‘Ramaphosa se stimuluspakket kan ekonomie uit ashoop help’

Pres. Cyril Ramaphoa het Vrydagoggend in Pretoria aansporingsmaatreëls bekendgemaak om die trae ekonomie weer op dreef te kry. Foto: Thobile Mathonsi/ANA

President Cyril Ramaphosa se stimuluspakket om die kwynende ekonomie ’n hupstoot te gee is grootliks met versigtige optimisme begroet.

Een van die kwelpunte wat uitgewys is, is dat die program kan werk, maar dat die implementering daarvan moontlik uitdagings kan stel.

Ekonome meen ook dat dit ’n stap in die regte rigting is om die ekonomie, wat in ’n tegniese resessie verval het, uit die ashoop te help.

Van die sleutelpunte was die hersiening van die mynbouhandves, ’n nuwe benadering vir die uitreiking van visums en die bespoediging met die uitreik van die radio-spektrum wat tot goedkoper datakostes kan lei.

Die township- en plattelandse ekonomieë sal ook ondersteun word.

Verskeie omstrede klousules in die mynbouhandves is teruggetrek. Ekonome sê dit is positiewe nuus vir die sektor en kan belegging aanwakker. Die Mineraleraad van Suid-Afrika het nog nie ’n verklaring uitgereik nie.

Omdat Ramaphosa geld by onderpresterende staatsdepartemente gaan verhaal, is ekonome van mening dat dit ook ’n positiewe sein aan graderingsmaatskappye gaan stuur.

Die uitvoerende hoof van Pan African Capital Holdings, dr. Iraj Abedian, het op The Moneyshow gesê die regering is goed daarmee om beleide te formuleer, maar dat tegnokrate en burokrate gewoonlik ’n struikelblok is om uitvoering daaraan te gee.

Hy het voorts gesê dat die stimuluspakket ’n uitdaging aan vakbonde gaan wees om die land se uitdagings bo hul eie belange te kies.

Abedian sê dit was goed dat die regering met die sake- en arbeidsektor saamgewerk het om die pakket te finaliseer. Hy is oortuig dat dit die ekonomie ’n hupstoot kan gee.

Hy was ook positief dat die aankondiging waarskynlik vir Moodys Investor Ratings Agency, wat die land tans met valkoë dophou, geleentheid sal gee om sy huidige beleggingstatus vir Suid-Afrika te behou.

Die rand het ook positief op die aankondiging gereageer. Die geldeenheid het teenoor die Britse pond, die euro en Amerikaanse dollar sterk verstewig. Die JSE het ook positief gesluit.

Nog positiewe nuus was dat staatsgifte laer gesluit het. Dit beteken dat die rente wat die land op buitelandse lenings moet betaal, laer was.

Volgens ’n senior ekonoom by NKC Research, Elize Kruger, is die pakket positief vir die ekonomie. Sy sê dit behoort beleggersvertroue en ekonomiese groei te ondersteun.

Kruger sê die hooffokus is om groei te stimuleer en werkskepping aan te wakker. Sy meen dat, sou die plan slaag, dit verskeie sosio-ekonomiese probleme kan oplos. Sy voeg by dat dit die belastingbasis ook kan vergroot.

Die land se belastinginsameling is juis onder druk sedert Tom Moyane in 2014 as hoof by SARS aangestel is, het die Nugent-kommissie van ondersoek, wat die ineenstorting by SARS ondersoek, gehoor. Moyane is intussen geskors.

Kruger sê die hooffokus is op infrastruktuurbesteding om groei aan te blaas. Sy wys verder daarop dat daar ook klem geplaas word daarop om transformasie ’n hupstoot te gee.

Volgens haar is dit ’n positiewe teken dat die privaatsektor verskeie kere in Ramaphosa se toespraak genoem is. Sy sê dit toon dat die regering aanvaar dat die land nie volhoubare ekonomiese groei kan bereik sonder dat die privaatsektor ’n aktiewe vennoot is nie.

Verder sê Kruger die kwynende konstruksiesektor – en ander rolspelers in die konstruksiepyplyn – kan veral by die plan baat vind. Sy meen die plan is ook positief vir toerisme, kommunikasie en landbou.

Kruger meen dit is verblydend dat administratiewe pryse hersien gaan word en sê ’n daling in die koste van sake in Suid-Afrika kan ’n reuse-impak oor die korttermyn hê.

Sy voeg by dat Ramaphosa tydens die bekendstelling van die plan erken het dat Suid-Afrika se fiskale vermoë beperk is.

Kruger is voorts hoopvol dat die infrastruktuurbesteding tot nuwe geleenthede tot staats- en privaatsektorvenootskappe kan lei en die waarskynlik gedeeltelike privatisering van sommige staatsbates kan behels.

Sy sluit af deur te noem dat sy vol vertroue is dat ekonomiese groei in die volgende jaar tot 2,1% en 2,5% kan opskiet weens die maatreëls wat Ramaphosa aangekondig het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Realis ·

Ag asseblief, ek glo dit nie vir een oomblik nie!! Waar gaan die fondse vandaan kom?? Bankrot Munisipaliteite & Bankrot Instellings is ‘n realiteit wat Ramaphosa se planne in totaliteit gaan om verwerp!!

