Ramaphosa spreek land vanaand toe

President Cyril Ramaphosa (15 Augustus 2020) (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Pres. Cyril Ramaphosa sal die land na verwagting vanaand om 20:00 toespreek oor die land se reaksie op die Covid-19-pandemie.

Dit volg ná ʼn spesiale sitting van die kabinet waar aanbevelings van die nasionale koronavirusbeheerraad-vergadering oorweeg is. Albei vergaderings het Dinsdag plaasgevind.

Die president se toespraak sal regstreeks op verskeie platforms uitgesaai word en sal ook vanaf 20:00 onderaan dié berig op Maroela beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Persheks Adri ·

Ek hoop jy praat oor plaasmoorde en rassisme TEEN ons ook en julle korrupsie, want dis die belangrikste goed wat nou in die land aan gaan

Maggies ·

Sal seker net weer “OUR PEOPLE… BLAH, BLAH… blah. Rasisme vier hooggety. Bedaar mense of ons sluit julle almal weer in lockdown toe.”
Weet nie eens of ek wil luister nie.

Persheks Adri ·

Ek stem Maggies! Ek gaan nie ek’t regtig beter dinge om te doen my kind skryf eksamen. Hy moet maar met sy mense praat ek’s moeg vir hulle!

Persheks Adri ·

Ag gee my krag asb! Hy gaan niks sê oor die EFF’ers nie pffft eish met Ace

gehasie ·

Gaan Cyril die leuen vêrder voer?! Nuwe opdragte is aan hom gegee!!

Dup ·

Hy gaan die verkoop van pynappels en kitssuurdeeg verbied.Bottelstore sal net oopwees tussen 2 uur en 5 uur soggens en die verkoop van brandstof tussen 3 uur en 6 uur soggens.

Johann ·

Nee wat. Sal maar by sy “people” en “fellow south AFRICANS” hoor wat hy en sy kopdoek bende besluit het…

Strandloper ·

Die toespraak gaan sekerlik wees om ace se gedrag goed te praat en te besing? Word dalk as n held bekroon?

marius ·

Die teenmiddel wat julle kwansuis help ontwikkel het teen R850 per kop , en bla bla bla .

Persheks Adri ·

Hy kan dit gebruik ons soek dit nie nie eers verniet nie

Nie Verbaas ·

So met ander woorde nog n jakkels en wolf storie. Fiksie wonder feite.

Pieter ·

Raak weer tyd om die grendeltyd te verleng, dit is amper die helfte van die maand. Die ANC misbruik die Covid-19 situasie om diktatoriale heerskappy af te dwing.

Stof ·

Vanuit ‘n terapeutiese punt:
In hierdie geval, is die term toespreek beslis van toepassing. Daar word gepoog om denkende mense se inteligensie, TOE te spreek. Om hulle gawe om te dink, te probeer toemaak. Daar word met inteligente burgers gepraat soos met kinders wat nie verantwoordelik is of vir hulle self kan dink nie. Vader het ons geseen met die gawe om te kan dink, en daarvoor is ek elke dag baie dankbaar. Om daardie gawe te minag deur met ‘n medemens te praat asof hulle denkeloos is, is om die prognose van soveel wat reeds gestigmatiseer is, wreed te benadeel. En swak selfbeeld, is een van die grooste redes waarom persone aan die ander kant van ons tafels beland.
Daar is ‘n bepaaalde statutere vorm MHCA02 wat daarvoor ingevul kan word…
My bede is dat Vader self elkeen wat gesitgmatiseer voel deur hierdie toesprekery, sal restoureer om weer die inteligente wese en gewaardeerde medemens te word, wat hulle geskep is en bedoel is om te wees.
Sela.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.