Ramaphosa skop teen ‘entstof-apartheid’

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: PresidencyZA/Twitter)

Pres. Cyril Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief dit sal op sogenaamde entstof-apartheid neerkom as die landsburgers van gevorderde en ryk lande veilig ingeënt word, terwyl miljoene in armer lande in die tou vir die entstof teen Covid-19 sterf.

Suid-Afrika het, net soos Indië, ʼn voorstel by die Wêreldhandelsorganisasie (WHO) ingedien vir ʼn tydelike kwytskelding van sekere van die organisasie se handelsverwante bepalings oor intellektuele eiendomsregte (TRIPS).

Die voorgestelde kwytskelding het ten doel om wyer toegang tot tegnologie te vergemaklik wat nodig is om entstowwe en medisyne te produseer en geniet tans die steun van meer as 100 lande. Maroela Media het vroeër berig dit sluit in die VSA wie se steun as geskiedkundig en ʼn monumentale oomblik in die stryd teen Covid-19 bestempel is.

Ramaphosa het Maandag geskryf die kwytskelding is op hierdie tydstip broodnodig en bloot tydig om op ʼn “noodgeval” te reageer.

“Dit is ʼn ongekende situasie. Dit vereis dat alle intellektuele eiendom, kennis, tegnologie en data met betrekking tot Covid-19-gesondheidstegnologie tot almal se beskikking moet wees.”

(Foto: Andres Larravere/AFP)

Die president sê voorts indien die internasionale gemeenskap werklik verbind is tot menseregte en die waardes van gelykheid en nie-diskriminasie, entstowwe as wêreldwye openbare items beskou moet word.

“Dit moet aan almal beskikbaar gestel word, nie net aan die hoogste bieërs nie.”

Ramaphosa wys daarop dat Oos-Asië oor 55% van die bestaande kapasiteit vir entstofproduksie beskik, terwyl Europa en Noord-Amerika in dié stadium oor 40% beskik. Afrika het op sy beurt minder as 5% van die bestaande kapasiteit terwyl baie van hierdie kapasiteit in die geval van ontwikkelende lande onderbenut is.

Suid-Afrika is een van slegs vyf lande op die Afrika-vasteland met entstofproduksievermoë.

“Hoewel ons genoeg entstofdosisse verkry het om kudde-immuniteit te bereik, sal daar steeds ʼn behoefte aan entstowwe wees.

“Daarom berei ons ons voor om die wêreldwye entstofproduksie vir Covid-19 en ander groot siektes te versterk. Bestaande fasiliteite moet herbou word en nuwe kapasiteit gebou word,” sê Ramaphosa.

Die president doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners en veral burgerlike organisasies wat ʼn groot rol tydens die MIV/vigs-pandemie gespeel het, om hierdie poging te ondersteun.

“Die burgerlike samelewing speel ʼn kritieke rol in die mobilisering van internasionale steun vir hierdie saak, veral deur internasionale samewerking met eendersdenkende organisasies in ontwikkelde lande.”

Ramaphosa sê die idee is om die plaaslike produksie te bespoedig om wyer toegang tot bekostigbare en doeltreffende entstowwe te verseker.

Verlede week het die Amerikaanse regering sy steun vir die voorstel aangekondig, wat die huidige onderhandelinge momentum sal gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Suzette ·

Ek wens die regering wil ophou om die dood geryde perd oral in te sleep… Werklik, kom net by!!

Nie Verbaas ·

ANC moet nie vergeet dat die wereld daar buite nooit narre ernstig opneem nie. Mens verdien respek, nie ” demand” dit nie.

Jan ·

Nou staan ANC weer bakhand soos gewoonlik will alles geniet he.Ai tog bedelaars gebore sal as bedelaars doodgaan

Hoekom ·

Dit kom neer op intellektuele diefstal…

“If you cant make your own success, steal it.”

Esme ·

Pleeg plagiaat en dit is strafbaar…. Gebruik Apartheid om te bedel en dit almal luister.

Wakkerslaper ·

Dit is darem net te wonderlik…

…ek is te onbevoeg om my eie voorspoed en welvaart in die lewe te skep, en in hierdie geval, my EIE entstof te ontwikkel en te produseer, maar nou moet dié wat bevoeg is om vir HOMSELF te sorg in die lewe gepenaliseer word…

…en dit onder die dekmante van “apartheid en rassisme”… hoe flippin absurd!

Nie Verbaas ·

Die res van die wereld het nie geslaap soos ons regering nie en hulle fondse om te betaal is nie geplunder soos by ons nie. Dit het absoluut niks met apartheid te doen nie so hou op slagoffer speel.

Anoniem ·

Dit was te verwagte dat die regering weer met die een of ander verskoning na vore sou kom. Julle eie onvermoë en korrupsie het gerieflikheidshalwe nou die naam entstof apartheid gekry.

Hendrik ·

Ja nee die wereld is baie kompeterend daar buite en om by te bly moet jy uit haal en wys.

Johnny ·

Die Afrikastem klink soos ‘n trekkerenjin wat luier: bedel-bedel-bedel-bedel-bedel-bedel-bedel . . .

Pieter ·

Pleks dat hy wyer kyk as die Covid entstof. Glad nie ‘n onskuldige entstof nie. Die entstof kan meer skade aan die mensdom doen as wat voorgehou word, natuurlik doelbewus.

Althes ·

Apartheid is ñ skeldnaam wat gebruik word net wanneer dit die ANC pas. Apartheid is die dooie koei wat gebruik word om te probeer emosies warm te hou of emosionele afpersing en manipulasie te doen.
Wat hul vergeet, is dat na 27 jr demokrasie gaan die wêreldse simpatie maar dun raak teenoordie ANC.

