Ramaphosa spreek land ‘binne dae’ toe

(Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sê hy wil óók hê dat die nasionale ramptoestand opgehef word, maar hy “gaan nié roekeloos wees nie”.

“Ek gaan ordelik wees. Ek gaan die land binne dae toespreek en verduidelik presies waarheen ons op pad is… Ons gaan die ramptoestand binnekort ophef en ons gaan regulasies instel wat almal in staat stel om veilig te voel.”

Só het Ramaphosa Donderdag in die Nasionale Vergadering gesê toe hy deur parlementslede tydens ’n vraag-en-antwoordsessie gepols is oor die regering se reaksie op die Covid-19-pandemie.

“Hoe regverdig jy dit om Suid-Afrika se ekonomie op sy knieë te hou deur die ramptoestand te verleng?” wou opposisieleier John Steenhuisen by die president weet.

Ramaphosa het in antwoord hierop gesê dat die Covid-19-pandemie nié verdwyn het nie. Suid-Afrika sal daarom nog geruime tyd op gesondheidsmaatreëls soos maskers moet steun, hoewel die strenger maatreëls mettertyd opgehef sal word.

“As jy ’n probleem daarmee het, is ek jammer. Ons is die regering. Ons moet regulasies in werking stel.”

Ramaphosa het Steenhuisen mooi laat verstaan dat hy nié aan bewind is nie. “Jy het nog altyd ’n probleem gehad. Van dag een af.”

Volgens Ramaphosa was die opposisieleier tot op hede nog net by een vergadering positief oor die regering se hantering van die Covid-19-pandemie.

“Jy het sedertdien aanhou sê dat jy nie die ramptoestand nodig het nie. En ons het aanhou sê dat ons deur die wetenskap gelei word en dat ons vooraanstaande wetenskaplikes het – waarmee jy verskil. Dit is jou reg. Jy is geregtig om van wetenskaplikes te verskil.

“Maar ons word deur hierdie wetenskaplikes gelei.

“Jy kan soveel skree soos wat jy wil. Maar ons tree as die regering in die belang van Suid-Afrikaners op en dís hoekom hulle ons verkies het.

“Ons het alles moontlik gedoen om hierdie pandemie te bestuur. Ons mense se belange wanneer dit by hul lewens en lewensbestaan ​​kom, was vir die grootste deel van die laaste twee jaar my grootste bekommernis.”

Die regering is die afgelope week uit talle oorde – en nie net uit opposisiegeledere nie – gekap oor sy besluit om die nasionale ramptoestand opnuut tot 15 April te verleng.

Dit is nou twee jaar sedert die ramptoestand vir die eerste keer in Maart 2020 aangekondig is in ’n poging om die verspreiding van Covid-19 in Suid-Afrika te beperk.

Ramaphosa het die land einde November laas toegespreek toe hy aangekondig het dat die land voorlopig op vlak 1 van die inperkingsmaatreëls sal bly.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

domheks ·

so sal julle maar moet luister as kopdoek gepraat het! Geen warm kos, sandale ens. ens….

Madeleine ·

Dit is so n show. Hierdie. Dis net hartseer. Mense word mislei en Lei letterlik dag tot dag. Ons Kan net bid,
as mense dit nog nie sien nie Sal hul nooit.

krodedil ·

Die ANC bestuur die land in die afgrond in. Dis al waarvoor hulle goed is. Nog niks het positief uitgedraai wat die ANC bestuur het nie. Net mooi niks nie.

Johannes_64 ·

Mens begin al wonder of die opsetlik is of maar net onkunde!

Groen Ghoen ·

Wat ‘n patetiese reaksie van Ramaphosa. Ons sal graag die wetenskaplike bewyse van sy beplande regulasies wil sien – seker geborg deur die Bill Gates Stigting en Pfizer?

Deon ·

Natuurlik, hy moet strooi uitdink om ons te voer, al wil hy nie

JohanR ·

Hy verkoop ‘n bul op ‘n Saterdag, dink op ‘n Sondag en praat met die land op ‘n Maandag oor sy Sondag denke. Of hy bel NDZ om te vra wat sy dink!

RS ·

Die kaders wie almal in die rade is wie die besluite moet neem wil nie afsien van die ramp toestand nie, want dit beteken hulle word moontlik ontbind en dan kry hulle nie meer n sak vol pay nie.

Porseleintjie ·

Ook jy regeer nie die land nie ou cyril. Jy draf al lankal aan kopdoek se leiband rond. Kyk hoe lyk ons land. Hoeveel SA burgers wil jou nog in die stoel he dink jy?

