Ramaphosa sing ander deuntjie oor Bosasa-betaling

Pres. Cyril Ramaphosa in die Nasionale Vergadering. Foto: Phando Jikelo/ANA

Verskeie politieke partye het Vrydag teen pres. Cyril Ramaphosa uitgevaar nadat hy erken het ʼn betaling deur die omstrede geriewebestuursmaatskappy Bosasa is wel gebruik om sy veldtog te finansier om ANC-president te word.

Dit volg nadat Ramaphosa verlede week tydens ʼn vraag-en-antwoord-sessie in die nasionale vergadering beweer het ʼn R500 000-betaling van Bosasa aan sy seun, Andile Ramaphosa, is vir konsultasiewerk wat Andile vir Bosasa gedoen het.

Ramaphosa het egter dié week in ʼn skrywe aan speaker Baleka Mbete erken dit is nie die geval nie. Die president sê hy het dié vraag in die parlement onbedoeld verkeerd beantwoord en wil daarom nou die regstelling maak om enige verwarring op te klaar.

Die presidensie sê in ʼn verklaring Ramaphosa se antwoord op ʼn vraag oor dié betaling, wat deur DA-leier Mmusi Maimane gevra is, was gegrond op die inligting wat toe tot sy beskikking was rakende die sakeverhouding tussen Andile en African Global Operations (voorheen Bosasa).

“Die president het aan die speaker bevestig mnr. Andile Ramaphosa se maatskappy het ʼn kontrak met African Global Operations vir die verskaffing van konsultasiedienste in verskeie Afrikalande behalwe Suid-Afrika. Suid-Afrika word met opset uitgesluit om ʼn moontlike konflik van belange te voorkom,” lui die verklaring.

Ramaphosa sê in sy brief aan die speaker hy het sedert die antwoordsessie in die parlement meer inligting bekom oor die betaling waarna Maimane verwys het en is ingelig dié betaling hou nie verband met Andile se kontrak met African Global Operations nie.

“Daar is aan my gesê die betaling waarna die leier van die opposisie verwys, is gemaak deur mnr. Gavin Watson in ʼn trustrekening wat gebruik is om geld in te samel vir ʼn veldtog om my kandidaatskap vir president van die ANC te finansier.

“Die skenking is sonder my medewete gedoen. Ek was nie bewus daarvan toe ek die vraag in die nasionale vergadering beantwoord het nie.”

Maimane was egter nie beïndruk met Ramaphosa se regstelling van die feite nie. “Die president het dit duidelik gemaak: wat aanvanklik gelyk het soos ʼn verdagte betaling aan sy seun, was inteendeel ʼn verdagte betaling aan hom,” het die DA-leier in ʼn verklaring gesê.

“Die feit bly, hier moet ʼn volledige ondersoek gedoen word oor die Ramaphosa-familie se verhouding met Bosasa. Hierdie ondersoek moet al die betalings dek wat enige lid van die Ramaphosa-familie van Bosasa en African Global Operations ontvang het, asook die sakeverhouding tussen Bosasa en die president se seun. Die president moet nou al die betalings erken wat hy, sy familie en sy veldtog van Bosasa af ontvang het,” sê Maimane.

“Ons moet vasstel, het Ramaphosa die skenking aangevra? Word daar kontrakte aan Bosasa toegeken as terugbetaling vir hul ondersteuning aan die president en sy familie? Hierdie vrae kan net deur ʼn volledige ondersoek na die saak beantwoord word.”

Bantu Holomisa, leier van die UDM, het gesê Ramaphosa is die land ʼn verduideliking verskuldig. Hy moet dus teruggaan parlement toe en verklaar wat gebeur het.

Black First Land First (BLF) het in ʼn verklaring gesê dié organisasie sal ʼn klag van korrupsie teen die Ramaphosa-familie aanhangig maak en het ʼn beroep op Ramaphosa gedoen om uit te tree in die lig van die onthulling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Jack Daniel ·

Die ou lieg so om sy eie gat te red dat sy leuens hom begin in haal. ?

koos1 ·

Waaaatttt???? BFL wil die regte ding doen??? Duidelik is hulle met een voet in die Zuma kamp en een voet in die EFF kamp.

