Ramaphosa se riskante meestersklas

Cyril Ramaphosa

Cyril Ramaphosa. (Foto: GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa se eerste staatsrede was ʼn meestersklas in politieke belofte en hoop, en het daarmee ʼn bykans onmoontlik hoë suksesvereiste aan homself gestel.

Ramaphosa het die nuwe era van optimisme in die land sedert die bedanking van oudpres. Jacob Zuma perfek saamgevat om ʼn positiewe en inklusiewe toekomsbeeld te skep, en om opposisieleiers te laat met min om te kritiseer.

Selfs die EFF-leier, Julius Malema, het hande geklap eerder as om die parlement te ontwrig, en DA-LP’s se applous was by tye harder as die applous vanuit die ANC-banke.

Maar soveel beloftes beteken die potensiaal om op baie vlakke te misluk, en met die min geld in die staatskatkis en die min beweegruimte wat die land se begrotingstekorte hom toelaat, is dit moeilik om te dink hoe hy alles gaan bekostig wat hy onderneem het om te doen.

Dit was byna roekeloos ryk aan belofte.

Die DA-leier, Mmusi Maimane, het gesê dit is onmoontlik om die onteiening van grond sonder vergoeding in te stel sonder om die ekonomie te benadeel en daar is in elk geval nie genoeg geld om al die beloftes na te kom nie.

Malema het gesê hoewel die EFF bereid is om Ramaphosa ʼn kans te gee, sal hulle hom streng dophou en verantwoordbaar hou want sy beloftes is nie onderworpe aan ʼn behoorlike begroting nie.

Dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, het gesê ná so ʼn lae eb as wat Suid-Afrika onder Zuma ervaar het, is dit maklik om hoop te skep, maar dat die VF Plus alles moontlik sal doen om onteiening sonder vergoeding te beveg.

Ramaphosa se styl was in uiterse kontras met die stamelende, onbegrypende pogings van sy voorganger, Zuma. Hy was in beheer van die inhoud en het vele van die ampstale gebruik, insluitend ʼn stuk vlot Afrikaans om hom teen diskriminasie uit te spreek.

Ramaphosa se skerp uitsprake teen korrupsie het nie altyd dieselfde ywerige applous uit die ministersbanke as elders ontlok nie. Sy stellings oor die herstrukturering van staatsbeheerde openbare ondernemings is met ʼn kille stilte begroet deur die minister van openbare ondernemings, Lynne Brown.

Toe hy streng optrede teen korrupsie aankondig, het die EFF begin dreunsing: “Aaaaace, Aaaaaace”, ʼn verwysing na die sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, wie se Vrystaatse administrasie diep geïmpliseer word in Gupta-geassosieerde korrupsie.

DA-lede het met gewrigte oorkruis gevou aan ANC-lede gewys hoeveel van hulle tronk toe sal gaan as sulke stappe teen korrupsie sou volg, en Faith Muthambi, minister van staatsdiens en administrasie, het baie ongemaklik rondgeskuif toe Ramaphosa aandui hy gaan die kabinet verklein en sorg dat direksies van staatsinstellings op nuwe maniere aangestel word sodat ervaring en kundigheid ʼn rol speel.

Onder al die vermaaklikheidswaarde en oratoriese vernuf het ʼn paar skerp inhoudelike punte en tasbare voornemens geskuil:

* Die land se fiskale posisie is benard;

* ʼn Werkskeppingsberaad gaan binne die volgende paar maande plaasvind;

* Mynboubedrywighede gaan uitgebou word (maar daar was geen aanduiding van hoe dit gaan gebeur nie);

* Omstrede minerale- en petroleumwetgewing gaan weer in die parlement ter tafel gelê word;

* Werkgeleenthede in die landbou gaan uitgebrei word;

* Terselfdertyd gaan grondonteiening sonder vergoeding begin;

* ʼn Nasionale minimumloon gaan op 1 Mei aangekondig word;

* Gratis hoër onderwys vir eerstejaarstudente uit huishoudings met ʼn gesamentlike huishoudelike inkomste van minder as R350 000 per jaar sal vanjaar ingestel word;

* Die konstitusionele hof se bevindings oor welsynsuitbetalings sal volledig en onverwyld geïmplementeer word;

* Die eerste programme van die nasionale gesondheidsversekeringsplan sal vanjaar al ingestel word;

* Die kabinet sal verklein en hersaamgestel word;

* Die probleme by die nasionale vervolgingsgesag en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sal opgelos word;

* Streng stappe sal teen korrupsie gedoen word.

ʼn Nuwe era het potensieel met hierdie staatsrede aangebreek, en Suid-Afrikaners sal moet dophou met hoeveel vrug dit gaan ontvou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Carolina ·

Die klimaat in die land is beslis meer positief maar daar is steeds baie wat my bekommer. Nr 1 is korrupsie so “entrenched” dat baie mense nie eers weet hulle optrede is korrup nie. Nr 2 is net so problematies: die hoë vlakke van geweld en misdaad. Nr 3 die rampspoed in die onderwys. Nr 4 die bedreiging van regte van minderheidsgroepe. Nr 5 Grondonteiening sonder vergoeding – dalk verstaan ek te min hiervan maar dit maak my bang. Nr 6 die Nasionale gesondheidsplanne. Nr 7 die handjievol belastingbetalers wat die res moet dra en al hoe swaarder kry. Ek hoop met my hele hart dat ons wel as een Suid-Afrika vorentoe sal beweeg met harte wat wil verstaan, saamwerk en omgee. En dat ons nie verbitterdheid en “resentment” sal laat wortel skiet nie.

