‘Ramaphosa se oplossing vir Eskom tref nie die kol’

piet-le-roux

Piet le Roux, uitvoerende hoof van die Sakeliga. Foto: Morné Prinsloo

“President Cyril Ramaphosa se reaksie op die Eskom-krisis, wat as deel van die debat oor die staatsrede verskaf is, is heeltemal ontoereikend.”

Volgens Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, sal die nominale ontbondeling van Eskom, sonder die oog op privatisering en sonder stappe om die mark oop te stel vir algehele private vryemarkvoorsiening van elektrisiteit, beteken dat die hele Suid-Afrikaanse ekonomie in een staatsbeheerde mandjie gehou word.

Intussen het Sakeliga vandag begin met die insameling van inligting van sy meer as 12 500 lede om die impak van beurtkrag te bepaal.

“Vanoggend het 35 sakeondernemings inligting oor die koste en impak van beurtkrag ingedien. Hulle het ’n geraamde gekombineerde uurlikse koste van R440 000 as gevolg van beurtkrag aangedui, wat die werksekerheid van meer as 900 werknemers raak.”

Le Roux sê president Ramaphosa se besluit om Eskom in drie staatsbeheerde entiteite te verdeel – sonder die oogmerk van privatisering – het weinig kans om die situasie te verbeter.

“Regrukplanne is al voorheen aangekondig, en nie een daarvan het gewerk nie. Daar is probeer om koste te besnoei, en die teenoorgestelde het gebeur. Uiteindelik is die enigste kans vir ’n stabiele energiesituasie ’n radikale vryemarkhervorming van die Suid-Afrikaanse elektrisiteitsektor.”

Solidariteit het intussen vandag bekendgemaak dat hy môre tydens ʼn mediakonferensie ʼn kennisbank op sy webblad sal bekendstel waar opgeleide ingenieurs, ambagslui en kundiges wat voorheen in diens van Eskom was, kan registreer om na Eskom terug te keer om die kragvoorsiener uit sy huidige benarde situasie te help red.

Dirk Hermann. Foto: Reint Dykema

Solidariteit sal by die konferensie korttermynstrategieë aankondig om die huidige probleme by Eskom te help oplos en sal voorts ook sy standpunte bekendmaak oor gerugte dat moontlike afleggings by Eskom gaan plaasvind.

Die inisiatief van ʼn kennisbank volg nadat Ramaphosa gesê het mense moet help met oplossings nadat hy en minister Pravin Gordhan opgemerk het dat Eskom aan ʼn vaardigheidstekort ly weens ʼn reuse-uittog van kundige werkslui en die ministerie dit oorweeg om eksterne hulp te ontbied om die sukkelende staatsinstelling weer op koers te kry.

Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, beskik Solidariteit oor ʼn wye netwerk van vaardige werknemers wat ʼn verskil sal kan maak.

“Ons onderneem om te probeer bydra om die krisis by Eskom te help ontlont en ons glo vas dat ons netwerk van kennis dit sal kan regkry. Solidariteit sal voorts ook die registrasies wat hy op sy webblad inkry aan Eskom beskikbaar stel sodat hierdie werkers in diens geneem kan word,” het Hermann gesê.

“Ons glo vas dat werkers wat oor kritieke vaardighede beskik, bewus gemaak behoort te word van dit wat hulle kan bydra en hierdie registrasieblad is die perfekte manier om die regte mense te betrek. Die media het ook ʼn groot rol om die bewusmaking so wyd as moontlik te neem sodat ons die Eskom-krisis deur middel van kennis kan oplos,” het Hermann gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

45 Kommentare

Alida ·

Stel opgeleide bekwame en EERLIKE mense aan en gooi die skelms in die tronk. Dis maklik.

MJ Kroezen ·

Bekwame mense sal ook nie help nie hulle sal net as rassiste gekruisig word as hulle begin die plek reg te ruk

ZAR ·

Onverwant aan hierdie stuk, maar wanneer gaan Maroela Media berug van die wit seun wat gister by UP ‘n toekenning sou ontvang en die seremonie deur EFF gestop is terwyl hulle aandring ‘n swartseun moet die toekenning kry?