Willem ·

Cyril is heeltemal reg. Ek stem met die woord ‘kan’ en dan stem ek saam dit kan die land uit die asoop red tot op die rand daarvan.

Johan H. ·

As cyrel nooiet hierdie grondstelery begin het nie en dit in die kiem gesmoor het nie. Sou dit nie nodig gewees het vir hierdie heel nuwe stimilus pakket nie. Die land het triljoene skade gely met hom en zuma en eff se oorhaastige ondeurdagte sisulu praatjies. Dit is n feit!!!!

Ruben ·

Die land is in n gemors en Cyrill het hom so gekry ek glo hy is die regte persoon om te probeer red wat daar te redde is

Francois ·

Ek kannie glo dat mense nog luister na wat die nar te se het nie ?

Werner ·

As ek so na n paar komentare kyk het hier n paar persone al van die produk gebruik wat hierdie week gewettig is droom lekker verder ou Cyril gaan niks regkry nie

Wilma ·

Aansoeke van visums vergemaklik maar die misdaad raak daagliks erger. Nee pressie doen eers iets omtrent misdaad. Dai makliker visa aansuke sal seker net mense uit Afrika lok en vanaf China En Indie. Toeriste soek veiligheid punt

Ja Nee ·

CR doen lippediens, die regering kan nie en sal nie dit reg kry om die ekonomie te red nie. Volgende maand gaan brandstof vir die hoeveelste keer op en met meer as n Rand n liter en moet asb nie die olie prys die skuld gee nie! Alles gaan nog duurder word, wat gaan die regering nou skielik doen wat n verskil gaan maak. Lagwekkend! NEE – scary!

Helena ·

Ag asseblief niemand glo meer aan die ooievaar wat baba’s bring nie.

Adrian ·

Ramaphosa was ook betrokke met die korrupte anc spul. Zuma kaptein van die vliegtuig ramaphosa asst loods. Voor hulle is instrumente wat als wys as iets verkeerd gaan EN DAAR WAS BAIE verkeerd voor die vliegtuig ( SA ) geval het . Nee wat almal is en was betrokke. Die ANC is n kanker wat als vernietig sover dit gaan.

Jerry ·

Hierdie is n stap in die regte rigting, n stap in die enigste rigting, n stap al verder weg van die linkse en regse radikales! Die tyd het aangebreek om versoende inisiatiewe te loods!

Boerseun ·

Net dwase loop weer teen dieselfde muur vas en dink die uitkoms gaan anders wees. Julle nog nie julle les van 92 geleer nie? Die geluk is mense in Europa en die VSA begin besef dat daar nie iets soos n middel weg bestaan as dit by verkillende kulture kom nie.

Dafer ·

Kom,kom, mense. Daar is nog baaie van die mense van die struggle wat sonder karre sit en nie poste in die regering het nie! Met hierdie program kan derduisende mense aanstellings kry op verskillende vlakke en kan hulle dan almal aanspraak maak op luukse motors en ook luukse huise. Honderde bouers gaan vir jare aan hierdie huise kan bou en ook nuwe karre koop!
Waar is julle verbeelding?

JAN ·

Vir 50 jaar rook en smeul SA. Eers tabak sovjet van Tsafendastan tot dagga demokrasie van NW wanorde. Wit selfmoord teokrasie.

Essa ·

Uit 15 menings sover slegs een wat positief is – is hierdie tendens van negatiwiteit en onverdraagsaamheid nie een van ons grootste struikelblokke nie. En moenie kom met die argument van realiteit nie; hierdie denkers dink met emosies en is realiteit lankal by die agter deur uit. Dankie Jerry vir jou kort maar veelseggende kommentaar.

HPV ·

Begin deur emmigrasie van geskooldes te stop deur werk en besigheidsgeleenthede die moeite werd te maak vir hulle. Van hierdie mense het hul besighede hier gesluit en heropen oorsee en verskaf nou werk aan burgers van daardie lande.
Stop immigrasie asook oorgrens immigrasie van ongeskooldes, hier is reeds te veel ongeskooldes in die land.
Stop betogings asook opruiende toesprake, uitsprake en eiendoms onteiening.
Stop om belasting betalers te melk vir die regime se foute en wanbesteding.
Kry misdaad onder beheer.
Bogenoemde kan ‘n goeie vertrekpunt wees, maar met die anc aan bewind is dit slegs wensdenkery…

Geweeg en te lig bevind ·

So, net 2 uit 16 naiewe denkers. Dan beweeg ons nou voorwaarts in die regte rigting. Is
Geweld, misdaad en korrupsie, staats kaping en wie werklik betrokke was, OSV (praat nie van grond restitusie nie, daarmee stem meeste saam) nie van die ware struikelblokke nie? Is HPV se lysie ‘n lysie van “emosies” of realistiese oplossings en waarom is dit nie vir ons regering prioriteite nie?

Ons kla nie, ons skep bewustheid en vreet nie meer als vir soetkoek op nie.

Snowball ·

@HPV en Geweeg en te lig bevind. Julle bekkies moet jêm kry!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.