KG ·

Gerhard, die ironie in jou stelling wil my eintlik laat lag en huil terselftertyd.

Anton Valks ·

Ramaphosa het hom baie streng uitgespreek teen diskriminasie van enige aard maar kort daarna belowe dat verskeie regstellende aksies asngepak gaan word. Wat is regstellende aksie anders as diskriminasie. Dit tesame met grond onteiening sonder vergoeding beteken maar net een ding: die radikale stert in die ANC gaan die hond swaai.

Gerhard ·

Die ANC sien nie regstellende aksie as diskriminasie nie. Die wonderlike grondwet ook nie.

Sarie ·

Die staatsrede was baie goed aangebied, uitstekend voorgedra maar daar is net te veel van die ou belofts wat jaar na jaar die afgelope nege jaar deur Zuma gemaak is maar nooit uitgevoer is nie. Ek hoop Ramaphosa gaan al sy beloftes tot uitvoer bring. Dink ook ‘n slag aan die pensioenarisse. Wat kan ‘n mens met R1500 per maand doen? Hoe oorleef hulle op die bedrag met alles wat so ongelooflik duur is. Gee tog vir die pensioenarisse n ordentlike verhoging hierdie jaar!

My eiendom los ·

Ek wil dit baie duidelik stel dat my eindom nie beskikbaar is nie en ek sal nie dit afgee aan diewe nie, klaargepraat. Die staat het klaar so baie grond, gebruik dit produktief.

Sarie ·

As jy ‘n plaas het en nie die grond benut nie, sal jy maar vinnig moet begin boer daar. Hulle gaan alle plase se grond wat onbenut is, afvat. As jy wel boer op jou grond, dink ek nie hoef jy bekommerd te wees nie. Die boodskap is duidelik, as jy nie werkskepping op jou grond bevorder nie en nie voedselproduksie daardeur verhoog nie, gaan hulle dit vat.

CWS ·

Ek is so positief oor nuwe President….en ek weet hy sit met n magdom probleme van Zuma regering….maar hy sal dit oorwin en ek glo hy sal sterk optree oor moorde en malema en trawante…Teen 2019 sal ons sien as ons moet stembus toe…Sterkte mnr C.R….!!!!!

André Badenhorst ·

Dankie Flip. Weer eens goeie insigte.

Ek dink ons het baie om oor opgewonde te wees. Hier het ons ‘n bewese skoon administrateur. Beslis iemand wat redelik is en sal luister en sy volgelinge sal laat luister.

Ons sal die man ‘n kans moet gee en ondersteun om die heersende anti-Afrikaner sentiment te help draai. Ek glo dit sal simboliese implikasies op alle vlakke tot die gevolg hê – tot die konstitusionele hof wat dan ons vrees vir die bedreiging vir moedertaalonderrig deur daardie liggaam, uit die weg sal ruim.

Kortom, die uitdaging is dus om minder reaksionêr te werk te gaan en samewerkingsgeleenthede wat hy nou skep, te benut.

Joe Hall ·

Dat Jan-Jan Joubert se beriggewing en insette die afgelope tyd op Maroela geplaas word, is mynsinsiens die mees bemoedigende verwikkeling van die afgelope maande.

Ramaphosa en sy beloftes?
Ongeloofwaardige en stokou valse beloftes.
Die Marikana moorde, die belangrike rol wat hy as Adjunk President gespeel het om die korrupte ANC regering en vir Zuma te beskerm, sy gewaande en opgeblase kundigheid oor die landsekonomie, terwyl hy grond onteiening predik, is enkele van die werklikhede wat ‘n kastige “new dawn” in die ANC sirkus weerspreek.

Eish ·

Orale meesterstuk en meesterlike aanbieding wat vriend en vyand in n euforie van hoop omarm het.
Of het dit?
Al die brandende knelpunte is aangespreek met duidelikheid oor beplande optrede. Ekonome, beleggers en die buiteland behoort soos die “Flatwheel” spannetjie van Kodesa, totaal gemesmeraais te wees deur die lirieke van die nuwe lied wat tot die hart spreek.
Die simboliek agter die kwessie oor rassisme wat in Afrikaans herhaal is, spreek boekdele. Dit is nis anders nie dan n bedekte waarskuwing aan Kaukasiërs( Afrikaans) dat hul nie in die pad gaan staan van die party se doelstellings nie. Ek neem aan Afriforum en Solidariteit is aangespreek sonder om die name te uiter.
Neem dus kennis dat die kookpot n paar grade warmer gemaak gaan word indien jou kultuur bots met die drukkoker waar alles deel maak van dieselfde bredie. Baie onwelkome nuus vir my as bleeksiel. Tesame met die onteieningskwessie, gaan die meeste sweet, Kaukasiese sweet wees wat gaan val.
Daar gaan geen einde aan BEE kom nie. Verarming van Kaukasiërs gaan hand oor hand toeneem vanweë toenemende gebrek aan geleenthede. Maatskappye wie se direksie lelieblank is kan verseker stewige boetes verwag indien hul nie transformeer nie.
Dit laat ons met twee keuses.
Ons dans op Hugh Masekela se jazz,
of ons bou met toenemende kritiek, ook uit eie geledere, ons behoud.
Ek wil deel wees van die oplossing, maar waaragtig nie my identiteit, my taal, my siel verkoop vir n pot lensiesop nie.

