Ramaphosa sien groep SA-ners by oord af

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Jairus Mmutle/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa het Sondag The Ranch Hotel buite Polokwane in Limpopo besoek om die groep Suid-Afrikaners wat daar in kwarantyn gehou is af te sien voordat hulle na hul onderskeie provinsies geneem sal word. Die groep van 112 Suid-Afrikaners sal in die komende dae met hul geliefdes herenig word nadat hul verpligte kwarantyn van 14 dae Vrydag geëindig het.

Ramaphosa het vanoggend buite die oord aan verslaggewers gesê die fasiliteit is nou as ’n groen sone verklaar nadat dit aanvanklik as rooi sone verklaar is by die groep se aankoms by die oord sowat twee weke gelede. Die groep is deur die president uit Wuhan, China, na Suid-Afrika gerepatrieer. Bemanningslede wat die groep uit Wuhan gebring het, is ook by die oord in kwarantyn gehou.

Volgens Ramaphosa het diegene in kwarantyn almal negatief vir die nuwe koronavirus (Covid-19) getoets. “Niemand in die fasiliteit het koronavirus opgedoen nie,” het die president gesê. Dit sluit in die oord se personeel asook die weermaglede wat toesig tydens die kwarantyntydperk gehou het.

Die president het betrokkenes bedank vir hul bereidwilligheid om die groep te gaan haal, na hulle om te sien en in die proses self onder kwarantyn geplaas te word. “Julle het geskiedenis gemaak,” het die president aan hulle gesê.

Ramaphosa is op sy besoek bygestaan deur verskeie ministers onder wie Zweli Mkhize, minister van gesondheid, en Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Sean ·

Alla wereld maar ons president kan lekker rondrits Hele wereld vol terwyl ons in afsondering is

Johan Venter ·

Ek dag dis The Ranch daar in Johannesburg, iets vertel my toe dit kan nie wees nie, daardie plek het laaank gelede toegemaak.

ElizeK ·

Sou baieeee graag n foto van die groep wou sien.
Intussen moes Britte inspring om RSA burgers in te neem omdat ons lughawens gesluit is, maar DIE groep het 5ster vakansie gehad op belasting betalers se onkoste en hy dink hulle het geskiedenis gemaak. What a joke!!!

Niné ·

As hulle my kinders,ma of pa was,sou ek niks minder verwag het vir hulle en my beskerming en gesondheid nie.

marius ·

Hoeveel moes ons betaal vir die bevooregtes ? Wie is hulle presies? Waarom moes hy soontoe gaan ? Klug op klug op klug en dan is daar mense wat rommel status as rassisme beskou ?

Zombie ·

Niemand word gedwing om MM te lees nie. Hierdie nuuskanaal is ook gratis.
Teken gerus op ‘n ander nuuskanaal in, oom Johan.

Johan Venter ·

Dankie oom Zombie, ek maak so, jy kan maar die kommentare oorslaan. Ons ouens wat iets positiefs by te dra het geniet dit hier om mense by te staan en aan te vul.

Johan Venter ·

Ek skryf vroeër vandag in my kommentaar net hier bo aan Maroela hulle kan gerus vir ons die skakel na die Koronavirus se webblad hier op Maroela gee. Nou sien ek eers, maar die skakel verskyn REEDS hier regs van die artikels. Dankie Maroela, die wat wil kan dan sommer maklik daar gaan snuffel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.