Ramaphosa skenk helfte van sy jaarlikse salaris

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa het Woensdag aangekondig dat hy die helfte van sy jaarlikse salaris aan die Thuma Mina-fonds sal skenk, ter nagedagtenis aan oudpres. Nelson Mandela.

Ramaphosa het Woensdag met die indiening van die presidensie se begroting by die parlement ʼn beroep op ander persone gedoen wat ook in staat is om skenkings te maak.

“Ek het besluit om die helfte van my presidensiële salaris te skenk aan ʼn fonds wat deur die

Nelson Mandela-stigting bestuur word. Dit sal direkte hulpbronne verskaf aan die talle klein maatskaplike projekte landswyd.”

Die Thuma Mina-fonds word op 18 Julie, die 100ste herdenking van Madiba se geboorte, amptelike bekend gestel.

Thuma Mina is ʼn Zoeloe-uitdrukking wat “stuur my” beteken en ʼn liedjie deur wyle legendariese jazz-musikant Hugh Masekela. Die fonds is ʼn privaat inisiatief wat deur die publiek gedryf word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Bok ·

CR jy stel ‘n goeie voorbeeld. Baie kan daarby iets leer.
Watter ander leier sal dit doen???

Gertryda ·

As ek miljoene verdien het en besit het kon ek dit ook doen
Moet tog nie die burgermeester van Greytown vergeet nie en nou waar is hy!!!!
Hy het ook gespog hy wil nie salaris he nie
Nou staan ongeklaarde hospitaal en n shopping mall met sinkplate om hom
Dis glad nie so n wonderwerk as jy dit wyd en syd verkondig

kobus ·

Hy kan dit doen omdat hy genoeg geld by die myne geskep het.lekker in suid afrika.BEEEEE

Hendrik ·

Ja nee hy en sy swaer Motsepe het goed geld te maak uit BEE. Dit het Motsepe R100 miljoen gekos vir die wedstryd tussen Sundowns en Barcelona. Kyk waater toestand is die munisipaliteite en dit gaan volgens kenners nie sommer verbeter nie. Die uitvloei van ons belastinggeld moet gestop word!

Pine ·

Hoe wonferlik. Veral as jy dit verkondig. Lekker as blyplek kos klere vervoer en beskeriming vir jou deur die belasting betaler betaal word.

EkSeMaarNet ·

Wat jy vergeet is dat dit nie gaan oor dat hy dit verkondig nie, dis makliker om vir ander te vra om te skenk deur te lei in voorbeeld – nie te praat van sy adopt a school foundation nie… ek wonder of jy iets gee/doen, of sit en kla jy net?

Ray ·

Kon maar hele salaris geskenk het. Grond is rykdom en daar is baie. Miskien eerder die titelaktes tot die plase geskenk het? Gaan hulle waarskynlik nie meer nodig he nie?

Frikkie Geld en huis ·

Tony Ehrenreich, Cosatu man van die Wes-Kaap, het ook op ‘n stadium aangekondig dat hy een van sy twee maandelikse salarisse aan liefdadigheid gaan skenk. Nog nooit weer daarvan gehoor nie.

Antmark ·

Net nog n politieke toneelspel!!
Doen n slag wat jul belowe, bou die huise, bou infrastruktuur en skep die werk!! Anders is jul die korrupte pilitici wat ons as Suid Afrikaanse burgers leer ken het! Soos die Engelsman sê: Put your money where your mouth is!

johan ·

Dit is baie duidelik dat Ramkatphosa met al sy grondhervorming idees en sy sallaris skenking n uitstaande politikus is. Gaan baie stemme werf maar tot nadeel van ons land se toekoms.

White Rhino ·

Mr goodie two shoes! Dit gaan SA nie help nie.
Sorry pel jy het al klaar te veel skade aangerig en ons sien deur jou.
Padda prut pot.

Magaretha van heerden ·

Hy beindruk niemand met dit nie. Dit verander nie die feit dat daar rassime tenoor wit mense in die werksplek is nie. Hy moet eerder al die onreg regstel.

Ben ·

Hy hoéf dit nie te doen nie……hy skenk dit……maar óf hy dit doen? Ons sal maar sien…..maar dit sal nie die probleme in ons land oplos nie.

Oom Kalahari ·

Mnr CR, daar is sekeres wat sal val vir wat ‘n Pres met goeie dade en eienskappe, maar daar is ook denkers wat besef dat hierdie skielike skenkings die 2019 stem koop aksie teweeg bring. Iemand wat werklik dit uit hart en siel doen, sal dit nie noem en of in publiek bekend maak nie. Party het maar net daardie ingebore agendas. Jy het sovele besigheids transaksies (Direkteurskappe) en geld asook kry alles verniet, maar daar is miljoene mense wat honger gaan slaap.

hendrik ·

Hierdie Nelson Mandela – stigting, kan mens dit vertrou.

Andre ·

Hendrik het jy enige rede om Nelson Mandela se lewe of dit wat hy gedoen het, nie te “vertrou” nie?

Johan. H. ·

Dit sou my beindruk het as die hoofopskrifte gelui het, : CR skenk sy hele salaris vir Wit agter geblewe kinders wat nou soos 3de klas mense behandel word,, Dis maar net nog politiekke stem koppery,, Dink seker die wit mense is dof!!

Anne ·

Ja nee kyk, beindruk my glad nie. Hy wil net stemme werf. En voor iemand vra of ek iets doen, ja ek doen, vir my mense.

RooiLikkewaan ·

As ek so die comments dop hou, kry ek eerder skaam om n wit Afrikaans sprekende te wees. Nie net op hierdie berig nie. As iemand iets goed doen dan word daar altyd negatiewe dinge gesê. Nee sies man. Uiters swak!

pieter ·

Presedent Trump ontvang geen salaris maar die Prins van bee gee net helfte van sy salaris,die ou beïndruk my gladnie.

