Ramaphosa sê SA ‘moeg vir staatsamptenare wat nie werk doen’

Pres. Cyril Ramaphosa het die hooggeregshof in Mbombela Vrydag amptelik geopen. (Foto: Elmond Jiyane, GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sê eise teen die staat, veral wat betref mediese nalatigheid in staatshospitale en eise teen polisie, hou aan styg wat enorme druk op provinsiale en nasionale begrotings plaas.

“Dit moenie wees nie, dit moet nooit wees dat die tyd en hulpbronne van ons howe gebruik word om regsgedinge te skik omdat plaaslike, provinsiale en nasionale departemente nie hul verpligtinge en verantwoordelikhede teenoor burgers nakom nie,” het Ramaphosa by die opening van die hooggeregshof in Mbombela gesê.

Die president het gesê die optrede van vyandige regsfirmas wat mense in dié sake uitbuit en die grootste deel van uitbetalings hou, vererger ʼn reeds slegte situasie.

“Ons is keelvol vir munisipale bestuurders, provinsiale en nasionale regerings wat diensleweringsbegrotings terughou of bedrieglik uitbetaal en nie die beginsels van Batho Pele (“Mense eerste”) handhaaf wanneer hulle mense bedien nie.

“Ons is moeg vir parmantige houdings en staatsamptenare wat arrogant is wanneer mense eis dat hul regte gerespekteer word, dan die vermetelheid het om te sê: ‘As jy nie daarvan hou nie, sleep ons hof toe’,” het Ramaphosa gesê.

Dit is tyd dat munisipaliteite en staatsdepartemente begin doen waarvoor hulle betaal word.

“Hulle moet regeringsbesluite in werking stel, hul begrotings behoorlik bestuur en die dienste lewer waarop mense geregtig is.

“Hulle moet gesondheidsorg, onderwys, water, behuising, sanitasie en elektrisiteit verskaf sonder dat die howe hulle moet dwing om dit te doen. Dit moet gehaltedienste wees en mense se waardigheid respekteer.

“En as ʼn hofbevel teen hulle uitgereik word, moet daar voldoening wees. Versuim om dit te doen lei tot ʼn verlies aan vertroue in die regstelsel wat weer die gereg ondermyn,” het Ramaphosa gesê.

Hy het gesê daar gaan groter verantwoordbaarheid wees en die dag moet kom wanneer geen burger wat nie water of ʼn toilet in hul kinders se skool het nie, só gefrustreerd raak dat hulle voel hul enigste toevlug is die howe.

Ramaphosa het gesê mense verwag dat geregtigheid sal geskied as hulle die howe nader wanneer hul regte geskend word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

49 Kommentare

Johanna Botha ·

En die anc is nog heel happy met hulle want niks gebeur met die wat hulle werk nie doen of korrup is …en so gaan ons maar lekker voort ….maar SR jou geldtjies is op !

Henk Ackermann ·

CR besef nie eers hy is ook maar een van die treurige staatsamptenare nie .

Elene Wentzel ·

My dogter het in die week gegaan om haar bestuur lisensie te hernu. Alles word toe deur die amptenaar oor die toonbank na haar teruggegooi met n ‘ jy het n uitstaande verkeersboete” My dogter was verstom sy weet verseker van geen so n boete nie. Sy gn betaal dit R600 en niemand kan vir haar sê waarvoor dit is nie en gn terug om haar lisensie te hernu !!!! Ja wel dit is Bronkhorstspruit se lisensie kantore!!! Hulle is sooo onbeskof en dit is glo soos hulle almal hanteer!!!!!

MH ·

Hy is die baas. ‘n Baas wat sy sout werd is staan nie sy werksmag in die openbaar en kritiseer nie. ‘n Goeie baas skop g@!!e totdat sy werksmag wakker word.

slim se baas ·

Sjoe dit ook maar lank gevat om dit te besef. Boris het seker iets in sy oor gefluister daar op die paviljoen verlede Saterdag. Gee ons mense waarvan julle so ontslae geraak het se werk terug en jy sal ‘n ding sien gebeur wat jy nie sal kan glo nie.

Swanna ·

Cristo Stem Hy maak net weer ‘nj geraas sodat almal dink hy is COOL. Miskien moet hy ook sy vinger uit sy ……… trek dan sal dit dalk beter gaan.

Koos ·

SR preek vir homself. Sorteer jou eie mense uit…hulle rapporteer uiteindelik aan jouself…nie waar nie?

Kerneels ·

Hoor-hoor!!!! Dis die eerste keer dat ‘n president standpunt inneem teen treurige plaaslike regerings, staatsamotenare en munisipaliteite!

Kat ·

Kerneels, ek hoop dit was n sarkastiese opmerking? CR moet oppas vir elke vinger wat hy wys wys 4 terug na hom. Hy is deel van die probleem.