Mariana ·

Nee die president is seker reg. Hulle is nie regering en sal besluite neem, maar tot dusver het hulle besluite nog altyd niks opgelewer wat hierdie land laat floreer nie. Nee in plaas van floreer val als uitmekaar waaraan die ANC gevat het en steeds vat. Hy kan miskien vir Steenhuisen laat voel soos stout kind maar Steenhuisen is reg. Maar mnr Ramapoza jy is die een wat verkeerd is, jy wil die land se leier wees maar helaas is jou poging maar power.

Jacobus ·

Patetiese antwoorde. Wat is die probleem? Hoeveel is jy beloof vir jou samewerking? Jy het ons aan Pfizer uitverkoop. Vat vir kopdoek en gaan weg – ons het lank genoeg die land geleidelik sien ondergaan.

Marie ·

Wat beteken dit as Ramaphosa sê Steenhuisen het niks te sê nie? Dit beteken die ANC sien homself as alleenheerser, alhoewel ander partye ook in die parlement sit. Die ANC maak ‘n bespotting van ons demokrasie. Al wat goed werk by hulle is korrupsie, diefstal, kaderontplooiing, lieg en bedrieg,kriminaliteit. Ons mooie land is bankrot en totaal uitgelewer aan skelms. Ondersteun die opposisie, dit is al hoop wat ons het.

JohanR ·

Het moes gese sodra iemand hod toe gaan dan wil NDZ, ekskuus Cyril Ramaphosa die land toespreek. Hulle speel lekker speelitjies!

Deon ·

Cyril, het jy ekonomiese, sosiale, onderwys en dies meer wetenskaplikes onder die wetenskaplikes wat jou lei? Ek wil jou sommer dan ook vra, kon jy jou geveg met Steenhuysen nie biekie beter hanteer het nie… Jou woorde “ons is die regering…” dit is diktatorskap, nou kan ons sien dat julle geheel en al julself nie steur aan hulp en raad van ander wat onder julle beleide ly nie. Dankie ou grootman, jy het my nou honderd persent seker gemaak dat julle niks vir ons as die gewone burger in hierdie land omgee nie, glad en geheel ook nie die rigting waarin ons veronderstel is om te beweeg nie.

Hendrik ·

Die regering wil met OHASA wetgewing almal met ‘n werk dwing om in te ent. Tyd vir aftrede?

annie ·

… Steenhuisen is nogal nie ‘regal’ nie… as ‘n partleier. Sy geskree oor Oekraïene was erg siende dat dit niks met hom uit te waai het nie. En ongelukkig vir Zolly is CR reg, Navo is te blameer vir die gevolge in daardie land.

Anthony ·

Aij Mnr President. Met so n boodskap kan ons almal sien jy is so bietjie onder druk. Maar druk van n ander rigting. Dit is die korrupsie wat so weelderig gebeur het en nog steeds voortgaan (onder die ramp toestand wat dit basies goedkeur). Kan jy asseblief opstaan (weer) en verklaar dat jy eties en nie korrupt is nie. As niemand (nie n korrupte mens of kommissie ens) iets teen jou het nie. Van die hoogste persoon in die land – dan beweeg ons verder en maak skoon met almal in hulle poste en so aan en aan. Maak skoon en tronk toe (bou een indien nodig of gebruik n eiland ver van hier). Een vir een moet mense betaal (en terug betaal) en tronk toe. Na jouself en almal om jou, dan die kommissies (State Capture ens) en onlangs die Nugent Kommissie. Vat weg wat hulle gevat het en tronk toe met die mense. How anders wil ons dit uitrooi ? Soos NOU !

huisvanisrael ·

Hulle kan soveel wette maak as wat hulle wil. Ek sal NOOIT daardie inspuiting vat nie.

Vonkprop ·

Klink my die man het sy stem ontdek, maar gebruik dit heeltemal verkeerd. Eers vloek hy en nou sê hy vir die opposisie om stil te bly. Iemand begin nou hard toutjies te trek. Het dit dalk te doen met Zondo se aanstelling?

FC ·

CR is in beheer van Suid Afrika, jul kan mos duidelik sien, kyk die paaie, ons geldnood, orals is diefstal met geen polisie nie, Taxi`s ry soos hul wil, nee man, oom CR is in beheer van die land se agteruitgang. Gee hom ere daarvoor

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Anargiste, diewe, politieke kaders, kriminele, onbevoegdes, onbekwames, Taxi base, Vakunies en oud tronkvoëls, en derde partye met mag en geld is in beheer van SA, almal behalwe Ramanokio!