Kobus ·

Onteiening van eiendom sonder vergoeding sal die grootste fout wees wat die ANC gaan maak. As daar nou ‘n kitsresep vir ‘n burgeroorlog is, dan is dit onteiening. Die magsbasis in die land het nou teruggeskuif vanaf die Indiese Mafia (hoofsaaklik die Gupta familie) na die Joodse Mafia. Laasgenoemde is vir die Afrikaner ‘n groter probleem. Moeilike tye lê voor.

Werner ·

André beteken dit dat ek saam met hom moet werk dat hy my grond sonder vergoeding kan vat en my mede volksgenoot uit n werk uit kan boender om ongelykthede van die verlede reg te stel gee jy eerste jou grond of werk dan sien ek jou in die plakkers kamp en dan is ons saam positief omdat ons vrek van die honger

Vasbyt ·

Dis duidelik dat Ramaposa nie die blanke as deel van SA sien nie.
Dinge gaan nog lelik skeefloop in die toekoms.

Jacques Venter ·

Hallo Anton Valks
As jy die 1913 landwet en al die apartheid wette google, sal jy verstaan waarom regstellende aksie nodig is

Eish ·

Sou die regstelling ook beteken dat die Vrystaat aan sy regmatige eienaar, Lesotho terugbesorg gaan word? Indien nie, is dit nie n regstelling wees om die grond aan hul regmatige eienaars terug te besorg nie, maar n oefening in selfverryking. Google ook die geskiedenis van die Vrystaat, Mosheshwe ens.

Stephan de S ·

Jacques apartheidswette is jare al herroep. Ons het n onderhandelde skikking bereik in 90 -ger jare en besluit om n toekomsgerigte pad te stap. Daar was n n amptelike versoeningskommissie en herhaaldelik is verskoning aangebied vir die verlede……..n nie-unieke verlede want dit het oral oor die wêreld waar dieselfde omstandighede gegeld het min of meer plaas gevind. Om voort te bly hamer op gevolge van apartheid is om die die ewolusie vd geskiedenis te ontken asook die isolasie van ou Afrika te misken.

Ekke ·

Berig oor ses maande laat ons eers sien wat hy kan en hoeveel lee beloftes is. Soos kleinseun va 2 jaar se”go man go”

Jacques Venter ·

Eich en Stephanus de S

Die punt gaan oor die regverdigheid van regstellende aksie. In 1913 is 90 persent van die land as ” blanke gebied” verklaar. Die swart boere moes toe hulle vee teen groot verliese van die hand sit. Hierdeur is die moontlikheid van n swart boerdery middelklas nek omgedraai

Verwoerd het toe hulle grond gebied na 13 persent verhoog. Maar hulle is toe na baie swakker gebiede verskuif (forced removal)

Kortom die groot verskil tussen die ” haves” (lees meestal blankes) en die “havenots” ( lees gekleurdes en swartes) skreeu ten hemele.

Stop regstellende aksie en jy het n boedige rewolusie op hande

Anti Gryp ·

Ek sal my plaas so ‘verander ‘dat niemand ooit weer daarop sal kan boer nie.
Die huis ,implimente en grond sal niks beteken nie en alle diere sal verwyder. word.

Adriana ·

Ek sou graag wou he dat SA regkom maar nie ten koste van ons blankes nie.
Jammer dat de klerk en sy meelopers nie die visie en insig gehad het met Kodesa nie.Wonder of de klerk se plasie ook gegryp gaan word.Dalk eerste want nie eers die anc het respek vir hom nie omdat hy sy eie mense uitverkoop het.

En Dan ·

Ek hoop die boere stop hulle betalings aan die banke indien hulle hulle plase sou verloor want dan is die banke in die knyp.Wat sal Ramaposa dan voorstel wonder ek? Nog n komissie?

Stephan de S ·

Jacques daar is n paar onlangse studies beskikbaar wat aantoon hoe ingrypend grondbesit verander het en dit ten spyte van amptenare se laksheid en onvermoë en sonder grondonteiening sonder vergoeding. Hoekom bly jy in verlede vassteek. Hoekom bly jy glo dat die verlede-wat sy eie dinamika en omstandighede gehad het- die reg gee om in die hede onregverdig op te tree. Is die wet van tand vir tand nie al lank opgehef nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.