Ramaphosa se vyf doelwitte vir Suid-Afrika

Pres. Cyril Ramaphosa tydens die staatsrede 2019 (Foto: Phando Jikela/ANA)

Pres. Cyril Ramaphosa het Donderdag in Kaapstad in sy staatsrede vyf hoofdoelwitte gestel waaraan die staat vanjaar voortdurend sy handel en wandel gaan meet.

Eerstens moet inklusiewe ekonomiese groei en werkskepping die hoofprioriteit van die jaar wees.

Tweedens is dit, gegewe Suid-Afrika se geskiedenis, noodsaaklik om die onderwys- en opleidingstelsel te verbeter. In die verband sal die sowat 4 000 puttoiletstelsels wat steeds by skole bestaan, dringend deur spoeltoilette vervang word en vroeë kinderontwikkeling sal van die swak funksionerende departement van maatskaplike ontwikkeling na die veel beter funksionerende departement van basiese onderwys oorgedra word.

Derdens sal alle staatsoptrede daaraan gemeet word of dit kwesbare (soos vroue, kinders en gays) en arm Suid-Afrikaners se lot verbeter.

Vierdens moet elke poging aangewend word om korrupsie en wanbestuur hok te slaan, en moet die skuldiges streng vervolg word.

Laastens moet die vermoë van die staat om dienste aan die bevolking te lewer, sterk uitgebrei word, het Ramaphosa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Sarel ·

Het hy enige planne op die tafel gesit oor hoe hulle die ekonomie gaan stimuleer en werkskepping gaan bevorder?

Eddy ·

Ag daar is feitlik niks nuut nie man,Dis meer n modeskou en uithang vir die ‘fat cats’ terwyl die massas krepeer. Ek het paar ministers sien sit en slaap,bv.Aaron Motsoaledi.terwyl Cyril sjarme probeer gebruik het.

Gemaskerde Sopbeen ·

Om net meer mense in Eskom, Munisipaliteite, SAL, Staats-skole en SABC aan te stel is NIE werkskepping nie!!Werkskepping gebeur wanneer nuwe besighede gevestig word………wat tans nie die geval is nie, want die regering onderdruk dit aktief.

Akademi Buktu ·

Daar is verskil tussen “jobs” and “work.” Hulle sal hul eie mense werk-etiek moet aanleer. Net gister weer ervaar koe die Poskantoorkassier meer aandag gee aan die gesprek met haar buurkassier as haar diens aan die kliënt.

GRIET ·

??pateties,belaglik en swak verby ❗❗
Gaan installeer maar toilette, probeer werkgee,beskerm WEERLOSE arme gays,kinders en vroue, vang alle korruptes en STERF maar saam VAN HONGER…NIKS OOR VOEDSEL SEKERHEID OF HULP AAN BOERE NIE❗❗❗❗kommerwekkend??

Johann M van Heerden ·

Dit is net woorde weereens. Korrupsie strek te diep. Hulle sal basies organisasies moet stroop van personeel as hulle korrupte mense op alle vlakke wil verwyder en vonnis. Dit is net nie moontlik nie.

Sarel ·

Ek sal graag by punt 3 hier bo wil weet hoe julle die staatsoptrede gaan meet. Sekerlik bedoel julle die invloed van die staatsoptrede? Watter staatsoptrede? Baie, indien nie meeste van daardie mense nie sit sekerlik in die landelike gebiede en plakkerskampe.

So ook by punt 5 – die dienste van die staat wat uitgebrei moet word. Watter diense, waar, wanneer en hoe, om meer spesifiek te wees? Graag sal ek ook hier die planne wil sien met tydraamwerk gekoppel. En ek sal ook meer duidelik wil hê oor waar sit hierdie persone, ook dalk in landelike gebiede en plakkerskampe?

Meerkat ·

Oops, daar kom nou nog meer druk op Eskom vir gratis krag aan daardie mense. Dis nou as ek so vir Negejaar-Cyril reg lees.

hendrik ·

Ek het nie na sy staatsrede geluister nie maar het hy weer gepraat van “our people”

Duifie ·

Ek het ook nie geluister nie. Daar word net gepraat elke jaar. Sien niks gebeur nie.Weet nie hoekom daar n staatsrede is nie. Die geld wat gebruik word vir dit kon gebruik word vir dinge wat saak maak in die mense se lewe.

J. van Rensburg ·

Soos ‘n ou, ou spreekwoord dit stel: “Talk is cheap and money buys the whisky…”

Riaan ·

Blah blah blah.Selfde ou lee stories. Maklik om n plan op n stuk papier te sit en te lees voor n klomp narre. Jy sal nooit die Afrika mentaliteit van”the world owe us” kan verander nie.

Gert ·

Toe die toordokter agter hom in die paadjie afskuifel en sy towerstaffie swaai, het hulle my verloor. Kyk toe eerder iets opbouend.

leser ·

So skelm so skelm – dit straal uit hom uit. Gaan die nuwe’ skerpioene” nou die korrupte valke vang?
Neewat – hou verby – ek vertrou nie een van hulle nie – het al te veel bewys wie en wat hulle regtig is.