Shaon ·

Hy skenk in elk geval die belasting betaaler se geld, want die belasting betaaler betaal sy salaris!!!

geld ·

Wanneer jy iets skenk verkondig jy dit nie want dit is dan gesigkoop.

Frans Van Erk ·

Wat die regter hand gee behoor die linker nie te weet nie.

Jacques ·

Net die helfte? President Trump het afstand gedoen van sy volle presidensiële salaris. Ons almal sien deur jou…

Genieve ·

Almal kan geld skenk …die belangrikste is werkskepping vir die mense geld kan nie altyd alles regmaak nie…skep werk en voorsien mense van behuising

B-man ·

Gewone werknemers skenk ook al amper helfte van hul inkomste aan die staat…

Dre ·

Julle mense wat elke dag so negatief is en oor alles kla…as dit nou nie gebeur het nie wat sal julle dan nou gan soek het om oor te moan vandag? Helfde van sy salaris is reeds ‘n groot bedrag so dit sal verseker baie honger monde voed. En dan sien ek ‘n paer mense wat wonder of die Nelson Mandela vonds vertrou kan word en ek my kop in skaamte sak. Hoe lewe julle in so negatiewe wereld? Maak julle, julle kinders elke dag so groot sonder om opbouend en sterk te wees? Pateties as jy my vra.

Anoniem2 ·

Liewe Dre,is jy vir die afgelope 22 jaar geviktimiseer, geïntimideer, gemanupileer en geboelie in jou werksplek, sonder die alternatief om te kan bedank net omdat jy eenvoudig geen ander heenkome het nie? Is jou man afgedank na jare se lojaliteit, 200% gee, die beste in sy professie, daarna onderworpe aan ‘n rassitiese heksejag, verkleinering en diskreditering net as gevolg van sy velkleur? Was jy en jou man aangerand in julle huis as gevolg van jou velkleur? Nie? Dan het jy meer rede as ek om positief te wees. Ek gaan deur al die begenoemde en vele meer en probeer my bes om positief te wees, maar vir baie van ons is dit uiters moeilik.Elkeen se omstandighede is anders.

Dre ·

Anoniem 2….geviktimiseer, geintimideer, gemanupileer, geboelie, heksejag, verkleinering, diskreditering, aangerand en blykbaar vele meer. Ek is rerig jammer om van jou gebeure te hoor mar dit is baie erger as enige normale Suid Afrikaner So ek verstaan as jy se elkeen se situasie is anders. Ek is positief ja, ten spyte dat elkeen van ons kan getuig dat dit nie altyd maklik was nie.

Anoniem ·

Pateties? M.a.w jy ondersteun ‘n fonds wat deur die belastingbetalers se geld befonds word en waarvan daar nie ‘n enkele sent gelyk en regverdig tussen ALLE rasse verdeel word nie? Ongelooflik!

Dre ·

Nee ek ondersteun nie die vonds nie want ek het geen bewyse waar hul, hul geld kry asook waar hul hul geld spandeer nie so ek praat dit nie sleg nie. Ek onthou egter wie Nelson Mandela was, en ek kan rerig nie ‘n slegte woord oor hom spreek nie.

Lola ·

Wel, R600 000 000 is vir hom gegee lank lank gelede………

Elize ·

Dre waar was jy toe die Kerkstraat bom ontplof het? Het jy al die beserings en smarte saam beleef? Ek was deel van dit en van wie het die opdrag gekom? Die een wat jy so bewonder en ‘n groot kommunis en moordenaar was. Gaan eers jou feite na voordat jy nog een kader in almal se kele wil afdruk oor hy so ‘n goeie mens was. Kom net by

marous ·

Gevul met argwaan , dis hoekom hy dit uit bassuin. Sy salaris as president is pennies teenoor die geld wat hy verdien uit myn industriee asook die kitskots bedryf wat opgesit is met lelie wit kolonialisties kundigheid.

Nel ·

Die vrygewige gebaar sou meer gewig gedra het na die 2019 verkiesing.

humor ·

Dankie pres. hoop jy besef iewers in die toekoms jy verteenwoordig alle mense. Daar is mense in n minderheidsgroep wat regtig noustrop trek.

Oom Kalahari ·

@ Marous, dankie dit is mooi en sagkens gestel. Dit sou dalk meer aanvaarbaar en optimisme geskep het as hy genoem het dat hy die helfte van sy salaris in gelykheid sal onderveedeel met gelfte aan die Nelson Mandela fonds en die ander helfte aan Solidaritei/ Afriforum.

Belastingbetaler ·

Baie geluk Cyril. Ek skenk al die afgelope 15 jaar omtrent helfte van my salaris aan SARS ten bate van werkloses. Welkom by die groep.

Andre C ·

Beste Dre .CR se salaris is 25% meer as JZ s”n was.CR is net onder Trump wat staatshoofde se inkomste aanbetref.SA is egter nie naby die VSA se BBP nie.Hierdie feite kan jy op die internet verifieer.
Dis jammer dat tainted heroes so hoog aangeslaan word in SA in plaas van diegene wat werklik vir SA se voortbestaan sorg.

Vra net?? ·

Wat was in daai brief wat die kween vir die president gegee het toe hy nou die dag daar was? Daar is gesê dit was ‘n brief van mdela wat sy namens hom glo vir cr moes gee?????

Anoniem2 ·

Liewe Dre, ek wil net graag weet of jy jou al werksaam was in ‘n groot maatskappy waar jou rasgroep in die minderheid is en op neergekyk word? Glo my, daar is duisende van ons. Groete.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.