Sterlig. ·

Mnr die President is dit nie hoogtyd dat julle ‘n bestuurspan saamstel wat die basiese bestuursbeginsels begin gebruik, toepas en afdwing nie.Solank dit nie in plek is nie gaan niks verander nie.Of die amptenare hard werk en ek glo daar is, of nie werk nie,kry almal hulle salarisse elke maand.Wat het Rassie met die Bokke reggekry?Sy bestuurspan was in plek.

Star ·

Sterlig briljante idee. Stel nog meer mense aan wat verslag doen oor mense wat nie hulle werk doen. Volgende jaar en paar miljoene later stel n ander groep aan om die tweede groep mense te ondersoek wat die eerste groep moes ondersoek ens ens. Sjoe begin klink na n wiskundige oplossing ha ha

Sê-maar-net ·

NIKS oor die korrupsie wat alles in die ellende gedompel het nie? Hoe lank gaan die anc nog die “blame-game” speel en die belastingbetalers daarvoor melk? Maroele moet ‘n slim joernalis uitstuur wat kan vasstel of daar dalk êrens in 2017 ‘n ooreenkoms tussen die twee faksies gesluit is – een wat lui daar gaan nie vervolg word nie! En hul enigste toevlug sal die strate wees, want die howe is te duur vir enige gewone mens!!

Judge Dredd ·

Die ANC het sekerlik die vermoe om iets daaraan te doen?
So hoekom doen hulle nie iets daaromtrent?
Net nog meer pratery van CR.

Johan ·

Hoor Hoor CR ! maar nou vraag 2: wat gaan julle doen om seker te maak die amptenare doen hul werk !

Jack Sadie ·

Johan, ek is geskok! Hie kan jy so ‘n dom vraag vra? Hulle gaan nog 29000 super amptenare @ R2milj( tel die freebies ens) aanstel om daai anner op te check.

Maljan ·

Seg die man wie nog mense soos faith motambi, Mabuza, Magashule en wie weet wie nog steeds in diens het. Wat met sy aanstellings nie ag geslaan het op mense wie korrup is en in die diensdepartemente te kort skiet nie. Hulle was net in hoër poste ontplooi

Gert van Wierdapark ·

Ek is ook moeg. Soos die pres vir lakse amptenarre moeg is, is ek moeg vir die 25 jarige Kakistokrasie van die a en see!!!

Feite ·

Ten minste is die lippetaal vir n slag in verbruikers se guns, al weet ons dat swak dienslewering nie sal verander nie en dat die woorde dit ten doel het om die denke van plaaslike en buitelandse beleggers te beinvloed. Dit sou postief gewees het indien beleggings getrek word tot voordeel van alle Suid Afrikaners, maar ongelukkig sal dit net strek tot voordeel van die ANC vir die regstel van die sogenaamde onreg van die verlede. Die ANC het onder Zuma die rand laat val tot voordeel van die ANC. Die ANC moet onder CR die rand optel tot voordeel van die ANC. Wat dus tot voordeel strek van die rewolusioneres, strek tot nadeel van die anti-rewolusioneres. Dit is maar hoe dit is in SA onder die ANC!

Marietjie ·

Hou vir ‘n slag op met praat en belowe en doen iets daaromtrent. Ons in die land wil verandering sien. Sovêr word die dienste net swakker en swakker.

KO ·

Nou wel doen dan iets daaraan, los bietjie die rugby en doen jou werk Mnr die PRES.

JD ·

Lekkkkkkeeer op anc se soustrein sonder brieke , sous is amper op , julle gaan ook droë pap eet soos ons ander , die party is amper verby .

Stel ·

Stel bekwame mense aan en vat menseregte weg, gaan miljoen keer beter gaan

Sarel ·

Dit sluit politici in wat lekker vet tjeks kry en net met mekaar baklei ipv om toesig te hou oor die bestuur van die land.

Salva ·

Julle wil dalk op u tube soek of die video van wat tydens n onlangse Thaba Chweu vergadering gebeur het toe die paddaman se mense, die ANC, hulle vererg het vir die vrae wat onder andere die DA gevra het. Dit sê baie va beskaafheid.

Arno Scheepers ·

Nee ou cyril, Suid Afrika is moeg van JOU en jou korrupte anc.

Peet ·

Probleem meer lompleks as dit mr Ramaphoria.
Amptenare word betaal of hulle werk of nie. Verwag ‘n bruin koevertjie vir gunste.
Maar vir die niksdoen is vergoeding steeds astronomies.
Verdere inligting – charity begins at home – Uniegebou!
Hou op om eerlike belastingberalers te belaster.
As jy bang is vir “fall out” is jy in die verkeerde plek.

Hennie ·

So hy raak nou eers moeg? Wonder wanneer het hy wakker geskrik . . .