Jerry – dankie dat jy my dag gemaak het!!!

honourable member ·

Sterkte. Hierdie goed was 26 jaar alles in plek. Julle het dit vernietig en nou moet julle alles van voor af doen.

GP ·

1) Maak die grense toe en onderhou dit. Kry onwettige mense uit die land en hou hulle uit.
2) Verminder grants vir gebore kinders, verminder dit na 1 per gesin.
3) Verminder onnodige staats amptenare, begin met kabinet, Eskom, ens.
4) Vat opmerkings van die buiteland ernstig moenie hulle kap oor protocol nie, werk met hul saam.
5) Weer strenger oor optogte teenoor maatskappye veral internasionaal, Groot motor vervaardiger wou wou onlangs land uit agv politieke stakings en skade by aanlegte, nie eers gepraat can myne nie, wees strenger met hooligans.

Begin met basiese dinge.

Snowball ·

Ongelukkig al wat in my kop opkom is die popgroep Blancmange se liedjie “Blind Vision”…..

humor ·

lWat n enorme onderneming om 4000 putstelsels te vervang. Wonder hoe beindruk dit die buiteland.Gepraat van die weerloses, is daar niks gese om die oorlewingsproses van die minderheidsgroepe meer draaglik te maak nie.

Meerkat ·

4,000 skole het nog putstelsels, maar dan wil Negejaar-Cyril binne 6 jaar vir alle leerlinge van tablette voorsien.

Anti ·

Hy moet eerder begin deur ontslae te raak van al die illegal immigrants en iets doen aan die grense waar duisende daagliks sommer net deurloop. Net deur dit sal SA miljarde spaar.

JC ·

Daar sal niks hiervan kom nie. Se maar so vir die stemme, en wanneer die ANC die verkiesing wen vergaan die land maar net nog verder…

John ·

Manjefieke drome en vergesigte oor verre planete en hiper baie geld van baie ver weg; triljoene $-beleggings vir sakeondernemings, werkskepping en massas huise en tablette en hogere onderwys en diep puttoilette se uitwissing en wye betrokkenheid by groot uitvoere van landbouprodukte met baie geld vir 250 000 bestaansboere op vreeslik baie plase en baie olie en gas vir groot geld vir massas mense en 40 milj toeriste uit die Ooste en veel meer geld vir Sassa en nog meer vir studente se verblyf en behoeftes en verontregte behoeftiges se behoeftes en hul toekomstige opleiding binne die supersoniese ultra mega eeu in hierdie grootse Afrikaland… alles vir baie stemme vir die ANC op 8 Mei…

Deon ·

John, hy kon net sowel aangekondig het dat die land se ruimteprogram ‘n swart vrou op Mars gaan laat land binne die volgende 5 jaar en dan weer terugbring aarde toe.

@John ·

Presies net so…..en op 9 Mei ry almal maar weer die Soustrein. Next stop… Corruptionville.

Se maar net ·

Sesdens moet plaasmoorde en plaasaanvalle stop gesit word. Sewende…bring doodstraf terug. Agtste…stuur die onwettige immigrante terug na hul eie lande. Ek glo nie aan een van sy 5 doelwitte nie. Vir wie gaan daar meer werkskepping geskep word, want daar is dan nie eers geld om mense n ordentlike salaris te gee nie. Kinders wat op universiteit was sukkel tot vandag nog om werk te kry, hoekom….omdat hulle over qualified is, maar as hulle nie ondervinding het nie kry hulle ook nie werk nie.

Elbie Naude ·

Kon nie help om te sien hoe die hele kaboel EFF lede tjoepstil sit soos ‘n klomp skoolkinders nie. Wat weet hulle wat ons nie weet nie? Dalk ‘n vennootskap met die ANC vir die verkiesing?

Andre ·

@Elbie, baie van ons het dit opgemerk. Dink jy slaan die spyker op die kop. Hulle is in elk geval almal kop in een mus

Anoniem ·

Die EFF is belowe kabinet poste as hulle nie vir CR ontwrig nie.
Hou spasie dop.

James ·

Suid Afrika laat my dink aan ‘n mens op lewensonderhoudende masjiene. Daar is geen vooruitsig op genesing vir hom nie en die dood is onafwendbaar, maar ten einde almal rondom die sterfbed pyn te spaar, hou ons die masjiene aan die loop – so lank as moontlik.

Op ‘n stadium moet ons hom maar laat sterf – ons eie pyn ten spyt – en aangaan.

Ek hoop Eskom val – katastrofies – binnekort. Die masjiene sal dan vansself gaan staan. Pyn en verwyte en dood sal volg – maar die terminale pasient, SA, wat ons emosies en geld opsuig sal minstens begrawe kan word.

Dis al wat ek voor bid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.