pas die opdrag vir die ondersoek oor staatskaping onderteken.

Hoewel hy nog nie self die nuwe bepalings vir die opdrag vir die staatskaping-ondersoek onder oë gehad het nie, het hy beklemtoon dat diegene wat by korrupsie betrokke is deur die ondersoek en die strafregstelsel hanteer moet word.

“Ons gaan nou diep delf en vasstel wat die omvang van korrupsie in semi-staatinstellings is. Die soort ondernemings sal ook hulle swak balansstate moet hersien as Suid-Afrika meer beleggings na die land wil trek.”

Verder het die adjunkpresident ook sy kommer oor die omstrede mynbouhandves uitgespreek en gewaarsku dat Suid-Afrika nie ʼn kommoditeitsoplewing wil misloop nie. “As die mynbouhandves ons terughou, moet ons dit hanteer.”

Hy was optimisties en het selfs gesê sy span sal met ʼn sak vol beleggings ná afloop van die konferensie terugkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Johann ·

Ja shure. Skielik kan n Afrika leier geglo word oor of dit dag of nag is. Kan wel smile oor Gigaba se gesig doeeeerrr o der ip die foto. So ewe verbaasde uitdrukking oor die ommeswaai in retoriek

Jordaan ·

Tipiese ANC politikus wat vir elke gehoor vertel net wat hulle wil hoor. Hier by die huis is dit grondonteiening, Afrikaners se kultuur wat moet waai, transformasie, maar daar probeer hy weer beleggersvriendelik klink

ne ·

Puten kom vir jou Zuma!!!!!! Nou sal jy ‘n Rus leer ken. Jy het mos lekker geskep met die kernkrag ooreenkoms. Kry vir jou…

Cor ·

As Poetin kom gaan ons sien of Nkhandla se ondergrondse bunkers die miljoene werd is wat die belasting betalers daarvoor betaal het. Hoop daar is genoeg mieliemeel , hout , vuurhoutjies en water daarbinne om die 30 plus familie lede te huisves totdat Waldimar sy miljarde terug kry,

PJ ·

Tragies om te dink alles word bespreek in Davos , beleggings, staatskaping ens. Selfs zuma se korrupsie maar plaasmoorde word nèrens genoem skande!!!

zoom zoom ·

Zuma se min van energie wat hy in okt 2017 het dan so hart gewerk om al die dinge in plek te kry sodat daar kan begin nou word aan die kern sentrales. So nou is alled van die baan en iemand wil selerlik iets terug hê van die vooruit betaling. HKGK dink ek is zumpie se voorland

PJC ·

Ek wonder ook hoe gaan vriend Putin reageer op hierdie aankondiging. Hy het mos gedink hierdie is ń “done deal”. Dit wys net Afrika is onvoorspelbaar.

Johann ·

Ja shure. Die ANC gaan n 180 doen EN by dit hou…? So ewe met Zuma en sy kaders STEEDS in hul onaantasbare posisies van vergrype? En die Wereld hang aan die liple van die nuwe redder van SA? Voorgee en klug!!!!

Prof Basson ·

Koeberg wek al vir amper 40 jaar elektrisiteit op vir die Wes-Kaal met baie min probleme. Steenkool bronne sal uitgeput wees oor 30 jaar. Waar gaan ons krag vandaan kom son panele windkrag? Eerstens kan kernkrag baie meer elektrisiteit produseer. Sonpanele gaan definitief nie 40 jaar hou nie. Geen onregmatighede met steenkool kontrakte. Steenkool krag veroorsaak ongelooflike besoedeling. Uitgewerkte myne word net so gelaat. Ons moet ophou om aan ons self te dink maar wel aan die nageslag. Kernkrag het baie meer voordele. Ja die land sit tans met surplus krag. Sal ons dieselfde kan se na 10 jaar met almal wat van krag moet voorsien word? Ek tree gereeld in verbinding met Minister David Mahlobo wat n student by my was vir 4 jaar. Yes ek hou my uit “state capture” en het met hom ook gesels oor die finansiering van so n projek. Moet se hy het goeie idees gehad sonder dat tariewe verhoog of belasting geld gebruik word. Wens ek kon meer verduidelik het . Groete. Prof

