Ramaphosa spreek land nou eers later toe

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Pres. Cyril Ramaphosa sal na verwagting nou eers volgende week die land toespreek.

Jackson Mthembu, minister in die presidensie, het Donderdagoggend gedurende ’n mediakonferensie rakende gister se kabinetsvergadering gesê die nasionale bevelraad vir die hantering van kwessies rakende die koronavirus vergader weer volgende week.

Die bevelraad sal daarna ’n verslag aan die kabinet voorlê waarna Ramaphosa die land sal toespreek.

Mthembu het gesê die kabinet is bekommerd dat sommige mense roekeloos en onverantwoordelik optree asof die koronavirus nie meer bestaan ​​nie.

Die kabinet doen opnuut ’n beroep op Suid-Afrikaners om ’n sosiale afstand te handhaaf, hul gesigmaskers te dra, hul hande gereeld te was en groot byeenkomste te vermy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Persheks Adri ·

Stock julle sigarette en drank op mense! Hulle beter nie strenger reëls wil toe pas nie ons wat die reëls na kom word gepenaliseer! Plaas praat Cyril oor belangrike sake soos plaasmoorde en rassisme TEEN ons en moet nie van sy taxi’s en EFF vergeet nie! Cyril kan gerus met sy “our people” praat dis hulle wat nie luister nie!

Taurus ·

Ramaparra moet maar liewer deur-tot-deur of in massa gesprekke met sy mense praat. Ons het nie erg aan sy gewone gegorrel nie. Hy word in elk geval deur die NWO en Tedros voorgeskryf wat om te sê.

Plaaskind ·

Wat sien ek daar oor die bult aankom….. o wee dit is Level 5 lockdown sirkus.

LIEZL ·

Kom ons wees positief en glo dat dit nie gaan gebeur nie. Dit gaan op ‘n absolute ramp af speel. Mense kan nie nog meer finansieël en emosioneel geraak word nie. Ek glo en vertrou dat dit NIE gaan gebeur nie, mense het sopas weer ‘bygekom’ van die eerste lockdown.

Emma ·

As ek hierdie ‘ dinge ‘ lees, kom net 1 sin uit die Bybel by my op: woon en werk rustig voort… Bogenoemde virus strooi pla my min. Ek weet waar my ware tuiste is en by Wie.

Rentia ·

Hoekom geld die verskriklike reëls net op een deel van die bevolking? Hoekom word almal gestraf omdat sommige nie daarby hou nie? Selfs op die nuus: “Ons moet almal ons maskers dra – al dra ek nie self nou een nie – dat ons gesond kan bly” Suid-Afrika is moeg, op en keelvol. Terloops, waar is die adjunk president? As Ramaposa nie die land kan toespreek nie, wat is fout met die adjunk? Wanneer laas het iemand iets van die man gesien of gehoor?

andre ·

Hulle is bekommerd oor mense wat optree asof kornavirus nie bestaan nie , Hoekom wonder ek?

Dries ·

Is die kabinet ook bekommerd daaroor dat Covid-noodfondse GEROOF word (deur kabinet-verwante makkers) asof mense nie finansiele hulp nodig het in hierdie tyd nie?

Persheks Adri ·

O nee dit pla hulle nie soos in glad nie! Hierdie ramp is juis as gevolg van die ANC cartel

Johann ·

Bloot net GEEN respek vir enigiemand anders as sy eie tyd nie? GEEN urgency of beplanning behalwe natuurlik hoe om KOPDOEK EN TRAWANTE te bemagtig om die land te destabiliseer!!!!!!

My siening ·

En almal moet maar wag want cirel is besig en die kinders moet gaan speel. Suid afrikaners word soos kinders behandel!

Genis ·

Ek wil nie jou stries luister nie… Praat twak in elk geval..Julle wou net SA knak..dis ongelukkig al

Nie Verbaas ·

Hy kan net sowel stilbly. ANC se slap plunderende houding maak mens siek.

Anel ·

Hulle moet ons tie gesluit hou sodat hulle ons pensioenfonds makliker kan pluner. Op ‘n ander platvorm gelees dat 43 mense deur die dag dood is en dit is te veel. As dit aanhou gaan ons weer toegesluit word. Hoekom het daar verlede jaar niks gebeur toe 62000 dood is aan hoogs aansteeklike en doodelike TB nie. Hoe verwag hulle in elke geval moet ‘n virus in hierdie hitte oorleef. Mense word siek agv die maskers, kinders kry sere om die monde, maar dis niks. Nou moet ons wag dat kopdoek besluite neem. Hulle het klaar besluit want hulle volg in die spore van die Noordelike halfrond. Dis winter daar! Hoe lank voor hierdie in opstand kom? Gaan ons verbied word on Geloftedag te vier, Kersfees, by ons families kuier! Ek dink nie so nie. GENIEG IS GENOEG!! Cirel, kry ruggraat of verdwyn.

JohanR ·

Oppenheimer en Rupert betaal tog asseblief R2 miljard in my rekening in. Ek verseker julle ek sal beter daarvan gebruik maak as die ANC!

Tanya ·

Aaaghh tog?!! Watse ‘nothing burger’ wil hy tog nouweer spin… Hy is soos n irriterende vet brommer!!

Dirk Mostert ·

Cyril, staak asb. die onsinnige ingrendeling! Hier gaan nie nou ‘n tweede golf wees nie omdat dit somer is. Die maskerdraery kan vergelyk word met die pasboekies (dompas) van vanmelewe. Dra dit net wanneer dit verplig word, nie vir gesondheid nie. Die volk behandel die regulasies met die min agting wat dit verdien.

Lulutjie ·

Ek was die naweek uit na n paar privaat restaurante toe. Skokkend om te sê, maar nie die kelners of selfs bestuur dra maskers nie. Daar is geen teken van sanitasie nie. Ek gaan nie gereeld uit nie, maar het die naweek ondervind hoe min mense dink die virus is n grap. Ek self is gister deur die dokter in isolasie geplaas en ons wag vir my covid toets se uitslag na ek begin siek word het net na die naweek.

katerinadiekat ·

Maar jy het seker n masker gedra? Dit moes jou dan mos beskerm het? Ek meen, dis mos die rede vir maskers, nie waar nie? Om jou te beskerm teen siek word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.