A Mac ·

Mnr. Ramaphosa, ek was self ‘n staatsamptenaar. Weet jy wat gebeur? Jy het een of twee amptenare wat amper al die werk doen, en dis net die twee wat die mense soek om hulle te help omdat die res “te besig” is om te help. Met die gevolg dat die twee wat alles doen begin om ook soos die ander lyf weg te steek. En daar het jy dit – almal doen niks. En die prestasie verslae wat ingevul moet word vir bonusse – daar was altyd twee of drie amptenare wat almal se verslae gedoen het vir ‘n betalinkie, of hulle nou geweet het presies wat jy doen of nie. En met die hand-om-die-blaas onder die bestuur en die werkers kan die bestuur nie juis optree teen die mense wat nie werk nie. Dink as daar ‘n in-/uitklok stelsel was dat jy elke keer moet uitklok as jy uit die gebou moet gaan vir privaatsake sal jy op jou rug val as jy werklik die ure sien wat van die amptenare op kantoor is.

Peet ·

Simpatie A Mac. Daar is baie soos jy maar hopeloos te min wat deur goeie werketiek gedryf word. En dan moet jy nog die gevaarlike ‘in jou spore trap doen’.

Penellope Jones ·

Mens weet nie watter een is die ergste nie, die werk wat nie gedoen word nie of die salaris wat hulle betaal word om niks te doen nie.

Dit druis in teen mens se grein.

John ·

Ja groot motors boer bedags in die parkades omdat die miljoene nie meer in die beursies wil inpas nie. Indien Cyril dink enige staatsamptenaar het nou geskrik… Niks sal beter word nie, inteendeel. Binnekort stort die gesondheidsberoep ineen, asook die boederybedryf en die onderwys… en dan is vuurhoutjies die oplossing.

Vra-Net. ·

Dit het tyd geword dat die algemene publiek reg in eie hande neem. Kom ons stel vir CR in kennis dat die hele land hul belasting vir drie maande of langer gaan weerhou. Beveel CR dan onslae gaan raak van al die “loafers” en twak praters, koruptes en kwaadstokers. Miskien sal dit die agbare Comrade #1 tot nugterheid ruk. Verban dan ook sommer alle politieke partye wat mense opstook om nie vir dienste te betaal nie, en niks tot die groei van die ekonomie of die welstand van die land bydra nie. As ander kan bande brand, skole afbrand, moor en verniel. Moet die gewone publiek en sake onder-nemings maar ook die reg in eie hande neem en die regering moet dan maar of bedank of die gevolge dra. Viva Suid Afrika, ons is mos ook Afrikane?

Wielspore ·

Daar is tans goeie sake vertroue in CR se beleid tov vervolging van staats amptenare wat bedrog pleeg, and wat nie hulle werk doen. Die bewys hiervan is die belegging van verskeie SA maatskappy in ontwikkeling in SA wat gedurende die week aangekondig is. Hier praat ons van miljarde rande. CR dra dalk nie almal se goedkeuring weg, onthou, dat as ‘n voertuig in die modder vas sit, gaan die persoon wat hom kom uithaal se voete ook vuil word.

Netsowel ·

Kan dan maar netsowel bedoel dat hy moeg is vir al sy peoples.

skurweberg ·

Arbeidswetgewing is die oorsaak, moenie die see leeg pomp om die oorsprong te soek nie.

Waarheid ·

Gaan seker nou weer n komitee stig wat nie kan werk nie om die ouens wat nie kan werk nie …nie dop te hou nie!!!

Scalla ·

Dit is hoekom die gange by alle staatsdepartemente so breed is, dit is sodat die wat laat by die werk kom en die wat tjaila nie bots nie!!!

Stella barnard ·

Nu mnr di president dink jy ni dat jy nu iets daaraan mut doen ni. Al wat jy doen is praat praat praat..kom kyk hier in di Noordkaap hu lyk dit waneer di lewende dooies skielik 4uur wakker word en opstaan om huistoe te gaan..dis nou ons flukse staatsdepartemente

HPV ·

Die eintlike waarheid kort en kragtig gestel, ons is moeg vir die slopende, plundrende, rassisiese ANC. Ons soek ‘n bevoegde demokratiese bestel.

Anniekie ·

Rip van Wyk!! Wow, na 25 jr kom hy dit eers agter. Hoeveel jaar gaan dit hom neem om iets daaromtrent te doen? Het hy die vermoë of die wil om iets daaromtrent te doen? Probeer hy iemand soft soap?

Annelize Mostert ·

As hy dan so moeg is daarvoor dat staatsamptenare laks is, moet hy sommer nou in Nelson Mandela Metro begin en die kader van ‘n burgermeester afdank, aankla en tronk toe laat gaan. Bobani hou letterlik die hele metro gevange met sy skelmstreke

Adam ·

Een berig wat SA se grootste probleem duidelik uitwys, CR preek vir die verkeerde gemeente. Hy is die baas en moet eerder sy preek by sy kadertjies gaan lewer en seker maak dat die probleme wat hy uitlig nie weer voorkom nie. Dit beteken niks om heeldag woorde aan mekaar te ryg wat geen impak op die man in die straat het wat aan die vrotsige dienslewering van sy party se aanstellings onderwerp word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.