Andre ·

Die ANC het saam met die Chinese in n bed geklim, waarvan die Chinese die meeste van die bed vol le. Hoe langer die nood toestand en maskers dra en temperature meet, hoe meer geld kry die Chinese, want meeste maskers en termometers kom van China af. Hulle spandeer miljoene op maskers, en ons moet ook daai selfde gemors koop.

Anel ·

Jy is ‘n diktor en ‘n komunis. Al die ander lande het hul beperkings op gehef sonder bykomende regulasies. Ons het jou nie nodig nie, maar jy het ons nodig om jou sak te vul. Druk jou regulasies. Tot Thailand hef nou regulasie op om toerisme te help!!

Manie ·

“Maar ons tree as die regering in die belang van Suid-Afrikaners op en dís hoekom hulle ons verkies het.” Wie mislei jy Ramaphosa? Sê vir ons deur wie jy gekoop is, baie weet alreeds, behalwe jou stemvee, hulle weet absoluut niks en volg jou slaafs.

Sean ·

En die res van die wereld se wetenskaplikkes is seker popeys

VaalDonkie ·

As ek enigsins minders omgegee het, sou ek ‘n negatiewe hoeveelheid omgegee het.

Miskruier ·

“Regulasies in werking stel” wonder wat dit behels?

Jaco ·

Nog een van sy family meetings. Ek wonder net, is wit mense ook “family”, in die lig van goed soos regstellende aksie, BEE, geen kospakkies vir wit mense toe lockdown begin het ens ens. Ek wens hy wil ons deporteer na Europa, Amerika, Kanada en Australië. Eks ten volle bereid om met niks heel van vooraf daar te begin. Daars ten minste meer respek vir menseregte sonder ‘n alewige beoordeling van jou ras.

Antoinette ·

Die land brand. Petrolbomme word gegooi. Sprinkane eet die boere se plase en vee se kos. Brandstofpryse styg. Dit word erger en erger en die regering is bekommerd oor maskers dra…..
Gee ons mense se lewens terug vir ons en neem beheer oor al die gemors wat tans plaasvind. Help die boere met finansies om die sprinkane te bestry. Kry die hospitale en skole reg! Daar’s nou nog skole wat nog nie eers hul boeke ontvang het nie en die 1ste kwartaal is al verby. Wat van ons krag situasie!!!!

So kan ek aan en aan gaan…

Marthinus W ·

In China het die covid-positiewes weer opgevlam; hulle het weer begin met inperking van sekere gebiede.

Ek is nie n ANC ondersteuner nie, maar ons moet ophou om soos Pawlof se honde net te wil blaf en kwyl. Cyril veg teen die Julius en Zuma-kliek. Dis onder Mbeki, maar veral Zuma se leiding, dat ons agteruit gegly het. (Zuma is soos Rusland se Boris Jeltsin.) Ek glo, en ek hoop ek is reg, dat sodra Cyril seker is van sy posisie, hy die land met meer selfvertroue kan lei en help opbou. Hy het tans die kliek as albatros om die nek, en hy moet sy voorgangers se gemors regmaak. Ek stem saam met Cyril dat die DA net wil kla. Onthou, Cyril is deur die Oppenheimers aangestel as direkteur van Anglo-American weens sy bekwaamheid. Gee hom bietjie krediet.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Mnr. die president, die waarheid maak seer en Mnr Steenhuizen verwoord maar net miljoene SA’ners se uiterste frustrasie en ongekukkigheid met julle lomp en skadelike hantering van die pandemie. Benewens die feit dat daar grootskaalse korrupsie van miljarde rande onder julle oë, neuse en ore plaasgevind het, het julle die land se ekonomie met jare teruggesit en baie sektore vernietig of onherstelbare skade berokken. Kyk maar hoe het werkloosheid gedy in hierdie tyd. Dalk moet julle begin luister na wat die mense sê en ophou julle eie koppe volg. Dit wat julle dink reg is in wat julle doen, is nie altyd goed en reg en welgevallig vir almal nie. Julle moet partykeer so bietjie van julle troontjies afklim en kyk wat hier op die grond aangaan en verneem watter negatiewe effek en invloed julle “goeie” besluite tot gevolg het. Erken eerder julle was in baie opsigte verkeerd as om die opposisie te probeer slegsê of muilband. * Newsflash* Mnr. die president, julle is nie altyd reg nie!!!!!

Ria ·

Ag, hierdie mense is soó stadig van begrip en agter die wêreld. ELKE MENS MOET HOMSELF NOU BESKERM. Laat die lewe net aangaan asb

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.