Colleen ·

Presies. Daar sit hordes by Koeberg alleen wat nie bevoeg is om die werk te doen nie en sit en slaap. Mense wat vir jare en jare daar werk en steeds vet salarisse ontvang vir rondhang, maar wanneer dit etenstyd is dan is hulle wakker en eet vir tot 2 ure lank. Roei die sleg goed uit en eskom sal geld hê.

Gert van Wierdapark ·

Ek hoor vanoggend op die nuus dat kers opgesteek gaan word by kundige “buitelandse” ingenieurs om Es-Kom te kom regruk. Ek-Gaan egter nie akkoord met dit nie. Sal seker Kubane of Russe wees?! dis Skokkende nuus mnr die pres!? Hulle sal nie kan “Kers vashou” by ons eie opgeleides wat oor die hoof gesien gaan word nie. As die nuus waar is, gaan dit n donker dag vir SA wees!!

CW ·

Burger se Italianers, ministers kry seker darm paar Ferraris en Lambourginis

Maljan ·

Hulle kan maar tien kante toe ontbondel, alles in halwe mandjie hou, solank hulle van die dooiehout, sponse en free loaders ontslae raak en kragdiewe kort vat, sal daar n goeie wins wees.

Kosie ·

Stem saam. Daarby is eskim se “automation” totaal onvoldoende. Help nie mens wil met 20 tot 30 jaar terug se tegnologie vooruitgaan nie. Verseker baie kennis buite eskom wat dié verskil sal maak.

Hasie ·

Lê die fout net by Eskom, of het die munisipaliteite ook skuld aan die gemors? Wat van die mense wat elke dag krag gebruik maar nie betaal nie?
Die probleem lê wyer as net by Eskom.

Frikkie Geld en huis ·

Ek kan rerig nie dink dat Solidariteit se netwerk van vaardige werknemers te wyd is nie. Die laaste Blankes in bestuursposte is om en by 1998 daar uitgewerk. ‘n Hele lot is seker al oorlede en die meerderheid van die res het na ander lande uitgewyk. Die wat steeds in SA is, is seker al met pensioen, of het ander werk.

Deon ·

Dit is oral ‘n probleem. Die wittes wat uitgewerk is het oud geword en kwaliteit jonges het belangstelling verloor in SA.

mario ·

Gee die Italiaaners die eer hulle is eksperts in brandbare materiaal ek het al hoeveel videos gesien waar n Lambourgine’s uitbrand
Wonder of hulle al n Steenkool kragstasie gesien het

Piet Pompies ·

Dit is nie moontlik om ESKOM binne 24 uur reg te ruk, die eerste stap is om die toerusting betroubaar te kry tot 95% wat die standaard is, soos ek verstaan word die betroubaarheid tans bereken op 60%. Om hierdie doel te behaal het jy professionele mense nodig wat oor die regte kennis beskik en hierdie mense is slegs beskikbaar vanaf die OEM vervaardiger en dit kom van oorsee.
Hierdie doelwit is kort termyn met uitstekende resultate, die res is dan om verouderde toerusting met die nuutste tegnologie te vervang, dit is baie duur maar is lang termyn projekte.

Anoniem ·

Jammer sal hul nie help nie was nie goed voorheen waarom nou. Vlieg hel toe

Sê maar net ·

Ek ken rerig iemand wat die enigste persoon in SA was wat oor die vermoë beskik het om al die kragnetwerke te kon sinkroniseer. Hy was dié man by Eskom. Maar on gelukkig sal dit nie baat om hom te probeer inbring nie.
Alzheimer het sy tol geeis.
En dit is die reine waarheid

Alco ·

Ek kan nie insien dat enige gekwalifiseerde voormalige Eskom werker sal terugkeer uit die buiteland en hul poste daar (en leefwyse) sal opgee ter will van vae beloftes hier nie. Daar is geen waarborge dat die persoon nie na ‘n week, maand of ‘n rapsie langer net weer uitgewerk gaan word sodra alles weer op dreef is nie. Neewat, dit gaan meer as dit kos om mense terug te lok.