Johan ·

Hys uitgevang,net so skelm soos die res.
Nene het gevlieg…moes groet
Gigaba gevlieg….moes groet
Ramaphosa gelieg..????

Paul ·

Jy hy het onbeskaamd ‘n storie aan die parlement opgedis op die DA se vraag. Dit lyk nou asof hy nooit met sy seun gesels het nie. Nou is hy soos ‘n kat op ‘n warm plaat. Hy het onbedoeld nie die waarheid vertel nie. Hy fluit deur sy tone.

Hannetjie ·

Die deuntjie klink eintlik so: liar liar your House(parlement) is on fire.

Thinus ·

Korrupsie in die ANC sal nooit ophou nie. Hulle is van nature korrup, maak nie saak wie die president is nie. En die BLF en EFF kan nie kommentaar lewer nie, hulle is almal in dieselfde bootjie.

Akademi Buktu ·

Dus, Martin, staan jy Mabuza voor as president? Dis immers die implikasie.

francois ·

Hy is te slapgat om mense in die oe te kyk en te erken. Doen dit op n stukkie papier..daarsy mnr president…so kom jou geraamtes uit!

Gemaskerde Sopbeen ·

En skielik is daar ‘n Engelse Idioom in my kop….en ek is nie eers Engels nie!!! The Pot calling the Kettle black? As jou moedertaal nie ‘n woord vir korrup het nie, kan jy mos nie korrup wees nie, of hoe?

Snowball ·

‘Korrup’ bestaan nie, maar daar is ‘n mooi Zoeloe woord…”izinyoka”….slange. Dit sê genoeg.

PJ ·

Onthou toe parlement gesè het dat zuma se se seun korrupte verhouding het met guptas toe sè zuma in parlement dit is nie so guptas het gesien die seum n briljante jong man nou wat is daarmee verkeerd as hy vir guptas werk nuwe pres.en sy seun ok nou seker briljante jong man om mee besigheid te doen wonder of ander Presidente van die wèreld ok briljante seuns het of kom hulle net in S.A. voor he he he he
.

Johann M van Heerden ·

Die ANC is deurtrek van korrupsie en ons sal dit nooit uitroei nie. Die skade en verrotting van gryp loop te diep. Dit is duidelik deel van die mense se psige en die hele Afrika se mislukking en verval is en was nog altyd ‘n bewys daarvan. Hoe iemand ooit, ek inkluis, ooit kon dink dit sou werk weet ek nie. Ek kry skaam vir my eie naiwiteit en goedgelowigheid.

Martin ·

Hy is net so korrup as die res. Soos hy ander verwyder ( die paar wat vir hom n verleentheud is) wat korrup is moet hy self verwyder word

ou uil ·

Duidelik dat hierdie man geen leier is nie , hy is maar net n “puppet”. The Lying King.

Paul ·

En dan as priester Ramaphosa so mooi praat wanneer hy in die parlement verduidelik terwyl botter nie in sy mond kan smeld nie, is hy nog ewe vroom ook.

Die woorde ‘gewete’ en ‘moraliteit’ kom by my op, dan dink ek terug aan Herman Toerien se rubriek daaroor so ‘n paar dae gelede hier op Maroela.

Elsabe ·

Geluk en voorspoed vir die politieke partye wat die korrupsie ontbloot en opvolg.
Dus n helse taak en ons publiek moet wardeering daarvoor hê.
Mag julle geseën word met meer groot sukses.
Dieselfde vir diegene wat baklei vir ons land se veiligheid…veral vir ons land se boere en baie seën en voorspoed en sukses.
Julle is ysters !!!

Mm ja nee ·

Hoe weet die man nir van so groot betaling nie? Dan kom die vraag, hoeveel ander betalings is daar wat hy “nie van weet nie”?

