Ramaphosa sê oor Zuma se toekoms

Ramaphosa en Zuma Woensdag tydens die kabinetkomiteevergaderings. Foto: Elmond Jiyane

Adj.pres. Cyril Ramaphosa het in sy hoedanigheid as president van die ANC ’n verklaring uitgereik oor die onsekerheid rondom Jacob Zuma se posisie as president van Suid-Afrika.

Volgens Ramaphosa het hy en Zuma gisteraand begin met gesprekke oor die oorgang en kwessies rakende sy posisie as president van die land. “Die gesprekke was konstruktief en lê die grondslag vir ’n spoedige oplossing van die saak in belang van die land en sy mense.”

Ramaphosa het gesê as gevolg van die vordering wat gemaak is, is daar ooreengekom om die spesiale vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee uit te stel. Zuma se toekoms sou tydens die vergadering, wat Woensdag sou plaasvind, bepaal word, nadat die ANC se nasionale werkkomitee ’n aanbeveling gemaak het en dit na die NUK verwys het vir besluitneming.

“Dit sal my en pres. Zuma in staat stel om ons gesprekke af te handel en binne die volgende paar dae terug te rapporteer aan ons organisasie en die land,” het Ramaphosa gesê.

“Ek is bewus dat die onsekerheid rakende die posisie van die staatshoof ’n rede tot kommer vir talle Suid-Afrikaners is. Dit is verstaanbaar, maar ek is egter seker dat die proses wat ons nou begin het, ’n uitkoms sal verseker wat nie net die kwessies aanspreek nie, maar ook ons mense sal herenig rondom die take wat ons moet aanpak om ons land te bou.”

Ramaphosa het gesê daar sal verder gekommunikeer word oor Zuma se posisie as president sodra tersaaklike aangeleenthede afgehandel is. Hy het gesê hoewel die huidige toedrag van sake die uitstel van die staatsrede genoodsaak het, gaan die regering en parlement se bedrywighede voort.

“Dit is ’n uitdagende tyd vir ons land. Ek en pres. Zuma is bewus daarvan dat ons mense afsluiting soek en verdien. Die konstruktiewe proses wat ons begin het, skep die beste geleentheid om die saak sonder onmin of verdeeldheid te finaliseer.”

Ramaphosa het gesê hy word tydens die proses gelei deur die beginsel dat die belange en behoeftes van Suid-Afrikaners uiters belangrik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

TAXPAYER ·

DIE LAND EN SY MENSE? Wie is al die mense? Die minderheidsgroepe word oral uitgesluit en gedreig om geslag te word en aangeval te word en verjaag te word van hulle plase en hulle eiendomme afgevat word MAAR ONS IS GOED GENOEG OM BELASTING te betaal? Hoekom kry ons nie net ‘n president van ENIGE kleur wat almal dieselfde behandel nie? Almal haal altyd vir Martin Luther King aan waarin hy se .. I have a dream that one day my people will not be judged by the colour of their skin .. maar vandag doen die ANC regering dieselfde van die NP gedoen het. Minderheidsgroepe word op grond van hulle VELKLEUR geboelie, maar nou is die wereld stil en almal karring nog aan oor apartheid .. na 24 jaar moet ons boet vir apartheid maar wie gaan boet vir PLAASMOORDE??

My opienie ·

Ek voel nes jy. Kan nie sien hoe meer gepraat ons probleme gaan oplos nie aksies is nodig.

Hannelie ·

Jy slaan die spyker op die kop. Die berig lees ook verkeerd : “…..maar ook ons mense herenig rondom die take wat ons moet aanpak om ons land te bou”. Dit moet eintlik lees: ” ……..om ons te te HERBOU!! Want die land is totaal “afgebreek” as gevolg van plaasmoorde wat net aanhou en aanhou en aanhou, en daar word NIKS daaromtrent gedoen nie. So wat te hel, maak dood, jy gaan in elk geval nie gestraf word nie. Ek hoop Ramaphosa neem alle rasse in ag wanneer daar besluit word oor Zuma se kom of bly. Ons wag in spanning.

zoom zoom ·

CR is te lig vir die job om zuma ondet sy bas te skop. Gaan hom alles gee wat hy vra en kwyt geskel word van enige vervolging vir hom en al sy gespys wat hom aanbid. So ons is terug waat ons was nog voor sprake dat zumpie moet verkas

Cherokee ·

Soos jy sê zoom zoom, Ramaphosa is bang vir Zuma. Zuma het nie gehuiwer om Mbeki die pad te laat vat nie maar hyself wil ‘n Mugabe speel. Die lag wat Zuma lag op die foto is dalk nie eg nie, veral omdat dit Woensdag was, maar ‘n vertoon vir die kameras.

brt van der merwe ·

Bevestig asb. aan ons mnr Ramaphosa, dat die “tersaaklike aangeleenthede” wat afgehandel moet word, nie iets daarmee te doen het dat daar planne beraam word om Zuma van kriminele vervolging en of siviele eise te vrywaar nie – want so sal die belange en behoeftes van Suid Afrikaners nie gedien word nie. Die persepsie sal voortbestaan dat jy voor Zuma se dreigemente om geraamtes in senior mense se kaste openbaar te maak, geswig het.

Genieve ·

CR praat ook lekker in raaisels neh kan nie tot n besluit kom nie.

Jaco ·

Mense is mal as hulle dink CR gaan enige goeie hoop wees vir die land, hy kan nie eers een person wat almal haat hanteer nie…

Frans C ·

Alhoewel die ANC en die Dept van Statistieke Suid Afrika swart mense as een homogene bevolkingsgroep voorhou, speel Pres Zuma nog steeds die ‘tribal card’ en dreig dat Zoeloes in opstand landwyd sou kom as hy op enige manier van sy pos onthef word.

Die laaste beskikbare statistieke oor stamverdeling lyk in 2001 te wees. Die Zoeloes het toe 14.86% van die totale bevolking uitgemaak.Indien die verhouding teenoor die totale bevolking dieselfde gebly het is daar ongeveer 8.3 miljoen Zoeloes in Suid Afrika.

Dit is duidelik dat daar ‘n aansienlike stemblok in die bevolking is wat die vermoë het om die ANC se ondersteuning aansienlik te verminder.

Dit is duidelik dat die ANC nie stemblok wil vervreem nie met die oog op die 2019 verkiesing. Zuma weet dit en hy sit dus met ‘n stam-troefkaar in sy hand.
In ‘n sekere sin het hy Ramaphosa in ‘n dreigende skaakmat posisie.Hy was nie verniet
‘n baie goeie skaakspeler en lag nou lekker oor die pogings om hom te ontsetel,

Lee ·

BLA-BLA-bla-bla !!
Ons is nou moeg gewag – ons wag net vir goeie nuus – dat Zuma sy vrot paai vat en waai
sodat ons (EK) kan fees vier oor die heuglike dag.
Dit voel vir my of gebede TOG nog verhoor word, al is dit in die Nuwe SA…LOL

Nettie ·

Stem saam met Taxpayer …………………… Die ses “swaar gewigte” in die ANC is ook te lig
in die broek om van Zuma ontslae te raak. Hy het almal aan die short en curlies beet !!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.