Ramaphosa se segsman kry amptelike begrafnis

Ronnie Mamoepa by adjunkpres. Cyril Rhamaposa. Foto: Via die Presidensie

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag aangekondig dat ʼn amptelike provinsiale begrafnis vir die teen-apartheidsaktivis en regeringswoordvoerder Ronnie Mamoepa gehou sal word. Mamoepa is Saterdagaand in die ouderdom van 56 dood.

Zuma het Mamoepa as ʼn “hoogs bekende regeringswoordvoerder, ervare staatsamptenaar en vryheidsvegter” beskryf.

Maroela Media het Sondag berig Mamoepa is om 23:15 in die Unitas-hospitaal in Centurion dood ná ʼn lang siekbed nadat hy ʼn beroerte gehad het.

Mamoepa was vroeër ook die woordvoerder van die departemente van binnelandse en buitelandse sake. Hy was sedert 2014 Ramaphosa se woordvoerder.

“Ons het een van ons bekwaamste regeringswoordvoerders verloor. Hy was ʼn bekroonde bemiddelaar en skakel tussen die regering en die gemeenskappe wat ons dien,” het Zuma gesê.

Die president het beveel dat die landsvlag Saterdag, wanneer hy begrawe gaan word, halfstok regoor die Gauteng-provinsie moet hang.

Die besonderhede rakende sy gedenkdiens en begrafnis sal binnekort deur die Gautengse provinsiale regering bekend gemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

John ·

Die regering sal moet begin begroot vir al die staatsbegrafnisse wat nou feitlik daagliks plaasvind.

karen ·

Goeie Aarde maar ons het omtent baie geld om te scwander ! verlede saterdag is die “bekende geliefde sanger ” ook met staatgeld begrawe. n gewone mens kry dit nou reg om vlae halfmas te laat hang en dit gaan net te lekker ! maar let op almal was uitgewekenes wat heerlik oorsee gestudeer het ……

Michael ·

Ek wonder as een van die Guptas iets moet oorkom wat sal volg miskien n begrafnis soortgelyks aan die van Mandela snaakse land met vreemde gewoontes hierdie piesang republiek van ons.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.