Niemand so blind. ·

Hy is horende doof en sienende blind; dieselfde toestand gehad tydens staatskaping in Zuma se tyd…

Eben ·

So waar soos padda manel dra. So waar is dit dat die liegimiteit van die ANC bevestig is. ANC se intregiteit is net so sterk soos die toilette wat hulle nooit vervang nie en mense se dood veroorsaak.

Johan ·

Hierdie deuntjie is valser as die Eerste een…..Oor die 3 biljoen sterk wat hy op n skinkbord gekry het met BEE transaksies van die Middel 90’s omdat hy connected is maar dis nooit genoeg nie….Ons praat nie van sy swaer Patrice Motsepe nie.Ek dink on te verstaan moet mens gaan Kyk na die padda/skerpioen storie….

Paul ·

Ek haal ‘n deel van die gebeure uit die Engelse pers aan:

In Parlement president Ramaphosa reacted to a question from the DA and said he confronted his son about the Bosasa payment, Andile Ramaphosa explained that the money was for advisory services provided to Bosasa.

“He advises both local and international companies and this payment, I can show you Mr Maimane that I asked him at close range whether this was money that was obtained illegally, unlawfully and he said this was a service that was provided.”

Nou waarom het Ramaphosa in die parlement gejok? Nou vertel hy dat sy seun nie binnelands met Bosasa besigheid doen nie (terwyl hy soos hier voor anders beduie het), dat die R500,000 ‘n skenking aan hom was vir sy veldtog om presidentskap van die ANC en dat hy nie van die skenking bewus was nie. Dus is dit duidelik dat die voormelde gesprek nie met sy seun plaasgevind het nie.

En nou beduie president Ramaphosa hy het onbedoeld die vraag verkeerd beantwoord.

HM ·

Die geld is vir sy verkiesings veldtog en daardie tyd was hy nog nie eers president nie. Sy somme klop glad nie. As jy lieg moet jy kan onthou ook.

Eddie ·

Eers is daar geen plaas moorde nie en nou is daar geen korrupsie nie.

Al ·

My gedagte ook Willie. Mense moet pasop dat hul nie reg in Zuma se hande speel nie.
Zuma is n briljante strateeg en het nog nie gaan lê nie.
Die DA moet versigtig wees.

Johan H. ·

BLF wie moet dan in beheer gesit word as Paddaman dan moet bedank??? EEn van JULLE??? , Bababwbwbwba., wawa my skoolgaande kind het meer verstand as somige van julle,,,

Anoniem ·

So kom hul een vir een uit hul gaate. Jakkalse. Daar is so baie name wat jy hulle kan gee. O boere volk wanneer gaan jy besef jy word soos n donkie met n wortel gelei. Sal ons eendag wakker skrik of gaan dit te laat wees.

Gert ·

Is daar iemand in die Parlement wat NIE LIEG EN BEDRIEG NIE.

Twakkie ·

Foeitog. Hy het sakke vol BEE-geld gekry, ‘n stokvel begin en toe vertel ons gatkruip-media hy is ‘n sakeman wat die land gaan regruk ná Zuma. Kyk oor die water, al ons slim joernaliste, pres. Trump van Amerika is ‘n sakeman. Hou op CNN kyk, kry die werklike storie van die konserwatiewe media, en probéér ten minste om nie vir ons daagliks fopnuus op te dis nie. Ons politici is Afrika-sosialiste in Westerse pakke klere. Gebruik pres. Trump se VSA as die ideaal van Westerse sukses wat ons nooit (weer) sal bereik nie. Maar hou net op met die belaglike idealistiese identiteitspolitiek wat julle so graag speel om voor te gee SA is nié maar net nog ‘n Derdewêreldse land op pad na mislukking nie.

willem Botha ·

Hy is bekend vir sy leuens as dit nie oorsee is nie dan is dit in sy parlement maar leuenaar die is hy.

