Ramaphosa spreek land vanaand toe

Pres. Cyril Ramaphosa. (Foto: Elmond Jiyane/GCIS)

President Cyril Ramaphosa sal vanaand die land toespreek oor die regering se reaksie op die Covid-19-pandemie.

Tyrone Seale, Ramaphosa se woordvoerder, het bevestig die president sal die land om 20:00 toespreek.

Die kabinet en die nasionale koronavirusbevelsraad het vroeër die week vergader om die moontlikheid van nuwe beperkings te bespreek ná ʼn skielike styging in Covid-19-infeksies op talle brandpunte landwyd.

Na verneem word, is die bevelsraad ten gunste van ʼn beperking op alkoholverkope en beperkte handelsure vir kroeë en restaurante in gebiede waar infeksies die hoogte ingeskiet het.

ʼn Aangepaste aandklokreël is moontlik ook weer op hande en luidens berigte het die raad aanbeveel dat openbare byeenkomste weer tot heelwat minder mense beperk word.

Daar was verlede maand heelwat bespiegeling dat Suid-Afrika weer na een of ander vorm van inperking kan terugkeer, maar alle ekonomiese aanduidings is dat die land dit bloot nie sal kan bekostig nie.

Ramaphosa het toe, pleks van strenger beperkings, ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om waaksaam te bly. Hy het aangekondig dat die handelsure van drankverkope inteendeel weer na normaal mag terugkeer.

Daar was sedertdien herhaalde oproepe uit verskeie oorde dat die huidige vlak 1-beperkings verskerp word om ʼn toename in infeksies in plekke soos die Oos-Kaap te stuit in ʼn poging om te keer dat ʼn tweede vlaag besmettings na die res van die land uitkring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Persheks Adri ·

Ja Cyril gaan praat met “our people” want regtig hulle luister nie. Nou moet ons almal gestraf word pffft! Ek’t beter dinge om te doen as om na jou te luister

Misky ·

Maki saki….. inelkgeval net klein persentasie van bevolking wat reels navolg

Johann ·

Sy “fellow south AFRICANS” kan seker nie wag om van hulle “leader” of “the people” te hoor nie?

Jessey ·

Wonder hoeveel van die Brackenfell “Fleeing Fighters” sonder maskers is aangesteek/ aangekeer. Die klomp reeltjies word in elke geval nie konsekwent toegepas nie. So with Immediate Effect we will see nothing happen, want “Our People” kan nie regtig omgee nie

Jaco ·

Van môre af: Wes-Kaap op vlak 5; res van die land bly op vlak 1. Amptelike rede: om Corona te keer. Eintlike rede: om “die rassistiese DA” in die Wes-Kaap terug te kry en om die wit mense van die Wes-Kaap vir apartheid te straf.

Boer ·

Ons is in elk geval van ons vryheid ontneem van Maart maand af. So wat maak dit nou saak wat hy se.

Androclus ·

Ek sien dit nie so nie,dit moes so wees,want hoe sou die land nie nou al gewees het nie.

Alleen Wolf ·

Jammer, maar jy is net van jou vryheid ontneem omdat jy dit toelaat.

groenboer ·

Ek twyfel of oop drankwinkels nou eintlik verantwoordelik is vir die tweede vlaag…

Dirk Mostert ·

Sal waarskynlik werkskepping in die “informele sakesektor” bevorder.

Anoniem ·

Bottelstore en alkohol inname hoef nie verbied te word nie. Mense wat drank misbruik, en daarna sonder masker kuier of huiswaarts keer na ma en pa toe, waar die ouer geslag die virus optel, is die rede dat hierdie feestyd ‘n “BLACK HOLIDAY” genoem gaan word. Ek kry die mense jammer wat daarna uitgesien het om vakansie te gaan hou. Baie het hul vakansie verblyf nou gekanselleer weens ander mense se swak gedrag. CR en sy maats is nou wel nie ons gunsteling mense nie, maar hy het herhaaldelik gevra dat almal maskers dra, ens. Ons kan nie van hom verwag om by elke sjebeen in te loer en die agtergeblewenes vra om hulself te gedra nie. Nou moet ons almal ongelukkig maar terugbeweeg na vlak 4 of 5. Dit is ook my mening dat dronkaards wat mekaar bykom met messe en ander gevaarlike wapens summier by die hospitaal weggewys moet word sodat dokters eerder aandag kan skenk aan nugter mense wat hul dienste nodig het.

Patch ·

Net verlede naweek ‘n minibus taxi gesien waar nie een persoon ‘n masker aangehad het nie, die drywer ingesluit! Ek glo nie eers enige taxi bestuurder maak voorsiening vir hul passasiers om hul hande te ontsmet voor hulle in massas in die taxi inklim nie. Begin miskien sommer eerste by hulle….

GP ·

CR moet eers weer die taxi onder beheer kry net 50% vol, voor hy na enige iets anders kyk dit is sy OUR PEOPLE wat nie die wette nakom

Jakes ·

Ja, as hy eers begin met our peepol dan weet ons al wat kom.

Aai ·

‘n Lekker tyd om die tv af te skakel en te braai en ‘n goedkoop bier te drink.

GP ·

Sluit dronk bestuurders toe vir 6 mnde en beboet hulle met R50 000 en neem lisensie af .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.