Chris Ws ·

Jy slaan die spyker op die kop!As ek oorsee sit na ek by Eskom uitgewerk was oor regstellende aksie sal ek nie my voete weer terug sit hier nie TOT ek vir myself kan sien Ramaphosa het regstellende aksie heeltemal afgeskaf.Dan sal ‘n pakket van ten minste 3 maal my huidige een my DALK oor so stap laat slaap.

anton ·

Regtig???
Die regering raak ontslae van wit bekwame werkers want hulle haat die blankes, daarom die BEE en BBEE en SEB ens. wette!!!
Dink dit is tyd dat alles platval in die land!!! Waarom dit kusmatig aan die lewe hou???
Ek is bereid om met n kers te lewe net sodat ook die regering en al die fat cats tot n val kan kom!!!

Chris Ws ·

Onthou een ding :as “als” tot ‘n val kom soos jy vra gaan daar nie eers kerse wees om te koop nie.Die winkels sal almal leeg geplunder wees binne ‘n half dag!Ek hoop jy het nood voorraad bymekaar.Brandstof,kos,water,ens.

IK ·

Dit het sowat 25 jaar geneem om Rhodesië se Zimbabwe ruïnes te vergroot. Tans staan ons aan die vooraand van 25 jaar se aftakeling. Die struggle duur voort.

Dries du Toit ·

So 8 jaar gelede het Eskom alle blanke ingenieurs vervang met swartes. Daardie dag toe voorspel ek chaos. Nooit in my wildste drome het ek gedink sal sal so erg wees nie

Leon ·

Ek wil nog die privaat maatskappy sien wat dit gaan regkry (toegelaat gaan word deur die unies) om van derduisende oortollige werkers ontslae te raak. Ek dink heelwat privaat maatskappye sal elektrisiteit aan die netwerk wil verskaf, maar ek twyfel of iemand Eskom sal wil koop.

JM ·

Betaal my lewe lank vir krag en het nooit LOAD SHEDDING gehad nie. Die probleme het begin in 1994. Punt.

waarheid1 ·

Daar is baie studente wat as Ing afsudeer – elke jaar – so hulle sal die job kan doen .
Die ouer garde is miskien oorlede ens…. maar daar is baie nuwes .

Oujongvrou ·

Nòg mense in diens neem??? Die plek krioel alreeds van te veel onbevoegde werkers. Hierdie is wat mens kry as jy so wit haat in jou dra dat hulle uitgewerk is. Alles in hierdie land dieselfde pad. Maar ons staak en brand voort. Soos die myne, staak al 3 mde en nou moet hulle duisende aflê. Wie se skuld is dìt nou.

hendrik ·

African Rainbow Energy & Power. Lees dit en sien dat CR deel is van die probleem.

Carien ·

Dis waar en kyk die video greep oor hierdie rainbow storie! Presies wat Cyril besig is om te doen. Wens ek kan die video clip plaas!

Carien ·

Hendrik ek sien my kommentaar word nie geplaas. Jip ek stem. Gaan kyk die video greep oor die storie. Mmmm…????

Thinus Erasmus ·

Hendrik ek het dit gehoor net voor ek die artikel gelees het!
Die grootste leun waarvoor ons almal geval het, is om te dink dat die party wat tans regeer, werklik die meerderheid mense van hierdie land wou bemagtig/bevry!
Die magtiges binne die 3 party-alliansie (super rykes) het lankal saamgespan met die magtiges van die wereld, om te heers en te oes.
Waarom sal een persoon miljarde besit in ‘n land waar miljoene mense swaar kry, NIE omdat hul hierdie wonderlike mega-besighede met vindingrykheid en harde werk opgebou het nie, nee dis te danke aan verdagte en slinkse transaksies met ‘n goeie skoot “handouts” wat as beginpunt gedien het.
En moenie dink daardie rykdomme kom van ander plek as uit SA nie, dit wat die belastingbetaler/verbruiker nog nie betaal is nie, sal nog in die toekoms met rente ge-eis word.
MM ek hoop julle het guts!

Gys ·

Ek sal net vir Eskom gaan help (indien ek kon) indien ek ten volle vooruit betaal word. M.a.w. eers betaal dan werk. Net soos wat jy kos koop. Eers betaal, dan mag jy met die kos uit die winkel stap.