Nita ·

How the hell can we believe you, you lie, you mmmmmm, you lie. Ek sou eerder nog n ‘vuurpoel’ storie geglo het. Hehehe

Pieter ·

Die vet weet as hy moet waai dan gaan die “dinges” spat. Die hele spil lieg ,maar ek vra myself watter lieg gaan die land die minste skade berokken. Ek glo nie dat R500,000.00 sal hom ryker of armder maak nie.

Pieter ·

Susan, my gedagte presies.
Dit is nou 24 uur na dié “nuus” deurgekom het. Kom ons kyk of onse prezzie rugraat het. Kom ons kyk na watter SAP stasie vat hy vir boettie en watter klagte word gelê.
Persoonlik voorsien ek dat niks gaan gebeur nie.

Jaap ·

En daar sien CR sy korrupte agterstewe net soos die res van ANC.
You lie,you cheat,you steal.
Cheers SA.

Schalk ·

Nou hoe verstaan ek dit nou? Het die Padda in die pot gesit en wag dat hy warm word want hy spring nou rond hahaha! Anders gestel die planne wat gesmee word is kom uit sonder om te wonder wie dit is want koop jy een om moet jy aanhou. Net so is dit twak dat hy nie geweet het van Zuma se gekonkel nie. En die EEF is die ANC se lakeie kyk maar. Daardie Pot gaan ook warm word.

Spike ·

Skelm spul. Ons weet nog die lewe lank jy kan hulle nie vertrou nie.

Jaco ·

Die hele anc spul is leunaars. Mens kan niks glo wat hulle sê nie. Kom al van dingaan se tyd af.

John ·

Zuma se hand in die’ nuus is dalk nie vergesog nie. Die x-prez het gewaarsku hy het ‘n kas vol kopbene. En hy het baie aanhangers. ‘n Come-back is moontlik. Wie op aarde in die ANC is te vertrou? Die ware man sien mens gewoonlik laataand na ‘n warm opskop. Ons het CR so gesien en hy het sy siel openbaar. Nog iets?

Gert van Wierdapark ·

Enige geldjie is n welkom geldjie, al het boetie (sy seun) klaar genoeg van elders gekry. As jy wil lieg en bedrieg, doen dit op n manier waar jy nie vir SA vir die gek hou nie. Nogal Konsultasiedienste aan Bosasa gelewer!!!??? He-he-he lag die ander ou in sy Nkandla mou.

Hans ·

Toe to Monyane aan stuur was van Korrektiewe dienste was einste Bosassa die onderwerp in onwettighede met met IT verwante staats tenders. Miskien kan die OB vir ons kyk wat hier aangaan waar Bosassa met hul handouts weer opduik.

Nel ·

Die man het ook nie geweet van die staatskaping bedrywighede wat vir jare reg onder sy neus plaasgevind het nie…? Wat is daar nog waarvan hy nie weet nie?
Die DA moet maar nog dieper krap. Hierdie perd is nie so onskuldig soos wat hy hom voordoen nie.

Anoniem ·

Julle moet hulle dophou as hulle daar in die parlement sit. Meeste is vas aan die slaap en dit is hoekom cr nie weet nie

Waarheid ·

Hy sal onthou word as n eerste graadse leuenaar.Net soos die res van die lot.

Paul ·

Noujatoe, net soos Zuma nie vir Nkandla gevra het nie, so het Ramaphosa nie vir Bosasa se skenking gevra nie.

tienie ·

Hy se nou hy het, toe hy geantwoord het nie geweet waarvoor die betaling was nie. N eerlike antwoord sou gewees het dat hy nie met al die feite bekend was nie en dat hy sou ondersoek instel om hom van die fiete te vergewis. Ek wil weet waarom hy toe n ander storie vertel. Ek wens ek kan hom kruisondervra. Hy sal sweet as dit moontlik sou wees.

Sarel ·

As ons eie mense nie so gemaklik die gewoonte verwelkom het nie sou ek sweer dit is in die gene. Moontlik daai 10% in ons bloed . Ek moes baie hoor dat as jy nie betaal nie sal jy bly sukkel, dit is nou eenmaal Afrika .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.