Ramaphosa se standpunt oor landelike misdaad verwelkom

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

“Agri SA verwelkom president Cyril Ramaphosa se betuiging van medelye en leedwese teenoor die familie van wyle Brendin Horner en alle ander slagoffers van misdaad. Ons verwelkom ook die president se erkenning dat misdaad besig is om ons land uitmekaar te skeur en dat dit ʼn ernstige grondwetlike bedreiging inhou.”

Só sê Pierre Vercueil, president van Agri SA. “Suid-Afrika is in ʼn bose kringloop van misdaad vasgevang. Dit raak alle mense van ons land uiters negatief. Die vlakke van geweld en gewelddadigheid waarmee landelike misdaad gepaardgaan is onaanvaarbaar en alles moet in die stryd gewerp word om misdaad te bekamp.”

Vercueil het gesê die handhawing van wet en orde in die land moet geprioritiseer word en daarom word die praktiese stappe wat deur die president in sy nuusbrief vanoggend voorgestel is, verwelkom.

“Ons stem saam dat die sukses van die hersiene Landelike Beveiligingstrategie op groter koördinasie en beter kommunikasie tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD), landbou-organisasies en gemeenskappe, berus,” het Christo van der Rheede, uitvoerende direkteur van Agri SA, bygevoeg.

Tydens die onlangse vergadering tussen georganiseerde landbou en die Nasionale Kommissaris van die SAPD, generaal Khehla Sitole, is ʼn hand van samewerking uitgereik. “Die onderneming is gegee dat die SAPD misdade in landelike gebiede proaktief en reaktief sal prioritiseer. Sukses kan slegs behaal word waar boere, hulle werknemers en die polisie saamwerk om misdaad te bekamp en om kriminele aan die pen te laat ry. Tydens die gesprek is veral gefokus op die beter implementering van verskeie elemente van die strategie. Agri SA het opnuut sy steun daaraan toegesê,” het Van der Rheede gesê.

Agri SA bepleit oor jare heen nouer samewerking tussen plaaslike landelike veiligheidstrukture en die plaaslike polisie asook nouer interaksie tussen die SAPD en private sekuriteitsmaatskappye wat in boerderygemeenskappe werk. Daarom het Agri SA reeds ʼn samewerkingsooreenkoms met Fidelity ADT aangegaan om plaaslike beveiligingsinisiatiewe te help versterk.

“Landbou speel egter ʼn enorme rol om op ʼn volgehoue basis in landelike ontwikkeling te belê. Agri SA steek weer sy hand uit om op ‘n gekoördineerde en pragmatiese wyse beleggings te weeg te bring, ekonomiese groei te bewerkstellig, opkomende boere by te staan en landelike ekonomieë aan die gang te kry ten einde die lewensgehalte van alle mense in die platteland te verbeter en welvaartskepping op ʼn inklusiewe basis te weeg te bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Willem ·

Gló jul vir cyril?Ag please hys n joke vir SA veral vir witmense!!!!!!

Persheks Adri ·

Ek neem kennis van die artikel, maar onthou vanoggend se woorde:

Cyril jou stelling laat ons weereens wonder of jy regtig plaasmoorde veroordeel! Jy dwaal af van die onderwerp af regtig waar man. Swart en arm? Jy gooi so vinnig die wit kaart aikona! Onthou wie sit kos op jou tafel.

“Ramaphosa sê hoewel misdaad almal raak, is die meerderheid slagoffers van geweldsmisdaad swart en arm en dit is jong swart mense wat die grootste gevaar loop om vermoor te word.”

Ons is NÊRENS veilig nie neem kennis van dit en dis bloed op jou en jou kaders se hande!

Androclus ·

Hulle is geweldadig dan onder mekaar self.CR het nie ‘n benul waarvan hy praat nie.

Leeuwyfie ·

Ek het sy hele brief gelees, en die eerste 5 sinne was aan Brendan Horner toegewy, die 30 sinne daarna was om aandag van die boer weg te vat, weereens die plaasmoorde te vereenselwig met alle ander moorde in Suid Afrika en af te maak as normaal in ons land. Toe moes hy natuurlik benadruk hoe arm swart mense is en dat boere meer moet doen om gelykheid te bevorder op landelike gebiede. En natuurlik die kersie op die koek; die meerderheid swartmense word vermoor, ons moet dit tog net onthou.
Basies kon ek sy brief opsom as; jammer oor Horner, maar dis nie so erg nie, ander goed is erger, asb witmense doen nou meer van julle kant af.
Dis lagwekkend dat agrisa elke klein dingetjie wat die president opdis met oorgawe oplek. AgriSa ons het al lankal deur julle gesien, die dag toe julle gewone boere vra om gedeeltes van hul swaarverdiende grond moet weggee en dan diegene wat dit verniet kry moet help om dit te onderhou. Gaan terug na jul megaboere, jul praat nie vir die gewone boer nie.

annie ·

Volgens ‘n buitelandse nuusdiens het Cyril aangedui dat die aanvalle op wit plaasboere nie rasgedrewe is nie maar bloot rasgedrewe tov apartheid ‘n kwarteeu gelede. So, dit is rasgedrewe en Afrikaners dra die blaam. Sou so ‘n opmerking nie as aanstigting gereken kon word nie? Om dan kamma simpatie te gaan toon sou bloot skynheilig wees.

