Ramaphosa sê vanaand oor OB-verslag

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal Sondagaand reageer op adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), se bevindinge teen hom.

Die presidensie het aangekondig Ramaphosa sal vanaand om 18:00 ʼn mediakonferensie by die Uniegebou in Pretoria hou om te reageer op Mkhwebane se bevinding dat hy die parlement opsetlik mislei en die etiese kode vir die uitvoerende gesag oortree het.

Mkhwebane het Vrydag ʼn omvattende verslag van 106 bladsye bekendgemaak waarin sy bevind Ramaphosa het die parlement doelbewus mislei oor die R500 000 wat Bosasa (nou African Global Operations) aan sy veldtog geskenk het om president van die ANC te word.

Ramaphosa het verlede jaar tydens ʼn vraesessie in die parlement gesê sy seun Andile het gebaat by ʼn kontrak van R500 000 met Bosasa. Ramaphosa het later sy antwoord teruggetrek en het aan die nasionale vergadering gesê hy het nie opsetlik verkeerde inligting daaroor gegee nie en dat die half miljoen rand inderdaad aan sy veldtog geskenk is.

Busisiwe Mkhwebane. Foto:
Phando Jikelo/African News Agency(ANA)

Mkhwebane het egter in haar verslag bevind Ramaphosa het die parlement doelbewus mislei aangesien hy homself genoeg tyd moes gee om navorsing te doen vir ʼn weldeurdagte antwoord.

Die tweede aspek in die verslag is dat Mkhwebane bevind het dat Ramaphosa alle skenkings aan sy interne ANC-leierskapveldtog moet verklaar aan die parlement, en dat hy die wet oortree het deur dit nie te doen nie. Die OB maak dan ook die bevinding dat geldwassery moontlik voorgekom het in Ramaphosa se leierskapveldtog, en dat dit deur die Nasionale Vervolgingsgesag ondersoek moet word.

Die inhoud van Mkhwebane se verslag is so plofbaar en die interpretasie van regulasies en wetgewing so omstrede dat die hele sage bepaald op pad is om tot ʼn lang, gekompliseerde, en vir die land lotsbepalende hofsaak te lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Nico ·

Kallie as ons almal Sondae ons tyd in die kerk deur bring was ons dalk nie waar ons nou is nie. God het ons verlaat omdat ons hom verlaat het. Net die geld god en materialisme het vir die meeste van die land se burgers begin tel en nie meer God nie. Dus nou kry die land op vele gebiede swaar.

Bosduif ·

Dis waar! En tog verkies Mainane en sy dissipels om haar te help om van die beteres ontslae te raak. Mmusi hoop vir ‘n pos in Ace se kabinet as CR uit is

Jimmy ·

Mainane gaan dalk aangestel word as minister van blanke sake.

Nooit weer DA ·

Die DA veg nou hard vir die slegte en teen die goeie kanp, en ons gaan bitterseer kry. Die DA is nou heeltemal sonder strategie en dit deur een man wat die party alleenhandig vernietig.

Kobus ·

Ramaphosa in die “goeie” kamp? Niks in die ANC is goed nie. Als is verrot, van die kop af.

Johan ·

Ramaphosa het nie voldoen aan die verwagtinge. Maar as jy kyk na sy moontlike opvolgers, is dit beter dat hy aanbly….

John ·

Hoekom plaas Maroela nie ‘n foto van die geagte OB waar sy glimlag nie… Dit sal atmosfeer verleen aan die storie. Sy was glo voorheen aan die een of ander spioenasie-liggaam verbonde. Onder wie se bestuur? Die probleem is dat daar niemand, blaamloos, op die horison is wat in die geval van ‘n krisis die land kan bestuur nie, of begin ons kyk in die rigting van die ‘reine’ regsbank of die op-en-wakker Weermag, soos in die Soedan….

Petrus ·

Ramaphosa is net so nutteloos as Zuma, maar hy hou die nasie darem ingelig.

James ·

Hy steek baie goed weg wat elke nou en dan gaan kop uitsteek.
Hoop die wereld wat hom so “hoog ag” se oe begin oopgaan.
Hy is maar soos die res

Weet nie ·

Musi is nie n leier kyk hoe sleg doen die DA nou dat hy in beheer is te veel gevegte en dan stem hy saam die eff … no comments

Jimmy ·

Nou gaan hy hof toe soos Zuma altyd gemaak het en die belastingbetaler moet weer hoes.

humor ·

Vrede en rustigheid sal ons nooit ooit weer in hd land SA beleef nie. Hiedie getwis en vlieegevangery is tot aan die voleinding ons lot.

Zumie ·

Die OB lyk my na ‘n ou landmyntjie wat Zuma vir CR geplant het voor hy weg is. Sy kom mos uit die “intellegensie gemeenskap” en verstaan die spioen spioen speel met weggesteekte agendas en weggesteekte magsgroeperinge in die ANC.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.