Prof Basson ·

Kernkrag is die toekoms. Dis skoon geen besoedeling. Geen kontrakte vir steenkool. Geen ou uitgewerkte myne wat net so gelaat word. Geen besoedeling van riviere grond vir landbou. Geen vragmotors om steenkool te vervoer nie. Windkrag sonpanele is nie die oplossing nie want na amper 40 jaar is Koeberg nog mooi aan die gang. Wonder hoekom was daar nie so n bohaai toe Koeberg opgerig is nie? Ek iz definitief gekant teen “state capture” of “back hands” maar die idee is goed. Met verskeie gesprekke met my oudstudent wat 4 jaar by my gestudeer het hy my versekering dat krag tariewe nie sou verhoog het nie en sou die belasting betaler nie daarvoor moes opdok nie. Wens ek kon meer verduidelik het. Groete. Prof

Rupert Ashford ·

Dankie Prof. Darem een kommentaar wat dit se soos dit moet wees. Res van die slimmes word aan hulle neuse rondgelei en skree saam in die “big renewables” koor van Gore, Musk en Soros en kie.

Pieter ·

Hy is nou so opgepomp, hy en ‘n span gaan ook sommer die WesKaap kom red, sodra hy terug by die huis is. Hulle gaan nou vir die DA kom wys hoe dit gedoen moet word. Eat your heart out Mmusi.

John ·

Net omdat mens in kernfisika gestudeer het maak nie van jou ‘n buiteruimtelike wese nie al voel dit seker soms so. Kernkrag is die gevaarlikste en vuilste spulletjie tot op hede. Een fout en so ‘n glo wonderlike en skone droomstasie met sy slim ooms wat ook maar saans na werk by die Griek-op-die-hoek moet insweef vir ‘n bottel melk, stuur rillings en trillings oor die aardbol. Die krisis in Japan duur nou nog voort en laat selfs tot by Kanada vreemde kankers ontwikkel in die seelewe. Die vervoer en berg van afval is natuurlik ook nie die slim ooms se probleem nie… hulle is te slim vir sulke kleinighede. Nee, professor, Afrika is nie so’ dom nie… probeer elders vir so ‘n diepsinnige buiteruimtelike oefening. Wat van Mars of Jupiter?

Vermeende ·

Prof Basson jy is verkeerd, SA het steenkool vooraad vir die volgende 400 jaar en nie 40 jaar nie, verder het steenkool ontgining ook gevorder, dit is nie meer nogig om steenkool te myn en na die oppervlak te bring nie. Die tegnologie bestaan reeds waar carbon belaaide gasse uit steenkool ondergrond onttrek word en na die oppervlak vervoer word vir onsbranding. Geen myne wat oop le nie. Kernkrag is nie die toekoms nie want die halflewe van die pletonium is nog net teveel en gaan die probleem wees vir baie geslagte na ons.

Alan ·

Prof Basson

In prensiepe stem ek heeltemal saam met u. Alhoewel, met die BEE nog steeds in volle swang, wie dink u sal die kernstasie bedryf, in die bestuur wees en die verantwoordlike persoon wees? Net n vraag, siende dat daar so veel kontant op tafel sal le. Beter geen komentaar lewer nie, los dit waar dit is, geskiedenis het klaar vir u geantwoord.

Rupert Ashford ·

Hoewel ek met die Prof saamstem oor kernkrag as die enigste lewensvatbare bron wat nie afhanklik is van die brand van fossielbrandstowwe nie, is daar darem ‘n paar ander dinge wat in Suid Afrika se gins tel (tans) en die noodsaaklikheid van die onmidellike bou van kernkragstasies temper: 1.) SA se huidige steenkoolstasies en die nuwes wat nog in bedryf moet kom kan voorsien in behoeftes vir die volgende 15 jaar of so; 2) SA is een van die ontvangers van geld in die Globale Uitbuitingsprogram van die UN saam met lande soos Indie en China in teenstelling met sg ontwikkelde lande so die ekonomiese skade verbonde aan onnosele politieke besluite om daardie liggaam gelukkig te hou sal nie so groot wees nie.

Callie ·

Brand liewer steenkool. Die wat weet sal jou vertel hoeveel duisende tonne radioaktiewe olie en ander produkte is in die land begrawe. Dit gaan begin lek. So duisende vierkante km is totaal al reeds vernietig. Met kernkrag kan jy ook nie onbevoegde BEE mense gebruik nie. Dit sal baie se dood veroorsaak. Vra vir die wat daar gewerk het. Asb Maroela, hoekom doen die media nie n ordentlike ondersoek na waar radioaktiewe afval gestort word nie en hoe dit geberg word nie

Anton ·

Totaal niksseggend om hier komentaar te lewer. Help absoluut niks want niemand luister nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.