FM ·

Hierdie is net heuning om die mond

Hulle wéét hulle turf sit

Boerevolk, moet seblief nie hiervoor val nie!!!!!!!!!!!

dr. Petronella ·

Ek het geen vertroue in Agri SA nie!! Hulle samesprekings met die polisie en regering beteken niks!!! Dit bly net by samesprekings! Ek vertrou geen swart beloftes of Cyril R nie!! Die woord plaasmoorde het nog nooit uit sy mond gekom nie. Hierdie mense sê voor jou wat jy wil hoor en as jy omdraai kry jy n dolk in die rug. Agri SA sal samesprekings voer tot in lengte v dae en het al hoeveel gevoer maar wat is al werklik gedoen? NET MOOI NIKS! Aksie en optrede is nou nodig. Die tyd vir praat is verby. Gaan kyk na en tel die WIT KRUISE by die Ysterberg en sien wat jul samesprekings beteken het.

PH ·

Eers nadat CR in samewerking met landbou organisasies ‘n daadwerklike, uitvoerbare plan van AKSIE ingestel het (bv Kommando’s) sal ek sy mooi praatjies begin glo. Die ANC is sinoniem met lieg en steel

Nozi ·

Bly om te hoor iemand glo vir ou cyril. Nee wat, hy praat net maar doen niks om blankes ook te beskerm nie. Makliker gese as gedaan. By my is dit maar sien is glo. Die dag as hy daadwerklik iets goeds doen sal ek dit glo. En dan moet dit ook eers vir ‘n baie lank tydperk gehandhaaf word. Ek hou nie van sy heuning nie, dis gal bitter om my mond.

Die Wolf ·

Agri hoof sal enigiets kwyt raak om sy joppie te beskerm. Kop in een mus.

Dirk Mostert ·

Dit wat van sy toespraak op TV gewys is, gebruik die woord “plaasmisdaad” (soos om lekkers te gaps in ‘n plaaswinkel). Hy verwys na plaasmoorde “na bewering”deur swartmense. Dan gee hy weer die geskiedenis die skuld vir die huidige rassespanning. Hy moet die ketel eers afskakel dat die water afkoel, anders spring die padda uit.

Nick ·

Kom ek se julle, daar gaan n gebid wees en dan braai hulle en gaan huistoe, hier gaan weereens niks van kom nie, betoog is lankal n grap en almal weet dit, maak reg vir nog 25 jaar van verdruk king!

Pieter ·

Weereens nog leë praatjies en beloftes om ons te paai, ons weet mos lankal daar gaan nooit regtig iets gedoen word nie.

Adeline ·

2/2 na hoeveel plaas en blanke moorde van SWART op Wit word daar nou skielik gepraat oor die Blankes , Swart en Kleurling mense opgetrek het in opstand teen die SWART op Blanke moorde. Die appel van politiek is voos Vrot en die wat daaraan hap eet wurms…. maar die politiek sien dit nie raak nie – hulle is blind want dit gaan oor mag en beheer – dit gaan nie oor die opregte wettige bewoners van die land nie – daarom is munisipaliteite wat deur watter politieke party BEHEER WORD NOU GEVIND WORD AS KORRUP EN DIT IS DIE NUUS VOL. Die vrot appel is deurdrenk van vretende wurms en intussen word dit onder die wurms baklei wie die laaste stukkie van die vrot appel gaan kry – verseker. Maak ‘n plakboek en sien die waarheid.

My siening ·

Boer word met petrol gemartel maar jy noem dit gewone misdaad, wat dink jy ons is so dom soos jou ministers.

Wakkerslaper ·

Ag ASSE-FLIPPIN-BLIEF AgriSA! Rêgtig? Julle is HEELTEMAL te hand-om-die-blaas met ramaphosa en sy terroriste regime…. Toemaar, die kaf gaan binnekort van die koring geskei word…

Michael ·

Ag liewe aarde, as ek hierdie president se gevreet sien, maak ek my al reeds reg vir ‘n les oor hoe om in my arm te hoes.

richard ·

So paar weke terug geskryf ek sal nie eers vir Afriform of Agri SA ys gee as ek hulle in die woestyn raak loop nie die redes vir my gevoel oor hulle word weerspeil in die berig.
Hulle moet eerder die lede geld terug gee aan hulle lede en gaan werk vir n salaris.
Tans leef hulle lekker op lede geld en doen niks nie.
Hulle is die selde as die unies wat hulle mense vertel om te staak en dan word die staking n geen werk geen salaris staking verklaar.
Wie is die mense wat swaar kry in so n staking ongelukkig die werkers want die mense wat inbeheer by die unies kry nog altyd hulle salarise.
So wie verloor op die ou end die werkers en die boere wat hulle lede geld getrou betaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.