Carl Jordaan ·

Goeie raad is net bruikbaar as daaraan gehoor gegee word. Gaan hulle werklik personeel verminder? gaan hulle salarisse terug sny? gaan hulle bekwame bestuur kry? gaan geskeduleerde instandhouding gedoen word ? kan hulle, hulle skuldlas verminder? Het hulle die wil en die vermoë om dit te doen? kan die staat bekostig om hulle te bly befonds? kan die verbruiker aanhou om stygende tariewe te betaal? kan die ekonomie van Suid Afrika hierdie disfunksionele instansie bekostig? Op hoeveel van die vrae kan ja geantwoord word? Daar sal harde besluite geneem moet word. Die staat behoort die parasitiese SAA te verkoop en die geld aan te wend om Eskom reg te ruk. Hulle moet die droë hout, waarvan daar baie is, weg te sny. Hulle moet die verspreiding en netwerke privatiseer en maatskappye toe te laat om daarop krag te voorsien en te verkoop.

John ·

… en waar gaan die minister van hoèr onderwys se 5 000 doktore werk en al die baaaie gegradueerdes, want die die huidige werkers, wat destyds sommer opgeraap is in doelbewuste oorhaastigheid om van wit kundiges ontslae te raak, klou soos neute aan die joppies wat so lekker betaal. Kry Eskomwerkers gratis krag? Vind asseblief uit. Nie een van die optoggangers het ‘n woord gerep oor Eskom se probleme nie, net oor hul eie Mall-geldjies. RC gryp nou na strooihalms vir eie oorlewing nes Eskom.

Gert ·

Ja, almal kry nou grade, dis mos ‘n basiese reg, en nou is die vraag wie gaan nou die regte werk doen? Dis soos daai ou grappie van wie gaan nou die hek oopmaak?

Pastoor ·

Ek dink nie Suid Afrika gaan n tweede Zimbabwe word nie. Zimbabwe is n eerste Suid Afrika.

Niel ·

my pa was ‘n pas en draaier by eskom en het bedank en sy eie besigheid begin. Die staaltjies en kennis wat hy het van die werkinge van eskom turbines ens is van onskatbare waardes. Ongelukkig sal hy nie kan terugkeer na eskom nie, omrede hy nou 70 is. Maar ek glo dat ‘n paneel van kundige mense wat deur eskom stasie gaan stap, observasies doen en dan na die tyd kom met voorstelle hoe om probleme so gou moontlik op te los dalk die antwoord mag wees…

hendrik ·

Lees asb die nuutste plasing op White nation. Dit is die laaste video clip.

Stephen Namibia ·

Mense moet wakker skrik. Moenie dinge op “face value’ neem nie.

CR en Jeff Radebe het geen plan om Eskom te red nie. Swaer Motsepe van African Rainbow gaan inbeweeg en die grootste staatskaping ooit gaan plaasvind wat Zuma na n Engel sal laat lyk.
Die finansiele voordeel vir CR en Jeff Radebe is astronomies.

Nel ·

Kan jy nou meer, Gordhan en Ramaphosa het nou eers wakker geskrik en opgemerk dat Eskom aan ‘n vaardigheidstekort ly weens die uittog van kundige werkslui… ek wonder wanneer gaan die spul agterkom dat die land op die rand van ‘n algehele ineenstorting staan? Maar wat dis mos ‘n geval van ‘nog ‘n bietjie slaap, nog ‘n bietjie sluimer en nog ‘n bietjie hande-vou om uit te rus…’

Sarel ·

Waarom word die vakbonde se gejou nog aanvaar? Met hul ewige staking en eise vir hoer lone tydens die bou van Kosili en Mudupi is deel van die swak werk en oploop van kostes . Hulle is tenvolle Mede verantwoordelik vir die huidige gemors by ESKOM en die land in besonder.

Marius ·

Het julle mense al gedink dat om die mense te laat terugkom na SA sal hulle dalk daaraan moet dink om te kyk om BBBEEE te skraap voor hulle Eskom help?Hoe onderdruk jy die wit man nou soek die staat hulle hulp daar moet ‘n altimatum wees???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.