Dirk Mostert ·

Wat nou in Wes-Jerusalem gebeur is apartheid op sy ergste, maar die wereld kyk anderpad.

groenboer ·

Ek sien nie die westerse moondhede, of driekwart van die kommentators hier, verstaan die probleem nie. Dit is in die weste se EIE BELANG om die hele wêreld te help inent, want hoe langer daar oningeënte bevolkings enige plek op aarde is, hoe groter is die kans dat entstofbestande variante van die virus in hierdie bevolkings gaan evolueer, en dan soos ‘n veldbrand na die res van die wêreld, ingesluit die westerse, ingeënte moondhede, gaan versprei.

Hierdie is nie ‘n blote kwessie van Afrika wat nou al weer bakhand staan nie. As die hele mensdom nie saamwerk om die virus te stuit nie, kan ons maar vergeet van ooit weer na normaal terugkeer. Dit beteken die ontwikkelde wêreld sal entstowwe en ander hulp met inenting aan die ontwikkelende wêreld moet voorsien, of hulle nou daarvan hou of nie, en of dit nou “sosialisme” is of nie. As hulle dink hulle gaan hulself kan red deur bloot hul eie bevolkings in te ent, het hulle dit mis.

Tubac ·

Ek glo die kommentators verstaan die probleem maar die vertroue is geskend,want daar is weer n verskuilde agenda.

Wakkerslaper ·

groenboer, dit is in die wêreld en veral die Westerse Beskawing se belang dat Afrika WAKKER WORD EN BYKOM! Ek is siek en sat daarvoor dat hulle probleme (waarvoor hulle self verantwoordelik is) alewig my probleme word….

Boerkind ·

Alles in die siek ANC en CR kom neer op een of ander vorm van rassisme! Wat van die ANC wat die entstowwe se aankope wil kaap en BEE maak deur NET die (sogenaamde) staat alleenreg vir invoere hiervan te gee? Hulle vorm van “apartheid”??

Piet parys ·

Praat is maklik vr cyril maar vergeet hy dat BBp s beskerm word maar die res van die land moet maar moord.en doodslag aanvaar as n algemene daaglikse lewenswyse . SO JOU APARTHEID WAANSIN wat jy die skuld gee is n maklike woord wat gebruik word vir onbevoegdheid. Die ou ding van Anc wat onbevoegde mense aanstel . So julle BEE IS DIE PROBLEEM

Snowball ·

Seg die president wie se regering voorstaan dat pandemie hulp net vir BBEE besighede moet wees. Wat ‘n grapgat! Ek (en baie ander) sal self betaal vir ons inentings, maar sy ANC nes het besluit op alleenreg vir die aankope van entstowwe – so wie is te blameer vir dié majestieuse gemors waarin ons sit?

JohanR ·

Tyd om wakker te word Cyril. Die res van die wereld is ons ver voor met entstof inspuiting. Party het al “herd immunity” bereik. Al wat jy en jou gesondheid minister doen is praat. Nou is R60 ook nie genoeg om die inspuiting toe te dien. Miskien sal R600 genoeg wees? Jy gee R600 vir die persoon met die naald, en jy word ingespuit. Ek ken iemand wat hulself elke dag moet inspuit vir diabetes. Kan daai persoon my nie verniet inspuit nie?

JM ·

Die sieklike, jammerlike gewoonte om almal behalwe jouself te blameer vir jou patetiese onvermoë! Al woord wat die ANC goed ken, is die holrug geryde APARTHEID! Om van naar te word.

Andre ·

Suid Afrika het die vermoë en geld daarvoor gehad. Bee sit nou alleen met die geld, en die vermoë het hulle landuit gedwing. Apartheid bly darrem ‘n lekker verskoning as jy nie jou eie onvermoë wil erken nie.

Esme ·

Hoekom neem CR nie die inisiatief en kry eerder die Navorsers, Universiteite en Laboratoriums om ‘n geneesmiddel te ontwikkel teen die Covid Virus nie? Terwyl Suid-Afrika ‘n Apartheids mentaliteit het, sal die land altyd in die verlede leef. Na die Anglo Boere Oorlog het vooruitgang gevolg – na Apartheid het agteruitgang gevolg. Nee, Mnr Die President, kry jou prioriteite agtermekaar en vergeet van ander lande se vooruitgang en bewerkstellig jou eie.

Dirk Mostert ·

Die navorsers, universiteite en laboratoriums het belangriker dinge om te doen.

Cherokee ·

So wanneer Ramapokker apartheid toepas, dan is dit goed. Wanneer hy daaronder ly, dan het hy ‘n probleem daarmee.

jzjz05 ·

Hy kan of wil nie die nuwe apartheid erken nie .maar ry daardie holrug ou perd aanhoudend

Marisa W ·

Nou kerm en moan hy, maar die plaaslike owerhede mag steeds nie onafhanklik entstowwe aankoop nie

Dries ·

Apartheid is op sy brein geskryf. Plaas dat hy meer oorspronklik wees. SA SKOP TEEN ANC ENTSTOF KORRUPSIE

Astrain ·

Ou Cyril, woorde wek…maar dade strek! As julle dade gestrek het, was dit nie nodig om biljoene aan korrupsie ondersoeke te spandeer nie, dan was daar genoeg fondse om die entstof te ontwikkel of koop! Jy is mos in n verkiesings jaar, nou moet jou iewers die apartheid woord inkry vir stemme…patetiese verskoning!

Snowball ·

Gedecolonise Cyril, beteken jy moet self. O die pyngedagte!

Korrelkop ·

Nou WAAR is daai R500 biljoen heen wat vir Covid moes gaan??? Kan hierdie “arm land” van ons dit nou kamstig nie bekostig nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.