Ramaphosa se segsman sterf

Ronnie Mamoepa by Adjunkpres. Cyril Ramaphosa. Foto: Via Die presidensie

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa se woordvoerder, Ronnie Mamoepa, is Saterdagaand in die ouderdom van 56 dood.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê hy is omstreeks 23:15 in die Unitas-hospitaal in Centurion dood ná ʼn lang siekbed ná ‘n beroerte.

Mamoepa was vroeër ook die woordvoerder van die departemente van binnelandse en buitelandse sake. Hy was sedert 2014 Ramaphosa se woordvoerder.

“Dit is ʼn groot verlies vir my persoonlik, vir die presidensie en die regering,” het Ramaphosa gesê.

Ramaphosa en pres. Jacob Zuma het hul innige meegevoel met Mamoepa se familie, vriende en kollegas betuig.

Mamoepa laat sy vrou, Audrey, kinders en kleinkinders agter. Reëlings vir sy gedenkdiens word nog getref.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ander Annie ·

Innige simpatie aan Ronnie sê vrou, kinders en familie. RIV.

SARIE VAN HEERDEN ·

Sjoe, maar nou gaan die mense in beheer van ons landssake, darem vinnig dood. So, twee-twee of drie-drie per week. Wie betaal vir die begrafnisse?

Sies vir jou ·

Dit is seker lekker as jy kan grappe maak v afsterwe. Genade wat maak dit saak wie vir die begrafnis betaal. Daar is tog ook familie ouers kinders wat oor die persoon ween. My simpatie aan die wat agter bly.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.