Ramaphosa sê ‘seksskandaal’-bewerings is politieke vuilspel

Cyril Ramaphosa

Adjunkpresident Cyril Ramaphosa (Foto: GCIS)

Adjunkpres. Cyril Ramaphosa het aantygings dat hy verskeie buite-egtelike verhoudings het ten sterkste ontken.

Ramaphosa het reageer op vrae wat aan hom gestel is deur die Sunday Independent-koerant. “Na aan leiding van die vrae wat die redakteur van die koerant my vra, is dit vir my duidelik dat e-posse van my private e-posadres onwettig in die hande gekry is en aan ten minste een mediahuis gegee is.

“Ek voel ek moet reageer op hierdie ontstellende bewerings dat ek geld betaal het aan verskeie vroue met wie ek glo in ʼn verhouding is. Dit is 54 studente, mans en vroue, aan wie ek en my vrou finansiële steun verskaf – ons doen dit al vir jare. Dit is sleg dat die bewyse van die betalings gebruik word om die skandelike aantygings te maak, en nóg erger om die name van sommige van die mense wat ek gehelp het bekend te maak,” het Ramaphosa gesê.

Hy meen dié aantygings is veel meer as ʼn politieke smeerveldtog en verteenwoordig ʼn oorlog teen diegene wat die waardes, beginsels en integriteit van die ANC wil hervestig. Hy het verder gesê daar is die afgelope paar weke al aantygings teen hom en mense wat hy ken gemaak. “Die aktiwiteite moet in die groter prentjie gesien word: al die mense wat geteiken word, het in die openbaar standpunt ingeneem teen staatskaping. Dit is duidelik daar is ʼn gekoördineerde, goed nagevorsde operasie aan die gang om dié van ons te keer wat diegene wat oortree, verantwoordbaar wil hou,” het Ramaphosa gesê.

“Dit blyk nou dié operasie het toegang tot hulpbronne binne die intelligensiekringe. Ons moet die waarskynlikheid dat staatsagentskappe en hulpbronne misbruik word om faksiepolitieke agendas te bevorder in die gesig staar.”
Hy het joernaliste ook oor die vingers getik en gesê joernaliste moet versigtig omgaan met hierdie soort inligting wat aan hulle gestuur word. “Om so iets te publiseer sonder om te wag dat daar op die vrae gereageer word, is nie joernalistiek nie.”

“As die doel van die smeerveldtog was om dié wat die ANC weer lewe wil inblaas van koers af te gooi het dit misluk. Ek is nou meer as ooit oortuig dat die ANC hervestig moet word vir sy ware eienaars – die mense van Suid-Afrika.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

snoefie ·

n mens moet maar versigtig sowel met privaatsake van jou werksepos af oom Cyril. jy weet mos hulle het altyd toegang tot inligting op en van jou werkseposadres ontvang of gestuur.

Mark ·

Was van sy Google mail. Nie teenstaande is ons presies se intilligensie kaders beslis betrokke

MissDemeanor ·

Ek onthou dat ek onlangs op Mail and Guardian of op DailyMaverick se Gupta leaks gelees het dat die Guptas ‘n vinger in die pastei het by ons Inteligensie Diens…

Gerd Lourens ·

Hierdie is die tipiese reaksie van die kaders:

1. Ontken ten sterkste.
2. “Spin” die storie, dis nou ‘n smeerveldtog.
3. Nader die hof om die artikel te stop.
4. Erken, maar probeer steeds om dit “saggies” te laat wegraak.

Swart Piet ·

Ramaphosa moet nou maar net vuur met vuur beveg. Bring maar nog van Zumas se streke op die lappe. Dan sal die volk maar besluit of hulle weer vir n Zuma sal stem.

SP ·

Hoe meer dinge verander hoe meer bly dit dieselfde,laat my terugdink aan voor 1994,toe het dit ook maar so gegaan,politci is maar almal diesefde,sodra hul oor mag en gesag beskik dink hulle hulle kan maak en doen soos hul wil.

Eish ·

Dit is korrek. Met die tegnologie wat daardie tyd beskikbaar was, is meeluistering op landlyne gedoen en slakkepos(Poskantoor) is onderskep. Dis die sogenaamde WH10 en WH11 operasies.

Andre ·

Een van hulle was sy dokter volgens ander berigte, praktiseer sy nog? Ons radikale transformasie na nuwe standaarde en vlak van beskawing.

Cathy Kotze ·

Jacob Zuma beskuldig Ramaphosa?! Jacob Zuma! Die man wat ‘n kind by die dogter van een van sy beste vriende verwek het. Die een wat van die verkragting van die dogter van ‘n ander vriend aangekla is?. Die ene met dosyne kinders by talle vroue?

Moenie vergeet van die aantal buite-egtelike kinders van die land se grootste ikoon nie. Nie een van hulle ma’s het enige hulp of onderhoud ontvang nie.

Praat van die pot wat die ketel beskuldig!

elsja ·

En wat daarvan , as my Presedent loop na sy termyn Stem ek vir Cyril

Cas ·

As Ramaphosa maar net geweet het wat staan daar in Lukas 12:3 sou hy 2x gedink het. om in hierdie tipe verhouding betrokke geraak het nie Dit geld vir al die ander sondes van die ANC
Hulle moet meer in die kerk kom!!! Laat dit vir ons ook ‘n les wees.

“alles wat julle in die donker gesê het, sal in die daglig gehoor word; en wat julle agter geslote deure vir iemand in die oor gefluister het, sal van die dakke af uitgebasuin word.”

Gus Dry ·

Bring soveel as moontlik van die Zumas (altwee) se vuilwasgoed na vore .dis tog duidelik dat hier poletieke vuilspel aan die gang is .

Chris Hougaard ·

Ek sal nie verbaas wees indien Zuma en sy ex vrou agter die veldtog dit nie.
Zuma,ongeag of hy verantwoordelik vir dié veldtog is al dan nie,is n bigamis.Dit moet ook aan die groot klok gehang word

Henk ·

So poog hulle nou om vir Ramaphosa swart te smeer. MAAR wat van die feit dat Zuma buite egtelike verhoudings het? Die feit dat hy ‘n harem onderhou met ONS belasting geld? Selfs al aangekla is vir verkragting, en byna 800 klagtes van bedrog en korrupsie in die gesig staar(waaroor ‘n regter reeds in sy uitspraak gese het Zuma is korrup) wat hy weens sy magsposisie ontwyk, en die miljarde wat hy en sy familie en die guptas nou uit die land wegdra. PRESIES soos wat Mugabe gedoen het! Wat van die feit dat hy en sy handlangers mense wat korrupsie bedrog en diefstal aanspreek openlik dreig EN dan lieg hy boonop soos ‘n goedkoop tandetrekker IN die parlement oor hierdie kriminele dade?

Hanna ·

Haha
Zuma wil mos sy X as president he om sodoende weg te kom met sy aanklagtes.
Oom C moet maar lig slaap en versigtig wees vir sy eie ANC Boeties en Sussies.

Sorry Dlamini Zuma is te oud

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.